Regtelike Sake > Departement van Arbeid

Vakbonde, Arbeid en Stakings!

(1/5) > >>

André Strydom:
Ek het anderdag weer op die volgende afgekom:

http://books.google.co.za/books?id=sq43lnbklEUC&pg=PA92&lpg=PA92&dq=nic+wiehahn&source=bl&ots=apRYf2w6jJ&sig=KdcuWGNhJalHPozdUnliDY_yPes&hl=en&ei=Tc96TNPxG4GBlAeZqdDsCw&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=2&ved=0CBoQ6AEwAQ#v=onepage&q=nic%20wiehahn&f=false

Sanderis:
Staking: geen einde in sig
2011-07-05 12:31



Die vakbondfederasie, Cosatu, sê indien werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf nie 'n aanvaarbare aanbod op die tafel plaas nie, sal hulle vir solidariteitsoptrede vra.

Cosatu in die Wes-Kaap sê ook dat die staking onbepaald sal voortduur. Die vakbond se provinsiale sekretaris, Tony Ehrenreich sê daar moet aan die eise voldoen word sodat die bedryf geherstruktureer kan word.

Die vakbonde, NUMSA en Ceppwawu, eis ondermeer 'n 13 persent verhoging. Werkgewers bied 7 persent aan.

Die staking in die ingenieurs- en metaalbedryf het na motoronderdele-fabrieke oorgespoel en 'n aantal aanlegte is gesluit.

'n Woordvoerder van Numsa - Castro Ngobese - sê optogte sou 'n rukkie gelede ook in die Vrystaat en Noord-Kaap gehou word,.

Sowat 170-duisend werkers staak landwyd.

Sanderis:

Sanderis:
Kyk mooi na die foto . Is dit normaal dat stakers vuurwapens dra ? Ons praat nie eers van rig van vuurwapen nie .....

Sanderis:

Numsa dreig oor salarisverhogings
2011-07-05 23:01


Tom de Wet

WELKOM. – As daar nie vandeesweek aan die salarisverhogingseis van 13% vir werknemers van die metaal- en verwante sektore gehoor gegee word nie, kan daar moontlik na die oorspronklike eis van 20% teruggekeer word.

Dié dreigement kom van mnr. Karl Cloete, adjunkhoofsekretaris van die National Union of Metalworkers (Numsa).

Hy sê die “moeder” van alle nywerheidsaksies is nou in Suid-Afrika aan die gang en sal onbepaald of totdat aan al hul eise voldoen is, voortduur.

Honderde lede van Numsa en Cosatu het gister aan ’n optog na die staalfabriek Steeldale in Welkom deelgeneem. Volgens Cloete beplan dié fabriek om 49 werkers af te dank al het die onderneming nie geldelike probleme nie.

Hy het beroep op optoggangers gedoen om die fabriek se gebou te kom beset as die werkers afgedank word en nie daar pad te gee totdat almal weer heraangestel is nie.

Mnr. Patrick Sepuru, ’n bestuurder van die onderneming wat lid van die Federasie van staal- en ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) is, het die memorandum in ontvangs geneem.

Die optoggangers het Cloete en mnr. Sam Mashinini, sekretaris-generaal van Cosatu, se beroep gesteun dat van arbeidsmakelaars ontslae geraak word en soos vanuit een mond geskreeu: “Voertsek arbeidsmakelaars, voertsek 7%.”

Boodskappe van ondersteuning vir Numsa se staking en nywerheidsoptrede is van so ver as Athene in Griekeland van die Wêreld-federasie van Handelsunies ontvang en voorgelees.

Die SAKP se boodskap lui dat duisende blanke werkers nie aan die massa-optredes deelneem nie. “Blankes moet saam met ons kom staan. Die uitbuiting van werkers ken geen velkleur nie.”

Mashinini het by die samekoms gesê die “moeder” van alle gevegte vir ’n behoorlike salarisverhoging is nou aan die gang. “Maak julle sitplekgordels vas.”

Cloete se woorde “te hel met arbeidsmakelaars” is met groot toejuiging begroet. Hy het gesê diegene wat vir ’n arbeidsmakelaar werk, gee sy of haar hele liggaam en siel, maar kry nie toegang tot ’n siekefonds of pensioen nie en die makelaar vat boonop die helfte van die geld wat die werker verdien.

As vanarbeidsmakelaars ontslae geraak word, kan meer behoorlike werkgeleenthede geskep word en dit sal tot ’n afname in misdaad, drankmisbruik en ondervoeding lei. “Hoe kyk ’n ma haar kind in die gesig en sê sy het nie eens geld om ’n enkele brood te koop nie?”

Hy het gesê stakings kan nie tot onstabiliteit in Suid-Afrika lei nie, maar die kapitalistiese ekonomie kan wel.

“Waarom word ’n swart werker in Suid-Afrika as skoonmaker aangestel en gaan as skoonmaker dood? Waarom kry hulle nie die geleentheid van bestuur om hulself te kwalifiseer vir ’n beter werk nie? Geld word wel bestee om hulle in die gebruik van kondome op te lei!”

Benewens die “dubbelsyfer-salarisverhoging” eis Numsa dat onmiddellik van die “moderne slawerny” van arbeidsmakelaars ontslae geraak word, familieverantwoordelikheidsverlof na vyf dae per geleentheid verleng word en skoonfamilie insluit, vervoer van werknemers deur werkgewers betaal word en dat nagskofwerkers ’n 20%-toelaag kry.

- Volksblad

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version