Skrywer Onderwerp: Bees Roux  (Read 815 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Bees Roux
« op: August 31, 2010, 08:35:56 AM »
Weet enigeen wat hier aangaan?

Dit wil my voorkom die koerante praat al rondom die kwessie (seker omdat Bees nog nie gepleit en 'n pleitverduideliking afglê het nie), terwyl baie vae en subtiele suggesties van 'n moontlike kaping laat val word.

Selfs die Springbokspan sê hulle ondersteun Bees ten volle - wat baie vreemd is, as dit bloot net 'n dronk rugbyspeler is wat 'n polisieman doodgeslaan het.

Kan iemand my dalk meer vertel?

Dankie

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Bees Roux
« Antwoord #1 op: August 31, 2010, 01:13:38 PM »
Daar is 'n groot, groot slang in die gras met die vermeende aanval op die metropolisielid deur die Blou Bul-speler, Bees Roux.
 
Schoemanstraat in Pretoria, vir diegene wat nie weet nie, is 'n eenrigting van wes na oos weg van die middestad. Roux is op die hoek van Festival- en Schoemanstraat voorgekeer agv beweerde dronkbestuur. Die vermeende aanval op die metropolisie-lid is 'n paar blokke verder uitgevoer, op die hoek van Richard- en Schoemanstraat. Duncanweg, 'n groot verkeersaar, is egter ná Festival, maar voor Richard.  Duncan is die voor-die-hand-liggende plek om regs te draai om by die naaste polisiekantoor uit te kom. Draai jy regs uit Schoeman in Duncan, en later weer regs, kom jy by die Brooklynse polisiekantoor uit, wat die naaste polisiekantoor is aan die oorspronklike vermeende dronkbestuur-voorval. Om by die Sunnyside-polisiekantoor uit te kom,  waar Roux uiteindelik aangehou is, moet jy links draai uit Schoeman uit en weer links in Pretorius om terug te keer stad toe. Jy kan dit op verskeie dwarsstrate, voor Richardstraat, doen. Roux en sy vermeende slagoffer was gevolglik op die oog af allermins oppad Sunnyside of Brooklyn toe, want anders sou hulle vroeër afgedraai het.
 
Soos ek die ding verstaan, moet die polisie in terme van hul eie prosedures jou onmiddelik na die naaste hetsy polisiekantoor, dws Brooklyn of Sunnyside neem, hetsy na die naaste getuienissentrum vir bloedtoetse, wat in die middestad is. Dis nie waarheen Schoemanstraat gaan nie.  Dit gaan na die N4 snelweg en Pretoria-Oos se kant toe. Roux bly daardie kant toe, en die metropolisie maak dan ook die belaglike aanspraak dat die beampte glo op pad was om vir Roux huistoe te neem. Laasgenoemde is so goed soos 'n bekentenis dat hier een of ander gekonkel aan die gang was, want die reëls verplig hulle om hom na die naaste polisiestasie te neem. Jy mag nie 'n dronke net huistoe neem nie.
 
Waarheen was die polisielid dus met Roux onderweg? Wou hy hom neem om 'n omkoopgeldjie by die bank te gaan kollekteer? Net ná  Richardstraat, steeds in Schoemanstraat, is daar 'n immers 'n winkelsentrum met 'n kitsbank of twee.  Wat het van die twee kollegas van die polisieman geword in die hele proses? Hulle beweer hulle het nie die voorval gesien nie, en dus moet mens aflei hulle het Roux-hulle nie gevolg nie. Hoe sou die polisiebeampte wat dood is egter van Roux se huis af weer terugkom by sy patrollie-motor as die ander twee hulle nie gevolg het na Roux se huis toe nie nie? As hulle Roux wel gevolg het huistoe ipv polisiestasie toe, sou hulle terloops ook self aan 'n misdryf skuldig gewees het.
 
Selfs nog meer verdoemend is die feit dat Roux se kredietkaart na bewering by die KFC (waar anders?) gebruik is, nadat hy reeds in aanhouding by die Sunnyside-polisiestasie was. Het die dooie polisieman se makkers Roux se beursie getransformeer en in terme van 'n doen-dit-self SEB-transaksie vir hulle gaan KFC koop? Praat van gevoelloos, indien dit wel die geval was. Jou makker is pas dood maar jy gaan vier dit met 'n "barrel" KFC sodat jou gevreet blink van die hoendervet. Gegewe die uiters swak reputasie van al wat 'n metropolisiemag is vir korrupsie en misdadigheid in eie geledere, sou dit my egter geensins verbaas nie. 'n Groot aantal van hulle is blote kriminele op motorfietse met blou ligte.
 
Ten spyte van die hoogs verdagte aard van die gebeure is die anti-blanke vooroordeel teen Roux egter alreeds sigbaar. Eugene Terre'Blanche se moordenaar, wat verdink word daarvan dat hy 'n Zimbabwiër is en dus wel 'n vlugrisiko is, word op R5000 se borgtog vrygelaat. Roux, 'n Suid-Afrikaanse burger, moes egter R100,000 betaal.
 
Ons het nog lank nie die einde gehoor van hierdie vreemde insident nie.

(Geskryf deur Anton Barnard)

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Bees Roux
« Antwoord #2 op: September 01, 2010, 08:25:21 AM »
Dankie hiervoor Jan!

Sanderis

  • Gas
Re: Bees Roux
« Antwoord #3 op: September 10, 2011, 05:31:25 PM »
Bees kry sy straf
2011-09-09 21:58


Vergifnis gevra en ontvang. Roux en me. Margaret Mogale, weduwee van sers. Johannes Ntshimane Mogale, gee mekaar ’n handdruk ná die bekragtiging. Foto: Craig Nieuwenhuizen





Jeanne-Marié Versluis

Die Blou Bul-stut Bees Roux het gistermiddag as ’n vry man uit die hooggeregshof in Pretoria gestap nadat hy ’n Tshwane-metropolisielid ’n jaar gelede op straat doodgemaak het.

Roux (28) is kragtens ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat vyf jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hy het gister skuld beken op aanklagte van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar.

Roux moet teen 16 September ­R750 000 inbetaal in die bankrekening van sers. Johannes Ntshimane Mogale (38) se weduwee, Margaret.

Regter Nomonde Mngqibisa-Thusi, wat die ooreenkoms bekragtig het, het in die hof in Sotho aan mev. Mogale gevra of sy tevrede is met die ooreenkoms.

Sy het geantwoord sy is daaroor geraadpleeg, dit is aan haar verduidelik en sy is tevrede.

Luidens die ooreenkoms was Roux omstreeks 01:40 in sy wit Volkswagen Polo van Eastwoods Tavern (naby Loftus Versfeld), waar hy saam met vriende gedrink het, in Schoemanstraat na sy huis in Equestria op pad.

Sers. Mogale en twee metropolisiekonstabels het hom voorgekeer.

Roux het in ’n verklaring gesê hy het teenoor Mogale erken hy het gedrink.

Hy was nie in daardie stadium “geskeduleer” vir ’n rugbywedstryd nie en het vry gevoel om ’n blaaskans van sy oefen- en dieetprogram te neem.

Mogale het in die Polo se bestuur­sitplek geskuif, met Roux in die passasiersitplek.

Volgens Roux het Mogale hom ontvoer en herhaaldelik sy bankkaart se geheime kode gevra. Mogale het gesê as hy dit nie gee nie, “I (Roux) would be f***ed up”.

Hy was verward, verwilderd en uiters bevrees. Toe hy die N4-hoofweg voor hulle sien, het Mogale volgens Roux gesê: “Now we are going to f**k you up.”

Volgens Roux wou hy Mogale onskadelik stel. Hy het met sy regterelmboog verskeie houe na die linkerkant van Mogale se kop en gesig gegee. Dié het uit die bewegende motor gespring of getuimel.

Buite het hy Mogale met die vuis geslaan, hom van die grond opgetel en neergegooi.

Volgens Roux besef hy hy moes die aanranding vroeër gestop het. Hy het die aanranding voortgesit toe Mogale nie meer ’n gevaar was nie. Hy was egter nooit voorheen so ontsteld en verward nie.

Mnr. Richard Taukobong, die Mogale-familiewoordvoerder, het buite die hof gesê hulle moet berusting kry. Hy het gesê die lewe moet aangaan en die Bybel sê mense moet vergewe.

Roux het volgens hom tekens van simpatie en berou getoon.

Taukobong het gesê niemand kan Mogale veroordeel op grond van die aantygings wat in die hof gemaak is nie. Mogale was nie korrup nie.

Mnr. James Adams, Roux se woordvoerder, het buite die hof gesê Roux het homself eenvoudig probeer verdedig. “Dit kon met enigiemand gebeur het.”

Hy het ook gesê Roux is nie ’n rassis nie en hy was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.


Die Blou Bul-stut Bees Roux en sy vriendin, me. Carien du Toit, gistermiddag buite die hooggeregshof in Pretoria nadat hy skuld beken het. Sy vonnis is opgeskort en hy moet R750?000 betaal aan die weduwee van die Pretoriase metropolisieman wat hy verlede jaar doodgemaak het. Foto’s: Craig Nieuwenhuizen

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Bees Roux
« Antwoord #4 op: September 11, 2011, 04:30:58 AM »
Vreemde brousel van geregtigheid hierdie. Dit wil voorkom asof die hier by voorbaat bakhand gestaan word met elemente van n siviele eis, terwyl die swaard van geregtigheid in n kriminele saak nog in die ander hand gehou word.

Asof die afpersing van R 750 000 deel van die ooreenkoms was om uit die tronk te bly.

Wat is dan die verskil tussen hierdie hofuitspraak, en n korrupte polisieman wat jou afpers vir jou kaart se kode om uit die tronk te bly?

Kondonering van korrupsie?

Romeins-Hollandse reg, of Afrika-geregtigheid?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Bees Roux
« Antwoord #5 op: September 11, 2011, 05:07:57 PM »
Lyk vir my na Afrika-geregtigheid . 'n Driekwart-miljoen Rand is glad nie 'n slegte prys om te betaal vir vryheid nie .

Ja ek is bly dit het goed afgeloop vir Bees , dit kon erger gewees het .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal