Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: FAK  (Read 855 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
FAK
« op: August 07, 2010, 09:26:45 PM »
Ek was opsoek na bladmusiek toe kom ek op die volgende skakel af.  Dit bevat die wysies en die woorde van die liedere in die FAK.  Kyk gerus.

http://www.fak.org.za/fak-sangbundel/
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: FAK
« Antwoord #1 op: February 27, 2012, 04:57:56 AM »
FAK stig navorssentrum vir kulturele vryheid
2012-02-26 20:58
 
Die FAK-direksie het die NP van Wyk Louw-sentrum vir kulturele vryheid gestig.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, sal die sentrum geskoei wees op Amerikaanse en Europese navorsingsinstitute met ’n historiese verwysingspunt, maar ook ’n toekomsgerigtheid.

Die doel met die sentrum is om om die internasionale beginsel van kulturele vryheid oplossings vir die Afrikaner- en ander taal- en kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te ontwikkel.Langner het gesê daar is vir die naam op ’n groot gees soos Van Wyk Louw besluit omdat hy daarin kon slaag om die Afrikaanse taal, Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap dinamies bymekaar te bring.

“Hy het nooit gehuiwer om krities te wees nie en was ’n voorstaander van geregtigheid en oop gesprek.”

Die sentrum sal deurlopend navorsing doen oor die teoretiese raamwerk vir kulturele vryheid en die praktiese toepassing daarvan.

Die sentrum sal deur ’n adviesraad van kundiges en verskeie navorsingsgenote bygestaan word.

Die FAK sal ook voortaan die verantwoordelikheid neem vir die internasionale skakelkantoor in Nederland met me. ­Ingrid Scholtz as verteenwoor­diger.

Dié kantoor sal bedryf word onder die naam Stichting voor Afrikaans.
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: FAK
« Antwoord #2 op: February 27, 2012, 09:23:29 AM »
Dis glad nie nuus dat Bravoland se idee van Vryheid en die broedergassosieerde organisasies se idee van vryheid hemels breed verskil nie. Ek sal beslis nie net tevrede wees met kulturele vryheid nie. Ek beywer my vir niks minder as 'n eie grondgebied waar ons volk volkome oor homself kan regeer nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal