Skrywer Onderwerp: Herbesinning van grondonteiening  (Read 481 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Herbesinning van grondonteiening
« op: August 02, 2010, 10:50:48 AM »
Jeugliga eis dat ANC weer besin oor grondonteiening


8/1/2010 11:58:25 PM

Kaapstad

Die ANC moet die onteieningswetsontwerp terugbring parlement toe sodat die regering eiendom ná 2012 kan onteien.

Hoewel dié voorstel van die ANC-jeugliga dit grootliks ten doel het om die nasionalisering van myne moontlik te maak, meen die regerende party se jeugleiers die regering moet ook die mag hê om ander eiendom in die “openbare belang” te onteien.

Die jeugliga se besprekingsdokumente vir hul nasionale hoofraadsvergadering einde Augustus in Midrand is Vrydag vrygestel. Dit sit ’n breedvoerige plan vir die nasionalisering van die land se myne en minerale uiteen en sal waarskynlik sonder ingrypende wysigings as ’n resolusie van die ANC-jeugliga aanvaar word.

Me. Vuyiswa Tulelo, die jeugliga se sekretaris-generaal, het gister gesê hulle gaan by die ANC se nasionale hoofraadsvergadering in September druk op afgevaardigdes uitoefen om dié resolusies te aanvaar.

Die regering het die omstrede onteieningswetsontwerp in 2008 onttrek ná erge teenkanting van verskeie belangegroepe, waaronder kommersiële banke, wat aangevoer het dit is ongrondwetlik. Die regering wou dié wet onder meer gebruik om grondhervorming te versnel.

Die jeugliga sê in sy besprekingsdokumente die ANC moet sy “politieke mag” gebruik om Suid-Afrika te transformeer. Die regerende party moet hom dus nie steur aan die “weerstand van imperialiste” en “constitutionalists”wat meen eiendomsreg is in die Grondwet verskans nie.

Luidens die dokument moet dieANC:

’n staatsbeheerde mynmaatskappy stig. Dit moenie op winsbejag ingestel wees en soos ander staatsbeheerde ondernemings bestuur word nie;
’n “staatsbank” stig om mynbedrywighede en ontwikkelingsprojekte te finansier;
wetgewing deurvoer om ont­eiening moontlik te maak. Bestaande myne wat nie winsgewend is nie, moet sonder vergoeding onteien word en die staat kan in ander gevalle oorweeg om eienaars te vergoed. Meer as die helfte van die land se myne moet egter in staatsbesit wees; en
die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-hulpbronne wysig sodat die staat ’n minimum beherende aandeel van 60% in elke myn in die land het.

Intussen moet ’n moratorium geplaas word op die toekenning van mynlisensies, maar bestaande myne moet wel toegelaat word om met hul bedrywighede aan te gaan totdat hul lisensies verstryk.

“Dít moet onmiddellik ná die ANC se nasionale konferensie in 2012 (waar die ANC se nuwe leiers verkies en beleidsbesluite geneem word) gebeur,” lui die voorstel. “En die ANC se nasionale hoofraadsvergadering in 2010 moet solank die riglyne gee.”

Die jeugliga skoei sy nasionaliseringsvoorstel op die Vryheidsmanifes – die ANC se ideologiese Bybel. Groot ANC-geeste soos oudpres. Nelson Mandela, dr. Albert Luthuli en mnre. Walter Sisulu en Oliver Tambo word breedvoerig aangehaal waar hulle dié dokument voorhou as die rigsnoer om die Suid-Afrikaanse samelewing te transformeer.

Sanderis

  • Gas
Re: Herbesinning van grondonteiening
« Antwoord #1 op: June 23, 2011, 11:10:08 PM »
Ignoreer Julius, sê burgemeester
 

Moet julle nie steur aan mnr. Julius Malema se uitsprake oor grondonteiening  nie, het die uitvoerende burgemeester van Tshwane aan boere oos van Pretoria gesê.

Mnr. Kgosiento Ramokgopa het in ‘n boodskap aan die landbougemeenskap van Kameeldrift naby Pretoria gesê daar is tans “baie geraas oor grondonteiening.” Boere en hoewe-eienaars uit die omgewing het vergader om Ramokgopa en ‘n afvaardiging van Tswane te woord te staan.

‘Daar is hoop’
“Dit (die Malema-uitsprake) neem ons nie vorentoe nie. Die vergadering is in dié opsig simbolies sodat boere in Tshwane weet daar is hoop.”

Ramokgopa het ook die landbougemeenskap toegespreek oor ongelukkigheid rakende ‘n situasie met eiendomsbelasting in die omgewing. Kameeldrift is onlangs heringedeel onder Tshwane se vaandel.

Belasting onder beheer
Boere was bekommerd dat die herindeling eiendomsbelasting wat hulle in die omgewing betaal, die hoogte in sou laat skiet. Die inwoners meen hul eiendomme word verkeerdelik teen ‘n hoër residensiële heffing belas, in plaas van ‘n landbouheffing.

Mnr. Isaac Lehobye, Tshwane se hoof van eiendomswaardasies, het inwoners verseker dat hul belasting onder beheer sal bly.

Ramakgopa het ook aangekondig dat Tshwane ‘n uitvoerende direkteur vir landbousake sal kry.


22 Junie 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Herbesinning van grondonteiening
« Antwoord #2 op: August 13, 2011, 09:00:14 PM »
Grond: Stryd gaan woed oor vergoeding
 
Deur NICO VAN BURICK

Die groot geveg oor grondhervorming gaan nie woed oor watter grond en hoeveel grond die Regering vat nie maar oor markverwante vergoeding.

Só sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA. De Jager het op Agri Delmas se jaarvergadering gesê dit is nie seker wat die Regering se plan met ’n waardeerder-generaal gaan wees nie.

Botsende belange
“Gaan hy net kyk na die integriteit van die waardeerdersberoep of gaan hy gebruik word om pryse vas te pen? As dit gaan oor integriteit is daar botsende belange met die Raad vir die Eiendomwaarderingsprofessie so wel as die Instituut vir Eiendomswaardeerders wat ’n oog hou op die beroep. Só ’n aanstelling is ’n klap in hul gesig.”

Hy sê as dit gaan oor die vaspenning van waardes loop banke eintlik die grootste gevaar en hy is bekommerd dat hulle nie deel van die gesprek is nie. “Dit is al of die banke hoop die boere sal wil voorgestoot word in die geveg.”

Volgens hom is die impak van die onsekerheid op landboufinansiering reeds sigbaar. Hy het die piesangbedryf as voorbeeld genoem.

“Daar is grondeise op die meeste piesangplase wat al tien jaar lank sloer. As dit R65 000/ ha kos om piesangbome te vervang en ’n boer weet hy gaan net R40 000/ha vir sy grond kry, gaan niemand mos bome vervang nie. Plaaslike piesanggrond is tot R120 000/ha werd.”

Skuif oor grens
De Jager sê talle boere skuif net oor die grens na Mosambiek waar grond R7,50/ha kos, waar water verniet is en waar elektrisiteit ’n derde van Suid-Afrika se tariewe is.

“Die Mosambiekse piesangs word in dieselfde kartonhouers verpak as Hazyview se piesangs en staan langs mekaar op Johannesburg se mark. Die wins op die kartonhouer uit Mosambiek is egter heelwat hoër. Die kwessie van grondwaarde gaan nie net Suid-Afrika se boere benadeel nie, dit vat aan die grondslag van die totale ekonomie."

12 Augustus 2011


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal