Skrywer Onderwerp: Vakbonde, Arbeid en Stakings!  (Read 3385 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.


Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #1 op: July 05, 2011, 05:43:05 PM »
Staking: geen einde in sig
2011-07-05 12:31



Die vakbondfederasie, Cosatu, sê indien werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf nie 'n aanvaarbare aanbod op die tafel plaas nie, sal hulle vir solidariteitsoptrede vra.

Cosatu in die Wes-Kaap sê ook dat die staking onbepaald sal voortduur. Die vakbond se provinsiale sekretaris, Tony Ehrenreich sê daar moet aan die eise voldoen word sodat die bedryf geherstruktureer kan word.

Die vakbonde, NUMSA en Ceppwawu, eis ondermeer 'n 13 persent verhoging. Werkgewers bied 7 persent aan.

Die staking in die ingenieurs- en metaalbedryf het na motoronderdele-fabrieke oorgespoel en 'n aantal aanlegte is gesluit.

'n Woordvoerder van Numsa - Castro Ngobese - sê optogte sou 'n rukkie gelede ook in die Vrystaat en Noord-Kaap gehou word,.

Sowat 170-duisend werkers staak landwyd.

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #2 op: July 05, 2011, 06:09:17 PM »

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #3 op: July 05, 2011, 09:51:34 PM »
Kyk mooi na die foto . Is dit normaal dat stakers vuurwapens dra ? Ons praat nie eers van rig van vuurwapen nie .....

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #4 op: July 06, 2011, 11:26:40 AM »

Numsa dreig oor salarisverhogings
2011-07-05 23:01


Tom de Wet

WELKOM. – As daar nie vandeesweek aan die salarisverhogingseis van 13% vir werknemers van die metaal- en verwante sektore gehoor gegee word nie, kan daar moontlik na die oorspronklike eis van 20% teruggekeer word.

Dié dreigement kom van mnr. Karl Cloete, adjunkhoofsekretaris van die National Union of Metalworkers (Numsa).

Hy sê die “moeder” van alle nywerheidsaksies is nou in Suid-Afrika aan die gang en sal onbepaald of totdat aan al hul eise voldoen is, voortduur.

Honderde lede van Numsa en Cosatu het gister aan ’n optog na die staalfabriek Steeldale in Welkom deelgeneem. Volgens Cloete beplan dié fabriek om 49 werkers af te dank al het die onderneming nie geldelike probleme nie.

Hy het beroep op optoggangers gedoen om die fabriek se gebou te kom beset as die werkers afgedank word en nie daar pad te gee totdat almal weer heraangestel is nie.

Mnr. Patrick Sepuru, ’n bestuurder van die onderneming wat lid van die Federasie van staal- en ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) is, het die memorandum in ontvangs geneem.

Die optoggangers het Cloete en mnr. Sam Mashinini, sekretaris-generaal van Cosatu, se beroep gesteun dat van arbeidsmakelaars ontslae geraak word en soos vanuit een mond geskreeu: “Voertsek arbeidsmakelaars, voertsek 7%.”

Boodskappe van ondersteuning vir Numsa se staking en nywerheidsoptrede is van so ver as Athene in Griekeland van die Wêreld-federasie van Handelsunies ontvang en voorgelees.

Die SAKP se boodskap lui dat duisende blanke werkers nie aan die massa-optredes deelneem nie. “Blankes moet saam met ons kom staan. Die uitbuiting van werkers ken geen velkleur nie.”

Mashinini het by die samekoms gesê die “moeder” van alle gevegte vir ’n behoorlike salarisverhoging is nou aan die gang. “Maak julle sitplekgordels vas.”

Cloete se woorde “te hel met arbeidsmakelaars” is met groot toejuiging begroet. Hy het gesê diegene wat vir ’n arbeidsmakelaar werk, gee sy of haar hele liggaam en siel, maar kry nie toegang tot ’n siekefonds of pensioen nie en die makelaar vat boonop die helfte van die geld wat die werker verdien.

As vanarbeidsmakelaars ontslae geraak word, kan meer behoorlike werkgeleenthede geskep word en dit sal tot ’n afname in misdaad, drankmisbruik en ondervoeding lei. “Hoe kyk ’n ma haar kind in die gesig en sê sy het nie eens geld om ’n enkele brood te koop nie?”

Hy het gesê stakings kan nie tot onstabiliteit in Suid-Afrika lei nie, maar die kapitalistiese ekonomie kan wel.

“Waarom word ’n swart werker in Suid-Afrika as skoonmaker aangestel en gaan as skoonmaker dood? Waarom kry hulle nie die geleentheid van bestuur om hulself te kwalifiseer vir ’n beter werk nie? Geld word wel bestee om hulle in die gebruik van kondome op te lei!”

Benewens die “dubbelsyfer-salarisverhoging” eis Numsa dat onmiddellik van die “moderne slawerny” van arbeidsmakelaars ontslae geraak word, familieverantwoordelikheidsverlof na vyf dae per geleentheid verleng word en skoonfamilie insluit, vervoer van werknemers deur werkgewers betaal word en dat nagskofwerkers ’n 20%-toelaag kry.

- Volksblad

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #5 op: July 06, 2011, 09:03:05 PM »
Hey! Daar is 'n blanke staker ook! Kyk daar op die voorgrond...en hy is seker nie 'n werker nie, hoe oud is hy? Siestog, die arme ding voel seker bietjie uit. ;)

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #6 op: July 07, 2011, 08:49:46 PM »
Lyk vir my soos 'n albino Leon .

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #7 op: July 08, 2011, 06:28:23 AM »
Ek weet Sanderis.

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #8 op: July 08, 2011, 08:44:52 PM »
Staking in mynbedryf kring wyer uit
Jul 08 2011 07:44

Johannesburg. - Die National Union of Mineworkers (NUM) het gister ’n dispuut verklaar in sy loon-onderhandelings met die Kamer van Mynwese se steenkoolgroepe.

Dit baan die weg vir ’n staking by die meeste van die land se steenkoolmyne indien die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie die dispuut kan oplos nie.

Vakbonde in die chemiese bedrywe beplan ook ’n reuse-staking Maandag waaraan tot 70 000 werkers kan deelneem en wat moontlik brandstoftekorte kan meebring.

Die jongste NUM-dispuut kom nadat die aanvanklike aanbod van 4,5% gister tot 6% verhoog is met min beweging in die talle nie-loon-eise wat ter tafel gelê is.

Die mynbousektor se magtigste vakbond wil ook loononderhandelings vandeesweek met Anglo American Platinum kortknip nadat die platinumreus gister ’n aanvanklik aanbod van 4,6% gemaak het.

Die NUM se lede sal nou vir of teen ’n staking stem, het die vakbond in ’n verklaring gesê.

Die steenkool-dispuut gaan waarskynlik na die kamer se lede in die goudsektor uitbrei voor daar volgende week weer met dié onderhandelingspan vergader word, het mnr. Lesiba Seshoka, die vakbond se woordvoerder, gesê.

“Die steenkoolgroepe skep normaalweg die bloudruk wat die goudgroepe dan volg,” sê hy. “Jy kan in vanjaar se onderhandelings sien dat hulle die steenkool-aanbod volg.” Die goudgroepe het hul aanvanklike aanbod van 4% tot tussen 4,5% en 5% vir verskillende beroepsvlakke verbeter ná die steenkoolgroepe se aanvanklike aanbod van 4,5%.

Die verwagting is dus dat die goudgroepe volgende week iets soortgelyks aan die steenkoolgroepe se 6% sal aanbied – ’n aanbod wat die NUM voorlopig verwerp.

Die vakbond eis 14% asook ’n aantal verbeterings wat betref byvoordele soos die behuisingstoelaag wat tans op sowat R1 400 per maand staan vir werkers wat nie deur die myne gehuisves word nie.

Solidariteit, wat veral lede in die hoër beroepskategorieë verteenwoordig, eis 12%.

Die kamer se goud-onderhandelaar, dr. Elize Strydom, het vandeesweek gesê verbeteringe aan die loon-aanbod hang af van die vakbond se posisie oor dié ander eise.

Volgens Seshoka vra die kamer dat al die ander eise laat vaar word en die gesprekke suiwer om lone draai.

Die land se groot goud- en steenkoolgroepe onderhandel sentraal deur die kamer met vakbonde terwyl onderhandelings in die platinumsektor op maatskappyvlak gevoer word.

Die staking in die metaal- en ingenieursbedryf het gister vir die vierde dag voortgegaan sonder enige hervatting van gesprekke tussen vakbonde en werkgewergroepe.

Die grootste werkgewergroep in die sektor se bedingingsraad, Seifsa, het gister uitgevaar teen toenemende geweld en die beweerde intimidasie van nie-stakers.

Een van die ander werkgewergroepe in die raad, die National Employers Association of South Africa (Neasa), het dit selfs in ’n verklaring “een van die bloedigste en gewelddadigste stakings tot op hede” genoem.

Die grootste vakbond, Numsa, het op sy beurt gesê dat polisielede sonder rede op stakers geskiet het en dat dit nie sy lede is wat geweld pleeg nie.

Die Chemical Energy Paper Printing Wood and Allied Workers’ Union (Ceppwawu) en die General Industries Workers’ Union of SA (Giwusa) het gister nóg ’n staking aangekondig – in die petrol-, chemikalieë-, glas-, papier- en verwante sektore waar ’n loongeskil ook op ’n dooie punt uitgeloop het.

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #9 op: July 11, 2011, 08:21:59 PM »
Petrolpompe loop dalk dié week leeg
2011-07-10 21:38


Ügen Vos

Petrolpompe kan vandeesweek leegloop wanneer duisende werkers van die industriële, chemikalieë- en petroleum-sektor begin staak.

Sowat 17 000 van hul lede begin môre saam met lede van die metaalwerkersvakbond Numsa staak, het mnre. Clement Chitja en Peter Rapoo, woordvoerders van die Chemical Energy Paper Printing Wood and Allied Workers’ Union (Ceppwawu) wat werkers in sewe verskillende sektore verteenwoordig, gister aangekondig.

Albei vakbonde dring op ’n 13%-salarisverhoging en die afskaffing van arbeidsmakelaars aan.

Verteenwoordigers van PetroSA het al gister vrese uitgespreek dat vulstasies sal moet sluit as die staking te lank uitgerek word.

Volgens Ceppwawu is dit glad nie onmoontlik nie.

Die vakbond het gesê dit neem omtrent drie dae voordat die land se raffinaderye ten volle tot stilstand kom en van hulle is reeds besig om te sluit.

Numsa se 17 000 lede staak al van verlede Maandag.

Die National Employers Association of South Africa (Neasa) het die week lange staking al as een van die bloedigste en gewelddadigste in die land se geskiedenis bestempel.

Mnr. Irvin Jim, Numsa se hoofsekretaris, het aangekondig dié vakbond beplan om môre verdere protes-aksies in Gauteng en KwaZulu-Natal van stapel te stuur.

Jim het erken dat daar sommige “haakplekke” in Gauteng was, maar aantygings van geweld en intimidasie teen Numsa-lede nog as “goedkoop propaganda” afgemaak.

Hy het nou in ’n memorandum aan Numsa se leierskorps in al nege provinsies beveel dat geen Numsa-lid hom aan so iets mag skuldig maak nie.

“Numsa is ’n gedissiplineerde organisasie en uit ons oogpunt was die staking vreedsaam,” het Jim gesê.

Die Numsa-leierskorps betwis volgens hom die opvatting dat die staking gewelddadig is en sal seker maak dat sy lede gedissiplineerd is.

“Ons het geweld nog nooit goedgepraat nie. Ons as Numsa-leierskorps is sterk gekant teen enige vorm van geweld of intimidasie en vra dat die media asseblief ophou om ’n wettige staking te demoniseer.

“Die polisie en werkgewers het ’n vloedgolf van geweld en intimidasie teen ons lede losgelaat om die werkers stil te maak.

“Sommige werkers het al hul lewe verloor en ander lê tans gewond in hospitale landwyd,” het Jim gesê.

“Dit is hoog tyd dat werkgewers ophou om ons mense peanuts te betaal.

Hoe kan hulle verwag dat ons mense moet terugkeer werk toe as hulle voel of hulle ingedoen is?

Die base gee vir hulself massiewe bonusse en die werkers bly in plakkerskampe.”

Twee Numsa-lede is verlede week dood toe hulle onderskeidelik in Germiston en KwaZulu-Natal deur voertuie raak gery is en nege Numsa-lede is sover op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem.

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #10 op: July 14, 2011, 01:55:42 AM »
Solidariteit sluit aan by staking
Jul 13 2011 15:51

Johannesburg. – Solidariteit se 6 000 petroleumwerkers sal die landswye petrolstaking Donderdag aansluit, het die vakbond gesê.

“Inligting dat die uitvoerende direkteurs van Sasol 81% meer verdien het as die vorige finansiële jaar het Solidareit se lede genoop om by die staking aan te sluit,” het mnr. Dirk Hermann, sekretaris-generaal van Solidareit, in ’n verklaring gesê.

“Dit is sowat 13 tot 21 keer meer as die huidige inflasiekoers.”

Hy het gesê werkgewers is in kennis gestel van die staking.

Me. Nothemba Noruwana, Sasol se woordvoerder, was nie beskikbaar vir kommentaar nie, en het vrae oor die saak na die SA Petroleum Industry Association verwys, wie gesê het hulle sal binnekort ’n verklaring uitreik.

Loongesprekke is steeds aan die gang. – Sapa

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #11 op: July 14, 2011, 08:28:41 AM »
Ek verstaan in 'n mate hoekom hulle dit wil doen, maar dit is tog nie ons Volk se manier nie?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #12 op: July 14, 2011, 09:29:50 AM »
Ek verstaan in 'n mate hoekom hulle dit wil doen, maar dit is tog nie ons Volk se manier nie?

Hulle is nie werklik van ons dam se eende nie (soos Alwyn sal se)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #13 op: July 14, 2011, 12:25:20 PM »
Ek verstaan in 'n mate hoekom hulle dit wil doen, maar dit is tog nie ons Volk se manier nie?

Hulle is nie werklik van ons dam se eende nie (soos Alwyn sal se)

Ek weet. Ek was nog nooit 'n Solidariteit of Afriforum aanhanger nie, maar nogtans...
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #14 op: July 15, 2011, 09:53:40 PM »
Nee dit is nie ons volk se manier nie , meng jou met die semels .....

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 183
  • Verkenner
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #15 op: July 15, 2011, 11:28:36 PM »
Dit is inderdaad nie ons volk se manier om te staak nie. Ongelukkig is ons volkie besig om homself skuldig te maak aan baie dinge wat nie sy maniere is om te doen nie. Gooi ons die staking hier by, dan blyk dit het die Afrikaner inderdaad aan alle vereistes van die sogenaamde Reënboognasie voldoen. Na my mening kan dit soos volg opgesom word: 1. Aanvaar die onwettige bestel se anti-Christelike heerskappy en neem deel aan sy verkiesings, en erger nog, verdedig deelname teen argumente van regdenkende volksgenote.
2. Glo wat die hoofstroom media hom voer, en wanneer getwyfel word oor die feite word daar doodeenvoudig in 'n ander rigting gekyk. (Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie).
3. Probeer om die mengelmoes NSA te laat werk deur eerder 'n volksvreemde Afrikanerhater in diens te neem as een van sy eie mense omdat sy barbaarse heersers hom laat glo dat wit sleg is. (In alle kontekse).
4. Speel Lotto en skenk daardeur geld aan organisasies wat se hoofdoelwit die Afrikaner se totale uitwissing is.
5. Dryf die spot met hul eie mense om in kommuniste se goeie boekies te kom, hoewel enige swaap kan sien dat 'n kommunis nie eens 'n boekie het nie, wat nog van 'n goeie een!
6. Gooi die woord "Regse" na willekeur rond, al weet niemand op hierdie aarde wat die woord beteken nie. (Miskien is dit slegs ek wat nie weet nie!) Is almal wat nie regs is nie dan links? Is diegene wat nie regs of links is nie effens regs en effens links, of effens links en effens regs?
7. Maak alle pogings wat ten doel het om ons vryheid en onafhanklikheid te herstel belaglik deur openlik in verset te kom teen sulke aksies...waar is die openlike verset teen Volksmoord?!
8. Doen goeie werk onder arm blankes, maar terselfdertyd ook onder die deel van die samelewing wat koelbloedige Boerehaters oplewer.
9. Preek Afrikaans voor en Afrikaans agter, en wanneer die Afrikaners begin inval verander die fokus van Afrikaners na Afrikaanses.
10. Neem deel aan stakings want dit is mos die in-ding om in die NSA te doen, kat en muis speletjies met die verskriklike nare base, siestog...

Nee, nie siestog nie, my siestog gaan eerder na ons vroue en kinders wat soos dit tans lyk, nodeloos wreedaardig gesterf het in Engelse Moordkampe. My siestog gaan aan ons mense wat nooit die duiwelse NSA wou gehad het nie en nou soos vlieë uitgemoor word. My siestog gaan aan jong Afrikaner dogters wat betas word in julle Reënboogskole deur onopvoedbare barbare. My hart gaan uit na elke liewe Boer wat nog die moed van sy oortuigings het om op te staan en te baklei vir sy naaste, lewend sowel as vir hulle wat na ons in hierdie land moet leef. Die Afrikaner mag nou sy kop in skaamte laat sak en nadink oor al hierdie dinge. En daarna? Sal hy sy foute erken en saam opstaan en ons vryheid terug eis? Die tyd sal leer...

Sanderis

  • Gas
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #16 op: August 20, 2011, 07:45:41 PM »
‘SA kort sterk leierskap met arbeidswetgewing
2011-08-19 23:32


Rajaa Azzakani

KAAPSTAD.– Suid-Afrika kort sterk politieke leierskap om arbeidswetgewing toe te pas in gevalle soos die huidige staking.

Mnr. Tito Mboweni, voorsitter van Anglo Gold Ashanti en Nampak, het gister gesê daar bestaan ’n “swakheid” wat betref die toepassing van dié wette.

Mboweni, voormalige goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en destydse arbeidsminister, het gister by die Black Management Forum se beraad vir jong professionele mense toegegee dat hy waarskynlik onder skoot sal kom oor dié uitlatings.

“Die arbeidswetgewing is ontwerp om ’n balans in die magsverhouding tussen werkgewers en werknemers te verseker. Dit balanseer werkers én werkgewers se regte en verantwoordelikhede.

“Deurlopende leierskap is egter nodig om dié balans te behou.”

Hy het gesê die huidige gebrek aan politieke leierskap beteken die balans in die magsverhouding werk nie goed nie.

Mboweni het verwys na noodsaaklike gesondheidswerkers wat verlede jaar gestaak en hoësorgeenhede onbeman gelaat het.

“Toe daardie werkers gestaak het, het hulle geweet daar bestaan wette oor nooddienswerkers.

“Hulle het hoësorgeenhede en pasgebore babas net so gelaat.

“Daai mense moes binne twee uur afgedank gewees het. Die feit dat hulle nie afgedank is nie, beteken die wette word nie toegepas nie. Jy kan nie arbeidswette hiervoor blameer nie, want die wette word dan nie toegepas nie.”

Mboweni het voorts gesê plaaslike owerhede moes opgetree het teen munisipale werkers tydens vandeesweek se betogings, geplundery en vullisstrooiery in die strate.

“Dit is uit en uit ’n geval van plaaslike owerhede wat nie munisipale verordeninge gebruik om teen die werkers op te tree nie.”

- Volksblad

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #17 op: January 19, 2012, 07:46:53 AM »
NEWS 24
Jammer vir die Brits


SOLIDARITY TO BARGAIN WITH ANC05/03/2008 21:28 (SA)
Johannesburg
Trade union Solidarity wants to bargain with the ANC leadership on policy matters, it said on Wednesday.

“We believe that we should bargain with the ANC and with government, in the same way that bargaining takes place between employers and trade unions”, said union general secretary Flip Buys in a statement.

“Bargaining with the ANC is crucial, since it is the centre of power where policy is developed”.

The union’s national council decided to enter into “active debate” with the ruling party to achieve a “healthy balance of power”.

“Bargaining means conversation, debate and co-operation, but sometimes also pressure and protest,” Solidarity said.

It added to at the end goal of bargaining was to reach a positive outcome for parties involved.

ANC President Jacob Zuma is to adres Solidarity’s national congress at a dinner on Thursday.

Solidarity said it viewed the Zuma leadership of the ANC as more “exessible” as the party president would, for the first time, talk to ordinary Afrikaner workers.

The ANC had, in the past, confined its dialogue with the community to its elite, it said.

“The now secondary general, Gwede Mahtashe, and the new deputy president of the ANC Kgalema Mtlanthe, were both general secretary of the largest trade union in South Africa, the National Union of Mineworkers.

“These men will not be surprised if we bring mandates from out people to the talks – on the contrary, the will understand,” Buys said.

Solidarity, through bargaining, wants to actively participate in building South Africa.  It hoped to tackle the skill shortage, to combat poverty and to help those who have lost their jobs to re-enter the market.

“We want a constructive mindset that will demonstrate our verbintenis to South Africa.  We are also committed to the South African Constitution and we not only want to operate within its framework, but to expand it.”

Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #18 op: January 19, 2012, 09:49:22 AM »
NEWS 24
Jammer vir die Brits


SOLIDARITY TO BARGAIN WITH ANC05/03/2008 21:28 (SA)
Johannesburg
Trade union Solidarity wants to bargain with the ANC leadership on policy matters, it said on Wednesday.

“We believe that we should bargain with the ANC and with government, in the same way that bargaining takes place between employers and trade unions”, said union general secretary Flip Buys in a statement.

“Bargaining with the ANC is crucial, since it is the centre of power where policy is developed”.

The union’s national council decided to enter into “active debate” with the ruling party to achieve a “healthy balance of power”.

“Bargaining means conversation, debate and co-operation, but sometimes also pressure and protest,” Solidarity said.

It added to at the end goal of bargaining was to reach a positive outcome for parties involved.

ANC President Jacob Zuma is to adres Solidarity’s national congress at a dinner on Thursday.

Solidarity said it viewed the Zuma leadership of the ANC as more “exessible” as the party president would, for the first time, talk to ordinary Afrikaner workers.

The ANC had, in the past, confined its dialogue with the community to its elite, it said.

“The now secondary general, Gwede Mahtashe, and the new deputy president of the ANC Kgalema Mtlanthe, were both general secretary of the largest trade union in South Africa, the National Union of Mineworkers.

“These men will not be surprised if we bring mandates from out people to the talks – on the contrary, the will understand,” Buys said.

Solidarity, through bargaining, wants to actively participate in building South Africa.  It hoped to tackle the skill shortage, to combat poverty and to help those who have lost their jobs to re-enter the market.

“We want a constructive mindset that will demonstrate our verbintenis to South Africa.  We are also committed to the South African Constitution and we not only want to operate within its framework, but to expand it.”


HUH  :o  ???  in meer as in een opsig....
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Vakbonde, Arbeid en Stakings!
« Antwoord #19 op: January 19, 2012, 01:39:58 PM »
Hierdie stel dit weereens duidelik dat Solidariteit GEENSINS belang stel in Afrikaneronafhanklikheid nie, maar dit eerder sal beveg. Maak mens nogeens naar voel, maar ons moet maar ons hoop vestig op genade van Bo. Die "regte" Boerevolk, glo ek, sal nie heeltemal ondergaan nie maar voortgaan om 'n faktor in SA te bly (hetsy gou onafhanklik of nie), al is die "totale" aanslag ook hoe sterk en subtiel.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal