Skrywer Onderwerp: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk  (Read 1038 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« op: August 12, 2010, 01:35:40 PM »
Uitnodiging

U word hartlik uitgenooi
na die  Huldeblyk - ontbyt vir
Hendrik van Blerk

Waar: Willie Marais Afrikaner Sentrum

Wanneer: 28 Augustus 2010  -  09h30 vir 10h00

Drag: 
Semi - Formeel  (Geen Denims)

Kostes:
R 100pp  (Volwassenes)
R 50pp   (Kinders onder  12 jr)

RSVP:  Voor 25 Augustus 2010

Navrae :
Anita Schutte  082 325 0273
Aliena Beyers  082 426 5589
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #1 op: August 12, 2010, 02:00:29 PM »
Geagte Volksgenoot

Oom Hendrik van Blerk is op 27 November 1915 in Johannesburg gebore en het sy skoolopleiding in Heidelberg, Transvaal begin.  Hy het nog twaalf ander skole besoek voordat hy na standerd ses, vir goed klaar was met die skoolbanke.  Daarna was hy agtereenvolgens diamantdelwer, houtryer, fabriekswerker, soldaat, padmaker en mynwerker.

Hy is in Junie 1942 as Stormjaer van die Ossewa Brandwag, weens sabotasie ter dood veroordeel omdat hy die stryd teen die Britse Imperialiste gehelp stry het, - 'n vonnis wat na 28 dae in die dodesel tot lewenslange gevangenisstraf verander is.  Hy moes ses van sy jongmensjare daar opoffer vir sy volk, en is eers vrygelaat nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het.  Hierna was hy o.a. graangradeerder, joernalis en skoolbuskontrakteur. 

Sy skrywerstalent, wat hy in die gevangenis ontdek en ontwikkel het, het hy ten volle ingespan om op sy manier, die volk te probeer fokus op ons vryheidsideaal in ons mooi land.  Sy eerste boek: ‘Dit Blom Tussen Bantams’, het reeds in 1948 verskyn en sedertdien het daar al honderde boeke, jeugverhale en kortverhale uit sy pen verskyn. 
Die afgelope dertien jaar wy hy sy lewe en skryfwerk voltyds in diens van sy volk.  Hy het die Majuba Boerevolktrust tot stand gebring met die uitsluitlike doel om te sorg dat die berg Majuba, as Boerevolksmonument en deel van ons geskiedenis, as erfpag vir ons nageslag bewaar sal word.

Aksie Vrouekrag Donkerhoek het besluit om in samewerking met die Majuba Boerevolktrust hulde te bring aan hierdie merkwaardige volksman en beplan vervolgens ‘n dinee in sy eer. Dit sal plaasvind op 28 Augustus 2010 by die Willie Marais Afrikanersentrum.
In ‘n poging om die onkostes te dek, bied Aksie Vrouekrag Donkerhoek aan volksgenote geleentheid om borgskappe op te neem.



Die volgende borgskappe bestaan:

Brons - R1000.00  :
2 Uitnodigings na geleentheid.
Bedanking deur die seremoniemeester.

Silwer – R 2500.00:
4 Uitnodigings na geleentheid.
Bedanking deur die seremoniemeester.
‘n Skyfievertoning sal deur die loop van die aand gewys word waar u besigheid blootstelling sal kry.

Goud – R 5000.00:
6 Uitnodigings na geleentheid.
Bedanking deur die seremoniemeester.
‘n Verteenwoordiger van u besigheid sal ‘n geleentheid kry om kortliks u besigheid bekend te stel.
‘n Skyfievertoning sal deur die loop van die aand gewys word waar u besigheid blootstelling sal kry.


Ons bankbesonderhede is as volg:

Naam: Aksie Vrouekrag Donkerhoek
Bank: Standard Bank Pretoria
Takkode: 01 05 45
Rekening nommer: 271 240 490
Verwysing nommer: 013 737 6353

Faks asseblief deposito strokie na 086 568 0685 , vir aandag Anita Schutte.

Indien u enige van die bogenoemde borgskappe wil opneem is u welkom om Mev Aliena Beyers by 082 426 5589 te kontak.



Boeregroete
Donkerhoek Aksie Vrouekrag
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #2 op: August 12, 2010, 03:49:48 PM »
Wie sien ek daar?

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #3 op: August 12, 2010, 03:59:14 PM »
Ons gaan daar wees.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #4 op: August 13, 2010, 12:13:27 PM »
Kan iemand dalk help met wat oom Hendrik se volle name is? Hier is wat ek op die internet kon opspoor, die geboortedatum is dieselfde, maar sy voorletters is hier HSH van Blerk:

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk   
Hendrik was born on November 27th, 1915.  Hendrik's father was Francois Petrus van Blerk and his mother is Elizabeth Maryna Magrietha Pretorius.  His paternal grandfather was Hendrik (Oupa Hendrik) Stephanus  van Blerk and his paternal grandmother is Maria Susanna Catharina Janse van Rensburg.  He had two sisters named Nellie and Maria.  He is the youngest of the three children.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #5 op: August 15, 2010, 07:06:35 PM »
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #6 op: August 16, 2010, 02:43:35 PM »
Sien julle daar.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Ontbyt vir oom Hendrik van Blerk
« Antwoord #7 op: September 07, 2010, 11:38:12 AM »
28 Augustus 2010 – Huldigingsgeleentheid vir oom HS van Blerk
Anita du Plessis

Geskiedenis en tyd staan as genadelose beoordeellaars van elke mens se lewensloop.
As “gewetes van die volk” loop digters en skrywers meer deur as die res. Gewoonlik word hul eers na hul tyd geëer. Dit verg ʼn spesiale persoon en ʼn unieke geleentheid om ʼn huldigingsgeleentheid vir homself in persoon op ʼn byna 95 jarige leeftyd by te woon.
Dit was juis die gebeure wat op 28 Augustus 2010 in die Willie Marais Afrikanersentrum afgespeel het, toe die Aksie Vrouekrag van Donkerhoek, in samewerking met die Majuba Boerevolktrust ʼn huldigingsontbyt vir die skrywer HS van Blerk, aangebied het.
Gou was dit duidelik waar oom HS in sy rolstoel die gaste ingewag en gegroet het, dat hy die beoordeling van sy lewe met spesiale vermelding geslaag het. Uit elke nuwe aankomeling se gesig het opregte vreugde gestraal. ʼn Gevoel van toegeneentheid en dankbaarheid het in die atmosfeer gehang.
“die uurglas van my tyd loop leeg…”
“Ek span die boog van my kort lewe styf…”
Met die aanhaling uit die gedig, “Eerste nag” van Oom Hendrik het Henk van de Graaf sy huldigingstoepsraak ingelui. Hy het vertel dat dit die gevoel van die 26 jarige Hendrik Stefanus van Blerk was toe hy die eerste nag in die dodesel deurgebring het. As ʼn lid van die Ossewa-Brandwag was hy ter dood veroordeel vir die beskadiging van staateiendom. Dit was tydens die Tweede Wêreldoorlog toe hy as vurige nasionalis en volksvryheidsvegter gerebelleer het daarteen om vir die Smuts-regering, teen die Duitsers te gaan veg.
Mnr. Van de Graaf het voorts die skrywer se karakter aan hand van sy eie gedigte geskets. Hy het uit die gedig, “Ideaal” voorgelees en verduidelik dat HS van Blerk verwerping en moeite en verdriet geken het, maar dat die ideaal wat hy nagestreef het, hom gedra het. Uit die “Rewolusielied” het hy gemotiveer dat die oom dikwels die woorde: “You are fired” moes aanhoor – meestal oor sy politieke oortuigings, maar dat hy steeds onverskrokke die skandes van tyd aan die kaak gestel het.
By volks- en kultuurbyeenkomste is oom HS ook altyd tussen sy volk. Met sy skryfrykdom het hy menig volksorganisasie aan die lewe gehou. Sy grootste bydra in die Majuba Boerevolk Trust wat hy tot stand laat kom het en wat nou nog vir die bestuur van Majuba verantwoordelik is. Self het hy tot ʼn paar jaar gelede nog elke jaar die berg opgeklim om daar die geskiedenis, wat hom so na aan die hart lê te vertel.
“Oom Hendrik se lewe, waarby tannie Nell uiteraard onlosmaaklik verbind is, is een groot getuienis van die grootheid, die goedheid, die genade en ook die wil van God.” As slot het mnr. van de Graaf uit sy gedig, “Eed” voorgelees:
“Ek sal die weg wat my beskore is, gaan…
…en as ek gebreek en mat van stryd op my knieë stort,
Sal ek die laaste treë na Bestemming kruip…”
Deur sy leeftyd het 64 boeke en omtrent 300 kortverhale uit die pen van hierdie volksman gevloei. Behalwe dat hy ses jaar in die tronk deurgebring het, het hy kennis gemaak met die spoeldelwerye van Lichtenburg, as mynwerker sy brood aan die Rand verdien, hout aangery uit Marico, rioolslote in die Goudstad gegrawe en die ellende van werkloosheid tydens die Depressie leer ken.
DuP du Plessis, voorsitter van die HS van Blerk-Stigting, het meer oor sy boeke vertel, wat ook daar te koop aangebied is. Die volledige Verkennersreeks oor Danie Theron is die heel eerste boeke wat in elektroniese formaat beskikbaar is. Van die skywe aan oom HS, die Verkenners en Aliena Beyers die voorsitster van Aksie Vrouekrag Donkerhoek, oorhandig.
Tydens die smaaklike ete wat bedien is, was daar musiek deur die Bosch-Meyer-trio en gedigte is deur Minkie Geyser voorgelees. Jan Beyers het boeke van oom Hendrik van Blerk opgeveil en ʼn bedrag van R3 000 is ingesamel. Daar is ook ʼn kort rolprent vertoon oor sy lewe. “As ek mense kon laat lag of huil, het ek geslaag” het hy oor sy eie skryfwerk vertel.
Om toegesluit te wees in die dodesel, het hy onthou (is behalwe vir die skok waaraan hy gely het) – het hom die lewe in twee wêrelde geleer ken. Die moeilikste daarvan; ʼn mens se “binnewêreld”. Die swart lissies aan sy uniform was vir hom simbolies om te rou oor sy eie dood. In hierdie eensame aanhouding was al wat hy gehad het om aan vas te klou ʼn gedig wat hy uit die Huisgenoot geskeur het. Sy grootste vrees was dat hy aan sy vyande vrees sou vertoon in die aangesig van die dood.
Ten einde is oom Hendrik met rolstoel en al op die verhoog getel. Hy het die vroue wat huldigingsgeleentheid gereël het met ʼn aanhaling uit ʼn gedig van Theo Wassenaar bedank: “Dit is skoon vir ʼn held dat vroue die laaste sal wees wat sy sterwende oog gesien het.”
Hy het genoem dat ons moet besef wat die vrou se rol in ons geskiedenis is. Hy het verwys na Sanna Smith en haar beroemde woorde: “Liewer kaalvoet en blootshoofs oor die Drakensberge dan onder die Britse gesag. …ons het rede om vandag nog dieselfde te sê want, dit is ʼn verlengstuk van daardie Britse vervolging wat ons vandag hier het waar ons tans is.”
Die musiekgroep, Ridder de Jongh, het hul lied geïnspireer deur die verraad, soos beskrywe deur oom Hendrik, gesing.
Deur die loop van die oggend is daar baie gelag en hier en daar ʼn traan weggepik. Menige het die saal verlaat met ʼn sagte glimlag op die gesig – ʼn teken van die warm gevoel wat die geleentheid om almal se harte gelaat het. In almal se gedagtes was die boog van ʼn lang suksesvolle lewe – gespan met liefde en opoffering …ʼn beoordeling wat goed afgeloop het en ʼn uurglas wat sonder spyt besig is om uit te loop.

Bl. 5 Die Afrikaner. 3-9 September 2010.



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal