Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: VVK vrae en antwoorde  (Read 3361 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Frikkie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
    • www.samagte.co.za
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #40 op: June 17, 2011, 04:58:42 PM »
Baie goeie punt Jopie....
Gebruik die vyandelike middels tot ons beskikking en soos jy se, ander lees wel daar.
Ek glo hulle sal `n advertensie plaas, dis mos geld vir hulle.
Lekker aand en naweek aan almal en asseblief, kyk twee keer... Dis jou en jou gesin se veiligheid.

Soos hierbo genoem - die tyd raak min!

Ek wil 'n klip in die bos gooi, of dalk onkunde demonstreer - gaan daar nie minstens 'n GROOT "advertensie" in die 'Skewe-Beeld' geplaas word nie? Driekwart van 'ons' mense lees daardie ding en baie wat sê hulle weet nie, gaan dit dan eindelik sien. Of gaan daardie vyandige koerant dit nie plaas nie??
Die Projek5 moet mos hopelik die finansies verskaf.


Sanderis

  • Gas
Re: VVK vrae en antwoorde
« Antwoord #41 op: June 18, 2011, 01:09:19 PM »
Ek glo dit word so beplan Jopieswan :

Op hierdie webwerf het ek al verskeie klagtes gelees dat die VVK nie genoeg terugvoering gee nie. Dat die VVK nie goed genoeg bemark word nie en 'n string ander klagtes. Dit het my by tye baie laat dink aan die gekerm van die Israeliete toe Moses hulle deur die woestyn gelei het op pad na die beloofde land.

Die murmureerder is natuurlik heeltemal reg. Die VVK gee nie genoeg terugvoering nie en die bemarking, gemeet aan die IEC, is beslis nie genoeg nie. Die realiteit van die saak, is dat dit alles geld kos. Geld wat die VVK gewoon nie het nie.

Dit is gewoon ook so dat die verkiesingsdag opsig self ook heelwat geld gaan kos.

Met hierdie feite in gedagte, het die VVK se sentrale komitee 'n verkiesingsdag finansiële komitee aangestel met die opdrag om te bepaal wat die verkiesing gaan kos en ook om 'n plan op die tafel te plaas hoe hierdie fondse ge-in gaan word.

Hierdie komitee se navorsing het getoon dat 'n verkiesingspunt R30 000-00 sal kos. Verder is bepaal dat daar 'n minimum van 80 verkiesingspunte sal moet wees. M.a.w. 'n totaal van R2,4 miljoen.

Bemarkingskoste in die hoofstroom media, volgens 'n bemarkingsplan, sal 'n verdere R2,6 miljoen kos.

Gevolglik het die VVK R5 miljoen nodig en belangriker as dit, 'n plan hoe hierdie R5 miljoen ingesamel gaan word.



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal