Hierdie stel dit weereens duidelik dat Solidariteit GEENSINS belang stel in Afrikaneronafhanklikheid nie, maar dit eerder sal beveg. Maak mens nogeens naar voel, maar ons moet maar ons hoop vestig op genade van Bo. Die "regte" Boerevolk, glo ek, sal nie heeltemal ondergaan nie maar voortgaan om 'n faktor in SA te bly (hetsy gou onafhanklik of nie), al is die "totale" aanslag ook hoe sterk en subtiel.
Ek is bly oom het geensins in hoofletters geskryf. Dit is presies net so, GEENSINS! Deesdae hoor mens so baie van Solidariteit dat die dae waarop mens nie naar voel nie redelik skaars is. Ons wat glo in reg en geregtigheid, so sterk soos wat die Voortrekkers daarin geglo het dat hulle alles agter gelaat het om die vreemde binneland in te trek, sal nie sommerso verdwyn nie. Met dankbaarheid kan ons weet dat ons God 'n alsiende en alwetende God is. Hy het ons nooit verlaat nie, dis ons wat Hom verlaat het.
Die dag sal kom dat ons ou volkie tot hierdie besef sal kom. Wanneer daardie dag aanbreek sal dit vir talle volksgenote duidelik word dat hierdie donker tye met sy duistere heersers verganklik is. Die volgers en verdedigers van die wesens wat nou met alle mag en krag ons volk se waardigheid probeer aantas, sal skielik hulself in donker tye bevind. Die wiel van die lewe draai, somtyds baie stadig, maar hy draai tog. Hy wat nie skroom om die volk waaruit hy afstam te verkleineer en te probeer vernietig nie, kan nie vir altyd bo-op die wiel sit nie. Hopelik sal die regverdiges die wiel van die as afhaal sodra hulle bo-op sit!