Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid  (Read 2637 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #20 op: September 09, 2010, 09:27:01 PM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 15
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie te Mosselbaai:
Waterverbruik in die munisipale gebied het tot sy laagste vlak gedaal sedert die waterbeperkings verlede
jaar ingestel is toe dit in Augustus 2010 gemiddeld 12,75 miljoen liter per dag beloop het vergeleke met
31,9 miljoen liter in Augustus 2009. Dit is ‘n besparing van 60 persent teenoor verlede jaar. Die besparing
kan toegeskryf aan die waterbeperkings asook uitstekende samewerking van verbruikers, waarvan die
oorgrote meerderheid minder as 10 kiloliter per huishouding vir die maand gebruik het.
Die situasie bly steeds baie ernstig en op Woensdag, 8 September 2010, was die Wolwedansdam net 16,8
persent vol. Dit is daarom absoluut noodsaaklik dat die huidige vlak gehandhaaf word tot verdere
kennisgewing, en dat verbruikers voortgaan om die beperkings te eerbiedig Goeie vordering word gemaak
met die verskillende watervoorsieningsprojekte waaraan tans gewerk word, en die Munisipaliteit het
vertroue dat dit sal kan voortgaan om in die aanvraag teen huidige vlakke sal kan voorsien.
C MÖLLER
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #21 op: September 19, 2010, 03:25:48 PM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 16
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie te Mosselbaai:
• Die vlak van die Wolwedansdam staan tans op ongeveer 16,4%, en geen beduidende reën wat
verligting sal bring, word vir die kort termyn voorspel nie. Hoewe die Munisipaliteit vertroue
het dat dit uit al die bronne tot sy beskikking in die vraag sal kan voorsien totdat die
seewaterontsoutingsaanleg vroeg in 2011 voltooi sal word, is dit uiters belangrik dat die
huidige verbruiksvlakke gehandhaaf of selfs verminder word. ‘n Beroep word daarom op
verbruikers gedoen om water steeds spaarsamig te gebruik en die waterbeperkings te
eerbiedig.
• Hoë geraasvlakke kan van nou af tot omstreeks die einde van Oktober 2010 gedurende
dagligure van die kofferdam-konstruksieterrein by Voorbaai af verwag word. Dit is weens die
installering van plaatheipale by die terrein. Die dam word benodig om die pypleidings van die
seewaterontsoutingsaanleg af te beskerm teen golfaksie terwyl hulle gelê word. By voltooiing
van die pypleidings sal die dam gesloop word, en die terrein ten volle gerehabiliteer word. Die
Munisipaliteit betreur enige ongerief weens die genoemde heipaalwerksaamhede, maar dit is
ongelukkig onvermydelik.
• Kommer is uitgespreek oor die moontlike omgewingsimpak van die pekelwater wat van die
ontsoutingsaanleg af in die see gepomp sal word. Deeglike aandag is aan hierdie aspek gegee
by die vasstelling van die optimale lengte van die pypleiding om die moontlike
omgewingsimpak tot die minimum te beperk. Die situasie sal egter versigtig gemoniteer word
wanneer die pypleiding in bedryf is. Sou dit nodig blyk te wees, en al sal dit baie duur wees, sal
die pypleiding verder uit in die see in verleng word Ander metodes om ontslae te word van
die sout wat by die aanleg geproduseer word, insluitende om dit aanlandig te prosesseer en dit
selfs as ‘n kommersiële onderneming te bedryf, is ondersoek. Dit het egter of onbekostigbaar
duur geblyk te wees, of kon nie aan die dringendheidsvereistes van die projek voldoen nie. Die
Munisipaliteit werk deurentyd nou saam met die relevante owerhede ten opsigte van die
omgewingsimpaksaspekte van die projek.
C MÖLLER
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #22 op: October 11, 2010, 02:26:52 PM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 19
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is om u op hoogte te bring ten opsigte van die watersituasie te Mosselbaai:
• In die afwesigheid van noemenswaardige reën die afgelope week, het die vlak van die
Wolwedansdam verder gedaal, en staan nou op ongeveer 15,2%. Aan die positiewe kant egter,
het die pomp van 3 miljoen liter water per dag uit die Hartebeeskuildam by Hartenbos na die
Munisipaliteit se watervoorsieningsnetwerk vandeesweek ‘n aanvang geneem. Die projek
behels die vrylating van water van die dam af in die Hartenbosrivier en die pomp daarvan van
agter ‘n klein keerwal, wat van sandsakke gebou is, vir suiwering na die Munisipaliteit se
watersuiweringsaanleg by Klein Brakrivier. Die dam se water is voorheen as te brak vir
menslike gebruik beskou, maar die benutting daarvan word deur die huidige omstandighede
geregverdig. Die projek is deur PetroSA gefinansier, wat ook die konstruksie daarvan bestuur
het. Die Munisipaliteit se dank gaan aan PetroSA vir hul bystand en ondersteuning met die
projek.
• ‘n Projek van R2,3 miljoen as ‘n eerste fase om uitheemse plantegroei in die opvangsgebiede
van die Moorsdkuilsrivier uit te roei, is bestem om teen die einde van Oktober 2010 in die
omgewing van Klein Brakrivier te begin, en sodoende die beskikbaarheid van water uit die
rivier te verhoog. Die Munisipaliteit pomp water uit die rivier na die Klipheuweldam, een van
vier damme waaruit die Munisipaliteit water aan verbruikers verskaf. Boere is ook geregtig om
water uit die rivier te pomp. Die fondse is beskikbaar gestel na talle aansoeke deur die
Munisipaliteit by die Departement van Waterwese vir die oorblywende gedeelte van hul
finansiële jaar tot die einde van Maart 2011. Volgens die Departement is die toekenning
gemaak met die oog op ‘n lang termyn skoonmaakprogram van die gebied, wat groot
konsentrasies wattelbome het. Ander soorte uitheemse plantegroei kom ook voor.
Uitheemse bome soos hierdie absorbeer, konserwatief geskat, gemiddeld 100 tot 150 liter
water per dag. Die absorberingstempo hang van die grootte van die bome af, en kan soveel as
100 tot 150 liter water daagliks beloop.
Die projek sal aanvanklik op die oewergrondsones van die rivier se opvangsgebied fokus. Die
totale opvangsgebied, insluitende die oewergrondsones, beloop 23 850 ha. Dit word beplan
om vyftien werkspanne, bestaande uit elf werkers elk, op die projek te gebruik. Die projek sal
deur die Edendistriksmunisipaliteit ingevolge Waterwese se werk-vir-waterprogram bestuur
word. Die spanne sal van die aanvangsdatum tot 23 Desember 2010 werk, en weer op 3
Januarie 2011 begin.
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #23 op: October 12, 2010, 07:17:40 AM »
Interessante projek, Plaas. Beteken dit dat julle nou darem 'n bietjie water kan bygooi?  ;)
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #24 op: October 23, 2010, 10:10:19 AM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 21
Geagte Klant
Die onderstaande is die jongste stand van sake ten opsigte van die watersituasie in Mosselbaai:
• Goeie reënval is gedurende die afgelope week gemeet met 72mm in die opvangsgebied. Die
vlak van die Wolwedans Dam, wat tans 90% voorsien aan die dorp, het met 5,7% gestyg en
staan nou op 20,5%. Die vlak van die Klipheuwel Dam, wat sowat 4% van die grootte van die
Wolwedans Dam is, het gestyg met 1,7% en staan nou op 39%. Die Ernst Robertson Dam wat
baie klein is, is 100% vol. Dit beteken effektiewelik dat Mosselbaai se watervoorsiening met
ses weke verleng is.
• Die Hartebeeskuil projek, wat die vrylating van water van die Hartebeeskuil dam in die
Hartenbos Rivier behels, het gedurende die week begin. Nagenoeg 5 megaliters water per dag
word in die munisipale water voorsieningsnetwerk gepomp. Die vlak van die Hartebeeskuil
Dam is tans 32%.
• Die ontsoutingsaanleg vorder steeds goed en is geskeduleer om teen Februarie 2011 in volle
werking te wees. PetroSA het R 16 miljoen gespandeer op die versnelling van hulle gedeelte
van die projek en hul behoort hul 5 megaliters water per dag vanaf laat Desember 2010 te
ontvang. PetroSA mag nie water van die Wolwedans Dam onttrek wanneer die dam vlak 10%
bereik nie en daarom moet hulle verseker dat die ontsoutingsaanleg in staat is om 5 megaliters
water per dag te voorsien alvorens die Wolwedans Dam die kritiese 10% merk haal. Die
munisipaliteit het voldoende water voorsiening tot en met einde Maart 2011 en dit was
daarom nie koste effektief of prakties om die munisipaliteit se gedeelte van die projek te
versnel nie. Die munisipaliteit sal vanaf Februarie 2011 10 megaliters water per dag vanuit die
ontsoutingsaanleg ontvang.
• Tien boorgate is gesink tydens die tweede fase van die boorgat projek met ‘n verdere vier wat
nog beplan is. Die sukses van die boorgate is beperk en in baie gevalle is die kwaliteit of
kwantiteit van die water onvoldoende om die pomp van water in die munisipale water
voorsieningsnetwerk te waarborg. Die boorgat by die Danabaai opgaardam het ook begin om
groot hoeveelhede sand uit te laat, vandat die pomp geïnstalleer is. Die moontlikheid om ‘n
vervangingsboorgat in die gebied te boor, word oorweeg.
• ‘n Ope publieke vergadering ten opsigte van die ontsoutingsaanleg projek is op 19 Oktober
2010 in die Mosselbaai Stadsaal gehou. Sowat 50 lede van die publiek het die vergadering
bygewoon en het die geleentheid gehad om vrae te vra en meer inligting oor die projek te
bekom. Bekommernis oor die omgewingsimpak van die projek is bespreek.
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #25 op: October 23, 2010, 04:31:52 PM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 21

Ek sien die versoek om saam te bid het verdwyn! ??? ::)
Ons Sal!!!

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #26 op: October 24, 2010, 05:10:36 PM »
Nee, dit is nog daar. Om een of ander rede is dit nie hierna toe oorgedra nie.

Reën nou BAIE lekker hier by ons
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #27 op: October 25, 2010, 02:21:15 PM »
Dit is hoe die SA Weerdiens se stasies gister se reën gemeet die. Die belangrike een is die Robinson pas, want dit is in die Wolwedansdam se opvangsgebied
 
MOSSEL BAY  49
 
MOSSEL BAY ROOIBLOM ARS  90
 
MOSSELBAY-ROBINSON PASS  87
 
VOEL TUIS

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #28 op: October 25, 2010, 03:01:09 PM »
Ai Plaas, waar ek julle nou die dag nog baie jammer gekry het, beny ek julle nou weer! Ek is baie bly oor die heerlike reën en ek hoop nie julle ervaar ooit weer so 'n droogte nie. Nou hou ons duime vas hier by ons!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #29 op: October 25, 2010, 03:31:19 PM »
Dit klink na lekker reën Plaas.  Hoop dit gaan nog reën. Hier in Griekwastad is dit ook maar lekker droog.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #30 op: October 27, 2010, 09:35:23 AM »
Dit klink fantasties.  Ons het juis gisteraand 'Special Report' gekyk en julle baie jammer gekry.  Ek is bly daar is hoop!
« Laaste verandering : October 27, 2010, 09:40:13 AM deur Elmien Drent »
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #31 op: October 30, 2010, 09:21:22 AM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NO 22
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 VIR REËN
Geagte Klant
Die onderstaande is die jongste stand van sake ten opsigte van die watersituasie in Mosselbaai:
• Nadat ongeveer 168 mm reën oor die laaste twee weke in die opvangsgebiede van die
Wolwedansdam geval het, het die dam se vlak tot ongeveer 28% gestyg nadat dit twee weke
gelede ‘n laagtepunt van 14,6% bereik het. Die vlakke van die Klipheuwel-, Hartebeeskuil- en
Ernst Robertsondamme het onderskeidelik tot 45%, 40% en 45% gestyg. Goeie water is gevind
in twee nuwe boorgate wat onderskeidelik in Aalwyndal en Kleinbos geboor is, en dit het die
watersituasie verder laat verbeter. Dit word nou geraam dat Mosselbaai se water teen die
huidige verbruik tot Mei 2011 sal hou. Die verwagte hoër watergebruik oor die
vakansieseisoen aan die einde van die jaar is in berekening gebring, maar nie die verwagte
lewering van die seewaterontsoutingsaanleg, wat bestem is om in die eerste week van
Februarie 2011 in volle produksie te kom, nie.
Ondanks die voorgemelde bly die watertekort steeds uiters ernstig, en sal die bestaande
waterbeperkings steeds van krag bly. ‘n Beroep word dus op verbruikers gedoen om voort te
gaan om goeie dissipline aan die dag te lê, en nie die beperking van 15 kiloliter per maand per
huishoudelike aansluiting te oorskry nie. Ingevolge ‘n Raadsbesluit, sal die heffing van 200% op
rekeninge wat 20 kiloliter per maand oorskry, egter na 100% verminder sou die dam se vlak op
die eerste dag van volgende maand op 25% of meer te staan kom.
• Dit is vandeesweek in die Parlement tydens die Minister van Finansies se
midtermynbegrotinsgbeleidsverklaring bekendgemaak dat Mosselbaai R92 miljoen van die
Nasionale Tesourie gaan kry as ‘n bydrae tot die kapitaalkoste van die
seewaterontsoutingsaanleg wat tans by Voorbaai in aanbou is. Die aanleg word teen ‘n koste
van R210 miljoen gebou, en hoewel PetroSA R80 miljoen tot die koste van die projek bydra,
was die onus op die Munisipaliteit om die res van die fondse te verkry vir hierdie
buitengewone projek wat genoodsaak is deur die ernstige watertekort wat Mosselbaai tans
ervaar. Die Munisipaliteit moes veg vir die geld en het verskeie aansoeke by die Nasionale
Tesourie ingedien. Talle vergaderings moes bygewoon word, en besoeke moes ook aan
Kaapstad gebring word. Die suksesvolle aansoek sal die bykomende finansiële las op
belastingbetalers weens die projek ook verminder. Die Nasionale Tesourie asook ander
rolspelers soos die Provinsiale Tesourie, die Departement van Waterwese en die Provinsie en
die Edendistriksmunisipaliteit se rampbeheersentrums word almal bedank vir hul
ondersteuning in hierdie saak.
Kennis moet egter geneem word dat die bydrae tot die kapitaalkoste is, en nie tot die
bedryfskoste van die aanleg is nie. Dit is duur om ‘n seewaterontsoutingsaanleg te bedryf en
die bedryfskoste sal ongelukkig deur middel van verhoogde watertariewe verhaal moet word. .
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #32 op: October 30, 2010, 09:36:51 AM »
Ek is baie dankbaar dat dit daar so baie gereën het.  Ek hoop julle kry nog reën.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #33 op: November 22, 2010, 04:22:12 PM »
WEEKLY WATER BULLETIN NO 25
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID VIR REËN ELKE WOENSDAG OM 12:00
Geagte Klant
Die volgende is om u op die hoogte te bring oor die watersituasie in Mosselbaai:
• Die vlak van die Wolwedansdam het in die loop van laas week tot 32,2% gestyg, maar blyk
nou weer op ‘n afwaartse kurwe te wees. Die totale reënval so ver vir November 2010 was
8,8 mm. Waterbeperkings is dus steeds nodig. Verbruikers word spesifiek daaraan herinner
dat die natmaak van tuine, die was van motorvoertuie (bona fide motorwasondernemings
uitgesluit) en die afspuit van dakke, mure, voertuigopritte en ander oppervlaktes met
munisipale water verbode is. Oortredings van die waterbeperkings is met R1 000 elk
beboetbaar. Huishoudings wat eie water gebruik, byvoorbeeld uit reënwatertenks en
boorgate, moet duidelike kennisgewings tot dien effekte op hul eiendomme vertoon.
• Die nood-seewaterontsoutingsprojek bly op koers om vroeg in Februarie 2011 ten volle in
bedryf te wees. Die lê van die twee pypleidings in die see sal nou te enige tyd ‘n aanvang
neem. Dit sal gepaard gaan met relatief baie geraas wat vir ongeveer ‘n week ook deur die
nag sal voortduur. Sterk beligting sal ook deur die nag gebruik word. Ons doen ‘n beroep
op die publiek vir hul begrip en geduld gedurende hierdie tydperk aangesien dit ongelukkig
nie verhelp kan word nie. Die projek is dringend om te verseker dat daar genoeg
drinkwater vir die gemeenskap as ‘n geheel sal wees as die dorp se opgaardamme leeg sou
raak.
Met die uitsondering van die rehabilitasie van die duine, is die ontsoutingsprojek
geskeduleer om in die eerste week van Maart 2011 heeltemal afgehandel te wees.
Plantegroei wat gedurende die konstruksiefase van die duine af verwyder is, moet herplant
en versorg word totdat die duine heeltemal gerehabiliteer is, en dit kan verskeie maande
duur.
Die pypleidingkontrakteurs gaan van 16 Desember 2010 tot 10 Januarie 2011 van die
terrein af, waarna hulle sal terugkeer om die kofferdam te sloop, en te begin met die
rehabilitasie van die strand- en duingebied. Die kontrakteur vir die ontsoutingsaanleg sal
van 24 Desember 2010 tot 3 Januarie 2011 ophou werk.
• Dit blyk dat daar ‘n opvatting is dat die Munisipaliteit nie vloeibeperkers installeer by
huishoudings waar die maandelikse perk oorskry word nie. Die situasie is dat beperkers
reeds by 1 412 eiendomme geïnstalleer is. Installerings is gedoen by huishoudings oor die
volle sosio-ekonomiese spektrum.
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #34 op: January 06, 2011, 06:05:44 PM »
WATERBULLETIIN NO 1/2011
6 Januarie 2011
Geagte Klant
Danksy goeie reën in Desember 2010, het die vlak van die Wolwedansdam tot meer as 60
persent teen 31 Desember 2010 gestyg. Op 5 Januarie 2011 was die vlak 66,13% (bron:
Department van Waterwese). Die ander kleiner damme wat deur die Munisipaliteit gebruik
word, die Hartebeeskuildam, die Klipheuweldam en die Ernst Robertsondam, het almal
bevredigende vlakke bereik, en dit was gevolglik vir die Raad moontlik om the waterbeperkings
gedeeltelik op te hef. Die beperkings is nou soos volg:
- Geen besproeiingstelsels mag gebruik word nie.
- Die natmaak van tuine met behulp van tuinslange wat in die hand gehou word, mag slegs
vir een uur per dag van 18:00-19:00, twee dae per week, onderneem word. Vir eiendomme
met gelyke straatnommers is dit Maandae en Donderdae, en vir eiendomme met ongelyke
straatnommers is dit Dinsdae en Vrydae.
- Slegs krieketkolfblaaie, gholfsetperke en rolbalbane mag twee uur per week, twee dae per
week natgemaak word.
- Die afspuit van dakke, opritte, mure of ander oppervlaktes is verbode.
- Die was van motorvoertuie met ‘n tuinslang is verbode. Hierdie beperking geld nie vir bona
fide en voltydse voertuigwasondernemings nie.
- Die vul van swembaddens is verbode.
Die perk van 15 kiloliter per maand per huishoudelike aansluiting geld nie meer nie.
Huishoudelike verbruikers wat die perk in Desember 2010 oorskry het, word kwytgeskeld van
die heffing wat tot dusver betaalbaar was op verbruik meer as die toegelate perk. Die heffings
is nie betaalbaar as die vlak van die Wolwedansdam meer as 60 persent is nie.
Die oorhoofse situasie sal in die loop van aanstaande week oorweeg word aan die hand van
langer termyn weervoorspellings asook ‘n evaluering van die invloed van die vakansieseisoen
op die dorp se watervoorraad. Dit word gedoen met die oog op ‘n aansoek by die
Departement van Waterwese vir die moontlike verdere opheffing van die waterbeperkings.
Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om verbruikers te bedank vir hul uitstekende
samewerking oor die afgelope agttien maande en ook gehoor wat gegee is aan die Uitvoerende
Burgemeester se oproep om te bid vir reën. Dit is bo alle twyfel bewys dat die Mosselbaaise
gemeenskap saam kan staan ten tye van ‘n krisis soos in die laaste tyd ervaar is.
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #35 op: January 06, 2011, 06:38:35 PM »
As dit so aanhou reën is julle damme een van die dae heel vol!

Op die oomblik word daar vir ons 'n vloed voorspel, die rivier sal glo teen volgende Dinsdag sy walle oorstroom en dit natuurlik net voor oestyd aan 'n oes waaraan boere derduisende rande spandeer het en hopelik darem net weer hul insetkoste sal uitkry indien daar werklik 'n vloed kom.

Ons hoop maar vir die beste en dat die mense wat die damme se sluise beheer hul kop sal gebruik.

Ek kan nie glo dat hulle dit twee jaar in 'n ry so buite beheer laat gaan nie, wag eers tot die damme tot barstens toe vol is voordat hulle die sluise begin oopmaak. Daar is seker ook BEE-aanstellings in beheer van die damme...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #36 op: January 20, 2011, 12:34:10 PM »
WATERBULLETIN NO 2/2011
17 Januarie 2011
Geagte Klant
Die Stadsraad het op ‘n Spesiale Raadsvergadering op 13 Januarie 2011 besluit om ‘n
bykomende uur, van 07:00 tot 08:00, twee keer per week toe te laat vir die natmaak van tuine
met munisipale water. Dit is bykomend tot die uur van 18:00 en 19:00 soos in Waterbulletin
No 1/2011 berig is. Die natmaakdae bly Maandae en Donderdae vir eiendomme met gelyke
straatnommers en Dinsdae en Vrydae vir eiendomme met ongelyke straatnommers.
Alle ander beperkings soos verlede week berig is, bly van krag tot verdere kennisgewing.
Die Raad het ook besluit dat die gratis toekenning van 6 kiloliter water per huishouding per
maand weer van die Maart 2011-meterlesingdatum (rekeninge in April gelewer) af ingestel sal
word. Die gratis toekenning is in Julie 2011 opgeskort weens die snel verslegtende
watersituasie in Mosselbaai in daardie stadium.
Die moratorium wat op eiendomsontwikkelings van meer as tien eenhede van toepassing was,
is ook opgehef.
Die vlak van die Wolwedansdam het op Sondag, 16 Januarie 2011, op 67,86% gestaan. Saam
met die water in die baie kleiner Klipheuwel, Hartebeeskuil en Ernst Robertsondamme het
Mosselbaai genoeg water sonder enige verdere reën tot ongeveer middel 2012. Dit neem nie
die lewering van die boorgate, die afvalwaterherwinningsprojek en die
seewaterontsoutingsaanleg in ag nie.
Die publiek moet asseblief daarop let dat die stuk strand in Voorbaai waar die seepypleidings
tans geïnstalleer word tot die middel van Maart 2011 gesluit sal wees. Die strand sal oopgestel
word sodra die pypleidingkonstruksieterrein ontruim is, en die strand herstel is sodat dit weer
veilige deurgang aan die publiek bied. Die ontsoutingsaanleg sal volgens plan teen die middel
van Februarie 2011 in bedryf gestel word.
DR M GRATZ
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal