Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: GHA Afrikaanse sang en musiekaand  (Read 683 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
GHA Afrikaanse sang en musiekaand
« op: August 04, 2010, 11:00:49 AM »
AFRIKAANSE SANG EN MUSIEKAAND
OM GRA-DAG OP 14 AUGUSTUS TE VIER.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied vanjaar ‘n Afrikaanse sang en musiekaand aan op Saterdag 14 Augustus 2010. Dit is om die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) 135 jaar gelede in die Paarl te herdenk. Dit was die begin van die Eerste Taalbeweging.

Dit vind plaas by die NG Magaliesfort se kerksaal in Killicklaan 734, Mayville, Pretoria en ons begin om 18:00 (6nm).

Toegang is gratis en daar sal heerlike warm sop te koop wees.

Jofranie Venter gaan die programleier wees en van haar sangstudente gaan optree. Daar gaan ook heerlike samesang wees met klavierbegeleiding deur Carolina van der Westhuizen. Santé Kotze van Rustenburg en Arista Jooste, ‘n opkomende jong sanger gaan ook optree.

Kom en geniet ‘n heerlike aand saam met ons.

Vir verdere besonderhede kan die GHA-kantoor geskakel word by 012 3353321 tussen 09 en 12:00 van Maandag tot Vrydag of André Alkema ons Voorsitter by 0825700184.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal