Skrywer Onderwerp: Bejaarde boer as menseskild gebruik  (Read 395 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Bejaarde boer as menseskild gebruik
« op: September 06, 2010, 10:32:46 AM »
Bejaarde boer as menseskild gebruik


Mnr. Gerhard Joubert wys waar die rowers by die plaashuis se voordeur ingebreek het.




Willem Pelser

Plaasaanvallers het Vrydagaand ’n bejaarde en erg beseerde boer van Morgenzon in Mpumalanga as ’n menseskild gebruik in ’n skietgeveg met ander boere van die distrik.

Vier skurke het mnr. Karel Fischer (86) as gyselaar geneem toe hulle besef die boere van buurplase het opgedaag om hom te help. Die vier was in daardie stadium besig om die opstal te stroop en die bejaarde man was toe reeds ernstig beseer deur sy aanvallers.

Die plaasaanvallers het ook Fischer se seun, Adriaan, in albei sy bene geskiet.

Die Fischers se medeboere is per selfoon ontbied deur ’n skaapwagter wat vroeër gesien het hoe sy ma, wat as huisbediende op die Fischer-plaas werk, oorval en vasgebind word.

Mnr. Gerhard Joubert en twee ander boere was eerste op die toneel. “Net toe ons stilhou, hoor ons skote klap in die plaashuis,” het Joubert gister vertel.

Saam met Joubert was mnr. Corné Nel. “Toe ek die bloedstollende gille uit die plaashuis hor, het ek onmiddellik besef: Die boer word gemartel, hier gaan vandag iemand doodgemaak word. Ons moet ingryp.”

Toe die aanvallers Joubert en die twee ander boere buite die plaashuis hoor, het ’n klein oorloggie uitgebreek.

Die boere en die booswigte het etlike minute lank op mekaar geskiet.

“In ’n stadium het die aanvallers by die plaashuis uitgebars en die heeltyd agter Fischer weggekruip terwyl hulle gevlug het.”

Joubert en die twee ander boere moes noodgedwonge ophou skiet toe hulle sien die aanvallers kruip agter Fischer weg.

“Die bende het Fischer ’n ent van die plaashuis af neergegooi en gevlug,” vertel Joubert.

Sowat 60 boere het intussen opgedaag en met ’n groot soektog begin om die rowers op te spoor.

’n Boer van Bethal het een van die rowers in die veld gekry en wou hom in hegtenis neem. Die rower het op hom begin skiet, waarna die boer sy .303-jaggeweer uit die bakkie gaan haal en die man in die bors geskiet het.

Hy word onder polisiebewaking in die hospitaal op Bethal behandel.

’n Grieselrige toneel het die boere in die opstal begroet.

“Dit het regtig gelyk soos slag­pale, die huis was bloedbesmeer,” vertel Joubert.

Adriaan Fischer het in ’n groot plas bloed in die huis gelê.

Die aanvallers het hom en sy pa lank gemartel in ’n poging om die kluis se sleutel te kry.

Fischer sr. het egter die sleutel in sy huis in Pretoria agtergelaat waar hy woon sedert hy onlangs ’n beroerte gehad het.

Die rowers wou hom egter nie glo nie en het hom aanhoudend met ’n pistool in sy gesig en oor sy kop geslaan. Sy heup is ook deur sy aanvallers gebreek.

Die nooddiens ER24 van Ermelo het die Fischers na ’n hospitaal in Trichardt geneem. Fischer sr. is later ontslaan, maar Adriaan was gisteraand steeds in die waakeenheid.

* Die vuurwapen wat die beseerde rower by hom gehad het, is vroeër in Witbank gesteel.

Die aanvallers is van Witbank en is na glo na die plaas geneem deur ’n familielid van ’n eertydse plaaswerker.

Speurders van die eenheid teen georganiseerde misdaad op Secunda was gisteraand warm op die oorblywende drie aanvallers se spoor.


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-boer-as-menseskild-gebruik-20100904
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Bejaarde boer as menseskild gebruik
« Antwoord #1 op: September 06, 2010, 01:52:13 PM »
Die "beseerde ROWER" is gister tragies oorlede!!!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal