13 Julie 2010
UITNODIGING!
Geagte Strydgenoot,
VRYSTAAT-KONFERENSIE, 24 JULIE, WELKOM:
Die HNP gaan voortaan minder vergaderings in Pretoria hou en gereeld konferensies landwyd in die verskillende streke hou.
Die Party wil graag gereeld met die ampsdraers en lede oor die land gesprek voer. Almal kan nie gereeld na Pretoria gaan nie, maar die Leiers is bereid om die verskillende streke te besoek. Daarom dat daar deurlopend in die streke konferensies gehou gaan word.
Die Streekkonferensie vir die Vrystaat word op Saterdag, 24 Julie om 09:00 by die Bundu Lodge net buite Welkom gehou. Die Lodge is op die Hennenman- Odendaalsruspad.
Die inhoud van die konferensies sal min of meer soos ’n Hoofbestuursvergadering wees. Die politiek sal bespreek word, maar sake van die HNP sal aandag kry en beplan word. Dit is anders as ’n openbare vergadering. Daarom is veral ampsdraers en lede welkom. Nuwe belangstellendes kan toegelaat word, maar u moet daaroor goed oordeel.
By dié konferensies moet ’n paar sake aandag kry:
• Mnr Andries Breytenbach wil graag as Leier die lede van die HNP leer ken;
• Dit is nodig dat die lede kennis maak met die mens Andries Breytenbach maar ook met die uiters bekwame politieke leier wat die HNP het;
• Die lede moet ingelig word oor die vryheidstryd. Wat belangrik is, is dat die HNP die leiding moet neem. Die HNP is die enigste politieke party wat die stryd vir vryheid voer.
• Die lede van die HNP moet geleentheid kry om ingelig te word, maar meer nog, moet kans kry om hulle uit te spreek en vrae te vra en voorstelle te maak.
• Die HNP sal sy organisasie drasties moet uitbou indien ons die stryd wil wen. Baie meer strydrade sal gestig moet word.
• Die streekkonferensies sal hulle moet uitspreek daaroor of die HNP in elke streek ’n streekleier of –voorsitter moet kies met ’n streekkomitee om die streek se sake te bestuur in oorleg met die Hoofbestuur.
• Die streekkonferensies sal moet besluit waar in die streek vergaderings of funksies gehou moet word, en wanneer en waar die streek ’n groot streekbyeenkoms of stryddag gaan hou.
Ons nooi u hartlik uit om dié konferensie by Welkom by te woon. Daar word baie moeite gedoen met die reëlings. Probeer asseblief om ‘n paar uur van u tyd op 24 Julie aan die HNP af te staan. Bring die HNP-lede en –ondersteuners in u omgewing saam. Die vryheidstryd is nie ’n rusbankstryd nie. Die HNP het u nodig, net soos die Afrikanervolk die HNP nodig het. Ons sien daarna uit dat u teenwoordig kan wees.
Met opregte Afrikanergroete,
------------------------------------------
LOUIS VAN DER SCHYFF
HOOFSEKRETARIS
NASKRIF: Onthou die Spesiale Kongres op Saterdag, 21 Augustus.