Skrywer Onderwerp: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied  (Read 2501 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #40 op: July 22, 2010, 07:18:39 PM »
As jou naam ook Sakkie is, dan word daar met ons gek geskeer. Gun hulle maar hierdie rondte...

Die foto wat jy geplaas het, is van die ou Kliphuis in die fonteinklofie op Kleinfontein.

Die Dorp Kleinfontein is net op die rant reg agter die Kliphuis op jou foto. Die Wildpark en die Hoewes is regs en agter die fotograaf.

Hierdie is n klofie sny in in n bergrant in, wat van links voor, tot regs agter strek oor n afstand van omtrent 11 kilometer. (Soos jy nou na die foto kyk)

Die botsing tussen Boer en Brit wat as "Die Slag van Donkerhoek" bekendstaan het oor n baie wye front gestrek.

Donkerhoek (die Boere se regterflank) is n groot plaas wat n hele paar kilometer na links voor is. Kleinfontein is naby aan die middel van die slagveld, en na regs agter is Rhenosterfontein en Diamantvallei wat die Boere se linkerflank was.

Die Boere het die rante beset, en die Ingelse, Skotte, Australiers en Kanadese en hulle meelopers moes hulle daar gaan verdryf, aangesien daar gevrees was dat die Boere steeds Pretoria en die spoorlyn na Oos-Transvaal bedreig.

By Donkerhoek (Engelse linkerflank) het die Boere die aanval gestuit, die vyand vasgepen en gevoelige verliese toegedien. Ook in die middel van die front(by Kleinfontein) kon die Kanadese nie hond haaraf maak nie, ondanks hewige Engelse kanonvuur op die rante vanaf ongeveer 1 km agter my huis. (Vir die wat weet, die Engelse kanonne het vanaf Boshkop af inbeweeg tot n entjie onderkant daar waar Ben bly, en K7 se plaas)

Onder dekking van hierdie kanonvuur het die Kandese die rante probeer bestorm, maar moes vinnig vir hulle klipskuilings bou, en koes vir die mausers. Ons praat hier van n afstand van nog meer as 400 meter van die rante af - die Boere kon blykbaar skiet. Hierdie reeks klipskuilings van die Kanadese kan nog besigtig word reg agter my huis (en by KB56). Hier het hulle vir 3 dae hulle koppe platgehou.

n Skaakmat situasie was besig om te ontwikkel. Die Engelse was bewus van die Boere se vrees vir omsingeling, en het hul oormag gebruik, en n sterk mobiele mag van etlike duisende man ver na hul regterflank (Boere se linkerflank) ontplooi (by Diamantvallei). Terselfdertyd is druk oor die hele front geplaas met aanvalle, om te voorkom dat die Boere versterkings stuur na hul linkerflank.

Op hierdie wyse is die deurbraak by Diamantvallei bewerkstellig, en die Boere moes terugval en die rante ontruim.

Die Boere het hierdie slag "Donkerhoek" genoem, na aanleiding van hul grootste suksesse op hul regterflank. Dieselfde slag staan egter onder die Engelse bekend as "the battle of Diamond Hill" - die Engelse se regterflank

Genoeg geskiedenis en geografie. Jou foto is geneem op Kleinfontein
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #41 op: July 22, 2010, 07:53:40 PM »
Korreksie - vervang Kanadese met Nieu-Zealanders
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #42 op: July 22, 2010, 09:04:59 PM »

Die foto wat jy geplaas het, is van die ou Kliphuis in die fonteinklofie op Kleinfontein.

Die Dorp Kleinfontein is net op die rant reg agter die Kliphuis op jou foto. Die Wildpark en die Hoewes is regs en agter die fotograaf.

Hierdie is n klofie sny in in n bergrant in, wat van links voor, tot regs agter strek oor n afstand van omtrent 11 kilometer. (Soos jy nou na die foto kyk)

Donkerhoek (die Boere se regterflank) is n groot plaas wat n hele paar kilometer na links voor is. Kleinfontein is naby aan die middel van die slagveld, en na regs agter is Rhenosterfontein en Diamantvallei wat die Boere se linkerflank was.

 Jou foto is geneem op Kleinfontein

Baie, baie dankie Sakkie!

Destyds was alles "Donkerhoek", Van die toring deur die loopgrawe af tot onder in die bos en ook met die klein voetpad af kliphuis toe.

En dit was meestal letterlik donkerhoek, in die nag daar moes "doodsakkers" oefen.

Ons was by die monument ook - dankie vir die herinnering.

Nou goed, kan ons nou vrede bou oor al my aannames? Dit is immers myne?

Dankie dat die feite so deeglik openbaar word Meerkat. Regtig waardering daarvoor en ook vir die wyse.

Woon daar iemand in die huis? Pragtige plek gewees!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Plaasaanvalle neem toe in Donkerhoek-gebied
« Antwoord #43 op: July 24, 2010, 02:47:35 AM »
Die Kliphuis behoort aan een van die aandeelhouers hier op Kleinfontein, en daar woon op hierdie stadium huurders in n gedeelte van die huis.

Die huis moet opgeknap word - die ou houtrame van die vensters en deure is afgeleef, en die grasdak se tyd is ook verby. Die houtplatform wat uitkyk oor die dam het ook aandag nodig.

As ek reg verstaan, dan is die idee om die plek op te knap en te omskep in n gastehuis/eetplek wanneer tye meer gunstig is. Dit gaan n klompie geld kos.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal