Skrywer Onderwerp: Kleinfontein  (Read 2382 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Jan Beyers

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Kleinfontein
« op: June 11, 2007, 09:24:56 AM »
Algemene Bespreking oor Kleinfontein en sy werksaamhede.  Hier kan julle gerus vra oor hoe Kleinfontein werk, en hoe dit hier gaan.


Webadres : www.kleinfontein.net    (Is bietjie verouderd)

Kleinfontein Spaar en Krediet Kooperatief -   http://bank.kleinfontein.net  (Ook bietjie verouderd).

Hulle is besig om die webblaaie te opgradeer.  Verdere vrae kan aan my gerig word.

Groete
« Laaste verandering : June 11, 2007, 09:29:38 AM deur Volkstrots »

Afwesig Hendrik van Niekerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1
Re: Kleinfontein
« Antwoord #1 op: June 12, 2007, 12:52:38 PM »
Wel ek het onlangs 'n plot gekoop in Kleinfontein en is baie opgewonde  :D om daarheen te trek. Ons woon tans heel aan die westekant van Pretoria (op 'n plot) en begin nou die druk van die Yuppies en al die ander mengelmoes ondervind. Die samehorigheid van enige gemeenskap word ondermyn as die gemeenskap nie meer homgeen is nie. :o Ek is seker dat die voortrekkers dieselfde begin voel het voor die groot trek!

Afwesig AdriaanG

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 2
Re: Kleinfontein
« Antwoord #2 op: June 12, 2007, 01:48:02 PM »
Dis lekke hier op plaas Kleinfontein tussen die bokkies en al. 8)

Amper boer

  • Gas
Re: Kleinfontein
« Antwoord #3 op: June 14, 2007, 10:35:37 AM »
Dalk 'n dom vraag maar waar is Kleinfontein en is daar eiendom beskikbaar?

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Kleinfontein
« Antwoord #4 op: June 14, 2007, 10:59:42 AM »
Amper Boer, daar is nie so iets soos 'n dom vraag nie, jy is welkom om enige iets te vra.

Kleinfontein is aan die oostekant van Pretoria (seker so 30+ kilos met die N4), dit was voorheen Donkerhoek genoem?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Kleinfontein
« Antwoord #5 op: September 03, 2009, 07:06:58 PM »
Bravolanders weet mos alles?

Is daar eiendom beskikbaar op Kleinfontein en indien wel, wat kos dit?

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Kleinfontein
« Antwoord #6 op: September 04, 2009, 04:55:47 AM »
Ja SP, hier is verskillende tipes eiendomme beskikbaar op Kleinfontein.

Ek weet nou nie hoe goed jy Keinfontein ken nie, en wat jou behoeftes is nie, dus gee ek n bietjie agtergrond.

Hier is n dorpie of nedersetting soos dit bekend staan. Dan is daar die wildpark, en derdens die hoewes. Jy sal maar moet kom kyk - aldrie opsies het maar sy voordele en nadele wat reflekteer in die prys van die eiendomme.

Sover my kennis strek is daar nog eiendom beskikbaar in al drie hierdie opsies. Wat prys aanbetref, glo ek dat dit dalk effens goedkoper gaan wees as in die stede. Dit is natuurlik nou n kopersmark soos elders.

Hier is nie naastenby daardie misdaadvlakke wat deesdae die stedelinge so teister nie, maar daarteenoor moet jy natuurlik verder ry om by sekere geriewe uit te kom.

Jy sal maar in verbinding moet tree met die bemarkers om meer spesifieke inligting te bekom - ek kan die kontakbesonderhede kry as jy dit benodig.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Jan Beyers

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Kleinfontein
« Antwoord #7 op: September 04, 2009, 07:39:36 AM »
Ek het 'n buurman wat se huis in die mark is SP...


Sanderis

  • Gas
Re: Kleinfontein
« Antwoord #8 op: June 08, 2010, 12:24:48 PM »
Is daar dalk wooneenhede beskikbaar om te huur , ek doen navraag namens iemand anders en sal 'n kontaknommer waardeer indien daar beskikbaar is .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Kleinfontein
« Antwoord #9 op: June 09, 2010, 07:39:30 AM »
Daar is Sanderis. Kontak vir Irene Groenewald van Kleinfontein vir meer inligting.

Sanderis

  • Gas
Re: Kleinfontein
« Antwoord #10 op: June 09, 2010, 08:18:38 AM »
Dankie Ben , waar kry ek haar kontakbesonderhede , op Kleinfontein se webtuiste ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Kleinfontein
« Antwoord #11 op: June 09, 2010, 08:23:14 AM »
Ek stuur haar nommer vir jou.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal