Skrywer Onderwerp: Registrasie ooreenkoms en Forumreëls  (Read 661 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Registrasie ooreenkoms en Forumreëls
« op: July 07, 2010, 09:07:22 PM »
FORUMREëLS
U is dit eensgesind dat, deur die gebruik van hierdie forum, u geen materiaal wat ander gebruikers se privaatheid skend, vals, lasterlik, onakkuraat, beledigend, aanvallend, vulgêr, haatdraend, teisterlik, onwelvoeglik, godslasterlik, seksueelgeoriënteerd, dreigend, of enigsins \’n oortreding van internasionale wette en/of landswette van die Republiek van Suid-Afrika is, op die forum sal plaas nie. U stem ook in om geen materiaal waarop daar kopiereg is, te plaas nie, tensy u die kopiereghouer is of skriftelike toestemming van die kopieregeienaar het. Rommelpos, advertensies, kettingbriewe, piramideskemas en onsedelike reklame word ook nie op die forum toegelaat nie.

Neem kennis dat dit vir die administrateurs en Volksraad onmoontlik is om die geldigheid van alle poste te bevestig. Hou asseblief in gedagte dat ons nie deurentyd alle poste monitor en kontroleer nie, dus kan ons nie verantwoordelik gehou word vir die inhoud van poste nie. Ons kontroleer nie die akkuraatheid, volledigheid en bruikbaarheid van enige inligting wat aangebied word nie. Die poste wat op die forum geplaas word, weerspieël die sieninge en menings van die outeur en nie noodwendig dié van Bravoland, die Volksraad of administrateurs nie. Enigeen wat voel dat enige poste aanstootlik of onwelvoeglik is, moet dadelik die betrokke pos aan enige moderator, administrateur of Volksraadlid rapporteer. Die Volksraad en administrateurs behou die reg om onwelvoeglike poste/drade, binne ’n billike tydsbestek, te verwyder of te skuif indien hul die verwydering/verskuiwing nodig ag. Hierdie aksie word nie outomaties uitgevoer nie, dus moet u asseblief geduldig wees indien die onwelvoeglike pos nie dadelik verwyder of geredigeer word nie. Hierdie beleid geld ook vir onwelvoeglike inligting op lede se profiele.

U alleen word aanspreeklik gehou vir die inhoud van u poste. Verder beloof u om die eienaar (Bravoland Ondersteunersklub), Volksraad en administrateurs van die forum, en enige webwerf wat aan die forum verbind is, te vrywaar en nie skade te berokken nie. In die geval van ’n formele klag of ’n regsaksie wat ontstaan as gevolg van u gebruik van die forum, behou die administrateurs van die forum die reg om u identiteit (en/of enige ander inligting wat op die forum beskikbaar is) aan ’n derde party te verskaf.
 
REGISTRASIE

Wanneer u registreer moet u \’n gebruikersnaam kies, ons wil u aanraai om \’n geskikte naam te kies wat u maklik sal onthou. Met hierdie gebruikersnaam moet u dan registreer. U beloof om nooit u gebruikersnaam en wagwoord aan \’n ander persoon bekend te maak nie, u mag dit slegs aan ’n administrateur bekend maak indien daar ’n probleem met u rekening is. Dit is vir u beskerming en geldigheidsredes. U beloof ook om NOOIT \’n ander persoon se rekening vir enige rede te gebruik nie. Ons raai u ook aan om ’n ingewikkelde en unieke wagwoord te kies om identiteitsdiefstal te voorkom.

Nadat u op die forum geregistreer is en met u gebruikersnaam en wagwoord ingeteken het, sal u ’n volledige profiel kan saamstel. Dit is u eie verantwoordelikheid om u besonderhede akkuraat deur te gee. Enige persoonlike besonderhede wat deur die administrateurs en/of Volksraad as onakkuraat of vulgêr beskou word, sal verwyder word, met of sonder vooraf kennisgewing. Gepaste strafmaatreëls mag van toepassing wees.

Nadat u geregistreer en ingeteken het, is u welkom om aansoek om burgerskap van Bravoland te doen by die Staatsadministrasiekantore.

Neem kennis dat u IP-adres (u diensverskaffer se kode) met elke pos wat u plaas aan die forum verskaf sal word vir die rede dat indien u die forumreëls oortree, u verban word of u internet diensverskaffer gekontak word. Dit sal slegs gebeur indien u die reëls in hierdie ooreenkoms aanhoudend verbreek nadat u reeds ’n waarskuwing ontvang het – per persoonlike boodskap, of op die betrokke draad.

Neem ook kennis dat die sagteware u gebruikersnaam en wagwoord (’n “cookie”) in u rekenaar se tydelike geheue stoor. Dit word slegs gebruik sodat u outomaties kan inteken indien u dit so verkies. Die sagteware neem geen ander inligting van of stuur geen ander inligting na u rekenaar.

STRAFMAATREëLS
Indien u die forumreëls oortree, sal u pos verwyder word en u sal ’n eerste skriftelike waarskuwing kry, op die forum of per persoonlike boodskap.

Indien u hierdie onwelvoeglike gedrag voortsit, sal u \‘n tweede en finale skriftelike waarskuwing kry.

Indien u steeds die reëls verontagsaam sal u vir ‘n bepaalde tydperk verban word. Die omvang van die oortreding sal die tydperk van verbanning bepaal.

Wanneer die verbanning gelig word na afloop van die tydperk en u weer die reëls verontagsaam, sal u een skriftelike waarskuwing kry en indien u weer die reëls oortree, permanent uit Bravoland verban word.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal