Skrywer Onderwerp: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum  (Read 1952 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« op: July 29, 2010, 03:46:24 PM »
Minister Motshekga se aankondigings op 6 Julie 2010 het uiteenlopende reaksies en interpretasies ontlok. Vir ’n geruime tyd was daar die verwagting dat die een of ander verandering rondom die huidige kurrikulum sou kom.

Kurrikulum 2005 en sy “sixteen strategies“ word nie teruggetrek nie, maar herverpak. Die belangrikste verskil is dat die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) voorskryf watter inhoude in elke vak vir elke graad behandel moet word, terwyl Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) ’n onderrigbenadering is. Kortom, die verskil tussen die NKV en UGO is die verskil tussen die wát en die hóé – wat in die klaskamer behandel moet word, en hoe dit behandel kan word.

’n Ontleding van die aankondiging dui onder andere op die volgende:

•    Daar is terugbeweeg na die basiese vertrekpunte van leer, onderrig, assessering en handboeke. Dit is goeie nuus gesien in die lig dat ernstige kritiek, juis ten opsigte van dié fasette, in die verlede uitgespreek is. Die terugkeer na die term vak in stede van leerarea en leerprogram illustreer hierdie terugkeer na die meer konvensionele benadering tot onderwys. Die vermindering van 8 vakke na 6 vakke in die Intermediêre Fase sal vanaf 2012 ingefaseer word. Dit sal voortaan as Kurrikulum 2025 bekendstaan en dit beloof om ’n beter gestruktureerde, meer vaartbelynde en vereenvoudigde dokument te wees, terwyl groter klem op inhoudskennis geplaas word.
•    Dit is verblydend dat die Minister weer eens die vermindering van werklading van onderwysers aanspreek. Stappe wat as korttermynmaatreëls geneem is, het egter nog nie noemenswaardige vordering in dié verband meegebring nie.

•    Dit is uit die Minister se aankondigings duidelik dat daar nou met mening terugbeweeg word na ’n model van doelstellings, voorgeskrewe inhoud en assessering. Die gebruik van die term sillabus bevestig hierdie verandering in benadering verder. Die prioritisering van eksamens is ’n welkome wending.

•    Die kurrikulum is gerig op ’n nog groter nasionale eenvormigheid. Dit beteken dat ten opsigte van inhoud en die ordening alle leerders in alle skole regoor die land, dieselfde inhoud in dieselfde volgorde doen. Eenvormigheid beteken egter dat nie voorsiening gemaak word vir partikuliere behoeftes en omstandighede nie. Minderheidsgroepe kan hierdeur ernstig benadeel word.

•    Voortaan gaan reeds in graad 1 met onderrig in die onderrigtaal begin word as die onderrigtaal van die skool nie die leerder se huistaal is nie. Die rede is waarskynlik omdat die praktyk getoon het dat veral Afrikataal-sprekende leerders wat tot graad 3 in hul huistaal onderrig ontvang het, nie daartoe in staat is om in graad 4 na die onderrigtaal (Engels) oor te skakel nie. Die verwysing na die belangrikheid van die huistaal is dus nie van veel betekenis nie en bring weer die kwessie van moedertaalonderwys in gedrang.

In sy geheel is die inisiatiewe wat die verklaring voorgestel het deur die onderwysgemeenskap verwelkom, met sekere voorbehoude. Onderwysunies is oor die algemeen positief. Daar lê steeds groot uitdagings voor vir die verbetering van die onderwysstelsel. Kurrikulumaanpassings is noodsaaklik, maar daar is dieperliggende probleme in die onderwysstelsel wat nie noodwendig kurrikulumverwant is nie.

Vir ’n meer tegniese analise van wat die aankondiging vir die praktyk beteken, kan die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) besoek word:

http:www.saou.co.za/SAOU/215/ProfMatters.html

Dr Gustav Claassen
Sameroeper van die Tussenkerklike Raad se werkgroep vir opvoeding en onderwys
(Met dank: Die Hervormer)
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #1 op: July 29, 2010, 05:10:32 PM »
Ek het nie rêrig 'n probleem daarmee dat die onderrigtaal Engels is nie , Engels is 'n Internasionale taal wat tot elke persoon wat dit leer se voordeel strek .
Wat my egter bekommer is dat moedertaalonderrig nie in die breë spektrum geskied nie . Afrikaners kry dit reg om met "privaat" skole moedertaalonderrig aan te bied , hoekom kan dié wat met Engels sukkel bv. sothos ens. nie die voorbeeld volg nie ?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #2 op: July 29, 2010, 06:02:54 PM »
Ek het nie rêrig 'n probleem daarmee dat die onderrigtaal Engels is nie, Engels is 'n Internasionale taal wat tot elke persoon wat dit leer se voordeel strek .
Wat my egter bekommer is dat moedertaalonderrig nie in die breë spektrum geskied nie. Afrikaners kry dit reg om met "privaat" skole moedertaalonderrig aan te bied , hoekom kan dié wat met Engels sukkel bv. sothos ens. nie die voorbeeld volg nie ?

Engels is 'n wêreldtaal maar ook nie in die hele wêreld nie. Vir my persoonlik is moedertaalonderig krities belangrik en ononderhandelbaar en word soos genoem baie netjies gedemonstreer deur die resultate van die CVO skole. Dit gaan aan die einde van die dag oor volle begrip deur die leerder van wat geleer word mits die opvoeder daartoe in staat is en vakkundig is. Om ander tale aan te leer soos Engels, is en behoort nie 'n probleem te wees nie weereens mits die opvoeder ordentlik gekwalifiseerd is. Engels as tweede taal was tydens my skoolloopbaan ingehamer in ons koppe. Tydens 'n dekade lange tydperk wat ek met die VN gewerk het, was dit opmerklik en ook by geleenthede uitgewys dat die verslae en briewe wat ek geskryf het, taalkundig van 'n baie hoër standaard was as meeste van die Engelsprekendes (Britte, Amerikaners, Kanadese, ensomeer) wat saam met my gewerk het. Ek is beslis nie 'n "taalkundige" en het ook nie regtig 'n aanvoeling vir tale nie. Dit is en was alles die resultaat van goeie onderrig op skool!

Aan die iende van die dag bly die CVO skole ons enigste redding waar internasionaal aanvaarde kurrikulums as standaard gebruik word!

 



Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #3 op: July 29, 2010, 07:27:41 PM »
Vir my persoonlik is moedertaalonderig krities belangrik en ononderhandelbaar

Absoluut ! en dit sal seker as vanselfsprekend wees in 'n Volkstaat . Ons almal praat (of verstaan) Afrikaans dus is dit natuurlik om 'n eersteliefde vir ons taal te hê , anders sou ons tog nie hiér gewees het nie .
Ek het ook gelukkig in Afrikaanse skole geleer , lank voor 94 .
Die jeug van vandag is egter nie so gelukkig nie en is slagoffers van die NDR se mikpunte nl. om alles wat die Afrikaner tot stand gebring het tot niet te maak ; dit sluit die onderdrukking van Afrikaans in .
Die enigste doeltreffende manier vir ons om dit af te weer is deur ons eie strukture nl. CVO ens .
« Laaste verandering : July 29, 2010, 07:29:14 PM deur Sanderis »

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #4 op: September 10, 2010, 11:19:05 AM »
Ek het die volgende skakel ontvang op Orania se poslys.

http://www.education.gov.za/CAPS.asp

Ek plaas dit solank hier vir diegene wat op hoogte is of in diepte hierop kan/wil ingaan om moontlike kommentaar te lewer.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Torm

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #5 op: December 12, 2010, 10:44:38 AM »
Goeiedag

Ek vind nog uit oor skole. Kan iemand my asb meer vertel van Raslouw skole en Indicato onderwys? Hoe verskil dit van CVO skole?

Groete

Torm

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #6 op: December 12, 2010, 12:01:04 PM »
Goeiedag
Ek vind nog uit oor skole. Kan iemand my asb meer vertel van Raslouw skole en Indicato onderwys? Hoe verskil dit van CVO skole?
Groete
Torm


Torm, gaan lees gerus meer by die volgende webwerwe:

http://www.indicato.co.za/
http://www.raslouwskool.co.za/
http://www.bcvo.co.za/

Uit bogenoemde behoort jy die nodige vergelykings te kan maak.

Voorspoed!
Ons Sal!!!

Afwesig Torm

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #7 op: December 15, 2010, 06:35:54 AM »
Baie dankie Andrè.
Ek was al op die webblaaie. Het jy enige mening/ondervinding om my verder daaroor toe te lig?
Dankie,
T.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #8 op: December 15, 2010, 09:13:32 AM »
Ons is by tuisonderrig betrokke en gebruik Impak, wat ook die CVO-leerplan gebruik. Gaan kyk gerus by www.impakonderwys.co.za.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #9 op: December 15, 2010, 02:36:57 PM »
Wat meeste van ons nie besef nie is dat engels wat in ons keelgate afgedruk word as internasionale taal nie die taal is wat in die meeste lande gebesig word nie. As ek dit reg het is Frans in die meeste lande ter wereld die beste kommunikasiemiddel. Hoekom word ons nie daarmee oor die kop gemoker nie. As ons die taal wil aanleer wat deur die meeste mense in die wereld gepraat word is dit na my beste wete Sjinees. Gaan ons dit nou aanleer. Dit is handig om engels as tweede taal te he, maar met moedertaalonderrig was die Afrikaner in die verlede aan die voorpunt van verskeie akademiese velde op internasionale gebied. Goed genoeg vir my. Of hoe se die ingelsman: the proof is in the pudding!
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Sanderis

  • Gas
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #10 op: December 15, 2010, 04:55:57 PM »
Of hoe se die ingelsman: the proof is in the pudding!


Het jou ! Die taalpolisie is op jou ! 8)


Laastens onderneem deelnemers om rekord te hou van elke Engelse woord wat 'n deelnemer in Desembermaand oor sy/haar lippe laat glip en aan die einde van Desember 'n Rand per woord te skenk aan blanke plakkerskampe.


[/url]

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #11 op: December 15, 2010, 05:41:17 PM »
Gewonder of iemand wakker is!! R6 in die sakkie vir die behoeftiges te danke aan konstabel Sanderis. ;D
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Torm

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #12 op: December 16, 2010, 07:27:20 AM »
Help my reg asb. Ek vind niks fout met Raslouw of Indicato nie, behalwe dat dit duur is en dat my passie eintlik lê by die Afrikaner kinders wat van staatskole afhanklik is weens geld. Ek is betrokke by so 'n arm Afrikaansmedium staatskool in Pretoria wat desondanks Bybelonderrig doen en beproefde onderrigmetodes gebruik met voldoende UGO papierwerk om ook die staatsinspekteurs tevrede te hou. Maar ek is bang die regering se pogings om hierdie spesifieke staatskool dood te druk slaag en wat is dan plan B? Dis hoekom ek ook na Raslouw en CVO kyk, maar ek het 'n paar negatiewe ondervindings met plaaslike CVO skole in terme van kwaliteit en papierwerk. Ek vergelyk dus Raslouw ook, maar ek weet baie min daarvan.

'n Mening of ondervinding oor Raslouw enige iemand asb?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #13 op: December 16, 2010, 04:05:46 PM »
Help my reg asb. Ek vind niks fout met Raslouw of Indicato nie, behalwe dat dit duur is en dat my passie eintlik lê by die Afrikaner kinders wat van staatskole afhanklik is weens geld. Ek is betrokke by so 'n arm Afrikaansmedium staatskool in Pretoria wat desondanks Bybelonderrig doen en beproefde onderrigmetodes gebruik met voldoende UGO papierwerk om ook die staatsinspekteurs tevrede te hou. Maar ek is bang die regering se pogings om hierdie spesifieke staatskool dood te druk slaag en wat is dan plan B? Dis hoekom ek ook na Raslouw en CVO kyk, maar ek het 'n paar negatiewe ondervindings met plaaslike CVO skole in terme van kwaliteit en papierwerk. Ek vergelyk dus Raslouw ook, maar ek weet baie min daarvan.

'n Mening of ondervinding oor Raslouw enige iemand asb?

Torm, ek stel voor jy kontak die voorsitter, Leonard van der Dussen of die hoof of sommer beide, maak 'n afspraak en gaan  gesels met hulle. Ek is seker hulle kan meeste van jou vrae beantwoord ek moontlik ook vir jou verwysings gee van ouers wat jou kan help en hulle menings gee.
Ons Sal!!!

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #14 op: December 17, 2010, 02:31:52 PM »
Beste Torm,
My kleinseun was die afgelope twee jaar aan die Raslouw (voorheen "CVO Verwoerdburg" verbonde en ons is baie in ons skik met alles in die skool.  Hulle akademie is van hoë standaard en die Afrikanerkultuur word beoefen soos ek nog by min skole gesien het. Met sport word gepoog om die beste te lewer, alhoewel hulle tans nie oor eie sportgronde beskik nie.  Die byeenkomste word egter altyd by goeie gronde van ander skole gehou.  Die plan is om, sover ek weet, so gou moontlik eie fasiliteite en gronde te verkry, aangesien die klasse tans in kerke se Sondagskoolklasse plaasvind. Dit doen egter verseker nie afbreek aan die kwaliteit van skoolgee nie!  Die ander belangrike ding is dat die Raslouwskool tans oorslaan na Cambridge senior- en matriekeksamens, en dus internasionale standaarde sal handhaaf, terwyl die probleme en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement hulle geensins sal beinvloed nie.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Nuus oor die hersiening van die kurrikulum
« Antwoord #15 op: December 18, 2010, 07:05:57 AM »
Iets wat julle tot dusvêr gemis het in die oorspronklike berig is dat die Departement nou 'n groter houvas op die inhoud van die vakke gaan kry en dat hulle meer druk op Afrikaanse skole, wat nog in 'n groot mate hulle eie inhoud bepaal het, gaan plaas. 

So Torm, die druk op die staatskole gaan vermeerder, daarom dat ons sal moet begin om ook ons verarmde Afrikanerkinders in CVO skole te kry.  Solidariteit se Helpende Hand Fonds kan hier van groot hulp wees.  As hulle openlik begin om CVO skole te steun.  Maar daar is ook ander pogings om fondse te kry om CVO onderrig finansieël toegankilik te maak vir meer Afrikaner kinders.  So is daar Reddingsdaad Volkseie Onderwys van oom Tim vd Westhuizen, en onlangs het daar ook op Bakkiesblaaie se sake die saak van Onderrig 'n Boerekind opgegaan. 

Ek is self betrokke by 'n onafhanklike privaatskool, soos Raslouw, wat rondgeval het tussen Cambridge en ander eksamenliggame, en op die ou end maar weer terug is by BCVO, omdat dit die beste Afrikaanse sillabus is, daar is net een wat goed vergelyk en dit is ARSO, maar by hulle is eksaminering 'n probleem.  BCVO se Onafhanklike Eksamenliggaam "ERCO" is ook die enigste onafhanklike Afrikaanse Eksamenliggaam wat 'n kind toegang tot 'n nasionale senior sertifikaat gee. Gaan kyk by http://www.bcvo.co.za/OAER/index.html. 
Daar was voorheen by BCVO ook groeipyne, maar dit is meerendeels uitgestryk en ons skool kry tans, teen 'n redelike koste, baie goeie diens van hulle af.  Dit maak ook ons kinders se geleentheid om sport en kultuur op interskolevlak te kan beoefen baie groter.  Hul verslapte toelatingsbeleid maak dit ook nou moontlik om al ons volk se kinders te akkomodeer, met sekere voorwaardes.  Gaan kyk maar gerus weer na hulle as opsie om jul skool se kinders te help.  Ook nie as plan B nie, dit behoort prioriteit te wees om dit plan A vir die toekoms te maak en nou met plan B aan te gaan tot tyd en wyl julle plan A kan laat verwesentlik.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Torm

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Dankie
« Antwoord #16 op: March 21, 2011, 09:50:26 PM »
Baie dankie aan almal wat inligting verskaf het. Ek is veral opgewonde oor die beweging om vir arm Afrikaners ook behoorlike skole te verskaf as die goeie ou Afrikaanse staatskole vernietig word.
Weer eens dankie. Ek het self al bygedra tot die ARSO onderwysersbiblioteek, maar dit het nog baie werk nodig.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal