Skrywer Onderwerp: Groenskrif goedgekeur ?  (Read 1063 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Groenskrif goedgekeur ?
« op: August 17, 2010, 11:56:06 AM »
GROENSKRIF DEUR KABINET GOEDGEKEUR?

  Deur ALANI JANEKE
Gerugte bestaan dat die omstrede
 Groenskrif oor grondbeleid
 deur die Kabinet goedgekeur is, maar dit verskyn nog nie op die Parlement se besprekingslys nie, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

“Daar is sprake dat die Groenskrif goedgekeur is, want dit verskyn op die lys van sake en dokumente wat die Kabinet goedgekeur het,” sê me. Anette Steyn, die DA se woordvoerder vir grondsake.

Onsekerheid oor bespreking
Steyn sê sy is egter nie seker wanneer die beleid in die Parlement bespreek sal word nie. “Dit is nog nie op die Parlement se besprekingslys 
nie. Die lys van só ‘n beleid op die besprekingslys kan drie dae duur, of selfs weke.”

Volgens Steyn is dit glo nie vreemd dat dit lank neem vir ‘n beleid om gelys te word nie.
“Die Minister kan
 die dokument selfs terughou
 as hy moontlik nog veranderinge wil aanbring,” verduidelik sy.

Die dokument fokus glo onder meer op beperkings rakende
individuele grondbesit
 en op die bestaande beginsel van vrywillige koper en verkoper.

17 Augustus 2010

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #1 op: August 18, 2010, 12:42:56 PM »
Hallo Sanderis, waar het die berig verskyn?

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #2 op: August 18, 2010, 12:48:21 PM »
Middag James , was die landbouweekblad , ek kan die skakel bring as jy wil .

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #3 op: August 18, 2010, 02:38:36 PM »
Dis nie nodig nie, dankie.

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #4 op: August 22, 2010, 12:01:16 PM »
Groenskrif wil hê wit boere moet grond deel


2010-08-21 22:04

Llewellyn Prince


Plaasboere wat “te veel” grond het om op te boer, sal dit met swart Suid-Afrikaners moet deel.

Verder gaan buitelanders wat in die toekoms kommersiële grond in Suid-Afrika wil koop, dit net regkry as hulle swart vennote daarby betrek.

Dít is van die voorstelle soos vervat in die groenskrif vir die nuwe beleid oor grondeienaarskap wat reeds deur mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, afgeteken is.

Dit sal binnekort aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring.

Daarna moet dit deur ’n parlementêre proses gaan. Daarom kan die departement nog nie sê wanneer presies dit in werking gestel sal word nie.

Mnr. Johannes Möller, president van Agri SA, het Vrydag egter dié voorstelle as “dom” afgemaak en gesê die departement weet self nog nie hoe dit reggekry gaan word nie.

Die departement beplan om met die nuwe beleid die stelsel van grondeienaarskap in Suid-Afrika in sy geheel te hersien, het mnr. Mthobeli Mxotwa, Nkwinti se woordvoerder, aan Rapport gesê.

Volgens hom sal daar ook, sodra die beleid in werking gestel is, ’n kommissie vir grondbestuur gestig word wat ’n nasionale databasis gaan hou wat sal wys aan wie elke stuk grond in Suid-Afrika behoort.

Mxotwa sê die hoofdoel van die beleid is sodat swart Suid-Afrikaners ook eienaars van kommersiële grond kan word.

Luidens die departement se statistieke word 87% van alle kommersiële grond deur wit mense en buitelanders besit en 13% deur swart, bruin en Indiër Suid-Afrikaners.

“Kommersiële grond” is nie net plase nie, maar alle grond waarop sake gedoen word. Daarom moet swart Suid-Afrikaners se regte tot grondbesit geprioritiseer word. Ons gaan egter nie net links en regs grond loop en gryp nie, alle belanghebbendes sal insette kan lewer. Die beleid is nodig om die aspirasies van alle grondhonger Suid-Afrikaners te bevredig, ongeag hul ras, kleur of geslag.”

Volgens Mxotwa het die beleid drie voorstelle:
- ’n Perk op hoe groot die private grond is wat een persoon kan besit. Dit beteken as daar bevind word ’n skaapboer het net 100 ha nodig en ’n groenteboer het 300 ha nodig om te boer, maar baie meer as dit besit, kan die regering dié oortollige grond verkry en aan swart Suid-Afrikaners uitverhuur,” sê Mxotwa.
- ’n Tweede voorstel is dat staatsgrond in die toekoms nooit verkoop sal word nie, maar slegs verhuur kan word.
- ’n Derde voorstel is dat buitelandse burgers wat kommersiële grond in Suid-Afrika koop, maar nie voltyds daarop woon nie, net mag boer mits hulle swart vennote het.

“Dit is belangrik omdat baie plase, byvoorbeeld in die Wes-Kaap, tans deur buitelanders gekoop word en die plaasarbeiders dan van die grond gesit word.”

Möller sê die nuwe beleid kom neer op die sentralisering van mag en besluitneming.

“Die departement kan tans nie eens sy werk doen nie. Van sy grondhervormingsprojekte het 90% misluk. Dit gaan daarop neerkom dat ’n geweldige hoeveelheid amptenare aangestel gaan word om kommersiële boere ondoeltreffend te maak.

“Hoekom help hulle nie eers sukkelende swart boere wat tans grond besit om suksesvol te wees nie?”

Oor die voorstel oor buitelanders sê Möller: “As jy eers voorskriftelik raak, wil jy mos nie buitelandse beleggers hier hê nie.”

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #5 op: August 22, 2010, 10:30:35 PM »
Hierdie nuwe "wet" laat dink my aan iets wat 'n slim konserwatiewe Amerikaanse Ingelsman eenkeer gesê het:

You cannot multiply wealth by dividing it
"You cannot legislate the poor into prosperity by legislating the wealthy out of prosperity. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the other half is going to take care of them, and when the other half gets the idea that it does no good to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend, is the beginning of the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it."*

* Adrian Rogers, 1931*
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #6 op: August 24, 2010, 12:46:02 AM »
Grondbeleid: ‘Databasis nodig vir hervorming’
2010-08-23 22:14


Sarel van der Walt

Tensy ’n behoorlike databasis opgestel word, is dit nie moontlik om grondhervorming in Suid-Afrika suksesvol te doen nie, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê.

“Populêre uitsprake is ver verwyder van die realiteit en dit hou ’n gevaar in vir behoorlike grondhervorming,” het De Jager by navraag gesê oor die departement van landelike ontwikkeling en grondsake se uitlating dat 87% van alle kommersiële grond deur wit mense en buitelanders besit word.

De Jager, ook voorsitter van Agri SA se transformasiekomitee, het gesê in ’n onafhanklike verslag wat reeds in 2001 in opdrag van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika opgestel is, is bevind 44% van die grond in die land word deur wit mense besit, 20% deur swart mense, 1% deur Indiërs en 9% deur bruin mense.

“Die staat besit 25% van alle grond in die land.

“Die grond wat in staatsbesit is, is by die aktekantoor onder 866 verskillende name geregistreer,” het De Jager bygevoeg.

“Onthou, in 2001 het die restitusieproses skaars begin.”

De Jager het gesê die geskiedenis het gewys die 17 lande in die wêreld wat grondhervorming suksesvol toegepas het, het almal behoorlike datastelsels gehad wat as basis gedien het.

“Die beginsel is ons sal moet weet wat is in wie se hande voordat ons begin met inisiatiewe wat beleggingsvertroue en voedselsekerheid in die land in die gedrang kan bring. Wat ons nie weet nie, kan ons nie bestuur nie,” het De Jager bygevoeg.

“As jy so ’n behoorlike databasis het, kan jy behoorlik beplan.”

Die groenskrif oor grondhervorming word binnekort vir goedkeuring aan die kabinet voorgelê.

Mnr. Mthobeli Mxotwa, woordvoerder van mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, het luidens ’n berig eergister in Rapport gesê die minister se departement beplan om met die nuwe grondbeleid die stelsel van grondeienaarskap in Suid-Afrika in sy geheel te hersien.

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #7 op: August 24, 2010, 12:16:51 PM »
GROENSKRIF BY KABINET

  Deur JOYLENE VAN WYK
Die Groenskrif oor grondbeleid, wat voorstelle bied oor hoe die Regering grondkwessies wil besleg, het die Kabinet reeds bereik.

Die Groenskrif sal die debat begin of staatsgrond slegs onder huurbesit moet wees, of daar ’n beperking op die besit van private grond moet wees en of buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het aan /Landbouweekblad/ gesê 
die dokument het egter nog nie voor die Kabinet gedien het.

Hy het aangedui dat die moontlikheid wel bestaan dat dit nog in die Kabinetkomitees bespreek word.

Ná die besprekingsproses sal die Kabinet dit goed- of afkeur. Hierdie besluit sal dan bekendgemaak word. Indien die besprekingsdokument goedgekeur word, sal dit parlementêre prosesse deurgaan, waar landbou-organisasies en ander belangegroepe bydraes op openbare verhore sal kan lewer.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister vir Landelike Ontwikkeling en 
Grondhervorming, het sowat twee weke gelede die dokument afgeteken waarna dit na die Kabinet gestuur is.

24 Augustus 2010

Landbou.com

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #8 op: October 15, 2010, 09:02:07 AM »
GROENSKRIF: BEPERKINGS VIR GROND

  Deur JOYLENE VAN WYK
Die Regering wil hê dat regulerende beperkings opgestel moet word om die 
beste en unieke landbougrond in die land te beskerm, en dat dié beperkings ook geld vir Suid-Afrikaners wat die grond besit.

Dít is maar een van die vele voorstelle wat in die Departement vir Landelike 
Ontwikkeling en Grondhervorming se nuwe Groenskrif aangedui word. 
Landbouweekblad het ‘n afskrif van die finale weergawe, wat aan die Kabinet voorgelê is, in sy besit.

Beperkings vir buitelanders, burgers
In die voorstelle oor
eiendomsbesit met beperkings
 vir private grond word aangedui dat Suid-Afrikaners vry erfpag oor grond moet kan hê en die verkoop van grond aan buitelanders moet sekere beperkings hê.

Regulerende beperkings moet geplaas word op eiendomme wat deur Suid-Afrikaners besit word ten opsigte van sensitiewe- en nasionale grond 
soos gemeenskaplike grond, kus-, erfenis-, landelike-, landbou-,omgewingsensitiewe, veiligheidsensitiewe en die grond langs grensgebiede.

Om die gelyke herverdeling van grond te verseker word grondplafonne, voorkoopreg en die reg van eerste weiering voorgestel wat opgelê kan word aan Suid-Afrikaanse en buitelandse grondeienaars.

Rakende buitelanders word aangeneem dat dit ‘n
voorreg vir buitelandse burgers
is om sensitiewe Suid-Afrikaanse grond te besit en daarom moet voorwaardes vir die besit daarvan ingestel word. Buitelanders sal voortaan 
spesiale toestemming en goedkeuring moet bekom om sensitiewe- en grond van 
nasionale sekuriteit te bekom. Hulle sal ook slegs grond kan huur.

Vergoeding onder markwaarde

Een van die mees drastiese
opsies wat in die Groenskrif uitgeredeneer
 word, is dat ‘n formule gekry moet word wat toelaat dat vergoeding onder 
markwaarde vir grond gebied kan word sonder dat dit grondwetlik betwis kan word.

In die Ministerie vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming word aktief 
opsies bespreek oor watter formule sal werk om met vergoeding onder markwaarde weg te kom. In die verlede was daar al pogings om met so ‘n 
formule vorendag te kom, soos byvoorbeeld die Gildenhuys-formule.

Nog ‘n opsie wat gelys word, is om grond te bekom deur  ‘n “afslag” spesifiek vir grondhervormingsdoeleindes in te stel. ‘n Ander een is om 
produksiewaarde eerder as markwaarde as maatstaaf te gebruik om vergoeding te 
bepaal.

Vir die Regering sal ‘n onteieningsbenadering baie meer voordelig en spoediger wees as die
 beginsel van gewillige kopers en verkopers
 . Daar is reeds menige kere uitgewys dat die laasgenoemde benadering nie doeltreffend is nie.

Kommissie vir grondbestuur?

Om sy nuwe grondregulasies te reguleer, wil hy ‘n Kommissie vir die Bestuur van Grond (LMC) op die been bring. Dié kommissie se primêre rol sal wees om ‘n grondregister op te stel en die register se kredietwaardigheid en 
integriteit te beskerm en te onderhou.

Een van sy beduidendste rolle sal wees om te dien as die verwysingspunt vir die bepaal van grondprysneigings.

Lande soos Maleisië, Australië en Nieu-Seeland maak van ‘n waardasiemodel gebruik waar ‘n instelling grondwaardasies in die land standardiseer. Die Regering meen dat só ‘n ingryping van die Staat ‘n gelyke grondmark vir beide private- en grondhervormingstransaksies sal skep.

Die LMC sal die reguleerder van alle staats-, openbare en private grond in 
die land word. Hy sal ook moet toesien dat grond optimaal gebruik word om voedselsekuriteit, werkskepping en beleggings te verseker.

Alle grondeienaars, privaat en die staat, sal voortaan verplig word om die
 hoeveelheid grond in hulle besit
 en enige veranderinge aan die LMC bekend te maak. Die Kabinet het reeds aan die begin van Oktober die Groenskrif ontvang en dit sal binnekort in die 
Parlement vir openbare kommentaar ter tafel gelê word.

15 Oktober 2010

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #9 op: July 11, 2011, 08:28:39 PM »
Grond: Nkwinti teken Groenskrif
 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die langverwagte Groenskrif oor Grondhervorming is deur mnr. Gugile Nkwinti, Minister vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, onderteken.

Die oorspronklike Groenskrif, wat gesamentlik beleidsvoorstelle oor landelike ontwikkeling en grondhervorming bevat het, moes vroeër op aanbeveling van die Kabinet geskei word.

Dit is toe vroeër vanjaar terug na Nkwinti gestuur om die verandering aan te bring. Dit is bekend dat die Regering al verskeie kere aangedui het dat die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper nie werk nie.

Die Groenskrif sal alternatiewe voorstel hoe die Regering in die toekoms grond sal bekom om sy grondhervormingsdoelwitte te bereik.

Beperkinge
Pres. Jacob Zuma het onlangs aangedui dat die drievlakstelsel – waar onder meer aangedui word dat eiendomsbesit van staats- en openbare grond slegs onder huurbesit kan wees, sekere beperkinge op die besit van private grond geplaas sal word en buitelandse eienaarskap aan sekere voorwaardes gekoppel sal wees – steeds op die tafel is. ’n Kommissie wat die land se grond sal bestuur, is ook hierby ingesluit.

Mnr. Mtobeli Mxotwa, Nkwinti se woordvoerder, het aan Landbouweekblad gesê dat die Groenskrif nou weer op pad is na die Kabinet. Dit sal volgende week waarskynlik voorgelê word aan die ministeriële ekonomiese groep wat die dokument gaan fynkam voordat die Kabinet dit sal goedkeur.

Landbouweekblad verstaan dat Nkwinti nog nie die ander besprekingsdokument, die Groenskrif oor Landelike Ontwikkeling, onderteken het nie. Daar word glo nog aan dié dokument gewerk.



8 Julie 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Groenskrif goedgekeur ?
« Antwoord #10 op: August 08, 2011, 10:38:58 AM »
Grond: Kabinet stuur groenskrif terug
 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die groenskrif oor grondhervorming is wéér deur die Kabinet na die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming terugverwys.

Dit kom nadat sekere tegniese punte in die besprekingsdokument nie die valkoog van die ministeriële ekonomiese groep kon ontsnap nie. Dit is die derde keer dat dié dokument, wat voorstelle bevat oor hoe die land se nuwe grondbeleid moet lyk, teruggestuur is. Verskeie kommentators het die dokument al as lomp beskryf.

Tegniese aspekte
Mnr. Mtobeli Mxotwa, woordvoerder van die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het aan Landbouweekblad bevestig dat die komitee die groenskrif na die departement teruggestuur het sodat sekere tegniese aspekte reggemaak kon word.

Hy sê die departement het reeds die “tegniese veranderinge” aangebring en dat die groenskrif nou weer aan die Kabinet gestuur is. Hy wou nie sê wat hierdie veranderinge behels nie.

Die dokument is nog nie amptelik bekend gemaak nie. Me. Annette Steyn, DA-LP, sê hoe vinniger die dokument vir openbare kommentaar beskikbaar gestel kan word, hoe beter. “Almal bespreek dit, maar dit is nog nie amptelik bekend gestel nie.”

Sy meen almal moet kan sien wat daar aangaan “en saam aan die groenskrif skaaf”.

8 Augustus 2011


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal