Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Man geskiet toe hy hulp vra met pap wiel  (Read 574 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Man geskiet toe hy hulp vra met pap wiel
« op: June 18, 2010, 11:40:32 AM »
Ek wonder wat het die swaap gedink as 'n swart man op 'n wit man se werf kom in die gebied van Pretoria waar die meeste swart op wit moorde gepleeg word??

Man geskiet toe hy hulp vra met pap wiel
2010-06-17 22:41

Hilda Fourie
“Daai man hy praat nie. Hy maak sy deur oop en skiet my. ‘One shot’.”

So het mnr. Nicolas Mtshali (32), ’n sweiser van Middelburg in Mpumalanga, gister gesê nadat hy op ’n plaas langs die N4-hoofweg hulp gevra het en toe geskiet is.

Mtshali was eergister op pad van Middelburg na Pretoria toe sy motor omstreeks 20:00 met ’n pap wiel langs die N4 naby Balmoral gaan staan het.

Hy het na ’n nabygeleë plaas, waar hy ’n huis (sowat 100 m van sy motor) met brandende ligte gesien het, geloop.

Mtshali is eers na ’n woonwa op die erf en het hulp gevra.

Dié mense het aan hom gesê om na die hoofhuis te gaan.

“Ek het lank daar by die huis gestaan en skree: ‘Help my, help my’,” het Mtshali gesê.

“Ek is nie na die deur toe nie, want die honde het geblaf. Die man het die deur oopgemaak en my geskiet. ‘One time’.

Hy het my nie eens gevra wat ek wil hê nie. Hy het net geskiet.”

Mtshali is in die arm getref. Hy het na sy motor gehardloop en sy vrou, wat in Pretoria was, gebel om hulp.

Brig. André Smith, bevelvoerder van die Vosman-polisiekantoor, het gister gesê een van sy lede het Mtshali gehelp en die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord, maar hulle het nog niemand gearresteer nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-geskiet-toe-hy-hulp-vra-met-pap-wiel-20100617
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal