Regtelike Sake > Departement van Beveiliging

Regstellende Aksie in aksie .

(1/1)

Sanderis:


‘G’n beurs vir jou, want jy is wit en manlik’


8/12/2010 10:26:00 PM

Potchefstroom. – Krygkor wou nie eens ’n aansoekvorm vir ’n beurs aan ’n ingenieurstudent in dié stad stuur nie omdat hy wit is.

Jean-Pierre Olivier (18) studeer elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Volgens sy ma, mev. Viola Olivier van Piet Retief in Mpumalanga, het sy Krygkor in Januarie gevra hoe om aansoek te doen om ’n beurs.

“Hulle het my ’n me. Brenda Pule se nommer gegee,” het Olivier vertel.

“Ek het haar gebel en sy het gevra ek moet ’n e-pos aan haar stuur sodat sy vir my ’n aansoekvorm kan stuur.”

Volgens Olivier het Pule haar kort daarna laat weet sy gaan nie ’n aansoekvorm stuur nie omdat Jean-Pierre wit is en Krygkor ingevolge sy indiensnemingsbeleid nie in die nabye toekoms wit mans sal aanstel nie.

“My ma was woedend,” het Jean-Pierre gesê.

“Ek voel ook dis onregverdig.”

Hy het tot dusver al sy vakke geslaag en twee onderskeidings in die eerste semester behaal, het Jean-Pierre vertel.

AfriForum Jeug het verlede week ’n skrywe aan Krygkor se waarnemende bestuurshoof, mnr. Sipho Mkwanazi, gerig dat die organisasie van voorneme is om regstappe teen Krygkor te doen “indien Krygkor nie sy diskriminerende praktyke binne sewe dae stop nie”.

“Dat hy (Krygkor) bloot op grond van mnr. Olivier (Jean-Pierre) se velkleur nie eens bereid is om ’n aansoekvorm aan hom te stuur nie, dui op blatante diskriminasie,” het mnr. Ernst Roets, voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug sal die saak volgens Roets met sy regspan opneem as hy nie bevredigende reaksie op sy skrywe van Krygkor ontvang nie.

Krygkor het in reaksie hierop in ’n verklaring gesê Mkwanazi het die klag van AfriForum Jeug eers vandeesweek Dinsdag ontvang nadat dit aanvanklik na die verkeerde e-pos-adres gestuur is.

Luidens die verklaring is daar by Krygkor ’n ernstige tekort aan vroulike ingenieurs en veral swart vroue-ingenieurs.

“Dis daarom vir ons ’n noodsaaklike prioriteit om hierdie groep te bemagtig. Ons het beleid en inisiatiewe om dit te doen.

“Dit sluit onder meer ’n talentontwikkelingsprogram in, wat behels dat nuwe graduandi in die aangewese groepe ’n jaar of twee se werkervaring by Krygkor kan opdoen.

“89 jongmense het hierdie program sedert 1999 deurloop.”

Krygkor het ook ’n beursskema vir ingenieurs- en wetenskapstudente om die genoemde tekort op veral lang termyn die hoof te bied.

“Krygkor is ’n staatsonderneming en moet daarom toesien dat alle Suid-Afrikaanse wette toegepas word, soos die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging,” lui die verklaring.

“Die Wet op Gelyke Indiensneming is daarop gemik om gelykheid in die werkplek te bewerkstellig – deur onder meer regstellende aksie – om te vergoed vir benadeling wat sekere groepe tevore in die werkplek ervaar het.”

Krygkor het sedert 1990 82 studente met beurse gehelp, lui die verklaring.

Onder hulle was 26 wit mans, drie wit vroue, 28 swart mans, nege swart vroue, drie bruin mans, een bruin vrou, 11 Indiërmans en een Indiërvrou.

Krygkor het tans sewe beurshouers: ses swart vroue en een swart man.

Stoerboer:
Lyk my die NSA se 'Uitkoms gebaseerde' kanonne gaan van nou af agterstevoor skiet met vetkruit, in plaas van buskruit !

Rustige dag.

Stoerboer.

Winter:
Dis seker 'n simpel voorbeeld, maar sê nou een van die  ministers is besig om te verdrink (ja ek weet, almal sal hom/haar los om te sink), sal hulle dan nog vir die wit lewensredder sê om terug te swem strand toe, want 'n die regering se indiensnemings beleid vereis 'n swarte moet hom red?

Die land sink, maar hulle klou nog vas aan 'n dood gebore ideologie van gelyke indiensneming.

Adri van Staden:

--- Aanhaling van: Winter op August 16, 2010, 12:34:05 PM ---Die land sink, maar hulle klou nog vas aan 'n dood gebore ideologie van gelyke indiensneming.

--- End quote ---

As dit tog maar net gelyk was!

Sanderis:
Krygkor-diskriminasie


AfriForum Jeug (AFJ) het Krygkor in regstappe aangevat omdat ’n student in ingenieurswese by die Noordwes Universiteit en ’n lid van AfriForum Jeug, Jean-Pierre Olivier, deur Krygkor in kennis gestel is dat hulle nie vir hom ’n beursaansoekvorm sal stuur nie, aangesien hulle uit sy van aflei  dat hy wit en Afrikaans is.  Die e-pos van Krygkor aan Olivier lui:  “I regret to inform you that I will not be sending you an application form for a bursary. I need to inform you that Armscor has taken a strategic decision to address the transformation objectives of the organisation to meet its Employment Equity imperatives. Since our bursaries are offered with a work back obligation meaning; with an aim of employing the student once the student qualifies, we will not be employing any white males within the near future so your son will not qualify for our bursary.”  Volgens AFJ, is die Wet op Bevolkingsregistrasie in 1991 geskrap en bestaan daar vandag geen wettige maatstaf waarvolgens landsburgers op grond van ras geklassifiseer kan word nie.

Bron : DitsemBlits

Navigation

[0] Message Index

Go to full version