Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie  (Read 1180 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« op: June 17, 2010, 09:05:35 AM »
Afriforum het op klipgooidag (16 Junie) 2010, 'n konferensie gehou waarna al die jeugorganisasies van die land genooi is.

Die Verkenners se jeug het ook hierdie konferensie bygewoon en die volgende voorlegging gemaak:

Voorlegging deur die Verkennerbeweging : Afriforum Jeugkonferensie - 16 Junie 2010
1.   Die Afrikaner as Volk bestaan as ‘n Volk op sy eie en het die reg om as sulks te bestaan.
2.   Weens die aard, wese en herkoms van die Afrikanervolk het ons wel ‘n Europese herkoms waarop ons baie trots is, maar het ons in Suid-Afrika ontstaan en het dus die reg om op die bodem van Suid-Afrika voort te bestaan.
3.   Ons sal, indien dit God sou behaag, ook in die toekoms as ‘n Volk op ons eie voortbestaan binne die Afrika konteks.
4.   Ons as Volk is nie afhanklik van mense se ondersteuning of hulle wilsbeskikking om te wees en te bestaan nie. Uit die Bybel leer ons dat daardie reg deur ons Here gegee en geneem word.
5.   Ons wil as Volk ons eie taal, kultuur, Godsdiens, aard en wese handhaaf, ook vir ons nageslag.
6.   Die vryheidstrewe van ons voorvaders eer ons en brand daardie selfde strewe net so warm in ons en ons kinders se harte as in ons voorvaders s’n.
7.   Die Afrikaner is nie foutloos nie. Ons het verseker baie foute in die verlede gemaak en kan ook in die toekoms nog heelwat foute maak. Dit is menslik en ons sal nog arrogant nog kruiperig hieroor wees. Ons dien egter ons God, ons Volk en ons strewes na die beste van ons vermoëns en wil dit doen tot voordeel van die land wat ons bewoon asook andere Volkere rondom ons.
8.   Ons is baie lief vir en trots op ons eie Volk met al sy sterk punte, swak punte, suksesse, foute en gebreke.
9.   Ons handhaaf ons eie, maar wil terselfdertyd geen ander s’n ontneem of ontsê nie.
10.   Die Afrikaner Volk erken die bestaan van ander Volkere naas homself. Ons haat geen ander Volk nie en ons minag geeneen van hulle nie. Ons haat en verwerp wel enige stappe, aksies of optrede van enige indiwidu, groepering of Volk wat daarop gemik is om ons as Afrikaners se bestaan en identiteit te ontken of ons voortbestaan te vernietig of wat ons brandende strewe na selfbeskikking teewerk.
11.   Ons eis niks vir onsself, wat ons nie ook enige ander Volk gun nie.
12.   Ons wil oor geen Volk heers nie en sal nie verduur dat enige ander Volk oor ons heers nie.
13.   Ons sal na die beste van ons vermoë bydra tot die welsyn van elke ander Volk wat naas ons s’n wil bestaan.
14.   Ons reg om oor onsself te regeer, is ‘n reg wat vervat is in die Volkereg,beginsels van natuurlike geregtigheid en VN se handves van menseregte. Ook SA is ‘n ondertekenaar van hierdie handves.
15.   Ons betreur en verwerp enige aksies of dade wat enige Volk se reg op selfbeskikking en voortbestaan ontneem. Enige dade wat daarop gemik is om dit ons te ontneem sal, as dit God so behaag, misluk, bloot omdat die Afrikaner is wat hy is. Enige pogings hiertoe sal ook te staan kom teen die harde werklikheid van die Afrikaner se wilsgerigtheid.
16.   Ons veroordeel ten sterkste die volksmoord wat tans teen die Afrikaner gepleeg word en daag al die organisasies teenwoordig uit om dit nie net te veroordeel nie, maar om dit skriftelik te veroordeel. Persone wat hierdie erkende volksmoord nie veroordeel nie, is self skuldig aan hierdie volksmoord volgens Genoicide watch. 
17.   Ons definieer onsself nie as “teen” of “anti” enige persoon of Volk nie. Ons definieer onsself wel onomwonde as “vir” en “pro” Afrikanerskap en die Afrikaner Volk.
18.   Vreedsame NAAS…bestaan is onses insiens verseker moontlik indien elkeen van die volke wat naas mekaar bestaan se individualisme en eiesoortigheid erken word, daardie volk homself kan regeer en optimaal kan verwesenlik op die manier en binne die raamwerk wat sy eie geloofsoortuigings, kultuur, taal en herkoms bepaal. Ons verstaan die term “Naasbestaan” (en word dit as sulks in die HAT omskryf) as synde “Bestaan naas ‘n ander [Volk]” en verstaan onder die term “naas” (en word dit insgelyks as sulks in die HAT omskryf) as “digby, grensend aan, langs”.
19.   Nie een van hierdie terme kan of behoort verwar te word met vermenging, ineensmelting, assimilasie, integrasie of samepersing nie.
20.   Aangesien ons as Verkenners “vir” die Afrikaner is, eerder as “teen”, is al ons aksies en dade ook geskoei op volksbou en volksbehoud. (NIE NASIEBOU NIE)
21.   Ons sal gesels met enige persoon of Volk wat hierdie strewe erken en/of deel en sal rondom hierdie duidelike beginsels na vreedsame naasbestaan met enige ander Volk werk. Teenoor diesulkes reik ons die hand van vriendskap uit, omdat hulle ons aanvaar vir wie en wat ons is.
22.   Daar moet egter geen onduidelikheid by enige iemand bestaan oor die diepte van ons strewe na selfbeskikking nie. Dit is integraal deel van ons wese. Solank enige Afrikaner leef, sal die inherente wese van daardie strewe dus voortleef.

Aldus geteken en voorgehou te Pretoria op hede die 16de dag van Junie 2010.

Rian Genis

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #1 op: June 17, 2010, 09:17:06 AM »
Hierop is daar twee vrae aan die Verkennersjeug gevra:

1. Hoekom wil die Afrikaner nou onafhanklik wees? Is dit omdat daar 'n swart regering in SA is?

2. Erken die Verkenners nie dat misdaad alle mense beinvloed nie, waarom noem die Verkenners misdaad - Volksmoord.

Die antwoorde wat gegee is, was as volg:

1. Die Afrikaner se eis vir vryheid, is so oud soos die Afrikanervolk. (Daar is toe 'n kort geskiedenis les gegee)
2. Die definisie van Volksmoord (Genocide) is nie deur die Verkenners uit gedink nie, maar is 'n internasionaal erkende definisie. Dit is ook nie die Verkenners wat tot die gevolgtrekking gekom het dat daar 'n Volksmoord teen die Afrikaner gepleeg word nie, maar verskeie internasionale organisasies soos Genocide Watch. Indien enige persoon 'n probleem daarmee het, stel die Verkenners voor dat daardie persoon dit opneem met die Internasional gemeenskap.

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #2 op: June 17, 2010, 10:36:18 AM »
dit sal interessant wees om te weet:
WIE het die vrae gevra?
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #3 op: June 17, 2010, 12:33:26 PM »
dit sal interessant wees om te weet:
WIE het die vrae gevra?

"Name & shame" - asseblief!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #4 op: June 17, 2010, 12:59:15 PM »
Uit die argiewe in my geheue:

Die vraag oor die gebruik van die woord "volksmoord" het van die ID se jeug gekom.

Ek dink die vraag oor waarom ons onafhanklik wil wees het van PAYCO, (PAC jeug) afgekom.

Die vraag oor watter organisasies die volkstaat gedagte sou teenstaan, dit het van Charl Oberholzer van Afriforumjeug gekom.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #5 op: June 17, 2010, 01:37:29 PM »
Die vraag oor watter organisasies die volkstaat gedagte sou teenstaan, dit het van Charl Oberholzer van Afriforumjeug gekom.

Werner, as jy net weer daardie argiewe kan raadpleeg... Kan jy ons asseblief 'n bietjie meer agtergrond gee oor die konteks van hierdie vraag? Asook ons antwoord daarop...

Dankie

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #6 op: June 17, 2010, 03:24:45 PM »
Boo

Die agtergrond was dat dit een van die vrae was wat daarop gemik was om die gevoel van die verteenwoordigers te toets.  Die verteenwoordigers kan dan dmv handopsteek aandui wat hul standpunt is.  Charl het twee vrae gevra.  Ek kan nie onthou wat die ander vraag was nie, seker omdat die vraag oor die volkstaat vir my alles oorskadu het.

Die DA het hulle hande opgesteek toe die vraag gevra is oor watter organisasies dit sal teenstaan as die Afrikaner 'n volkstaat sou kry.  Organisasies het oor die algemeen nie baie hieroor te se gehad nie.  Die DA het egter reeds vroeg in die konferensie 'n aanval op nasionalisme gemaak en later ook neerhalend oor ons selfbeskikkingstrewe/volkstaatgedagte gepraat.

Ons het dus nie 'n antwoord gegee oor of ons tengunste daarvan was of nie.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #7 op: June 17, 2010, 03:46:45 PM »

Dankie Werner, hier is dit duidelik wie die kanker is - wonder hoeveel van hulle is nogal Afrikaners...

Wat presies was die oogmerk van die konferensie?

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #8 op: June 17, 2010, 04:16:37 PM »
Die tema van die konferensie is:

“Vreedsame naasbestaan: Feit of mite?”

"U organisasie sal ook ’n geleentheid hê om u standpunt oor die onderwerp te stel en voorstelle te maak vir stappe wat geneem kan word om vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika te bevorder.  Daar sal ook geleentheid vir oop bespreking en debatvoering wees."
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #9 op: June 17, 2010, 04:32:16 PM »
Aanhaling
wonder hoeveel van hulle is nogal Afrikaners...

Boo

Wat ek die afgelope tyd telkemale opnuut besef, is dat daar uiteenlopende definisies van "Afrikaner" bestaan.  Ekself is al versigting om my TE vas te maak aan 'n spesifieke definisie.  My betrokkenheid by Projek 2010 het my gedwing om in 'n mate anders hieroor te dink.  Hoe ek dit vir myself uitklaar, is om te stel dat 'n mens uit verskillende hoeke/kontekste daarna kan kyk.  Twee uiteenlopende hoeke sal natuurlik die volksmoord en ons selfbeskikkingstryd wees.  Ek KAN NIE die definisie wat ek in ons stryd gebruik, net so van toepassing maak wanneer ons praat van volksmoord nie.  Indien mens dit wil doen, kan ons solank maar Projek2010 stop. 

Wanneer ons egter praat oor ons volk se toekoms, oorlewing en selfbeskikking, is ekself geneig om "kieskeurig" te wees.  Nie almal met 'n ligte vel wat Afrikaans praat is deel van my volk nie.  Ook nie almal wat hulself Afrikaners noem, soos wat bv. Gert Opperman en die Voortrekkers/ATKV denkgroep sou wou beweer nie.

Terug by jou vraag:

Ons moet eers 'n definisie/maatstaf vasstel voordat ons so 'n vraag beantwoord. 

Volgens my is hulle dood eenvoudig nie Afrikaners nie.  Ek kan aan meer redes dink waarom hulle eerder as vyande sou kwalifiseer.

Ek was gister opnuut bitter oor die groot aantal "Afrikaners" wat vir die DA stem asook die manier hoe hulle in die media en veral dan Radio Pretoria oorkom.

(ek borduur so bietjie uit op die kwessie, omdat die saak dikwels na vore kom en sekere opvattings hieroor my grief, dit gaan dus nie net oor jou vraag nie)

Werner
« Laaste verandering : June 17, 2010, 04:35:01 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #10 op: June 17, 2010, 09:28:18 PM »
Boo

Die agtergrond was dat dit een van die vrae was wat daarop gemik was om die gevoel van die verteenwoordigers te toets.  Die verteenwoordigers kan dan dmv handopsteek aandui wat hul standpunt is.  Charl het twee vrae gevra.  Ek kan nie onthou wat die ander vraag was nie, seker omdat die vraag oor die volkstaat vir my alles oorskadu het.

Die DA het hulle hande opgesteek toe die vraag gevra is oor watter organisasies dit sal teenstaan as die Afrikaner 'n volkstaat sou kry

Organisasies het oor die algemeen nie baie hieroor te se gehad nie.  Die DA het egter reeds vroeg in die konferensie 'n aanval op nasionalisme gemaak en later ook neerhalend oor ons selfbeskikkingstrewe/volkstaatgedagte gepraat....
Vra die DA wat hulle standpunt oor die die "Volkstaat" vir of die "selfbeskikkingstrewe" van Jode is. Jy sal sien dat hulle dan dubbelle standarde handhaaf.

Colin Eglin (een van die min nie-Joodse oud-Progge) het hom selfs ten gunste van 'n Palestynse staat uitgespreek as ek dit nou reg onthou.

Sanderis

  • Gas
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #11 op: June 26, 2010, 12:02:16 PM »
June 25, 2010
Jeug toets steun vir onafhanklikheid van Afrikanervolk

In ’n mediaverklaring sê die Verkennersbeweging sa SA dat ‘n jeugkonferensie wat gehou is op 16 Junie 2010, wat gereël is deur Afriforumjeug en waarna ongeveer 27 jeugorganisasies genooi was, is ook deur die Verkennersjeug bygewoon. Tydens hierdie konferensie het die Verkennersjeug ‘n voorlegging gemaak waarin die Afrikanervolk se onafhanklikheidseis duidelik uitgespel is. Aan die einde van die konferensie is daar ook die vraag aan die gehoor gestel, of hulle teen die onafhanklikheid van die Afrikanervolk is. By wyse van handopsteek het die organisasies wat teen die onafhanklikheidseis van die Afrikanervolk is, hulle afkeer te kenne gegee. Dit was insiggewend om te sien dat dit slegs die DA en ACDP was wat gekant was teen die onafhanklikheidseis van die Afrikanervolk, met die Voortrekkerbeweging wat besluit het om buite stemming te bly. Selfs meer insiggewend is die feit dat die talle swart organisasies glad nie gekant was teen die onafhanklikheid van die Afrikanervolk nie.

Bron : Ditsemblits

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #12 op: June 26, 2010, 01:10:27 PM »
Aanhaling
wonder hoeveel van hulle is nogal Afrikaners...
Volgens my is hulle dood eenvoudig nie Afrikaners nie.  Ek kan aan meer redes dink waarom hulle eerder as vyande sou kwalifiseer.
Ek was gister opnuut bitter oor die groot aantal "Afrikaners" wat vir die DA stem asook die manier hoe hulle in die media en veral dan Radio Pretoria oorkom.

Jy kan nie 'n Afrikaner wees en vir die DA stem nie! Dit kan net die "Afrikaanses" wees wat hul tuiste daar gevind het!
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #13 op: June 28, 2010, 08:27:22 AM »
Aanhaling
wonder hoeveel van hulle is nogal Afrikaners...
Volgens my is hulle dood eenvoudig nie Afrikaners nie.  Ek kan aan meer redes dink waarom hulle eerder as vyande sou kwalifiseer.
Ek was gister opnuut bitter oor die groot aantal "Afrikaners" wat vir die DA stem asook die manier hoe hulle in die media en veral dan Radio Pretoria oorkom.

Jy kan nie 'n Afrikaner wees en vir die DA stem nie! Dit kan net die "Afrikaanses" wees wat hul tuiste daar gevind het!

Hierdie uitkyk kan net in 'n doëlhof eindig... en lei myns insiens tot onsinnige semantiese konsternasies, byvoorbeeld:

Kan iemand 'n Afrikaner wees en aan die VF+ behoort en vir hulle stem (Mulder sit in ANC-parlement en doen niks om selfbeskikking te bevorder nie)? Kan iemand 'n Afrikaner wees en lid wees van Solidariteit en Afriforum (wat ook huiwerig is om daadwerklik in die openbaar hulle verbintenis tot Afrikanerselfbeskikking te verklaar)?

So rukkie gelede was Afrikaners seker ook nie veronderstel om aan die FAK te behoort nie, maar na dese is dit weer moontlik...

En dan die groot vrae:

Kan iemand 'n Afrikaner wees en steeds 'n lidmaat van die NG Kerk wees?

Wat van die ander susterskerke wat ook so veroordelend teenoor Afrikanerselfbeskikking staan en nie genoeg oor hulle voete kon val om verskoning vir die Afrikaner se verlede te vra nie?

Ek sien dit so: Elke volk het goed en sleg in hom - polities en geestelik gesproke.

Dit is ons taak om die res te lei en begelei na die regte pad; hierdie taak hou nooit op nie.

Sou dit ophou dan begin verrotting intree... Iets wat nie groei nie, is besig om te sterf.

Hierdie tipe argumente is selde opbouend en tot die heil van ons volk.
« Laaste verandering : June 28, 2010, 08:35:09 AM deur Boo »

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #14 op: June 28, 2010, 08:49:07 AM »
En dan die groot vrae:
Kan iemand 'n Afrikaner wees en steeds 'n lidmaat van die NG Kerk wees?
Wat van die ander susterskerke wat ook so veroordelend teenoor Afrikanerselfbeskikking staan en nie genoeg oor hulle voete kon val om verskoning vir die Afrikaner se verlede te vra nie?

Geldige vrae! Ek het toevallig gister by die kerk (NHKSA) na 'n interessante gesprek geluister tussen twee afgetrede professore van die kerk. Dit het gehandel oor die komende AKV van die NHKSA. Almal is in afwagting dat hierdie AKV 'n keerpunt gaan bring, goed of sleg. Tydens die gesprek het woorde soos kerkskeuring en 'n nuwe Volkskerk op die oor geval! Gister was beslis nie die eerste keer wat hierdie begrippe bespreek was nie. 
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Re: Terugvoer: Afriforum jeugkonferensie
« Antwoord #15 op: June 28, 2010, 11:16:55 AM »
In ’n mediaverklaring sê die Verkennersbeweging sa SA dat ‘n jeugkonferensie wat gehou is op 16 Junie 2010, wat gereël is deur Afriforumjeug en waarna ongeveer 27 jeugorganisasies genooi was...
Is dit dalk moontlik om die ander 26 organisasies te lys asb?

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal