Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied  (Read 2907 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« op: July 07, 2010, 06:41:23 PM »
Donkerhoek Verkenners
Media Verklaring
7 Julie 2010
Tussen die 3de Julie 2010 en vroegoggend van die 7de Julie 2010 was daar drie plaasaanvalle in die Pienaarspoort omgewing Oos van Pretoria.  Dit is egter net die gevalle waarvan die Donkerhoek Verkenners bewus is, aangesien die persone wat aangeval was, lede is van die gemeenskapsbeveiligings inisiatief waar die Donkerhoek Verkenners deel het. Die goeie nuus is dat niemand beseer is in die voorvalle nie, alhoewel daar skote geklap het in al drie gevalle. Die Donkerhoek Verkenners is van mening dat die blote feit dat die gemeenskap so vinnig gereageer het om die persone wat aangeval is te hulp te snel, die situasies omgekeer het en verhoed het dat enige persone gewond of gedood is.
Die kommerwekkende gevolgtrekking wat gemaak is deur die Donkerhoek Verkenners, is die blatante onvermoë van die Suid-Afrikaanse Polisie om enige bydrae te maak tot die poging tot arrestasie van die kriminele. In een geval was daar ‘n polisie-helikopter, maar later is verneem dat die helikopter  oppad was na ‘n aanval in Silverton. Wat vreemd is, is dat nie die aanval in Silverton of die drie aanvalle in die Pienaarspoort omgewing enige media dekking ontvang het nie. Dit skep die indruk dat die media besluit het om geen negatiewe berigte oor SA bekend te maak, terwyl die sokker aan die gang is nie. Indien dit waar is, wat dit blyk te wees, dan is dit skokkend dat die media so openlik nou ‘n speelbal in die hande van die ANC geword het.
Met dit in ag geneem, word Volksgenote gewaarsku om nie die media te glo dat daar ‘n afname in aanvalle is nie. So onlangs soos vandag het die Donkerhoek Verkenners ‘n skrywe ontvang van ‘n gemeenskapsveiligheidsliggaam  wat bevestig het dat aanvalle sedert die sokker toegeneem het. Ons behoort die waarskuwings oor die sogenaamde xenofobiese aanvalle ernstig opneem, want die vlaag van aanvalle is besig om te vermeerder. Uit eerstehandse ondervinding kan die Donkerhoek Verkenners bevestig dat die SAP weinig gaan doen om ons te beveilig. Daarom word Volksgenote aangemoedig om aan te sluit by gemeenskapsbeveiligings inisiatiewe in hul omgewings, want eendrag, maak mag.

Jan Beyers
Voorsitter
Donkerhoek Verkenners

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #1 op: July 07, 2010, 07:06:26 PM »
Hierdie verklaring sluit aan by hordes soortgelyke waarskuwings.

Daar word nie genoem of dit bevestig kon word of die "skote klap" wel as plaasaanvalle gesien kan word nie. Sou daar verdagtes in hegtenis geneem wees en aan ondervraging blootgestel kon word, kon meer inligting as bloot net spekulasie verkry word. Skote wat in die nag klap dui nie noodwendig op 'n aanval nie.

Dit sou gaaf wees om aan hierdie verklaring krdietwaardigheid te gee deud 'n eie berig van die insidente te maak, bv.

" Mev Publiek van Plot 25, Donkerhoek, is laasnag om ongeveer 12 uur deur drie aanvallers op haar grasperk aangeval. ....."

Is daar formele klagtes ingedien?

En dan is dit natuurlik ook bekend dat Donkerhoek die vesting van Radio Pretoria is en binne die omgewing van die "volkstaat" val. En dit is ook bekend dat die SAPD ( en ander Azaniese magte) hoegenaamd nie welkom is daar nie?

Die President moet dalk sy verklarings meer mik op die on-ingeligdes en nie aanneem dat almal bekend is met sy omgewing nie? Met permissie.

Daar moet ook 'n baie klein waardering gegee word vir die effektiwiteit van die "Sokkerhof" wat deur die regime ingestel is. Berigte van  verbasende vonisse verskyn in die algemene media en die beste aspek blyk die ongelooflike tempo waarteen hofsake afgehandel word! Vandag gevang en in drie dae gevonnis tot 12 jaar hardepad? Dit wil gedoen wees. Self in die ou en ou-ou SA het dit nie gebeur nie. Beter nuus nog hieromtrent - diegene wat gevang en gevonnis word is hoofsaaklik "teerpale". Geen enkele "regse" nie? Of wag hulle tot na die WB? ;)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #2 op: July 07, 2010, 07:17:50 PM »
Shalom

Dit is nou reeds die tweede keer dat jy na 'die President' verwys. Hierdie skrywe is deur Jan Beyers, voorsitter van Donkerhoek verkenners geskryf. Die ander een is deur Ben Geldenhuys, president van die verkenners geskryf. Probeer asb. om die sarkastiese/neerhalende toon in jou skrywes te beheer. Onthou dat niemand jou liggaamstaal kan 'lees' as jy saamgesels nie en die negatiwiteit in jou skrywes word duidelik opgetel. Let asb. in die toekoms daarna op, want dit kan dalk goeie bedoelings heeltemal skaad.

Groete
Christa
Moed Vryheid Eer

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #3 op: July 07, 2010, 07:30:36 PM »

Dankie vir die korreksie Christa. My verskoning dat ek nie met al die posisies hier bekend is nie. Ben het die plasing gemaak en hy is die President van die Verkenners? en hy het Jan (die voorsitter) se verklaring geplaas. Ben is ook nie meer? die President van Bravoland nie.

Geen sarkasme bedoel nie. Net bietjie verwarring.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #4 op: July 07, 2010, 07:34:48 PM »
Ons het baie onlangs 'n nuwe Volksraad verkies en is tans in die proses om nuwe Staatshoofde te kies.

Hierdie is egter nie die draad om dit te bespreek nie.

Moed Vryheid Eer

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #5 op: July 07, 2010, 07:36:57 PM »
Nogmaals bedankt.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #6 op: July 07, 2010, 07:37:03 PM »
Kan ek ook vra dat jy ophou verwys na "teerpale", dit raak nou bietjie oud en ons is nie hier om haatspraak te verkondig nie.

Ons is hier omdat ons 'n liefde vir ons eie het, nie 'n haat vir ander nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #7 op: July 07, 2010, 07:43:46 PM »
Kan ek ook vra dat jy ophou verwys na "teerpale", dit raak nou bietjie oud en ons is nie hier om haatspraak te verkondig nie.

Ons is hier omdat ons 'n liefde vir ons eie het, nie 'n haat vir ander nie.

Dit voel asof ek onder 'n vergrootglas staan sonder rede? Die "teerpale" het ek eenvoudig aangewend omdat dit 'n verwysing was wat ek hier gevind het en dus aangewend het om meer welkom te voel. 'n Lid van die Volksraad wat dit eerste opgehaal het onder die "kwotaspelers" bespreking?

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #8 op: July 07, 2010, 07:46:05 PM »
Shalom.

Ek self was direk na al 3 die aanvalle op die toneel.  Ek het die afgelope tyd min geslaap met al die misdaad gevalle.  So moenie my oordeel van 'n plaasaanval in twyfel trek nie.  My geduld is effens op met manne wat agter hul rekenaars skuil en hul slim hou.

Groete

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #9 op: July 07, 2010, 07:48:27 PM »
Kan ek ook vra dat jy ophou verwys na "teerpale", dit raak nou bietjie oud en ons is nie hier om haatspraak te verkondig nie.

Ons is hier omdat ons 'n liefde vir ons eie het, nie 'n haat vir ander nie.

Dit voel asof ek onder 'n vergrootglas staan sonder rede? Die "teerpale" het ek eenvoudig aangewend omdat dit 'n verwysing was wat ek hier gevind het en dus aangewend het om meer welkom te voel. 'n Lid van die Volksraad wat dit eerste opgehaal het onder die "kwotaspelers" bespreking?

Dit is jou eie houding wat jou onder die vergrootglas geplaas het.

Dit is nie standaard-gebruik om ander volkere te beledig nie, en dit is tog logies wie die aanvallers was wat op hierdie draad bespreek word.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #10 op: July 07, 2010, 08:08:59 PM »
Shalom.

Ek self was direk na al 3 die aanvalle op die toneel.  Ek het die afgelope tyd min geslaap met al die misdaad gevalle.  So moenie my oordeel van 'n plaasaanval in twyfel trek nie.  My geduld is effens op met manne wat agter hul rekenaars skuil en hul slim hou.

Groete

Almal se geduld is op. Ook myne oor manne wat dink hulle kan sien wat agter die manne voor rekenaars aangaan. Vir 'n voorsitter meneer, kla jy oor twyfel ek dan twyfel jy? Hoe dan nou?

Die laaste tyd is die Verkenners in die nuus by wyse van persone wat dien of gedien het.

Na 'n "uitdaging" aan Malema om by 'n Volksmonument met die Verkenners te ontmoet is die verkenners konstant in die nuus. Nie met groot sukses nie maar met verleentheid.

Jan, julle moet dalk minder sensitief wees en die stryd op die regte front gaan veg anders kan die volksgenote begin dink dat dit beter is om julle stryd van die kantlyn te aanskou. Maak vrede dat Malema en die YL se publisiteit heelwat beter en met groter resultate is as die Verkenners s'n.

Die feit dat jy blank is, Afrikanerskap verklaar en die Verkenners lei maak nie noodwendig van jou die oorwinnaar in 'n veldslag nie. Steek jou trots in jou sak en raak nederig.

Jy mag my aanval as jy wil, net een minder Afrikaner wat jou sal steun. En hoeka dryf jy my tot in jou vyand se kraal? Nie dat jy bang is nie - alleen teen die oormag en steeds vegtend. Wat gaan jy wen?

Te sensitief. Waarlik.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #11 op: July 07, 2010, 08:18:53 PM »
Shalom,

Jy is daarop uit om almal te tart op al die drade. Jy praat van "dryf jy my tot in jou vyand se kraal". Ek glo jy is reeds daar. Jy probeer net om met 'n verskuilde agenda en kamtige omgee om twis te veroorsaak. Net soos FrantzFanon is jy duidelik nie vir die Volksaak hier nie of hier omdat jy jouself met ons vereenselwig nie. So wat probeer jy regtig bereik ?

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #12 op: July 07, 2010, 08:21:25 PM »
Shalom,

Jy is of dom, of 'n liberalis.  Ek stel in elk geval nie belang in jou ondersteuning nie.

So loop vlieg in jou moerby in.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #13 op: July 07, 2010, 08:34:34 PM »
Stadig oor die klippe Burgers. Kan ons asb terugkeer na die draad en die betrekkinge daartoe?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #14 op: July 07, 2010, 08:36:46 PM »
Persoonlike belediging is klaarblyking 'n voorvereiste vir 'n bestuursposisie binne die Verkennersbeweging. As dit nie Malema is nie, is dit taalgenote. Almal "vyande". Skrik wakker oom.

Dit is goed so Jan. Nog nooit teruggestaan vir 'n uitdaging nie. Laat die son oor jou opkom.

"Regse Leier Verkwansel Arm Afrikaners Onder Hamer" tot in moerby.

Of kry ek 'n verskoning en wapenstilstand?

Onthou tog net, in oorlog is ALLES regverdig, selfs die publikasie van halwe waarhede.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #15 op: July 07, 2010, 08:45:21 PM »
Ek skrik nie vir dreigemente nie. Maak wat jy wil.  Jy openbaar jou eie swakheid.

Ek is nou klaar gepraat met jou.  Ek mors nie verder my tyd op jou sinnelose verdagmakery nie.

En onverskoning vra? Jy moet jou kop laat lees!

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #16 op: July 07, 2010, 08:50:38 PM »
Ek skrik nie vir dreigemente nie. Maak wat jy wil.  Jy openbaar jou eie swakheid.

Ek is nou klaar gepraat met jou.  Ek mors nie verder my tyd op jou sinnelose verdagmakery nie.

En onverskoning vra? Jy moet jou kop laat lees!

Om verskoning.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #17 op: July 07, 2010, 08:57:00 PM »
Dis nou genoeg! Hierdie draad sal verwyder word, dat net die eerste pos oorbly. Dus vra ek dat julle die heen en weer gooiery nou dadelik sal stopsit en dit geld op al die drade.

Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #18 op: July 08, 2010, 10:23:21 AM »
Luister gerus vanmiddag na 'n onderhoud oor hierdie aangeleentheid op Volksmikrofoon.

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #19 op: July 08, 2010, 07:08:19 PM »
Luister gerus vanmiddag na 'n onderhoud oor hierdie aangeleentheid op Volksmikrofoon.

Enige terugvoering?  :o

Ek neem aan Volksmikrofoon is 'n Radio Pretoria program. Onder Clem de Klerk se stuur. Het dit nie kon luister nie.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal