Skrywer Onderwerp: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"  (Read 834 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« op: August 07, 2010, 04:57:55 PM »
"My kind se ewige toekoms", uitgegee onder redaksie van professor Roelof Maré, verskaf leiding aan ouers van skoolkinders en aan ander belanghebbendes oor die gevaar van en eensydigheid in handboeke wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is vir gebruik in skole in die vak Lewensoriëntering.

In hierdie goedgekeurde boeke, word die intergeloofsgodsdiens gehandhaaf. Wat moet u van die volgende sê?

- Alle godsdienste is gelyk;
- Ons kinders moet eerbied geleer word vir die afgode;
- Kinders moet in die klas debatteer oor die moontlikheid van Christus se opstanding;
- Die mens het uit 'n aap ontwikkel;
- Ons is baie gelukkig dat daar soveel gelowe in die land is;
- 'n Kind wat nog nie 'n maat oor die kleurgrens heen het nie, is nog nie 'n maat vir ander nie, en het ook nie 'n maat nie.

In hierdie boek lees u van nog talle ander stellinge wat Christene se hare laat rys.

Christenouers, -onderwysers, -kinders en Christelike kerke moet van hierdie dinge kennis neem. en voorkomingsmaatreëls tref om ons kinders in die vrees van die Here te bewaar. Hierdie boek wil u daarmee help.

Die boek gaan beskikbaar gestel word vir ongeveer R40.00 en ek verstaan dat die Verkenners behulpsaam gaan wees met die bemarking en verkope. Die prys en bronne waar dit beskikbaar gaan wees sal so spoedig moontlik bevestig word.
« Laaste verandering : August 07, 2010, 04:59:47 PM deur André Strydom »
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« Antwoord #1 op: August 07, 2010, 08:38:06 PM »
Dit is nie 'n slegte prys vir die publikasie nie , ek wens die Verkenners sterkte toe met die bemarking daarvan .

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« Antwoord #2 op: August 07, 2010, 09:06:34 PM »
Ek verstaan dat die publikasie ook by die APK se boekwinkel beskikbaar gaan wees.

Sterkte met die bemarking.  Ek hoop alle ouers gaan die boek lees.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« Antwoord #3 op: August 10, 2010, 08:08:28 AM »
Ek verstaan dat die publikasie ook by die APK se boekwinkel beskikbaar gaan wees.

Sterkte met die bemarking.  Ek hoop alle ouers gaan die boek lees.

Inderdaad Johan. Hou die volgende uitgawe van Die Boodskapper dop! Ek het hom vinnig deurgegaan: 'n baie tydige en op-die-man-af publikasie!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« Antwoord #4 op: August 10, 2010, 01:36:27 PM »
Dit is inderdaad so dat die boeke by die Verkenners se kantoor beskikbaar is. Kontak gerus vir Werner Smook vir meer inligting.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Publikasie: "My kind se ewige toekoms"
« Antwoord #5 op: August 20, 2010, 11:00:32 AM »
Sien meer op die volgende blad:

http://www.verkenners.org.za/page/Mykindseewigetoekoms.aspx

U kan gerus hierdie skakel help versprei.

Laat weet gerus as ek bykomende inligting moet plaas.

Voorstelle welkom.........
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal