Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie  (Read 1583 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« op: July 05, 2010, 04:10:33 PM »
Met die wêreldbeker sokker wat tans in SA gespeel word, is dit duidelik dat die ANC  hul beeld wil poets vir die buiteland.  So byvoorbeeld, het hulle hul massas ondersteuners opdrag gegee om hulle te gedra wanneer die buitelandse besoekers in Suid-Afrika is. 
 
Hulle het selfs so ver gegaan om die uitvoerende hoof van die ANC-vryheidspark,  Wally Serote, opdrag te gee om ‘n foto van generaal de Wet in hul heldesaal te hang.  Daar is selfs nou sprake dat hulle dieselfde met ‘n foto van generaal de la Rey gaan doen. 
 
In die verlede is die ANC-vryheidspark uitsluitlik gebruik om ANC kaders te vereer.  In 2006 was daar groot polemiek, juis omdat die ANC-beheerde vryheidspark besluit het om nie die name van SAW-lede wat op grens gesneuwel het, in te sluit by die name van die destydse terroriste wat in dieselfde oorlog gesneuwel het nie.  Selfs nou het die uitvoerende hoof te kenne gegee dat hulle nie die name van die SAW-lede gaan byvoeg nie.  Hulle verweer is, dat die SAW-lede nie vir vryheid geveg het nie en mens kan aanneem dat hulle daarmee bedoel dat hulle vir onderdrukking geveg het. 
 
Sedert die ontstaan van die ANC-vryheidspark is die enigste “Afrikaners” wie se name mens daar sou vind, die van verloopte “Afrikaners” soos Bram Fischer en ander prominente kommuniste.  Om nou te midde van die sokker met ‘n gepoetste beeld van ‘n reënboognasie wat nie werk nie, volksmanne soos de Wet en de la Rey in te span as kwotaspelers in hierdie nasiebou klugspel, is lasterlik en onaanvaarbaar.
Dit sou beter wees, as die ANC dan so graag “Afrikaners” daarby wou insluit, dat hulle kaders soos FW de Klerk, Roelf Meyer en die voetwassende Adriaan sjoe gebruik het.  Dit is egter duidelik dat selfs die ANC vir hierdie sikofante geen respek het nie. 
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die foto’s van hierdie Christelike volkshelde, de Wet en de la Rey, verwyder word van hierdie voorvadergees tempel.  Geen Christen kan tog vereer word in ‘n Godslasterlike plek soos die ANC se vryheidspark nie.
 
Die uwe
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #1 op: July 05, 2010, 07:21:13 PM »
Laat my nogal wonder wat is die bedoeling van die valse optrede van hulle .

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #2 op: July 05, 2010, 07:28:15 PM »
Hulle wil seker vir die buiteland probeer wys dat ons te maklik kla en dat die beeld wat die blankes uitdra 'n skewe beeld is.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #3 op: July 06, 2010, 11:43:26 PM »
Met die wêreldbeker sokker wat tans in SA gespeel word, is dit duidelik dat die ANC  hul beeld wil poets vir die buiteland.  So byvoorbeeld, het hulle hul massas ondersteuners opdrag gegee om hulle te gedra wanneer die buitelandse besoekers in Suid-Afrika is. 
 
Hulle het selfs so ver gegaan om die uitvoerende hoof van die ANC-vryheidspark,  Wally Serote, opdrag te gee om ‘n foto van generaal de Wet in hul heldesaal te hang.  Daar is selfs nou sprake dat hulle dieselfde met ‘n foto van generaal de la Rey gaan doen. 
 
In die verlede is die ANC-vryheidspark uitsluitlik gebruik om ANC kaders te vereer.  In 2006 was daar groot polemiek, juis omdat die ANC-beheerde vryheidspark besluit het om nie die name van SAW-lede wat op grens gesneuwel het, in te sluit by die name van die destydse terroriste wat in dieselfde oorlog gesneuwel het nie.  Selfs nou het die uitvoerende hoof te kenne gegee dat hulle nie die name van die SAW-lede gaan byvoeg nie.  Hulle verweer is, dat die SAW-lede nie vir vryheid geveg het nie en mens kan aanneem dat hulle daarmee bedoel dat hulle vir onderdrukking geveg het. 
 
Sedert die ontstaan van die ANC-vryheidspark is die enigste “Afrikaners” wie se name mens daar sou vind, die van verloopte “Afrikaners” soos Bram Fischer en ander prominente kommuniste.  Om nou te midde van die sokker met ‘n gepoetste beeld van ‘n reënboognasie wat nie werk nie, volksmanne soos de Wet en de la Rey in te span as kwotaspelers in hierdie nasiebou klugspel, is lasterlik en onaanvaarbaar.
Dit sou beter wees, as die ANC dan so graag “Afrikaners” daarby wou insluit, dat hulle kaders soos FW de Klerk, Roelf Meyer en die voetwassende Adriaan sjoe gebruik het.  Dit is egter duidelik dat selfs die ANC vir hierdie sikofante geen respek het nie. 
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die foto’s van hierdie Christelike volkshelde, de Wet en de la Rey, verwyder word van hierdie voorvadergees tempel.  Geen Christen kan tog vereer word in ‘n Godslasterlike plek soos die ANC se vryheidspark nie.
 
Die uwe
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Hierdie verklaring is duidelik nie ten gunste daarvan om die volkshelde van weleer daardie dekking te gee nie. As daar 'n De Wet Rylaan en Mandela Rylaan op dieselfde hoofweg deur Soweto wys, is ek bly oor die De Wet. Nou vra die President dat hierdie name verwyder word waar hulle verseker gesien gaan word?
 
Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #4 op: July 07, 2010, 06:41:49 AM »
As daar 'n De Wet Rylaan en Mandela Rylaan op dieselfde hoofweg deur Soweto wys, is ek bly oor die De Wet. Nou vra die President dat hierdie name verwyder word waar hulle verseker gesien gaan word?

Deur wie ? Die teerpale ?
De Wet / De la Rey kan nooit in dieselfde kategorie geklassifiseer word as die terroris Mandela nie en sal hopenlik nooit 'n "rylaan" met hom deel nie .
Bowenal ons kultuurerfenis het niks te doen met die steenkool desipels nie , dit kan nooit en solank soos wat daar mense soos Ben is , sal dit nooit integreer nie .
Ek ondersteun Ben se skrywe ten volle , ons volkshelde het geen plek in 'n kommunistiese tempel nie , dit hoort nie daar nie .
« Laaste verandering : July 07, 2010, 06:43:37 AM deur Sanderis »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #5 op: July 07, 2010, 07:34:11 AM »
Ek stem ook heelhartig met Ben saam, maar wil nog verder vra wat is die werklike motief agter hulle optrede. Een ding weet ek, en dit is dat dit beslis nie gedoen is om goeie gesindhede tussen "ons" en "hulle" te bewerkstellig nie. Dit is beslis ook nie gedoen om ons helde te vereer nie. Daar skuil 'n lae, gemene, verraderlike besoeling daaragter wat met minagting bejeen moet word.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #6 op: July 07, 2010, 05:24:04 PM »
Die gesegde dat "enige publisiteit ..." geld duidelik nie hier nie?

Sien dit vir 'n oomblik bietjie groter. As dit nou aan die lig kom dat die grootbaas van Wiki 'n "teerpaal" is, moet al jou geskiedenis dan verwyder word? En aan die ander kant, was daar nie 'n effense rimpeling oor die "nuwe geskiedenis" wat op skole aangebied word nie? Moet De la Rey, De Wet an al die ander nou daaruit ook verwyder word net omdat Mbeki die voorwoord geskryf het?

Moeilike dinge hierdie. Mens wil erkenning kry vir jou bestaan maar jou bestaan mag net deur nie-teerpale bekend gemaak word. Moeilike dinge hierdie.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #7 op: July 07, 2010, 05:42:32 PM »
Shalom, dit gaan daaroor dat die regering beslis nie hierdie manne as helde sien nie, daar is 'n verskuilde agenda. By verskeie geskiedkundige terreine word die geskiedenis deesdae ook verskillend vertel deur die swart gidse namate die toergroep verander. Aan buitelanders word 'n storie opgemaak, aan swartes word vertel hoe wittes onderdruk/ gemoor/verkrag het ens. As daar 'n groep kom wat soos boere lyk poog hulle om die waarheid te praat omdat hulle waarskynlik die geskiedenis ken.

Wie weet wat alles van die generaals vertel gaan word.

Verder dink ek die Generaals draai in hul grafte om as hulle moet weet dat hulle fotos hang tussen twee "vegters" wat die boervolk se land gevat het wat hulle voor geveg het.

Verder wil ons met hierdie bestel niks te doen he nie en nie deel aan die verkwisting van miljoene rande se belastinggeld wat aan sinnelose sg monumente spandeer is nie.

Dit maar van die redes
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #8 op: July 07, 2010, 06:28:59 PM »
Die afsku begryp ek heeltemal Ruan maar die toepassing van vooroordeel steek my dwars in die krop.

Dink jy nou vir een oomblik dat of De la Rey of De Wet in vrede sal rys as hulle die dronkgesang van "sal jy die boere kom lei" moes aanskou? In al wat 'n wit kroeg was.

En die ding is, De la Rey was vergete (soos De Wet steeds is) tot Bok 'n lekke suipsong gemaak het. Nou weet hordes meer mense van De  la Rey.

Miskien sou dit gaaf klink as die President ook 'n verklaring uitvaardig dat: " Geen persoon onder die invloed... mag meer op slingerende aandag staan en De la Rey sing nie."?

Bly steeds moeilike dinge.

Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #9 op: July 07, 2010, 07:55:07 PM »
Jammer om jou teleur te stel Shalom , maar ek is nie 1 van die mense wat jy hierbo noem nie .
Ek het dit al gesê , maar blykbaar is jy 'n nuweling en sê ek dit dus vir jou : ek het nie drank (alkohol) nodig om te ontspan nie dus kan jy my nie as 1 van bg. reken nie .

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #10 op: July 07, 2010, 08:11:56 PM »
Jammer om jou teleur te stel Shalom , maar ek is nie 1 van die mense wat jy hierbo noem nie .
Ek het dit al gesê , maar blykbaar is jy 'n nuweling en sê ek dit dus vir jou : ek het nie drank (alkohol) nodig om te ontspan nie dus kan jy my nie as 1 van bg. reken nie .

Nee Sanderis, ek het jou as niks gereken nie behalwe as die een wat "teerpaal" in my mond geplant het.

Deur wie ? Die teerpale ?
De Wet / De la Rey kan nooit in dieselfde kategorie geklassifiseer word as die terroris Mandela nie en sal hopenlik nooit 'n "rylaan" met hom deel nie .
Bowenal ons kultuurerfenis het niks te doen met die steenkool desipels nie , dit kan nooit en solank soos wat daar mense soos Ben is , sal dit nooit integreer nie .
Ek ondersteun Ben se skrywe ten volle , ons volkshelde het geen plek in 'n kommunistiese tempel nie , dit hoort nie daar nie .
« Last Edit: July 07, 2010, 06:43:37 AM by Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #11 op: July 07, 2010, 08:28:01 PM »
ek het jou as niks gereken nie behalwe as die een wat "teerpaal" in my mond geplant het.

Ek het nie gesê jy moet wat ek sê herhaal soos 'n pappegaai nie .
Grappies op 'n stokkie , kom ons keer terug na die onderwerp van bespreking en probeer daarby hou .

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #12 op: July 07, 2010, 08:44:48 PM »
ek het jou as niks gereken nie behalwe as die een wat "teerpaal" in my mond geplant het.

Ek het nie gesê jy moet wat ek sê herhaal soos 'n pappegaai nie .
Grappies op 'n stokkie , kom ons keer terug na die onderwerp van bespreking en probeer daarby hou .

Eers is ek dom of liberaal, nou weer 'n papegaai. Is julle ouens regtig? Jy is die Volksraad is jy nie? 'n Leier is jy nie? Moet ek volg of wil jy lei?

Die geskiedenis moet op alle fronte vertoon word. Al voorwaarde behoort te wees dat dit die waarheid is.

Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #13 op: July 07, 2010, 08:58:07 PM »

Die geskiedenis moet op alle fronte vertoon word. Al voorwaarde behoort te wees dat dit die waarheid is.

Absoluut , en die waarheid is dat Mandela en sy maats genadelose terroriste was , en nou wil jy voorstel dat stoere Boere soos De la Rey en De Wet se herinnering besoedel moet word om tussen hulle in een saal vertoon moet word ?
Nee , ons geskiedenis helde het geen plek in die ANK se Freedom Park nie , hulle plek is in ons harte .

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #14 op: July 07, 2010, 09:05:46 PM »

Die geskiedenis moet op alle fronte vertoon word. Al voorwaarde behoort te wees dat dit die waarheid is.

Absoluut , en die waarheid is dat Mandela en sy maats genadelose terroriste was , en nou wil jy voorstel dat stoere Boere soos De la Rey en De Wet se herinnering besoedel moet word om tussen hulle in een saal vertoon moet word ?
Nee , ons geskiedenis helde het geen plek in die ANK se Freedom Park nie , hulle plek is in ons harte .

Hier is maar 'n baie klein deel van "ons harte" wat aktief meeleef in volksbepsrekings. Ek sal graag wil sien dat die volkshelde ook tot kennis van die derduisende oningeligde volksgenote moet kom.  Maar goed, net op spesiale plekke vir net die ingeligdes is seker beter as niks.

Sanderis

  • Gas
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #15 op: July 07, 2010, 09:48:36 PM »
Natuurlik moet ons geskiedenis aan die nageslag oorgedra word , daar is reeds vele inisiatiewe wat dit effektief bevorder .
Daar is natuurlik ook die Internet as bron van opvoeding , en dit hoef ek natuurlik nie vir jou te sê nie , is oop en toeganklik vir ALMAL .

Meestal jong mense wat ek ken , ken ons geskiedenis . So nou wonder ek , ken ek maar net toevallig die regte mense of staar ek myself blind teen die oningeligdes ?
Ek erken daar is mense wat nie die geskiedenis ken nie , maar ek twyfel of hul dit wél sal leer by Freedom Park .

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #16 op: July 08, 2010, 10:17:39 AM »
 ;D

Dit is my mening dat die Verkenners nou 'n mediaverklaring uitreik en aan Malema krediet gee .... hy is hulle een voor:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Eer-helde-se-Malema-toe-sing-hy-De-la-Rey-20100707

Let veral op na die kommentare! Verkenners, nou is julle kans!!
« Laaste verandering : July 08, 2010, 10:25:18 AM deur Shalom »

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #17 op: July 08, 2010, 10:32:41 AM »
Ek het nou lekker gelag vir die kommentare op daai berig. Ai ai.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #18 op: July 08, 2010, 03:33:00 PM »
Shalom, jou gereelde aanval op die Verkenners is besig om die perke van my ordentlikheid te toets. >:(
Gaan sing saam met Malema as jy niks beters het om te doen nie!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Generaals de Wet en de la Rey is nie kwotaspelers nie
« Antwoord #19 op: July 08, 2010, 03:41:23 PM »
Shalom, jou gereelde aanval op die Verkenners is besig om die perke van my ordentlikheid te toets. >:(
Gaan sing saam met Malema as jy niks beters het om te doen nie!

Sensitief oor welke rede? Alwyn, dit sal opreg waardeer word as nou "aanval" staaf. Ek het nog nie veel gepraat nie so dit behoort baie maklik te wees om deur my paar sinne te gaan en jou persepsie van "aanval" te motiveer. Of is dit net 'n gevoel?

Dit voel my ek is beslis in elders want daar gaan nie een van opinies verby sonder dat iemand bedreigd voel nie. Vreemde plek hierdie. Is hier niemand wat gewoon net in staat is tot debat nie?

Alwyn, as jy nou my laaste woorde (met die Beeld-skakel) as 'n aanval sien, wat sal jy sien as versoenend? Net stilbly?

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal