Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: VVK vrae en antwoorde  (Read 3361 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
VVK vrae en antwoorde
« op: May 27, 2010, 12:23:46 PM »
Die reëls vir die draad is as volg:

1. Slegs vrae oor, vir, van en aan die VVK
2. GEEN besprekings word toegelaat nie.
3. SLEGS Chantal Labuschagne van die VVK mag vrae beantwoord.
4.  Enige persoon wat buite hierdie reëls op hierdie draad optree, se pos sal verwyder word sonder kennisgewing.
5. Bravoland Administrasie behou die reg voor om poste wat hier geplaas word te keur of af te keur sonder om die betrokke persone in kennis te stel.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #1 op: May 27, 2010, 01:39:28 PM »
Chantal, is daar 'n meer as gewone verbintenis tussen die VVK en Bravoland? Ek merk op die VVK faceboek groep dat meeste van die beamptes en een van die administrateurs Bravoland volksraadslede is.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #2 op: May 27, 2010, 02:35:25 PM »
Die vraag wat die meeste aan my as RB gevra word, is waar dit gaan wees. My vraag is nou: Wat sal die beste antwoord aan so 'n persoon wees?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #3 op: May 27, 2010, 03:54:15 PM »
Die vraag wat die meeste aan my as RB gevra word, is waar dit gaan wees. My vraag is nou: Wat sal die beste antwoord aan so 'n persoon wees?

KB,

Ek wil net duidelikheid kry; waar gaan wat wees?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #4 op: May 27, 2010, 03:58:34 PM »
Waar die volkstaat gaan wees?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #5 op: May 27, 2010, 04:02:13 PM »
Chantal, is daar 'n meer as gewone verbintenis tussen die VVK en Bravoland? Ek merk op die VVK faceboek groep dat meeste van die beamptes en een van die administrateurs Bravoland volksraadslede is.

Wilco,

Jammer dat ek namens Chantal antwoord, sy sal verseker 'n regstelling maak indien ek verkeerd is.

Daar is geen besondere verhouding tussen die VVK en Bravoland nie. Bravoland, net soos talle ander organisasies, steun die proses van die VVK en daarom het talle lede van Bravoland betrokke geraak om te help met die proses. (Dit help tog nie om te vertel jy steun 'n proses, maar dan doen jy niks om die proses te help nie.)

In dieselfde lig help die HNP, Die Verkenners, Radio Pretoria en talle ander Afrikanerfront organisasies met die proses van die VVK. Elkeen op die beste manier wat hy kan. Bravolanders is bedrywig op die internet en daarom is dit nie verbasend dat hulle ook op Facebook is nie. Gevolglik sal die registrasiebeamptes wat ook Bravolanders is, dan verskyn op die VVK Facebook groep.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #6 op: May 27, 2010, 04:04:29 PM »
Waar die volkstaat gaan wees?

KB,

Die Volkstaat sal wees waar die volk wil he die Volkstaat moet wees. M.a.w waar die meerderheid van die volk stem die Volkstaat moet wees. Ek vermoed dat die Volksraad 'n referendum sal uitroep om te bepaal wat die volk se wil is m.b.t die ligging.

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #7 op: May 27, 2010, 04:57:06 PM »
Ben, ek het dit alles al gehoor. Die punt is dat daar besonder baie Bravolanders / Verkenners / HNP's is wie se name prominent voorkom. Dit is nie waar van die ander Afrikanerfront organisasies nie. Die VVK moet liewers hierdie vraag beantwoord en hulle onafhanklikheid demonstreer. Omdat jy antwoord, skep dit weereens die indruk dat jy namens die VVK mag praat en dat daar nie 'n afstand tussen julle en die VVK is nie.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #8 op: May 27, 2010, 05:15:03 PM »
Wilco,

Aangesien jy dit reeds gehoor het en dit nie is wat jy wil hoor nie, moet jy dalk vir ons vertel wat wil jy hoor? Moet ek verskoning vra dat ek vir meer as een volksliggaam werk? Verwag jy dat slegs persone wat apaties is en by niks betrokke is nie as regestrasie beamptes optree? Indien wel, hoe ver gaan jy dit vat, mag so persoon nog 'n limaat wees van 'n kerk? Mag so persoon nog iewers 'n werknemer wees?

Afwesig Chantal

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 8
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #9 op: May 28, 2010, 11:45:30 AM »
1.Christa, jammer ek was nie bewus van hierdie draad nie! Die dat ek nou eers by al die vrae uitkom.

2. Wilco, daar is nie 'n verbintenis tussen die VVK en Bravoland nie. Hulle ondersteun die VVK, maar die VVK vereenselwig homself glad nie met enige ander organisasie nie. Ons het wel die ondersteuning van talle, en hulle help ons geweldig met die registrasie proses, maar dit beteken nie dat ons onsself met hulle verbind nie. Ben = reg!

3. Christa, die vraag WAAR? het baie mense al gevra, die antwoord daarop: Die Volk, met ander woorde, JULLE AS KIESERS sal saam besluit waar die grondgebied moet wees. Dit sal alles uitgepluis word wanneer die tyd reg is. Ben = reg!

4. Ben, dankie dat jy namens my die vrae beantwoord het. Waardeer dit regtig. Ek weet dat wanneer ek bietjie versuim om hier uit te kom, ook in die toekoms jy my weer daarmee sal uithelp. (NS: Jou antwoorde is almal korrek)

5. Vir die wat nie vertroue in Ben (of enige iemand anders) se antwoorde het nie, kontak maar liewer die kantoor direk.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #10 op: May 28, 2010, 12:05:21 PM »
Darrem interessant hoe mense hier op Bravoland vrae vra en verwag die VVK moet dit beantwoord, maar hulle weier volstrek om die VVK direk te kontak...

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #11 op: May 28, 2010, 12:21:10 PM »
Chantal, dit antwoord nog nie die vraag nie. Die enigste gespreksforum wat onder die VVK naam bedryf word, is die facebook-groep. Die VVK bestuur beheer nie effektief die groep nie, dit word effektief beheer deur mense wat Bravoland Volksraadslede is. Vir die VVK om hom nie te vereenselwig met organisasies nie, moet daar 'n sigbare "armlengte afstand" gehandhaaf word. Die facebook-groep het nie sodanige afstand nie. Die VVK sal versigtig moet wees om nie die indruk te laat - al word dit ook ontken - dat hy wel onbehoorlike bande met sommige organisasies het nie. As die facebook-groep nier 'n amptelike VVK forum is nie, hoekom stig julle dan nie een nie.

Afwesig Chantal

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 8
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #12 op: May 31, 2010, 09:57:37 AM »
Chantal, dit antwoord nog nie die vraag nie. Die enigste gespreksforum wat onder die VVK naam bedryf word, is die facebook-groep. Die VVK bestuur beheer nie effektief die groep nie, dit word effektief beheer deur mense wat Bravoland Volksraadslede is. Vir die VVK om hom nie te vereenselwig met organisasies nie, moet daar 'n sigbare "armlengte afstand" gehandhaaf word. Die facebook-groep het nie sodanige afstand nie. Die VVK sal versigtig moet wees om nie die indruk te laat - al word dit ook ontken - dat hy wel onbehoorlike bande met sommige organisasies het nie. As die facebook-groep nier 'n amptelike VVK forum is nie, hoekom stig julle dan nie een nie.

Wilco,

Die VVK stel nie belang in 'n gespreksforum nie. Ons sal veel eerder die tyd, geld en energie gebruik om ander Volksgenote bewus te maak van die VVK en nog kiesers registreer as wat ons gaan sit en kyk hoe Volksgenote mekaar uittrek en slegse op 'n forum wat ons net uit die werk hou nie.

Enige verdere probleme of kwessies kan direk aan die kantoor gestuur word waar Paul Kruger die vrae sal beantwoord.

Afwesig Chantal

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 8
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #13 op: May 31, 2010, 09:59:31 AM »
Wilco,

Die VVK se Facebook groep word bestuur deur myself, Willie Steenkamp (Lid van die Sentrale Komitee) en Ben Geldenhuys. Nie net deur lede van Bravoland nie.

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #14 op: May 31, 2010, 11:20:51 AM »
Goeie dag!  Ek wil net asb graag sekerk maak:  Ek het 'n paar maande gelede al my VVK-aansluitingsvorm aan die verteenwoordiger in Klerksdorp (my naaste verteenwoordiger) gestuur, maar nog niks gehoor nie.  Moet mens iets hoor van die verteenwoordiger af, en hoe weet 'n mens jy is wel geregistreer, of nie?

Groete!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #15 op: May 31, 2010, 11:35:27 AM »
Dankie Chantal. Miskien moet julle die naam van die groep verander sodat dit nie 'n verkeerde indruk skep nie. Persepsie speel 'n belangrike rol by baie mense. Ek het byvoorbeeld die naweek gehoor dat 'n oud-KP ondersteuner probleme het met die baie HNP kandidate. Terloops wie en wat is die beamptes op die facebook-groep?

Net ter opklaring: vir my persoonlik is daar net een party by al die gesprekke wat belangrik is - naamlik die volk self. Die lede van die volk met wie ek in aanraking kom, sien Bravoland in 'n negatiewe lig. Dit is waarom dit belangrik is dat die VVK nie net moet sê dat hy onafhanklik is nie, maar dat hy gesien moet word as onafhanklik.

Ten opsigte van 'n gespreksforum verstaan en stem ek saam met die VVK. Nogtans is daar mense wat graag oor die VVK en verwante sake wil gesels, maar nêrens dit kan doen. Iemand het iewers melding gemaak dat dit koste-effektief sou wees in die lig van duisende oproepe wat dieselfde vraag vra.

Afwesig Chantal

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 8
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #16 op: May 31, 2010, 02:31:43 PM »
RiaanvS: Jy kan die kantoor kontak met jou ID-nommer om vas te stel of jy al op die sisteem geregistreer is al dan nie. Dis al hoe jy gaan vasstel of jy al op die sisteem is, daar gaan NIE kieserskaarte uitgereik word nie. Bloot omdat daar nie finansies daarvoor is nie.

Wilco: Ek het reeds die admin-beamptes van die VVK Facebook-groep genoem, die ander beamptes is wat ons maar net so terloops gelys het soos hulle aansluit by die groep en een van die admin's hul herken en weet dat hul wel RB's is.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #17 op: June 01, 2010, 10:38:50 AM »
Propatria vra:

Chantel:
Wat my werklik bekommer is die getalle, kyk as julle nou na twee jaar eers tussen 10 en 20 duisend het, wat is die minimum regestrasies wat julle na kyk as lewensvatbare getal?

Ek vra dit omdat daar baie mense is wat getalle inskrywings noem of beweer en dan aanspraak maak dat hulle namens die volk mag praat.Ek stem met geen van hierdie groepe saam nie. Hoe gaan julle dit benader?

Groete
Moed Vryheid Eer

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #18 op: October 27, 2010, 10:06:44 AM »
Hoeveel mense is al gerigestreer by die VVK?  Ek sien hiet in die Noord-Kaap weet die mense nie regtig van die VVK nie. Ek hoor hier is maar 'n liberale neiging met baie mense wat DA stem.  Die feit dat hier nie regtig baie RPTA luisteraars is nie maak seker dat die mense nie regtig van die VVK weet nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #19 op: October 27, 2010, 10:47:43 AM »
Wel klim dan in en maak die mense bewus Johan , soos jy praat is daar baie werk en nie 'n sekonde te mors nie !  :)


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal