Skrywer Onderwerp: Wêreld sien wit armoede  (Read 2081 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Wêreld sien wit armoede
« op: July 06, 2010, 12:00:11 PM »

Wêreld sien wit armoede


2010-07-05 22:55

Onder die opskrif “Poverty, and little sympathy in South Africa” berig die koerant oor een van die talle wit plakkerskampe wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontstaan het.

Finbarr O’Reilly (39), ’n bekroonde Kanadese fotograaf vir die nuusagentskap Reuters, het mense in Kroningspark in Krugersdorp gaan afneem om met sy foto’s die ander kant van Suid-Afrikaanse armoede aan die wêreld te wys: Die wit kant.

“Die algemene persepsie is dat wit Suid-Afrikaners lewens van voorreg en relatiewe rykdom geniet,” het O’Reilly aan The New York Times gesê.

Sy belangstelling in wit armoede in Suid-Afrika het begin toe hy in 1994 hier was en opgelet het dat daar ook wit mense by verkeersligte bedel. “Ek het begin rondvra: ‘Wat gaan hier aan?’”

Wit armoede is volgens hom nie ’n nuwe verskynsel in die land nie, “maar dit lyk asof dit meer is as in die verlede”.

In sy navorsing het hy vasgestel dat meer as ’n halfmiljoen wit Suid-Afrikaners onder die bestaansminimum leef en dat baie van hulle ’n sukkelbestaan in minstens 80 wit plakkerskampe in die Pretoria-omgewing voer.
(Sommige demograwe in Suid-Afrika meen tot 800 000 wit mense leef onder die bestaansminimum).

Om die sowat 400 mense van Kroningspark se vertroue te wen, het O’Reilly vir ’n week lank tussen hulle gaan bly.

In hul gehawende tente en aangelapte hutte het hy tekens van ’n vervloë middelklasbestaan gekry: muurbehangsels, houtlepels, kantdoilies.

Maar ook vullis, rondloperdiere, alkoholisme en geweld.

Sy reeks foto’s van Kroningspark word tans in Italië vertoon in ’n uitstalling getiteld After A.
























http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Wereld-sien-wit-armoede-20100705
« Laaste verandering : July 06, 2010, 12:02:55 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Wêreld sien wit armoede
« Antwoord #1 op: July 07, 2010, 05:54:34 PM »
Jammer om dit te se maar as jy arm is hoef jy nie slordig te wees nie. Rook help sekerlik ook nie om geld te spaar nie? Mens sal eers die armes se gesindheid moet verander voor jy hulle sal kan ophef.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Wêreld sien wit armoede
« Antwoord #2 op: July 07, 2010, 06:18:29 PM »
Ruan,

Ek dink dit is veral erg in Kroningspark. Daar is ongelukkig mense wat daar woon wat nie anders wil lewe nie, en beslis nie wil werk nie. As ek dit vergelyk met die Lochvaal deurgangsoord, is dit werelde verwyder. By Lochvaal is dit werklik mense wat weens omstandighede buite hulle beheer in die posisie is. Hulle word gehelp om weer selfversorgend te word.

By Kroningspark word daar gereeld voedsel en klere uitgedeel sonder dat daar enige poging aangewend word om die mense aan te moedig (dwing) om weer vir hulle self te begin sorg nie. Hulle eet en bly verniet, en bedel by die robots in Paardekraalweg vir hulle drank geld. Hulle is ook besonder slordig op hulle self en omgewing. Dit is jammer dat die fotograaf juis besluit het op Kroningspark, want dit laat dit lyk of alle arm wittes pateties is. Daar is beter voorbeelde van wit armoede as hierdie.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wêreld sien wit armoede
« Antwoord #3 op: July 07, 2010, 06:24:33 PM »
Dankie Ruan,

Ek wou dieselfde opmerking maak, maar aan die een kant kry mens die mense jammer...

Die ou mense en die kinders, kry ek steeds jammer, maar die jong klomp daar lyk nie asof hulle, hulle self daar wil uitwerk nie... Ek glo baie mense is bereid om iemand te help wat hulle self wil help. Dit is 'n een van daardie moeilike foto's om na te kyk. Dit is verskillende emosies gelyktydig...


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal