Skrywer Onderwerp: Ons gaan baie armer word  (Read 1500 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Ons gaan baie armer word
« op: August 30, 2010, 09:31:58 PM »
Die afgelope toer van Zuma met sy delegasie van 11 ministers en besigheidsmanne na die BRIC-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) is die begin van 'n nuwe era vir ons arbeidsmark.

BRIC-lande het ontwikkelende ekonomië met bekwame, hardwerkende en relatief laag besoldigde werkers. Dit beteken dat ons al hoe meer BRIC-werkers in Suid-Afrika gaan sien, met gevolglike kompetisie vir ons plaaslike arbeidsmag.

Ek het onlangs reeds met verbasing 'n groep Chinese werkers by die konstruksieterrein van 'n nuwe winkelsentrum in Pretoria opgemerk. Nogal iets vreemd vir ‘n land met soveel werkloosheid onder konstruksiewerkers. Daar is implikasies vir wit en swart werkers in Suid-Afrika maar ek dink dat blankes die grootste "eye-opener" gaan kry.

Ons het onsself nog altyd gesien as die breinkrag in Suid-Afrika, maar mense van die BRIC-lande is net so, indien nie meer bekwaam as ons.

Verder werk hulle teen baie lae besoldiging, waarvan die IT-spesialiste in Indië 'n goeie voorbeeld is.

Zuma het kernkrag-samewerking met Rusland ge-inisieer en na ons onsuksesvolle Pebble Bed-kernreaktorprogram, kan ons ingenieurs maar vergeet dat die staat gou weer in ons sal belê. China se verkryging van $15 miljard Standard Bank-aandele kan ook beteken dat ons eerder klein mannetjies gaan begin sien geld aftel soos masjiene i.p.v. mense wat lyk asof hulle nie eintlik lus was om te kom werk.

Geen BRIC-land het Engels as amptelike taal nie, wat beteken dat indien hulle projekte in Suid-Afrika gaan begin doen, ons eenvoudig nie veel kan bydra nie as gevolg van die kommunikasiegaping. Dit gaan veral van toepassing wees op tegniese projekte waar planne, tekeninge en spesifikasies in hul eie taal is.

Indien die BRIC-toer ook 'n strategiese skuif van die ANC was om Suid-Afrika minder afhanklik van ons blankes te maak, gaan dit verseker slaag. Dit beteken dat ons nog meer gaan verarm in die pot wat stadig al hoe warmer en warmer word.

http://www.nuus24.com/MyNuus24/JouStorie/Ons-gaan-baie-armer-word-20100830
Ons Sal!!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Ons gaan baie armer word
« Antwoord #1 op: August 31, 2010, 04:40:20 AM »
Ons het verskillende kleure van gevaar - eers was dit rooi, toe swart, en nou so 'n mengsel van swart en geel.......

Dit sal nog bars gaan vorentoe.
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal