Skrywer Onderwerp: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid  (Read 2389 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« op: June 04, 2010, 05:03:28 PM »
Die inligting is deur Mosselbaai Munisipaliteit verskaf


WEEKLIKSE WATERBULLETIN
Geagte Klant
Ons wil u graag hiermee op datum bring van die watersituasie in Mosselbaai, en van die Munisipaliteit se
aktiwiteite in hierdie verband.
• Op Woensdag, 2 Junie 2010, was die Wolwedansdam se vlak 22,7%. PetroSA is geregtig op
ongeveer die helfte van die dam se water, en sowat 11,4% is dus vir die Munisipaliteit beskikbaar.
Teen die huidige verbruikstempo, sal die Munisipaliteit se watervoorraad teen Oktober 2010 uitgeput
wees as dit nie betyds genoeg reën nie.
• Werk aan die seewaterontsoutingsaanleg te Voorbaai is geskeduleer om op 14 Junie 2010 te begin.
Die aanleg word gebou in samewerking met PetroSA, wat R80 m van die totale projekkoste van
R180 m - R200 m sal bydra. Die aanleg sal volgens plan in November 2010 in produksie kom, en sal
15 miljoen liter water per dag lewer. Hiervan is 5 miljoen liter per dag vir PetroSA bestem. In April
2010 was die gemiddelde daaglikse verbruik van munisipale water 14,7 miljoen liter.
• Die boorgatprojek gaan voort, maar het tot dusver nog net minimale hoeveelhede water gelewer.
Onderhandelings met boere vir alternatiewe boorgatposisies duur voort.
• Die tru-osmoseaanleg, wat 5 miljoen liter gesuiwerde rioolwater per dag aan PetroSA sal verskaf in
ruil vir ‘n gedeelte van hul kwota uit die Wolwedansdam, sal in Junie 2010 in bedryf kom.
Die huidige voorspellings vir voldoende reën oor die volgende paar maande is ongunstig. Dit is dus van die
uiterste belang dat verbruikers water spaarsamig moet gebruik, en binne die perk van 15 000 liter per maand
per huishouding moet bly.
U samewerking in hierdie verband word hoog op prysgestel.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #1 op: June 04, 2010, 05:23:01 PM »
Ai, een vam die dae gaan Plaas ons weer vertel daar is walvisse op die snelweg.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #2 op: June 04, 2010, 07:01:15 PM »
Veral as hulle die see gaan begin ontsout ;D
VOEL TUIS

Afwesig Fikseperd

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 34
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #3 op: June 04, 2010, 09:04:25 PM »
Ek is meer as bereid om vir iemand daar 20liter water te skenk.
Dis dalk net 'n druppel in die emmer (of emmer in die pyp),maar elke bietjie help... :-D

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #4 op: June 05, 2010, 03:24:54 AM »
Baie dankie

Ferdi sal darem een keer kan bad met die skenking  ;D
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #5 op: June 10, 2010, 05:18:57 PM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NO 2
Geagte Klant
Hierdie is om u op hoogte te bring van wateraangeleenthede in Mosselbaai:
Hoewel dit die afgelope week meer as 25 mm in dele van die Mosselbaaise munisipale gebied gereën het, het slegs 12 mm in die opvanggebiede van die Wolwedansdam geval. Dit was ongelukkig onvoldoende om enige verskil te maak aan die dam se vlak, wat teen Donderdag, 10 Junie 2010, verder tot 22% gedaal het. Ten einde ‘n beduidende verskil aan die dam se vlak te maak, word meer reën benodig. ‘n Voorbeeld is dat toe 78mm reën teen die einde van Februarie 2010 in die opvangsgebiede geval het, slegs 9% die dam bereik het en die dorp se watervoorraad met 22 dae verleng het.
Neem asseblief ook kennis dat sedert die Wolwedansdam se vlak tot minder as 25% gedaal het, die Raad nie meer waterverliese op private eiendom vir watter rede ookal afskryf nie. Rekeninghouers is verantwoordelik vir die bestuur van hul waterverbruik en om waterlekke op hul persele so spoedig moontlik te herstel ten einde waterverliese tot die minimum te beperk. ‘n Strafheffing van 200% geld sedert die dam die voorgenoemde vlak bereik het, en dit kan beteken dat waterrekenings vir verbruik van meer as 20 kiloliter per maand per huishoudelike aansluiting kan verdriedubbel. Om dit te voorkom, word rekeninghouers aangemoedig om die vloei van water deur hul meters gereeld na te gaan en te toets, verkieslik daagliks, of om hul stopkrane toe te draai wanneer hulle vir ‘n lang tyd weg van hul eiendomme is.
U word ook vriendelik herinner aan die Uitvoerende Burgemeester se versoek dat alle inwoners elke Woensdag om 12:00 saam vir reën sal bid.
U samewerking in hierdie verband word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER
« Laaste verandering : June 10, 2010, 05:20:32 PM deur Plaas Botha »
VOEL TUIS

Sanderis

  • Gas
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #6 op: June 10, 2010, 07:09:20 PM »

U word ook vriendelik herinner aan die Uitvoerende Burgemeester se versoek dat alle inwoners elke Woensdag om 12:00 saam vir reën sal bid.
U samewerking in hierdie verband word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER

Vreemd dat daar in tye van nood na geloof gegryp word .
Plaas , my gebede is met julle (nog steeds) .

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #7 op: June 19, 2010, 08:19:27 AM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NO 3
Geagte Klant
Hiermee die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie in Mosselbaai:
61,5 mm reën het tot dusver in Juniemaand in die opvangsgebied van die Wolwedansdam geval. Dit was ongelukkig nie voldoende om ‘n beduidende invloed op die stand van die dam te hê nie aangesien ‘n relatiewe klein persentasie afloopwater na die dam vloei weens droë grondtoestande asook landboubedrywighede en indringerplantegroei op private eiendom hoër op in die opvangsgebied. Die dam se vlak het dus op 22% gebly. Die datum waarop die dam leeg sal wees as dit nie betyds genoeg reën nie, is steeds Oktober 2010. Dit moet na skatting minstens 200 mm oor ‘n kort tydperk (dae) reën om die droogte te breek.
Inwoners word versoek om nie gerus te word nie en water steeds spaarsaam te gebruik aangesien die watersituasie uiters ernstig bly.
Die tru-osmose aanleg om 5 miljoen liter rioolwater per dag vir PetroSA te suiwer, en dus ‘n gelykstaande hoeveelheid van hul kwota uit die dam vir munisipale verbruik beskikbaar te stel, is op skedule om teen die einde van Junie 2010 in produksie te kom. Konstruksie van die seewaterontsoutingsaanleg is geskeduleer om op Maandag, 21 Junie 2010, te begin en vir die aanleg om in November 2010 in bedryf gestel te word. Die ontwerpkapasiteit is 15Ml/dag, wat gelykstaande is aan die huidige daaglikse munisipale verbruik na implementering van waterbeperkings. PetroSA finansier 5Ml/dag van die aanleg vir hul eie gebruik.
U samewerking ten opsigte van die watersituasie word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #8 op: July 10, 2010, 11:44:32 AM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 6
Geagte Klant
Hiermee die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie in Mosselbaai:
In die afwesigheid van beduidende reën die afgelope week, het die vlak van die Wolwedansdam sy
afwaartse tendens voortgesit, en op Donderdag, 8 Julie 2010, het dit 19,6% bereik. Die dam sal na
verwagting steeds in Oktober 2010 leeg loop en die huidige situasie beklemtoon die noodsaaklikheid
dat alle verbruikers saam moet werk en waterverbruik tot die absolute minimum moet verminder. Die
huidige perk van 15 kiloliter per maand moet nie beskou word as ‘n kwota wat opgebruik kan word
nie, en mense moet poog om veel minder te gebruik as hulle kan. Kennis moet geneem word dat die
maandelikse perk in een van die buurdorpe net 10 kiloliter per maand per huishouding is.
Rekeninghouers word daaraan herinner dat die volgende waterbeperkings van toepassing is:
o Die natmaak van tuine en die was van voertuie met munisipale water word verbied, bona fide
kommersiële voertuigwasondernemings uitgesluit. As eie water, bv uit ‘n boorgat of
reënwatertenk gebruik word, moet ‘n kennisgewing te dien effekte op die eiendom vertoon word.
o Die skoonspuit van dakke, opritte, mure of enige ander oppervlak is verbode.
o Die besproeiing van sportvelde met munisipale water is verbode.
Mense word herinner aan die Uitvoerende Burgemeester se beroep op almal om saam om 12:00 op
Woensdae vir reën te bid. U word daarom versoek om elke Woensdag op middag ‘n paar minute
aan gebed af te staan en te bid vir reën om die droogte in ons dorp en distrik te beëindig.
U samewerking ten opsigte van die watersituasie word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Sanderis

  • Gas
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #9 op: July 10, 2010, 01:17:58 PM »
Wat gaan julle maak as die dam gaan leeg word Plaas ?
Is daar noodmaatreëls in plek daarvoor ?

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #10 op: July 10, 2010, 01:22:09 PM »
Sanderis

Daar word 'n ontsoutingsaanleg gebou wat einde November in werking tree, intussen word boorgate gesink om te kyk of hulle die watervoorraad kan aanvul

Daar is ook sprake dat wanneer ons water heeltemal op is, daar van George water aangery gaan word.

VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #11 op: July 23, 2010, 05:30:13 PM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 8
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die onlangse reën tesame met faktore soos die verminderde onttrekking uit die Wolwedansdam
deur PetroSA noudat dit 5 Ml gesuiwerde rioolwater per dag van die nuut inbedryfgestelde truosmose
aanleg in Hartenbos kry, het ‘n positiewe effek op die vlak van die Wolwedansdam gehad,
wat volgens die Departement van Waterwese 20,7% water aan die begin van die week gehad het.
Die datum waarop die dam na verwagting leeg sal wees as dit nie betyds genoeg reën nie, is nou
middel November 2010 en nie Oktober 2010 soos voorheen geskat is nie.
Klante, veral die eienaars van vakansiewonings, word weer eens versoek om stopkrane toe te draai
wanneer hulle vir ‘n lang tyd weg van die eiendom is. Rekeninghouers bly verantwoordelik vir
verliese wat deur lekkasies, ensovoorts, gelei word en word daaraan herinner dat waterverliese
ingevolge ‘n Raadsbesluit nie meer afgeskryf word nie.
Versoeke word steeds ontvang vir vrystelling van die huidige waterverbruiksperk van 15 kl per
maand per huishouding. Daar is 18 723 huishoudelike aansluitings, en dit is weens praktiese redes
ongelukkig nie vir die Munisipaliteit moontlik om verskillende perke vir individuele huishoudings te
stel nie.
U samewerking in verband met die watersituasie word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Sanderis

  • Gas
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #12 op: July 23, 2010, 07:08:54 PM »
Bly vir die bietjie reën , die feit dat PetroSA ook nou 'n ander bron het maak ook 'n merkbare verskil . Die reënseisoen vir die Kaap is darem nog nie heeltemal verby nie en hopelik is nog reën vir julle bestem .

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #13 op: August 02, 2010, 08:59:59 AM »
WEEKLIKSE WATERBULLETIN NR 9
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Daar is vandeesweek positiewe nuus, en dit is dat die geskatte datum waarop Mosselbaai se watervoorraad
uitgeput sal wees, uitgeskuif is van middel November 2010 tot vroeg Januarie 2011.
Die rede daarvoor is dat toetse getoon het dat die 5% bodemwater van die Wolwedansdam nou ook geskik
is vir menslike gebruik na normale suiwering, dat die vlakke van die twee kleiner opgaardamme wat sowat
10% van die Munisipaliteit se watervoorraad voorsien meer as verwag na die reën in middel Julie gestyg
het, en dat die eerste twee nuwe boorgate, wat ‘n gesamentlike lewering van 1,5 miljoen liter water per
dag het, enige oomblik nou in bedryfgestel sal word. Nog ‘n boorgat sal binnekort in produksie kom. Die
seewaterontsoutingsaanleg, waarvan die konstruksie reeds begin het, is ook geskeduleer om van
November 2010 af water in fases tot die dorp se voorraad te begin bydra. Die hersiene skatting neem die
verwagte hoër vraag na water gedurende die jaareinde vakansieseisoen in ag.
Dit moet egter beklemtoon word dat die projeksie op huidige daaglikse verbruiksyfers van ongeveer 13,5
miljoen liter per dag gebaseer is, en dat dit van die uiterste belang is dat verbruikers aanhou om saam te
werk en water te spaar. Die beperkings bly ook van krag.
U samewerking in verband met die watersituasie word waardeer.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #14 op: August 10, 2010, 05:45:30 PM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 10
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie in Mosselbaai:
Die spoorvervoer van water van George word tans oorweeg om Mosselbaai se watervoorraad aan te vul oor die
vakansieseisoen aan die einde van die jaar wanneer duisende vakansiegangers na verwagting weer na die gebied
sal stroom. Baie besighede is afhanklik van die vakansieseisoen om lewensvatbaar te bly, en hoewel die
watersituasie uiters ernstig is, beskou die Munisipaliteit dit as noodsaaklik dat ‘n goeie balans tussen die
volhoubaarheid van die plaaslike ekonomie en die waterbehoeftes van die inwoners van Mosselbaai gehandhaaf
moet word. Die uitgangspunt is dat werk ook verlore gaan wanneer besighede sluit, en dat die bestuur van die
watersituasie hierdie aspek in ag moet neem.
‘n Besluit sal in Oktober 2010 geneem word as die watersituasie en die vooruitsigte in daardie stadium toon dat
Mosselbaai moontlik nie genoeg water vir die seisoen sal hê nie. Indien enige van die huidige projekte om
addisionele waterbronne te ontwikkel, vertraag word, vir watter rede ookal, en die verbruik van inwoners styg tot bo
die huidige vlakke, sal Mosselbaai nie genoeg water vir die seisoen hê nie. As dit betyds genoeg reën, en al die
projekte vorder volgens plan, sal dit nie nodig wees om die water vanaf George te vervoer nie.
Onderhandelinge is reeds met die George Munisipaliteit gevoer om 200 megaliter water te verskaf as dit nodig sou
blyk te wees. Transnet is ook gekontak om die water per spoor na Klein Brakrivier te vervoer, waarvandaan dit na
die Klipheuweldam gepomp en gestoor sal word.
Aangesien daar nie noemenswaardige reën sedert middel Julie 2010 geval het nie, bly die situasie uiters ernstig.
Die vlak van die Wolwedansdam het aan die begin van die week op 19,7 persent gestaan, en ‘n beroep word op alle
inwoners gedoen om voort te gaan om water spaarsaam te gebruik.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #15 op: August 14, 2010, 08:28:29 AM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 11
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie in Mosselbaai:
Slegs 14 mm reën het die afgelope naweek en aan die begin van die week in die opvangsgebied van die
Wolwedansdam geval. Dit was ongelukkig onvoldoende om ‘n beduidende verskil te maak aan die vlak van
die dam, wat op Donderdag, 12 Augustus 2010, net 19 persent vol was. Die verwagte datum waarop
Mosselbaai uit water sal raak as dit nie betyds genoeg reën nie, bly dus Januarie 2011. .
Die Departement van Waterwese het die Munisipaliteit ook in kennisgestel dat slegs die Munisipaliteit
toegelaat sal word om water uit die dam te onttrek as die dam se vlak tot 10 persent of minder sou daal.
Dit kan nie genoeg benadruk word hoe ernstig die watersituasie is nie, en hoe belangrik dit is dat alle
verbruikers die beskikbare water spaarsamig moet gebruik nie. As dit hoegenaamd moontlik is, moet alle
verbruikers poog om hul waterverbruik tot minder as 10 kiloliter per maand te sny, en, waar moontlik, grys
water hersirkuleer.
Die oes van reënwater, indien moontlik, in opgaartenks, en die gebruik van tenkwater ook vir huishoudelike
doeleindes, sal baie help. Hoewel die klein hoeveelhede reën wat soms val, nie genoeg is om die damme te
vul nie, kan ongeveer 10 liter water van goeie gehalte versamel word vanaf elke 10 vierkante meter dak vir
elke millimeter reën wat val.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Sanderis

  • Gas
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #16 op: August 16, 2010, 06:55:43 PM »
Waterhulp vir Mosselbaai op pad


8/15/2010 11:46:28 PM

George

Verligting vir die droogtegeteisterde Mosselbaai is op pad nadat besluit is om water van die Hartebeeskuildam naby Hartenbos te gebruik.

Water in dié dam is tot dusver hoofsaaklik vir nie-huishoudelike doeleindes gebruik omdat dit effens brak is.

’n Besluit om die water tog te gebruik is laat verlede week op ’n vergadering van verteenwoordigers van Eden-rampbestuur, PetroSA, die Mosselbaaise munisipaliteit en die departement van waterwese geneem.

Die verwikkeling vind plaas teen die agtergrond van nuwe kommer oor die impak van die droogte op die landbou in die streek, veral in die dele wes van Mosselbaai. Dit sluit plekke soos Albertinia en Riversdal in.

Die Wes-Kaapse departement van landbou het juis vir ’n verdere R50 miljoen droogtehulp van die nasionale tesourie gevra en wag nou op ’n antwoord.

Mnr. Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, het aan Die Burger gesê noodmaatreëls word gevestig soos die bou van ’n nuwe ontsoutingsaanleg en die suiwering van rioolwater. Die ontsoutingsaanleg sal egter eers in Januarie aanstaande jaar in volle bedryf wees.

As die huidige weerpatrone voortduur, sal Mosselbaai water tot November hê. Die uitdaging is om die tydperk van nou tot Januarie te oorbrug. Dit is in hierdie verband dat die Hartebeeskuildam se water gebruik gaan word. Die dam het sowat 27?000 megaliter water. Dit het hoofsaaklik onbenut gelê weens die hoë soutinhoud.

Die plan is om die water in die Hartenbosrivier te laat vloei. Stutwalle sal by die uitloop van die dam in die rivier gebou word. Die detail daarvan word nou uitgewerk.

Daar word steeds gekyk na die vervoer van water met treintenkwaens van George na Mosselbaai, maar eerste beramings is dat dit tans nie ekonomies haalbaar is nie. Dit sal sowat R29 miljoen kos.

Otto het gesê waterbeperkings in die streek bly van krag. Oor die impak van die droogte op die landbou het hy gesê daar heers kommer. Die probleem is veral met weiding in die Hessequa-gebied.

Mnr. André Roux, direkteur: volhoubare hulpbronnebestuur van die Wes-Kaapse departement van landbou, het gesê landboutoestande aan die kusgebiede vanGeorge en Knysna het ’n bietjie verbeter. Die beskikbaarheid van water bly egter ’n groot probleem.

Die onlangse reën het ’n beperkte invloed op damme aan die westekant van Mosselbaai en die Klein Karoo gehad.

Die grootste gedeelte van die R26,9 miljoen wat van die nasionale tesourie vir droogtehulp ontvang is, is reeds bestee.

Die Burger

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #17 op: August 23, 2010, 01:25:20 PM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 12
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie in Mosselbaai:
Nog 34 mm reën het vandeesweek in die opvangsgebied van die Wolwedansdam geval, maar was weer
eens onvoldoende om ‘n beduidende verskil aan die vlak van die Wolwedansdam te maak. Dit sal ‘n verskil
van ‘n paar dae aan die Munisipaliteit se watervoorraad maak. Net ongeveer 11% van die reën wat val,
bereik die dam in die vorm van afloopwater.
Nog ‘n komplikasie is dat die jongste kalibrasie van die dam se volume deur die Departement van
Waterwese, die eienaar van die dam, getoon het dat die dam se vlak nou op 16,62% staan, pleks van 18,55
% aan die begin van die week soos op die Departement se webwerf aangedui is. Die kalibrasie sluit die
water uit onder die meterplaat, wat op 200 megaliter geskat word, en wat vir menslike gebruik geskik kan
wees.
Die Departement het vandeesweek ook ‘n beperking van 40% op die bestaande wettige landbougebruik van
water in die opvangsgebiede van die Wolwedans- en Hartebeeskuildamme in die Staatskoerant afgekondig
asook op die van die Moordkuilsrivier stroomop van die Klipheuweldampompe. Die beperking is ook van
toepassing op takriviere na die damme en die Moordkuilsrivier asook waterloslatings uit die
Hartebeeskuildam in ‘n takrivier van die Hartenbosrivier.
Die Munisipaliteit veg teen tyd om alternatiewe waterbronne, die seewaterontsoutingsaanleg in besonder, te
voltooi, maar die situasie bly kritiek en dit is van die uiterste belang om water spaarsamig te gebruik.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #18 op: August 28, 2010, 09:30:41 AM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 13
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie te Mosselbaai:
Die 34 mm reën wat verlede week in die opvangsgebied van die Wolwedansdam geval het, het die dam
se vlak marginaal positief beïnvloed. Op Woensdag, 25 Augustus 2010, het die vlak op 17,4% gestaan
vergeleke met die 16,6% wat verlede week gerapporteer is. Dit bewys dat baie meer reën nodig is om ‘n
beduidende verskil aan die dam se vlak te maak en verbruikers word versoek om nie gerus te raak elke
keer wanneer dit ‘n bietjie reën nie. PetroSA is geregtig op die helfte van die volume bo 10%, wat
beteken dat hoeveelheid water uit die dam wat tans tot die Munisipaliteit se beskikking is, op 13,7%
staan. Die Departement van Waterwese het vroeër aangekondig dat slegs die Munisipaliteit water uit die
dam mag onttrek as die vlak tot 10% of minder sou daal. .
Die Munisipaliteit se waterverbruik tydens die August 2010-meterlesings het getoon dat 73,54% van
huishoudelike verbruikers minder as 10 kl water vir die tydperk gebruik het. Nog 13,25% het tussen 10 kl
en 15 kl gebruik, terwyl 6,67% tussen 15 kl en 20 kl gebruik het. 93,6% van gebruikers het dus minder
as 20 kl gebruik, vergeleke met 91,68% in Julie 2010 en 92% in Junie. Ongelukkig het 114 huishoudings
steeds meer as 50 kl gebruik, insluitende 32 wat meer as 80 kl gebruik het. Die Munisipaliteit se totale
gemiddelde daaglikse verbruik in Julie 2010 was 13,6 megaliter per dag, vergeleke met 13,3 megaliter in
Junie 2010 en 13,6 megaliter in Mei 2010.
MUNISIPALE BESTUURDER
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Mosselbaai se waterbeskikbaarheid
« Antwoord #19 op: September 08, 2010, 09:56:49 AM »
WEEKLIIKSE WATERBULLETIIN NR 14
SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID ELKE WOENSDAG OM 12:00 SAAM VIR REËN
Geagte Klant
Die volgende is die jongste stand van sake met betrekking tot die watersituasie te Mosselbaai:
WATER SAL GENOEG WEES VIR VAKANSIESEISOEN
Die Munisipaliteit het bekendgemaak dat besoekers en toeriste so welkom soos altyd oor die
vakansieseisoen aan die einde van die jaar sal wees en dat die dorp genoeg water sal hê om die
verwagte toestroming van bykomende mense te hanteer, en ook totdat die seewaterontsoutingsaanleg
teen die einde van Januarie 2011 of vroeg in Februarie 2011 in volle produksie kom.
Die bestaande waterbeperkings verseker dat verbruik binne die verlangde vlakke gehou word, terwyl
verskeie noodprojekte soos die herwinning van rioolwater en die boorgate nou in produksie is. Die
seewaterontsoutingsprojek word versnel sodat die aanleg 5 megaliter per dag van Desember 2010 af
kan begin lewer. ‘n Projek om die brak water van die Hartebeeskuildam te gebruik, sal ook voor die
vakansieseisoen in werking tree. Die beperking van 40 persent op die gebruik van water vir
landboudoeleindes in die dreineringsgebied van die Wolwedansdam het reeds tot ‘n vermindering in
die onttrekking van water uit die dam gelei. Ten einde die watervoorraad te rek, sal die Departement
van Waterwese nie vir PetroSA toelaat om water uit die dam te onttrek sodra die vlak tot 10% of
minder gedaal het nie. Water is ook beskikbaar uit die twee baie kleiner damme, die Klipheuweldam
en die Ernst Robertson Dam, om te help verseker dat die Munisipaliteit genoeg water oor die
Feesseisoen, en vir ‘n tydperk daarna sal hê.
Die bogemelde situasie iS onderhewig daaraan dat die waterbeperkings steeds gehandhaaf word, en
dat inwoners asook besoekers voortgaan om water spaarsamig en met groot sorg te gebruik.
Die Munisipaliteit is ten volle bewus van die belangrikheid van vakansiegangers vir die plaaslike
ekonomie, en het hierdie aspek in ag geneem met die bestuur van die watervoorraad en die
bespoediging van die ontwikkeling van bykomende waterbronne vir die dorp.

KOFFERDAM GEBOU VIR ONTSOUTINGSAANLEG
Die kontrakteurs sal binne die volgende twee weke begin met die bou van ‘n kofferdam by die
ontsoutingsaanlegterrein te Voorbaai. Die dam, wat 155 meter in die see in sal strek, word benodig om
die pypleidingroete teen die branderaksie te beskerm totdat die twee pypleidings waardeur seewater
onderskeidelik na die aanleg en pekelwater van die aanleg af in die see gepomp sal word, voltooi is.
Die lê van die pypleidings is geskeduleer om teen die middel van November 2010 voltooi te word. Die
kofferdam sal dan afgebreek word. Die ontsoutingsaanlegbouterrein asook die terrein vir die lê van die
pype oor die strand sal ten volle tot hul vorige staat gerehabiliteer word onder die leiding van ‘n span
omgewingsdeskundiges
VOEL TUIS


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal