Skrywer Onderwerp: Aanvalle op volksgenote  (Read 3455 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #40 op: March 07, 2011, 09:04:08 AM »
6 Maart 2011 - Jaco Rossouw (34)

Joggie verbrand sy baas

2011-03-06 21:24

Marietie Louw-Carstens

Die bestuurder van die Kranskop-vulstasie langs die N1-hoofweg naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo veg om sy lewe nadat ’n beswaarde petroljoggie gisteroggend ’n petrolbom in sy kantoor gegooi het.

Mnr. Jaco Rossouw (34), ’n mede-eienaar van die vulstasie op die N1-suid, wasgister in ’n kritieke toestand in die Muelmed-hospitaal in Pretoria nadat hy 95% brandwonde opgedoen het.

Die petroljoggie het die petrolbom deur Rossouw se kantoorvenster gegooi en het self brandwonde aan sy arms opgedoen.

Hy word onder polisiebewaking in ’n hospitaal behandel.

Geskokte motoriste by die vulstasie het die vlamme op Rossouw se liggaam met ’n brandblusser geblus.

Hy is gistermiddag per helikopter van die provinsiale hospitaal in Bela-Bela (Warmbad) na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gevlieg.

Mnr. Mark Harper, ’n vriend, het teen druktyd gesê dit gaan “baie sleg met hom.

Die dokters bring net slegte nuus, maar ons glo en vertrou dat God ’n wonderwerk sal doen.”

Chaos het gister omstreeks 09:00 by die besige vulstasie langs die N1 uitgebreek en talle motoriste moes geskok toekyk hoe die erg beseerde Rossouw deur paramedici behandel word.

Die petroljoggie en Rossouw het glo ’n onderonsie gehad.

Dit is nie bekend waaroor nie.

Van die ander petroljoggies het gesê Rossouw het die man glo afgedank.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die petroljoggie het ná die rusie petrol in ’n bottel gegooi, dit aan die brand gesteek en deur die venster van die kantoor by die vulstasie gegooi.

Me. Natasja Kotze was gisteroggend op pad terug van Polokwane na Meyerton toe sy by die vulstasie stilgehou het.

“’n Mens dink nooit jy sal so iets beleef nie. Dit was baie erg om te sien.”

Volgens Kotze het hulle gesien hoe die erg verbrande Rossouw buite die kantoordeel van die vulstasie deur nooddienswerkers behandel word.

Hulle het ook die petroljoggie in ’n polisievangwa gesien.

Volgens Kotze het van die petroljoggies vir hulle gesê hul kollega het vroeër gisteroggend glo gedreig om petrol deur Rossouw se kantoorvenster te gooi.

“Hulle het hom toe gekeer en gesê hulle het nie later gesien toe hy petrol in die bottel gooi nie.”

Mnr. Trompie Jonker van Tromar-private ambulansdienste het gesê die brandblusser wat omstanders gebruik het om die brand op Rossouw se lyf te blus, het veroorsaak dat hy van die poeier wat die blusser gespuit het, ingeasem het.

Dit het sy longe ook erg beskadig.

Rossouw het opgehou asemhaal terwyl nooddienswerkers van Tromar, sowel as die provinsiale ambulansdienste, hom behandel het.

“Sy hare, wimpers en bykans al sy vel het afgebrand. Sy longe en lugpyp is ook beskadig deur die rook wat hy ingeasem het,” het Jonker gesê.

Ledwaba het gesê die joggie sal vandeesweek op aanklagte van poging tot moord, brandstigting en diefstal van petrol in die hof verskyn.

Rossouw en sy vrou, Edna, woon in Bela-Bela. Hulle het twee jong kinders, Ruben (4) en Emma (2).

Mev. Rossouw was gisteraand by haar man in die hospitaal.

Op mev. Rossouw se Facebook-blad het sy op 7 Februarie geskryf: “7 wonderlike jare saam my man! Jy’s ’n geskenk uit God se hand vir my en die kinders! Kon nie vir ’n beter man gevra het nie!! Lief jou baie xx.”


Omstanders drom gisteroggend saam om die erg beseerde mnr. Jaco Rossouw nadat ’n petroljoggie ’n petrolbom by sy kantoor ingegooi het.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Joggie-verbrand-sy-baas-20110306
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #41 op: March 10, 2011, 11:27:00 AM »
8 Maart 2011 - John Steyn (58)

Boer sewe keer met mes gesteek

2011-03-09 23:00

ohannesburg - ‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand gesê.

“John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans aangeval,” het ao. Sam Tselanyane,  polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het en het Steyn om hulp gevra.

“Terwyl hy hulle gehelp het, het die verdagtes hom oor die kop geslaan met ‘n klip. Hy het probeer vlug maar die mans het hom sewe keer met ‘n mes in die rug gesteek en een keer in die maag met ‘n gebreekte bottel,” het Tselanyane gesê.

Die verdagtes het met Steyn se Mazda-bakkie van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-sewe-keer-met-mes-gesteek-20110309
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #42 op: March 23, 2011, 01:48:59 PM »
22 Maart 2011 - Linda van Zyl (51)


Boervrou veg totdat aanvaller padgee

2011-03-23 07:04

Willem van der Berg

Tweeling - ’n Boervrou van die distrik is Dinsdag in hul plaashuis oorval en het meer as ’n uur verbete teen haar aanvaller gebaklei totdat hy gevlug het.

Linda van Zyl (51) sê sy het Dinsdag omstreeks 06:40 van die badkamer gestap om die agterdeur, waar haar man pas uit is, te sluit toe sy in die kombuis in ’n halfkaal man vasloop.

“Dit was seker twee minute nadat my man daar uit is. Ek kon nog sy bakkie hoor ry.”

Die man het op haar afgestorm en haar probeer verkrag.

Van Zyl het haar teengesit. Die bakleiery het later tot in die slaapkamer gevorder waar die aanvaller haar op die bed platgedruk het.

“Al wat hy wou doen, was om my te verkrag. Hy wou niks anders hê nie. Hy het in ’n stadium vir my gesê, ‘I see this on TV,’ ” het ’n moedige maar geskokte Van Zyl Dinsdag aan Volksblad vertel.

“Ek het vir hom gesê hy beter gaan, want my man kom terug. Toe sê hy hy weet my man kom eers 08:00. Ek het myself heeltyd in ’n bolletjie gerol. Ek het alles toegeknyp. Ek het net geweier dat hy iets met my regkry.”

Van Zyl kon deur die gestoei haar rewolwer in die hande kry en het probeer skiet, maar dit wou nie afgaan nie.

Die aanvaller het die rewolwer by haar gegryp. “Hy het opgestaan, teruggetree en die rewolwer op my gerig om my te skiet. Maar dit wou weer nie vuur nie. Al wat ek in daardie stadium kon dink, was dat ek nie wou doodgaan nie. Ek wou veg om te lewe.”

In ’n verdere stoeiery het ’n skoot afgegaan. Dit het die aanvaller eers laat skrik, maar hy het weer op Van Zyl toegesak en haar ook probeer verwurg. Bid was ál raad. “Hy was later sopnat gesweet en het moeg geraak. Ek het hom probeer sag maak en gesê ek gaan vir hom bid.”

Die aanvaller het toe sy pogings gestaak en vir Van Zyl gesê sy moet saam met hom uitstap omdat hy bang is iemand gaan hom skiet.

Hy het op sy fiets geklim en weggery. Van Zyl se man, Nick, het net daarna by die huis gekom.

“Ek het eers in die rigting gery waarheen die man gery het, maar het hom gelukkig nie gekry nie. Ek sou iets onverantwoordeliks aangevang het,” vertel hy.

Die boerevereniging se veiligheidsplan is dadelik in werking gestel en saam met die polisie het hulle die verdagte sowat ’n uur later by ’n mielieland aangekeer.

Die man is glo 22 en aan die Van Zyls bekend.

- Volksblad


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boervrou-veg-totdat-aanvaller-padgee-20110323-2
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #43 op: March 24, 2011, 02:36:11 PM »
23 Maart 2011 - Rienie van der Linde (62)



Vrou wéér in oprit by huis aangeval


Hilda Fourie
 
Huisrowers het ’n Pretoriase vrou gisteroggend in haar oprit geskiet toe sy haar handsak in haar motor wou bêre.

Mev. Rienie van der Linde (62) is in die linkerbobeen getref en hospitaal toe geneem.

Skaars vier maande gelede het rowers Van der Linde op dieselfde plek by haar huis in Annlin, in die noorde van Pretoria, oorval en aangerand. Hulle het haar arm potblou geslaan.

Anders as gisteroggend kon sy destyds daarin slaag om haar handsak uit haar aanvallers se hande te hou.

Gisteroggend het hulle met haar handsak en ’n skootrekenaar weggekom.

Mnr. Frik van der Linde (72) het vertel sy vrou ry elke oggend omstreeks 05:30 werk toe.

“Nadat Rienie destyds aangeval is, stap ek of my dogter gewoonlik saam met my vrou buitentoe om seker te maak alles is reg en om vir haar die hek oop te maak.

“Ek weet nie hoekom het ons dit nie vanoggend (gisteroggend) gedoen nie. As ons het, het hulle ons miskien ook geskiet.

“Toe my vrou by haar motor kom, het een haar getackle. Sy het begin skree. Dis toe dat hy haar skiet.” Mev. Van der Linde kon wegkom van haar aanvaller en het na die voordeur gehardloop.

Sy het die klokkie gelui en vir haar man gesê hy moet vir haar oopmaak, want sy is geskiet.

Die Van der Lindes se dogter, Marlisa (34), was besig om haar bed op te maak toe sy die skoot hoor.

Sy het na die agterdeur gehardloop waar die man wat haar ma geskiet het, reeds met sy vuurwapen gestaan het.

“Ek het gekoes die oomblik toe hy sy vuurwapen in my gesig gedruk het,” het Marlisa gesê.

“Nog een, wat nie ’n vuurwapen gehad het nie, het vir my gesê ek moet ‘sssjjj’. Hy het in die huis ingeloop, die skootrekenaar geneem en weer uitgeloop.”

Die twee rowers het oor die erf se vurktandheining gespring en deur ’n oop erf langs die Van der Lindes s’n gevlug.

Mnr. Van der Linde het al lank ’n probleem met dié erf omdat dit toegegroei is en booswigte volgens hom daar wegkruip.

Rowers het hom sowat twee jaar gelede in sy bed oorval, aangerand en vasgebind.

Mnr. Ben Wannenburg, wyk­raadslid, het gesê hy is bewus van die probleem met dié erf. Hy het onderneem om dit met die polisie en die Tshwane-metro op te neem om dit te laat skoonmaak.

Kapt. Pinky Tshinyane, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van huisroof word ondersoek.

- Beeld


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-weer-in-oprit-by-huis-aangeval-20110324
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #44 op: May 01, 2011, 01:09:19 PM »

’n Verdagte lê geboei op die voetgangerbrug by Cantonmentweg oor Bothalaan in Lyttelton, Centurion, nadat hy en ’n makker by mnr. Roy Hicks (78) ingebreek en hom beroof het. Die ander rower is in die Steve Biko-hospitaal dood nadat hy in ’n skietgeveg met ’n polisieman drie keer getref is. Foto’s: Liza van Deventer


Skype en skote
2011-04-29 23:00


Gerhard Pretorius

Terwyl ’n Suid-Afrikaner in Nieu-Seeland op Skype gesien het hoe sy pa in Centurion deur rowers oorval word, het hy die polisie in Suid-Afrika gebel.

Die uiteinde van dié vinnige reaksie was dat een van die roofverdagtes deur die polisie doodgeskiet en sy makker in hegtenis geneem is.

Die rower het met sy roofslagoffer se vuurwapen op die polisie geskiet voordat hy self getref is.

Mnr. Roy Hicks (78) was gisteroggend met sy seun Mark (46) in ’n videogesprek op die internet-oproepdiens Skype toe twee mans by sy huis in Lyttelton ingebars en hom oorval het.

Hicks het ná die voorval vertel hoe die twee rowers hom met sy eie messe gedreig het terwyl sy seun op die internet gesien het wat gebeur.

Terwyl sy pa deur die booswigte aangerand is, het Hicks jr. die Wierdabrug-polisiekantoor gebel toe hy nie by die Lyttelton-polisiekantoor antwoord gekry het nie.

Die Wierdabrug-polisie het die Lyttelton-polisie laat weet en lede van albei polisiekantore is na die toneel.

Intussen het die rowers geld, juwele en ’n vuurwapen van Hicks sr. geëis.

Hicks sr. het sy kluis oopgesluit en die rowers het sy 9 mm-pistool daaruit gehaal en hom daarmee gedreig.

“Een van hulle het vir my gesê hy gaan my skiet. Ek vra toe vir hom: ‘Hoekom wil jy dit doen, ek gee jou dan alles wat jy wil hê?’

“Hulle het my hande en voete met maskeerband vasgemaak en my in die badkamer toegesluit. Ek het my losgewurm en uitgegaan om te kyk of hulle nog daar is,” het Hicks sr. gesê. Die mans was toe reeds weg.
Die rowers het met die voetgangerbrug by Cantonment­weg oor Bothalaan gevlug.

Die polisie het die mans agternagesit en ’n skietery het op die brug tussen ’n polisieman en een van die rowers ontstaan.

Mnr. Arthur Eckard, eienaar van die Lyttelton-apteek, het dié skietgeveg as “iets uit die wild, wild West” beskryf.

“Ek het gevrees vir my lewe. Mens lees elke dag in Beeld van mense wat doodgaan en op daardie oomblik het ek gewonder: Is dit my beurt vandag?” het Eckard gesê.

Volgens me. Portia Masokameng, ’n omstander, het sy gesien hoe die rower eerste op die polisieman geskiet het.

Die polisieman het teruggeskiet en die rower drie keer getref – in die kop, bors en buik.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê die rower is kort daarna in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood.

“Die Tshwane-metropolisie verdien ook eer, want terwyl die skietery aan die gang was, het hulle die ander verdagte aangekeer.”

Volgens Middleton was dié mans vermoedelik dieselfdes wat twee weke gelede in Hicks sr. se erf opgemerk is.

Hicks sr. het gesê hy was nie regtig bang nie. “Ek het geweet as ek hulle gee wat hulle wil hê, sal hulle my niks aandoen nie.”

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #45 op: May 09, 2011, 02:54:55 PM »
7 Mei 2011 - Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70)


Egpaar wreed aangeval

2011-05-09 00:03

Jana van der Merwe

In die soveelste wrede aanval op ’n Vrystaatse kleinhoewe is ’n bejaarde egpaar die naweek getraumatiseerd gelaat nadat twee verdagtes hulle met ’n mes en hamer oorval het. Dit is die vierde aanval in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, sedert September verlede jaar.

Mnr. Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval. Mnr. Van Deemter se linkerarm is verskeie kere met ’n hamer geslaan soos hy sy kop probeer beskerm het. Dié aanvaller het ’n klapmus gedra. Die hamer het uit die egpaar se motorhuis gekom. Mev. Van Deemter is erg gekneus. ’n Mes is in ’n stadium teen haar nek gehou.

Mnr. Van Deemter het gister uit die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê dit is net ’n “Goddelike wonderwerk” dat hy en sy vrou se lewe gespaar is. “My vrou sê dié ervaring was erger as haar hartomleiding enkele maande gelede.” Mnr. Van Deemter het al ’n heupvervanging gehad en het rugprobleme.

Die egpaar is vanjaar 40 jaar getroud. Dit is wanneer hy oor sy vrou praat dat die emosie hom oorweldig. “Ek het my deurentyd net daaroor bekommer of sy veilig is. Hulle kon my maar doodmaak; ek het net gesmeek hulle moet haar net nie leed aandoen nie, hulle kan vat wat hulle wil.”

Van Deemter sê hy is by die agterdeur by die kombuis oorweldig toe hy en sy vrou op pad was dorp toe. Dit is nie duidelik hoe lank die aanvallers op die perseel was voordat hulle hul kans waargeneem het nie.

Sy vrou was nog in die eetkamer, wat aan die kombuis grens, toe hy oorval is. Die egpaar is in die onderskeie vertrekke vasgebind, sy aan die eetkamertafel met ’n duvet oor haar kop. Die honde se wolkombers is styf oor haar man se kop gebind.

Hy is so vasgebind dat hy gewurg is wanneer hy sy bene probeer losmaak het. Die rowers het kontant uit hul beursies, hul selfone en vleis uit hul yskas gebuit en op die vlug geslaan.

Van Deemter sê hy en sy vrou het die res van die oggend geworstel om hulself te bevry.

“Ek het so ’n goeie vrou. Sy het dit eindelik reggekry om haarself met haar tande los te wikkel.” Die toue kom uit die egpaar se motorhuis.
“Al waaraan ek dink, is aan alles wat kon gebeur het. Veral toe hulle die kombers oor my kop gooi. Nog nooit het ek en my vrou so hard en innig gebid nie.
“Later het ons my 16?pond-hamer en ’n ysterpyp gekry waar dié ook gereed gesit is.”

Die egpaar, wat oorspronklik van die Goudveld is, het in 1997 Bloemfontein toe verhuis.

Hulle woon reeds agt jaar op die kleinhoewe. Hulle oorweeg dit sterk om vir hul eie veiligheid te trek. Hy sê dit is die eerste keer dat só iets gebeur. Die honde, twee boerboele en ’n Jack Russell, het nie gereageer asof die aanvallers vreemdes is nie.

Van Deemter prys die Bloemspruit-buurtwag, wat eerste op die toneel was, vir sy hulp. Ook die Bloemspruit-polisie, insluitend die kantoor se bevelvoerder, het hulle te hulp gesnel. Die egpaar het drie kinders en sewe kleinkinders.

)?Lt.kol. Annelie Wrensch, provinsiale polisiewoordvoerder, het gisteraand bevestig geen verdagtes is nog aangekeer nie.

)?Volksblad het reeds berig oor verskeie wrede aanvalle vanjaar op kleinhoewes oos van Bloemfontein. Dit sluit ook Estoire in.

Die swanger Monya Holtzhausen (21) is in Oktober 2010 in Estoire aangeval en verkrag.

’n Maand later is die bejaarde mnr. Ben Steyn op sy hoewe in Bloemspruit wreed met ’n piksteel doodgeslaan.

Mnr. Hennie Viljoen (51), ’n sakeman, is in Desember verlede jaar met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgeslaan.

Mnr. Johannes Foster van Estoire is vroeër vanjaar in die hospitaal opgeneem nadat hy in Estoire met ’n graaf aangerand is.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-wreed-aangeval-20110508
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #46 op: May 16, 2011, 10:21:18 PM »
Bejaarde hop kaal na hulp


Me. Klein Nagy en haar seun, Jimmy. Sy en haar man is gister in hul huis aangeval. Foto: Nicolize van der Walt

Nicolize van der Walt

Lichtenburg. – ’n Bekende boer en sakeman van die omgewing en sy vrou is gisteroggend in hul plaashuis oorval, vasgebind en aangerand.

Mnr. Ferenc Nagy (71), eienaar van die Wimpy in Koster, is omstreeks 04:00 op sy plaas, ongeveer 25 km buite Lichtenburg, oorval.

Hy en sy vrou, Klein (67), het geslaap toe vermoedelik ses gewapende mans ’n buitedeur en daarna hul kamerdeur oopgedwing en die twee bejaardes in hul slaapkamer oorval het.

Die egpaar se hond, twee katte en hoenders wat vry op die werf rondloop, is vergif.

Mnr. Ewert du Preez, lid van die plaaslike boerevereniging, het gesê die mans het ysters en koevoete gebruik om by die huis in te kom.

Volgens hom is die egpaar erg verneder en aangerand en hulle is baie geskok.

“Hulle is albei vasgebind. Hulle het mnr. Nagy kaal laat uittrek.

Hy is met ’n skokmasjien geskok en dit het onder meer brandmerke op sy lyf gelaat. Hy is aangerand en sy gewrigte by sy hande en voete is erg geswel.

“Nadat die ses gevlug het, moes hy kaal en met vasgebinde voete sowat 700 m ver hop tot by sy plaaswerkers se huise om hulp te kry.

“Dit is ongelooflik vernederend dat jou werkmense jou so moet sien.

“Hoe lank gaan dié dinge nog gebeur? Dit kan nie so aangaan nie. Elke keer as ’n boer gaan slaap, wonder hy wanneer so iets met hom kan gebeur,’’ het Du Preez gesê.

Mnr. Nagy is in ’n private hospitaal opgeneem vir toetse en X-straalfoto’s.

Ao. Sam Tselenyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het twee pistole, juwele, selfone en geld gebuit.

Nog ‘n boer, mnr. KP van der Walt, ’n hoenderboer in die Koster-omgewing, is gister op sy plaas oorval deur sowat ses mense.

Hy is glo ook aangerand. Die aanval het sowat 70 km vanaf Nagy se plaas gebeur.

Mnr. Gert Richter van burgerlike beskerming op Lichtenburg, het gesê dit is moontlik dieselfde aanvallers.

“Ons kan dit nie onomwonde sê nie. Die polisie is nog besig met hul opvolgwerk.”

Mnr. Nagy is gistermiddag in ’n private hospitaal opgeneem vir toetse en x-straalfoto’s.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aangerand-en-verneder-20110515
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #47 op: May 17, 2011, 10:39:21 PM »
Mel Wilmans (77) en sy vrou Annie aangeval - 13 Mei 2011


‘Ek sal jou vinger afsny,’ dreig boef

Jody Nel

Rowers het in ’n huisrooftog gedreig om ’n “hardkoppige” bejaarde vrou se vinger af te sny as haar trouring nie maklik afkom nie.

Sy het geweier dat hulle haar hande vasbind of haar gesig met ’n handdoek bedek terwyl hulle haar man aanrand.

Mev. Annie Wilmans (72) en haar man, Mel (77), is Vrydag ­13 Mei deur drie rowers oorval toe hulle hul huis in Brixton, Johannesburg, verlaat het.

“Ons hond, Muffett, was siek en ons was op pad na die PDSA (People’s Dispensary for Sick Animals, ’n organisasie wat troeteldiere gratis behandel).

“Ons het net die voordeur oopgemaak toe drie mans op ons toesak en ons terug in die huis dwing,” het mev. Wilmans gister gesê.

“Dit het so vinnig gebeur.”

Haar man is in die huis vasgebind. “Een man het hom met ’n skroewedraaier in die regterbeen gesteek. Sy ribbes, borskas en rug het ook seergekry,” het mev. Wilmans gesê. Sy het gesê haar man is ook gewurg en ’n man het op sy bors gesit.

Volgens haar wou die rowers haar ook vasbind, maar sy het geweier. Een het haar blykbaar toe “hardkoppig” genoem.

“Hy het toe eerder my trouring afgehaal. Hy het gesê hy sal my vinger met my eie bottermes afsny as die ring nie maklik afkom nie,” het sy gesê.

Teen 09:10 het die rowers gevlug.

Wilmans het aan een van die rowers gesê haar man moet 09:20 by die dokter wees en as hulle nie betyds opdaag nie, sal hulle by die huis gehaal word.

Die rowers is toe weg met haar trouring en haar man se haarskeermes.

Mev. Wilmans het daarna die polisie ontbied.

Die polisie het gister bevestig hulle ondersoek ’n saak van huisroof en aanranding.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-sal-jou-vinger-afsny-dreig-boef-20110516
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #48 op: May 25, 2011, 09:17:05 PM »
Vrou met yster gebrand in ure lange marteling
2011-05-24 21:50


Tom de Wet

Hoopstad. – ’n Egpaar van die distrik en twee bouers op hul plaas het ure van marteling en angs deurgemaak toe hulle in die plaashuis oorval is.

Mev. Gerda Olivier (59) van die plaas Novo is eergisteraand onder meer met ’n strykyster op haar bolyf en arms gebrand, maar is volgens ’n familielid nie ernstig beseer nie.

Haar man, Mel (64), is deur die groep van vyf aanvallers aangerand voordat hy saam met twee bouers wat op hul plaas gewerk het, mnre. Johan en Danie du Toit, vasgebind is.

Die aanvallers het met drie gewere, ’n pistool, geld en die Du Toits se bakkie weggekom.

Hulle het later die nag met die bakkie ’n ongeluk op die Boshof-pad gemaak en met die pistool in ’n mielieland ingehardloop.
Die drie gewere is in die erg beskadigde bakkie agtergelaat.

’n Familielid van die egpaar het gesê die Du Toits, ’n pa en seun, het by die Oliviers in die huis gebly terwyl hulle bouwerk op die plaas verrig het.

Die gewapende aanvallers het die huis omstreeks 19:30 ingekom en vuurwapens en geld geëis.

Hy sê hoewel mev. Olivier met die strykyster gebrand is, is haar beserings nie so erg dat sy hospitaalbehandeling moes kry nie.

Sers. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, het gesê benewens die vuurwapens en bakkie is geld in die plaashuis ook gesteel.

Sanderis

  • Gas
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #49 op: June 22, 2011, 08:19:06 PM »
Overberg geskok deur plaasaanvalle
 

Twee plaasaanvalle het die eens rustige distrikte van Bredasdorp en Swellendam versteur.

Mnr. Niel Neethling, voorsitter van die Overberg-distrikslandbouvereniging, het in ‘n persverklaring sy skok uitgespreek oor dié aanvalle.

Bylwonde
Mnr. Jacques Liebenberg, wat op die plaas Hanskraal van mnr. A.J. du Toit in Protem-omgewing boer, is op 11 Junie deur vermomde, swaar-gewapende mans op die plaas aangeval.

Hy is herhaaldelik met ‘n byl geslaan maar kon daarin slaag om van sy aanvallers weg te kom. Hy is besig om van sy beserings te herstel.
‘n Paar dae later het vermoedelik dieselfde groep aanvallers die Groenewald-egpaar van die plaas Klipfontein in die Ouplaas-omgewing aangeval.

Die verdagtes het die egpaar ‘n tyd lank aangehou voor hulle op die vlug geslaan het. Die polisie en lede van die landbougemeenskap het hulle later vasgetrek.

Samewerking
Neethling het in die verklaring die polisie én die gemeenskap vir hul flinke optrede geloof. Hy het ook boere en plaaswerkers in die omgewing gemaan om op die uitkyk te wees vir verdagte mense in die omgewing.

* Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, het onlangs gesê landelike veiligheid is terug op die Regering se voorranglys. Lees die storie hier.

21 Junie 2011


http://www.landbou.com/node/56116

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #50 op: July 18, 2011, 07:58:37 PM »
Gekaap en in nek geskiet: Marnus Briedenhann (23)

Al Debbo se nefie geskiet

Jana van der Merwe

Bloemfontein. – Nadat hy in die nek geskiet en vir dood gelaat is, het ’n vasgebinde rugbyspeler oor drade en klippe struikel tot waar hy later bebloed in ’n pad aangetref is.

Marnus Briedenhann (23), wat eergister as ’n Griffons-flank in ’n kragmeting in Kempton Park teen die Valke uitgedraf het, was gister in ’n bestendige toestand in die hoësorg-eenheid van die MediClinic Bloemfontein.

Hy is ’n nefie van die komediant Al Debbo, wat verlede week oorlede is.

’n Jaagtog en oor-en-weer-skietery later by Botshabelo tussen die verdagtes en die polisie het gevolg, maar die kapers is steeds soek.

Nooddienswerkers van ER24 wat na ’n ongelukstoneel op pad was, het ’n bebloede Briedenhann omstreeks 04:00 in die middel van die pad aangetref.

Dit het later aan die lig gekom Briedenhann is ure tevore in sy silwer Volkswagen Polo gekaap.

Sy ouer broer, Gys, het gesê voordat sy kapers hom in die Naval Hill-natuurreservaat gaan skiet het, het hulle eers lank in die stad met hom rondgery. Hulle het deurgaans ge-dreig hulle gaan hom skiet.

Terwyl hy vasgemaak en geblinddoek agterin die voertuig gelê het, is hy herhaaldelik met ’n vuurwapen se kolf geslaan en getrap.

Die rowers het hom gedwing om sy bankkaart se PIN te gee. Hulle het by ’n kitsbank geld uit sy rekening onttrek.

Daarna het die rowers met hom na Naval Hill gery waar hulle hom geskiet het.

“My broer was geblinddoek, ek weet nie hoe het hy geweet hulle gaan hom op daardie oomblik skiet nie, maar hy sê hy het sy kop weggedraai,” het Gys vertel. “Dít is toe hulle hom in die nek skiet. Hy het stil gelê en gemaak of hy dood is. Later, toe hy seker is hulle is weg, het hy by Naval Hill afgerol.”

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die Polo is later die oggend deur die polisie by ’n petrolstasie in Botshabelo gekry.

’n Jaagtog en oor-en-weer-skietery het gevolg, maar die verdagtes het ontsnap.

Me. Ria Briedenhann, die broers se ma, het gesê: “Ek is bitter en kwaad. Ons is nie meer veilig in hierdie land nie.”

Gys, wat tot onlangs nog vir die Luiperds uitgedraf het, het gesê dis net sy broer se “ongelooflike wilskrag en krag van Bo” wat hom gered het. “Sy wilskrag blyk uit alles wat hy doen. Dit het ook hier gewys in sy wil om te oorlewe.”

Marnus sal moontlik nie Debbo, akteur, sanger en komediant van Bloemfontein, se begrafnis oormôre kan bywoon nie. Debbo was met sy ma se suster getroud.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Al-Debbo-se-nefie-geskiet-20110717
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #51 op: August 18, 2011, 08:32:15 AM »
Van plaas af: ‘Ons verloor alles’
2011-08-17 01:52
Janice Keogh

Die Du Toit-gesin wat Sondagaand van hul plaas in die Nyazura-omgewing in die ooste van Zimbabwe na veiligheid gelei moes word, kan nie soontoe teruggaan nie en moet nou ’n huis in Mutare huur.

“Ons het alles verloor ...

“Iemand het ons $200 (sowat R1 424) in die hand gestop om kos te koop,” het mev. Alida du Toit (63) gister gesê.

Du Toit, haar man, Dolf (67), en stiefseun, Rudolph (38), was langer as twee dae in hul plaashuis vasgekeer terwyl tientalle ondersteuners van kommodoor Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag hulle met klippe bestook en gedreig het om hulle sover te kry om die huis te verlaat.

Hulle is Sondagaand laat met enkele van hul besittings deur die Zimbabwiese polisie na veiligheid gelei.

Mnr. Du Toit sr. is by die kliniek in Mutare vir harsingskudding behandel nadat hy met ’n swaar klip teen die kop getref is.

Volgens mev. Du Toit lê daar ’n “bakkievrag vol klippe” in hul huis, al die venster is stukkend en die gordyne almal na buite uitgeruk.

Nadat hulle van die plaas af weg is, het die invallers die Du Toits se huis en Du Toit jr. s’n daar naby oopgebreek. Van die werkers het laat weet vragte vol goed is reeds weggery.

Dié werkers, van wie party al 40 jaar op die familieplaas werk, sal afgedank moet word omdat die gesin nie meer werk of geld vir hulle het nie.

Chiganze het intussen laat weet hulle moet vandag die laaste van hul goed van die plaas verwyder.

Volgens mev. Du Toit het mnr. Didymus Mutasa, nou minister in die presidensie, hulle in 2002, toe die meeste boere hul plase verloor het, belowe dat hulle die plaas Excel­sior mag hou mits hulle die plaas wat nou Nyazure is, prysgee.

Hulle het dit gedoen en volgens haar is daar al honderde erwe uit die stuk grond wat hulle prysgegee het, gesny.

Mnr. Ben Freeth, wat ook met geweld van sy plaas afgesit is en nou voorsitter van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) se menseregtetribunaal is, het gister gesê die Du Toits kan maar daarvan vergeet om terug te gaan na hul plaas. “Dit gaan nie net oor gierigheid nie, maar ook om mense met ’n politieke doel te beheer.”

Volgens hom is die Du Toits die vyfde gesin in twee maande wat van hul plaas afgesit is.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Van-plaas-af-Ons-verloor-alles-20110816


Ek moet net Blip se antwoord plaas, dat mense kan sien hoe laag en volkshatend 'n liberalis kan wees. As mense nog klippe wil gooi oordat Abel Malan hom gemoker het, kyk hierna:

Blip - Augustus 18, 2011 om 08:03

Oppas vir daai "oorlog" want verkrampte wittes sal dit baie beslis verloor. Hulle -- die kili-en-koukers -- sal nie eers ondersteuning kry van enigiemand buite hul piepklein 0.4% nie. Die res sal aktief of passief teen hulle veg.

Onthou Mmabatho! Hahahaaaa!

Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #52 op: November 25, 2011, 08:29:28 AM »
Toe ek vanoggend by ons kwekery verby ry, was aan die teenoorgestelde kant van die pad net polisie. Ek hoor so 'n paar minute gelede dat twee bejaarde mense oom Stoffel en sy vrou (ek weet nie hul van nie) vanoggend om halfses deur swartes met skroewedraaiers aangeval is. Hulle het dit albei oorleef.

Soos die kraai vlieg is dit so twee tot drie kilometer wes van ons.
« Laaste verandering : November 25, 2011, 08:30:59 AM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #53 op: February 04, 2012, 01:37:54 PM »
Mnr. Gerhard Coetzee wys waar ’n bende rowers gisteroggend by sy oupa se huis ingekom het nadat hulle twee vensters uitgeskop het.Foto: bongiwe gumede

Bende oorval gryse
2012-02-03 21:40


Ügen Vos

’N 84-jarige wewenaar is gister met moontlike inwendige bloeding in die Krugersdorp-hospitaal opgeneem nadat drie rowers hom helder oordag in sy huis oorval en erg aangerand het.

Die bende, vermoedelik lede van ’n sindikaat wat volgens Beeld se inligting verlede maand sowat 14 ander huise in die omgewing geteiken het, het mnr. Hannes van der Merwe met ’n mes aangeval, aangerand en tot op die grond gedwing voordat hulle met sy horlosie en kleingeld gevlug het.

Mnr. Gerhard Coetzee (35) het gesê ’n rower het sy oupa omstreeks 07:20 in die voorportaal oorval.

Twee van die man se makkers het terselfdertyd vensterruite aan die voorkant van die huis uitgeskop en die huis binnegestorm.

Nero, Van der Merwe se boerboel, het probeer om tot sy baas se redding te kom, maar die boewe het hom hard teen die kop en voorpote bygedam.

Van der Merwe kon een van sy aanvallers ’n harde skop tussen die bene gee en vergeefs na ’n kierie probeer gryp.

Volgens Coetzee het een rower op Van der Merwe se kop getrap terwyl sy makkers die pensioentrekker se hande vasgebind het.

Sowat vyf minute voor die aanval het Van der Merwe sy een dogter, me. Corrie van Zyl (61), gebel om te sê hy gaan na ’n winkelsentrum daar naby.
“Dit het blykbaar alles verskriklik vinnig gebeur,” het Coetzee vertel.

“Die ou het hom gegryp voordat hy die veiligheidsdeur kon haal.”

Mnr. Johan Otto, ’n buurman, het gelukkig die rumoer gehoor en die plaaslike sektorpolisie ontbied toe hy een van die rowers gewaar.

Dié het binne minute ná die noodoproep in drie voertuie by die huis opgedaag.

Die rowers het oor die bure se muur geskarrel en probeer vlug, maar twee verdagtes is aangekeer.

Volgens ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, is die toneel met snuffelhonde gefynkam en word daar vermoed tot ses rowers was betrokke.

Coetzee het gesê hy het dikwels in die verlede aan sy oupa gekarring om eerder saam met hom in Tarlton te gaan woon. Die huis, wat Van der Merwe tussen 1983 en 1991 met sy vrou gedeel het, het egter baie sentimentele waarde.

“Hulle het sedert ’83 nie eens ’n blommetjie hier gesteel nie,” het Coetzee geskok gesê. “My oupa was baie geskok toe ek hier aankom en het blou merke regoor sy kop gehad. Hy het eers nie besef hy is gewond nie – maar toe hy sy hand oplig, sien ek net ’n moerse klomp bloed?.?.?.”

Volgens Coetzee bloei Van der Merwe moontlik inwendige en kla hy oor ’n steekpyn in sy rug wanneer hy asemhaal. Hy het moontlik ook harsingskudding opgedoen. Hy was teen laatmiddag in ’n bestendige toestand.

Sy vier dogters en bekommerde familielede van sover as Standerton het gister by die hospitaal vergader om op nuus te wag.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal