Opvoeding > Departement van Sport en Ontspanning
Gholfdag ten bate van CVO Dagbreek
Elmien Drent:
Bravolanders! Gholfspelers! Kom ondersteun ons asseblief.
Ons hou 'n gholfdag op 2 Oktober te Heidelberg(GP) gholfklub. Fondse word ingesamel vir CVO Dagbreek op Greylingstad.
Heinrich du Preez van Gholfradio gaan die gasheer wees vir die dag en die prysuitdeling behartig.
Daar is ook geleentheid vir advertesie: by elke bof is 'n advertensiespasie beskikbaar teen 'n minimale bedrag.
Vir meer inligting stuur asseblief vir my 'n boodskap met jou telefoonnommer.
Baie dankie by voorbaat!
Karina Marais:
Dit klink lekker! Dit is ongelukkig bietjie ver, anders kon ek vir julle 'n kranige gholfspeler gestuur het.
Ek weet nie of julle al agtergekom het nie, maar al die pryse (of die meeste) wat gewen kan word op 'n gholfdag is gewoonlik kombuisware, of pryse waarvan vroue sal hou...
Hoekom dink julle is dit so? ;)
Sanderis:
Seker dat die vrou nie te kwaad is as die man bietjie laat by die huis kom nie . :)
Karina Marais:
--- Aanhaling van: Sanderis op August 06, 2010, 07:08:24 PM ---Seker dat die vrou nie te kwaad is as die man bietjie laat by die huis kom nie . :)
--- End quote ---
Presies!
"Ek" het al 'n elektriese mes, opskepbakke met kersies onder, 'n kopliggie, vleis en geld gewen, maar die geld word gewoonlik gebruik om vir almal by die kroeg 'n ronde te koop. Gelukkig kom ons darem saam-saam laat by die huis en gewoonlik kan ek nog my eie prys kies ook!
Elmien Drent:
Hier is 'n paar interessante verwikkelinge i.v.m. ons gholfdag:
Daar is 'n R10 000 prys te wen vir 'n kolskoot!
Van die ander pryse sluit in: 'n blesbok, skaapvleis, biltong en 'n naweek vir twee in die Waterval Hotel.
Se asb vir almal wat jy ken wat gholf speel!!!
Die inskrywingsfooi is 'n skamele R150!
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version