Presidensiële Kantore > Kantoor van die Staatspresident
Openingsrede 2010
(1/1)
Adri van Staden:
Ek glo onwrikbaar dat die almagtige, drie-enige God nie net alles wat is, geskape het nie, maar oor alles in die heelal beskik – dus ook oor die lotgevalle van volke en nasies. Daarom bestaan daar by my geen twyfel hoegenaamd daaroor nie dat die Afrikanervolk se ontstaan, bestaan die voortbestaan tot op die laaste dag deur God gewil is. Dat die Afrikanervolk hom tans in slawerny en dwingelandy bevind, is m.i. juis die openbaring van God se bemoeienis met ons – Hy is besig om ons voor te berei en te suiwer sodat ons weer ons vryheid kan ontvang. Ons moet egter nie passief sit en wag dat die wonder ons tref nie; nee, ons sal ons moet beywer vir die verkryging van hierdie vryheid. Dit doen ons uiteraard in nederige gehoorsaamheid aan die Here omdat ons in hierdie ywer en strewe instrumente in sy hand is. Ons moet op elke moontlike terrein alles in die stryd werp om nie net ons identiteit as Christen-Afrikanervolk te behou nie, maar ook pro-aktief bou aan die ideaal van politieke en volksvryheid. Daarom moet ons op godsdienstige gebied wat Christelik-gereformeerd is, op kulturele gebied asook op politieke terrein daadwerklik vorentoe beweeg op pad na vryheid.
Oor die verwerwing van vryheid het dr. HF Verwoerd so gespreek: “Maar vryheid is nie alleen iets wat duur gekoop word nie, is nie alleen iets wat offers vra nie – dit is iets wat deur die hart en die verstand aanvaar moet word en wat nie net aan jou leiers oorgelaat kan word nie. Jou volk sal dit vir hom moet toeëien!” (Feesrede by geleentheid van Krugerdag in die Amfiteater, Uniegebou, Pretoria, 10 Oktober 1959 – uit Verwoerd aan die Woord [p. 296]).
Dit is waartoe Bravoland gebind is: hier leef ons daardie vryheidstrewe op ‘n baie besondere manier uit. Ons leef nie in ‘n droomwêreld van wensdenkery en selfmisleiding nie, maar ons vorm ‘n gespreksforum waarbinne vryheidsliefhebbers onbevange en onbevrees vrugbaar kan besin en beplan vir die realisering van die vryheid wat ons uit God se hand verwag. Die rol wat ons vrye Boerepubliek in die wêreld sal speel, is reeds in 1958 so deur dr. HF Verwoerd beskryf: “Nou stel ek dit so: Ons is ‘n klein land. As klein landjie het ons natuurlik beperkinge op ons invloed, en ons weet dit. Maar as ons ’n republiek sou word, dan sal die waarde van ons as ’n klein land binne die wêreldkonstellasie niks minder wees as nou nie. Ons sal nog die voorste fort van die Westerse beskawing in ’n moontlike stryd tussen die Ooste en die Weste bly, ons sal nog die blanke fort aan die suidpunt van Afrika bly, met die oog op die verspreiding van die beskawing oor die res van Afrika (sic). Ons sal nog vir die lande van die Westerse wêreld, al is sommige van hulle groot en magtig, ’n waardevolle bondgenoot bly” (Eerste toespraak in die Volksraad as Premier, 18 September 1958 – uit Verwoerd aan die Woord [p. 164]).
Daarom is die bedoeling dat alle gesprekvoering binne hierdie kuberstaat positief sal wees; positief oor die Christelik-gereformeerde godsdiens, positief oor die Afrikanervolk en sy vryheidsideaal, positief en verdraagsaam teenoor mekaar solank as wat ons oortuig is van elkeen se eerlike positiewe gesindheid en bedoelings. Persone wat hulle skuldig maak aan negatiwiteit en afbrekende kritiek teen ons ideale kan derhalwe verwag om vermaan, gesnoer en selfs verban te word. Hier is nie geleentheid of tyd om onderling te stry en twis nie, want ons wil nie kosbare tyd wat veronderstel is om gewy te word aan die uitbou van ons vryheid, verkwis op dinge wat juis hierdie ideaal verhinder of belemmer nie. Daarom sal ons jaloers waak oor oor die verlening van burgerskap. Hier is nou een maal nie ruimte vir verraaiers en renegate nie.
Baie dankie aan almal wat dit gewaag het om vir my te stem. Mag die kruisie julle nooit berou nie! Ek onderneem om na die beste van my beperkte vermoë die amp as Staatspresident tot eer van God en tot heil van Bravoland uit te voer.
Laat ons nooit wanhopig word nie; laat ons nimmer toelaat dat ons daaglikse omstandighede – veral op staatkundige gebied – ons ons winkende vryheid uit die oog laat verloor nie! Die volk wat homself in 1838 by Bloedrivier onlosmaaklik aan God verbind het, is bestem om sy Geloftevolk te wees en bly. Ons het ‘n dure plig om daardie unieke wesenskenmerk van ons volk gestand te doen tot in die duisendste geslag. Wat CJ Langenhoven hier sê, mag ons sekerlik ook van ons eie land sê:
“Van ’n Afrikaner-nasie,
waardig om die kroon te dra,
daar op kruisweg swaar verworwe
deur ons vaad’re daar gestorwe,
dat hul kroos die kroon mog dra
op jou pad, Suid-Afrika.” (Uit Via Dolorosa)
As die apostel Petrus die volgende woorde van die kinders van die Here sê, het dit op elkeen van ons betrekking – en dan baie bepaald op dié deel van sy kinders wat hulleself aan Hom onderwerp het en steeds onderwerp:
“Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is” – 1 Petr. 1:9 – 10.
Alwyn:
Dankie Ds. SP.
Met so n grondslag kan Bravoland net voorspoedig wees vir u komende ampstermyn.
Sjarko:
Bravo SP!
Navigation
[0] Message Index
Go to full version