Regtelike Sake > Departement van Grondsake
Resultate van Grondhervorming
Sanderis:
Hase ly erg op onteiende plaas, vrek van honger
7/16/2010 10:04:43 PM
Potchefstroom. – Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en die polisie ondersoek ’n klag van dieremishandeling nadat 35 hase op ’n onteiende plaas ondenkbaar gely het toe hulle van honger en dors gevrek het.
45 hase, waaronder 35 wat weens ontbering gevrek het, is Sondag in en om ’n skuur op ’n onteiende plaas tussen Potchefstroom en Klerksdorp in Noordwes gevind.
Van die hase het al aan hul plastiekbakke begin vreet, het mnr. Danie Nortjé, DBV-inspekteur wat op die toneel was, gesê.
’n Man en sy vrou wat Sondag in die omgewing gestap het, het onraad vermoed toe hulle naby die skuur verby gestap en bewus geword het van ’n oorweldigende stank.
“Ons het in die skuur ingeloer en gesien die meeste van die hase is dood,” het die man, wat nie sy naam wil laat publiseer nie, vertel. “Ek het my vrou gevra om net te loop, dit het my hart gebreek.”
Die man het die DBV in Potchefstroom gebel, waarna Nortjé en van sy kollegas na die skuur gegaan het.
Een van die erg uitgeteerde tien hase wat nog geleef het, moes van kant gemaak word.
Dr. E.A. Nel, die veearts wat die dier van kant moes maak, het die volgende in sy verslag geskryf: “Die dier het aan erge wanvoeding gely.
Die dier het geen vetreserwes gehad nie en was vermaer tot by die punt waar hy nie meer kon opstaan nie.”
Die stuk onteiende grond waarop die skuur staan, is vroeër aan die Baralong-stam gegee.
Jongmense van dié stam wou volgens mnr. Joseph Lerefolo, ’n leier in hul gemeenskap, hase teel en dit verkoop.
Dit het misluk weens ’n gebrek aan geld en hulp, het Lerefolo gister aan Beeld gesê.
Volgens Lerefolo het hy die perseel lanklaas besoek omdat brandprobleme hom besig gehou het en hy was nie bewus van die agteruitgang daar nie.
Hy het gesê die hase het siek geword.
Lerefolo kon nie verklaar hoekom die jongmense, toe hulle begin sukkel het, nie betyds hulp van ’n organisasie soos die DBV gevra het nie.
’n Boer wat in die omgewing woon waar die skuur geleë is, het vertel verskeie plase in dieselfde omgewing waar grond onteien is, gaan ook ten gronde.
“Die mense wat nou in beheer van die grond is, het nie ’n benul waaroor boerdery gaan nie: dat jy jou gaai moet afwerk voordat jy resultate kan kry. As hulle begin sukkel, gooi hulle sommer tou op.”
Nortjé het gesê dis nog nie duidelik wie aangekla sal word weens die hase se lyding nie, maar dat die ondersoek hopelik duidelikheid sal bring oor wie verantwoordelik is.
Sanderis:
Dís grondeise-probleem, sê minister
2011-05-09 00:33
Alet Rademeyer
PRETORIA. – Grondhervorming is nie suksesvol as nuwe plaaseienaars hul grond verlaat om weer in townships te gaan bly en die plase nie produktief bewerk word om voedselsekuriteit te verseker nie.
Só het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister op ’n nuuskonferensie buite Pretoria gesê.
Hy het gepraat ná ’n restitusie-werksessie wat die naweek deur meer as 1200 afgevaardigdes bygewoon is.
Hiertydens is na die bekommernisse van begunstigdes van grondeise geluister en na tekortkominge van die restitusie-program gekyk.
Nkwinti het op ’n vraag oor grondhervormingsuksesse gesê tot 90% van plase wat in die boekjaar 2009-’10 oorgedra is, het nie presteer nie.
Volgens hom is grondrestitusie ’n ingewikkelde en emosionele kwessie.
Die doel is om te verseker dat grondoordrag met ontwikkeling gepaardgaan, het hy gesê.
Daarom is dit belangrik om na mense te luister wat grondeise ingedien het, meen hy.
“Ons moet hul ervarings verstaan, pleks van in kantore sit en besluite neem oor wat vir hulle goed is.”
Op ’n vraag oor die departement se kommentaar op uitlatings van mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, dat grond sonder vergoeding onteien moet word, het Nkwinti gesê grondhervorming moet binne die grondwetlike raamwerk van die land plaasvind.
Volgens hom is die huidige mandaat om 30% van grond teen 2014 oor te dra en boere daarvoor te vergoed.
“Die mandaat het sy eie beperkings en daar is pleidooie dat wysigings gemaak moet word om die verkryging van grond makliker te maak.”
Nkwinti het gesê daar is ’n groot behoefte dat Suid-Afrikaners van grondeise bewus gemaak word, omdat mense grond wil koop waarop daar reeds eise is.
Volgens Nkwinti is daar nie meer so baie grondeise uitstaande nie. Dié wat wel uitstaande is, is ingewikkeld en baie geld is daarby ter sprake.
Met verwysing na grondpryse wat deur sommige eienaars opgeblaas word, het Nkwinti gesê die gedagte is dat ’n komitee gestig word wat na standaardpryse kan kyk.
Van die probleme met die restitusie-program wat uitgewys is, is:
Die toestaan van prospekteer- en mynregte aan derde partye deur die departement van minerale hulpbronne op grond wat reeds geëis word of aan mense teruggegee is;
Die afhandeling van eise sonder die versekering van deeltitelaktes vir die begunstigdes;
Beweerde korrupsie en onbevoegdheid van amptenare in die departement;
Swak begrip van die restitusie- en grondregtewet by amptenare; en
Geen regsverteenwoordiging vir grondeisers in geskille wat in die hof eindig nie.
Nkwinti het gesê sy departement se hoogste voorkeur is om die geldelike vergoeding vir grondeise af te handel.
- Volksblad
Sanderis:
Help met mislukte plase - minister
Mei 16 2011 15:51
Johannesburg. – Die regering het ‘n beroep gedoen vir moontlike strategiese vennote om na vore te kom om te help om 852 grondhervormingsprojekte te probeer red wat aan die misluk is.
Mnr. Gugile Nkwinti, die minister van plattelandse ontwikkeling en grondhervorming, het Maandag gesê: “Tot op datum is 852 plase wat in die moeilikheid is, geadverteer vir belangstelling aan metors of strategiese vennote wat daarin belangstel om die plase kommersieël suksesvol en produktief te help maak.”
Hy het in antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê die regering het tenders vir net onder die helfte van die plase ontvang.
Op ‘n vraag van Cope of sy department daarin geslaag het om te verseker dat al 2,9 miljoen hektaar wat uitgegee is produktief bly, het hy geantwoord: “Nee.”
Sy department was dus gedwing om ‘n herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram in te stel om mislukte plase werkbaar te probeer maak.
Hiervoor is 25% van die department se begroting van R900 miljoen vir grond-bekomming in die vorige finansiële jaar opsygesit vir die herkapitalisering van bestaande projekte. – Sapa.
Ek dink die Minister is van sy sinne beroof .
Kleinbekkie:
Nou hoekom onteien hulle dan nie daardie plase wat reeds aan die grondeisers behoort en swak presteer nie. Dan kan hulle mos maar die plase wat wel nog aan ons behoort en produktief is, uitlos.
Henk:
--- Aanhaling van: Sanderis op May 17, 2011, 09:40:45 PM ---Help met mislukte plase - minister
Mei 16 2011 15:51
Ek dink die Minister is van sy sinne beroof .
--- End quote ---
Sanderis ........ Jy kan nie so se nie!!! As hy dit nie het nie hoe kan jhy geroof word daarvan???? JIS....... ;D ;D ;D
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version