Skrywer Onderwerp: Vordering in moordsake  (Read 1216 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Vordering in moordsake
« op: September 01, 2010, 09:05:03 AM »
Sy laaste woorde: ‘Bid vir my’


2010-08-31 23:27



Mev. Elana Maree (27) by die hooggeregshof in Pretoria. Sy het getuig haar man het gevra sy moet vir hom bid nadat hy in hul slaapkamer geskiet is.



Jeanne-Marié Versluis

Sy het uit die bed gespring, hul twee kinders gegryp en op die vloer bo-op hulle gelê om hulle te beskerm terwyl haar man met ’n rower op hul bed gestoei het.

Mev. Elana Maree (27) van Centurion het gister in die hooggeregshof in Pretoria só getuig oor ’n aanval deur twee rowers in hul slaapkamer.

Haar man, Dawie (27), is in die aanval gewond en hy het haar gevra om vir hom te bid voordat hy beswyk het.

Mev. Maree het gister huilend uit die hofsaal gestap.

Mnre. Lawyer Marabe Talane en Rodney Katang Masemola het skuld ontken aan moord (twee aanklagte); huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede; en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die staat voer aan hulle het mnr. Maree, asook mnr. Seporo Martin Tshebesebe, ’n medepligtige, op 23 Mei 2008 doodgeskiet en die Maree-gesin beroof.

Die Marees het toe in Meyerspark, Pretoria, gewoon.

Mev. Maree het getuig hul kinders (toe onderskeidelik twee jaar en 11 maande) het in die egpaar se slaapkamer geslaap. Sy en haar man het wakker geword toe ’n “persoon” op hul bed gestaan en gebuk het om haar man se vuurwapen te vat.

“My man het hom bespring en met hom begin stoei. My man het sy eie vuurwapen onder die ou se hand uitgekry.”

Sy het ’n tweede persoon in die kamerdeur gesien.

Sy het die kinders uit hul bedjies gegryp en op die vloer bo-op hulle gaan lê.

Die geveg tussen haar man en die “eerste persoon” het voortgeduur. Skote het geklap.

Sy het in ’n stadium die tweede man ’n wapen sien rig “op waar die geveg was”.

Die kamerdeur het daarna toegeklap.

Haar man het geroep en gesê sy moet die lig aanskakel. Sy het toe gesien haar man pen die eerste persoon op die bed vas.

Haar man was gewond. Daar was bloed op die laken en bloed op sy been en aan sy mond.

Sy het nie toe besef die man wat op die bed vasgepen word, is ook gewond nie.

Mev. Maree het getuig sy het dié man se vuurwapen op die vloer opgetel, dit op hom gerig en gesê hy moenie beweeg nie.

“My man het my gevra om die polisie en ambulans te bel en dat ek vir hom moet bid.”

Weens skok kon sy nie die polisie se 10111-nommer bel nie.

Haar man het “verskriklik gesukkel om asem te haal”.

Sy het hul buurman, mnr. Braam Espach, en hul vriend, mnr. Marius Esterhuizen, gebel terwyl hul kinders huilend agter haar gestaan het.

Espach het met haar man na die Wilgers-hospitaal gejaag. Sy is ook later hospitaal toe. “Die dokter het ingekom en ek het geweet dat Dawie dit nie gemaak het nie,” het sy getuig.

Die saak duur voort.



Wyle mnr. Dawie Maree met sy kinders.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #1 op: October 06, 2010, 01:12:28 PM »
Skoolmeisie pleit by mans wat haar oorval, ma vermoor


2010-10-06 10:29

Amanda Roestoff

“Moet my asseblief nie seermaak nie,” het ’n 18-jarige meisie by haar ma se moordenaars gepleit.

Alicia O’Dell (18), dogter van die vermoorde Krugersdorpse arbeidsterapeut mev. Marinda O’Dell (48), het gister getuig in die hof
waarin mnr. Mphaphantsi Stanley Mabulana (toe 28) teregstaan op aanklag van moord op haar ma.

Mabulana ontken skuld op aanklag van moord, huisbraak met die opset om te roof en poging tot moord.

Mnr. Phetoke Cedrick Lebea (toe 29) is reeds skuldig bevind op aanklag van moord op O’Dell en dien lewenslange tronkstraf uit.
Hy sal later vir die staat getuig.
O’Dell se keel is in die aanval op 29 Julie verlede jaar afgesny.

Alicia, vanjaar in matriek, het getuig hoe sy in die huis oorval is toe sy van die skool af gekom het. Sy is gewurg en met ’n skroefsleutel aangerand totdat sy flou geword het.

Haar ma se lyk is op die boonste verdieping van die gesin se huis in Magaliesbergstraat, Noordheuwel, met verskeie meswonde gevind.

Alicia het weens trauma en om haar as getuie te beskerm via kringtelevisie getuig.

“Ek het gesien hoe kom hy met ’n mes in sy hand na my toe aangestap. Ons het gebaklei oor hy die deur wou oopmaak en ek dit wou toedruk. Hy’t my kamer ingekom en my dadelik begin wurg?.?.?. hy het my heeltyd aan my nek vasgehou,” het sy getuig. “Ek het sy koue hande gevoel. Hy’t langerige naels gehad?.?.?.”

“Ek het begin duiselig word. Ek het die mes (op die grond) gesien. Toe ek dit wou vat, het hy dit weggeskop. My oë het begin omdop en ek het my bewussyn verloor.”

Alicia het getuig sy het drie mense as aanvallers op ’n uitkenningsparade in die Kagiso-polisiekantoor uitgewys.

“Ek het drie uitgeken omdat hul almal baie dieselfde gelyk het. Hulle het almal baarde gehad en was donker (van gelaat),” het sy getuig.

Sy het later vlugtig in die hof verskyn en Mabulana uitgeken as een van die aanvallers.

Die verhoor duur voort.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Skoolmeisie-pleit-by-mans-wat-haar-oorval-ma-vermoor-20101006
« Laaste verandering : October 06, 2010, 01:15:42 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #2 op: October 08, 2010, 11:09:33 AM »
Moord op Pta-vrou: nog ’n lyk gekry

2010-10-07 23:22



Gesoek: Mnr. Nyasha Mabure (19)


Hilda Fourie

’n Man wat sy werk­gewer glo in die kop geskiet het, word ook gesoek weens die moord op ’n man wat saam met hom in haar tuin gewerk het nadat dié se ontbindende lyk etlike dae later in ’n vraghouer gevind is.

Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gister gesê ’n lasbrief is vir mnr. Nyasha Mabure (19) se arrestasie uitgereik nadat hy me. Christa du Toit na bewering drie weke gelede in haar huis in Swacinapark, op die Uitzicht-hoewes in die weste van Pretoria, vermoor het.

Hy word ook daarvan verdink dat hy mnr. Piet Mothwa (27) vermoor het.

Volgens De Bruin het Mothwa dié noodlottige oggend vir werk opgedaag.

Kort daarna het Du Toit vermoedelik die hek vir Mabure, wat saam met Mothwa in haar tuin gewerk het, oopgemaak.

Mabure het Du Toit glo in die kop geskiet waarna hy haar vriendin mev. Mickey Coetzee (48) en haar huiswerker, me. Maurine Mambo (30), glo aangehou het.

Hy het die twee vroue glo gedwing om vier keer bo-oor Du Toit se lyk te klim en het die lyk elke keer geskop. Hy het Coetzee glo ook verskeie kere met die vuis in die gesig geslaan voordat hy gevlug het.

De Bruin het gesê Mothwa was ná die aanval net weg.

Mnr. André du Plessis (54), Du Toit se verloofde, het gister gesê sy bulhond het sedert die aanval “mal geword om die vraghouer”.

Verlede Dinsdag het Mambo gekla iets stink vreeslik buite.

Sy en Coetzee het die oorsaak van die stank vergeefs gesoek.

Du Plessis het eergister mense gekry om die heining te herstel.

“Toe hulle by die motorhuis stilhou en uitklim, het die een dadelik gesê iets stink,” het Du Plessis gesê.

Toe die hond in die vraghouer inhardloop, het een van die herstelspan die deur oopgemaak.

Mothwa se lyk is agter stoele in die vraghouer gevind.

Die polisie het inligting gekry dat Mabure in die omgewing van Daveyton aan die Oos-Rand is.

- Mense wat Mabure gewaar, word gevra om ao. Martin Smit, ondersoekbeampte, te bel by 082 778 9385 of 012 377 4100.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moord-op-Pta-vrou-nog-n-lyk-gekry-20101007
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #3 op: November 23, 2010, 09:41:29 AM »
Boer (82), kleinseun vermoor ná werker glo sê hy’s honger

2010-11-22 23:14

Jeanne-Marié Versluis

’n Plaaswerker het ’n boer na bewering met ’n skoffel doodgeslaan nadat dié hom nie gesteur het aan die werker se klagtes dat hy honger was nie.

Dít blyk uit getuienis wat gister in die hooggeregshof in Pretoria gelewer is in die verhoor van mnr. Isaac Masuku.

Masuku het vroeër skuld ontken op twee aanklagte van moord; een van huisbraak met die opset op te roof en roof met verswarende omstandighede; asook die onwettige besit van vier gewere, ’n pistool en ammunisie.

Hy het geen pleitverduideliking gegee nie.

Die staat beweer Masuku het mnr. Hendrick Janse van Rensburg (82) en sy kleinseun, Dean Charles Woodraffe (17), op 7 Maart 2008 vermoor.

Masuku het vir Janse van Rensburg op die plaas Zusterstroom by Bronkhorstspruit gewerk.

Die staat beweer Janse van Rensburg is aan kopbeserings dood nadat Masuku hom geslaan het en sy kleinseun aan verwurging.

Masuku word daarvan beskuldig dat hy onder meer vuurwapens, elektriese en elektroniese toestelle, ’n kas met breekgoed, linneware en klere, ’n matras en R3 000 kontant uit Janse van Rensburg se huis gevat het.

Konst. Aaron Kabini, wat destyds by die polisie se honde-eenheid in Bronkhorstspruit gewerk het, het gister vir die staat getuig hy het Masuku gearresteer. Hy het Masuku gevra wat gebeur het. Volgens hom het Masuku gesê hy het aan sy werkgewer gesê hy is honger.

Janse van Rensburg het glo toe gesê: “Nee, f*k” en weggestap.

Masuku het glo later weer aan sy werkgewer gesê hy is honger. Die antwoord hierop was glo: “Nee, f*k. Die k*****s is altyd honger.”

Masuku het glo kwaad geword. Hy en sy werkgewer het mekaar toe glo gestamp. Kabini het getuig volgens Masuku het hy ’n skoffel gehad en “die wit man daarmee gekap”.

Hy het getuig volgens Masuku het ’n seun met ’n haelgeweer uit die huis gekom.

Masuku het glo die haelgeweer gegryp en die seun verwurg.

Hy het toe vervoer gaan reël. Goedere in die huis is in dié motor gelaai en na ’n plaas geneem waar sy meisie gewoon het.
Kabini het getuig Masuku was tydens sy arrestasie verskrik.

“Ek dink hy het gedink as hy alles vertel, sal daar geen probleme wees nie.”

Hy het getuig Masuku het die toneel en die goedere aan die polisie uitgewys. Masuku is nooit aangerand nie en die polisie het hom in der waarheid beskerm, “want wit boere in die gebied was so kwaad”.

Hy het gesê as die boere Masuku vóór die polisie in die hande gekry het, “sou hy nie hier gewees het nie”.

Die saak duur voort.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-82-kleinseun-vermoor-na-werker-glo-se-hys-honger-20101122
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #4 op: December 07, 2010, 12:13:38 PM »
Een skuldig aan moord op berader

2010-12-06 22:20


Mnr. Siegfried en mev. Carolyn Müller, Warbarton se ouers.



Jinine Botha

Net een van die drie mans wat aangekla is van die moord op me. Bianca Warburton, wat verlede jaar in ’n mislukte kaping buite die Alexandra-kliniek in Johannesburg doodgeskiet is, is skuldig bevind aan moord.

Regter Halima Saldulker het mnr. S’tembiso Mseleku (25) gister in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan moord, poging tot roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Mnr. Mphumuzeni Gumede (27) is skuldig bevind as ’n begunstiger ná die moord en aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Mnr. Moffat Mthonti (29) is skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Warburton, ’n opvoedkundige sielkundige, is op 14 Oktober verlede jaar in ’n mislukte kaping buite die Alexandra-kliniek in Johannesburg, waar sy vrywillige berading aan ma’s en kinders met MIV/vigs verskaf het, doodgeskiet.

In ’n gedig wat haar familie oor haar geskryf het en wat adv. Herman Broodryk, aanklaer, gister ná die uitspraak voorgelees het, beskryf hulle haar as “passievol en pragtig” met ’n “skitterende verstand”.

Regter Saldulker het Mseleku in haar uitspraak as ’n leuenaar en ontwykende getuie bestempel.

Volgens Saldulker was Mseleku se verweer dat hy deur die polisie gemartel is om uitwysings van die moordtoneel te maak, asook om Gumede aan die polisie uit te wys, “vals en ’n duimsuigery.”

Volgens vroeëre getuienis het Mseleku die moordwapen ná die moord aan Gumede gegee, wat dit minder as ’n uur later aan Mthonti gegee het. Die polisie het die wapen in ’n kas in Mthonti se plakkershut gevind, is vroeër getuig.

Gumede en Mthonti het albei skuld beken op die aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen.

“Hoewel daar geen direkte bewyse is wat Gumede op die toneel plaas nie, het hy die moordwapen by Mseleku gekry en hy moes geweet het dié wapen het iemand beseer.”

Volgens Saldulker het Gumede Mseleku dus probeer help om van die moordwapen ontslae te raak. “Dit maak hom skuldig as ’n begunstiger na dié misdaad,” het Saldulker gesê.

Saldulker het gesê daar is ook nie bewyse wat Mthonti op die moordtoneel plaas nie. “’n Ooggetuie het ook bevestig dat Mthonti nie saam met Mseleku op die toneel was nie.”

“Dit was in dié saak moeilik om die waarheid van die leuens te skei,” het Saldulker gesê.

Saldulker het die polisie en staat se toewyding geloof en gesê laasgenoemde het “’n moeilike tyd gehad om geregtigheid te laat geskied.”

Die staat het in vertoë ter strafverswaring lewenslange tronkstraf vir Mseleku en Gumede gevra. Adv. Mbhazima Mavodze, Mseleku se regsverteenwoordiger, het gesê hy moenie lewenslange tronkstraf kry nie omdat hy weens sy jeugdigheid ’n goeie kandidaat vir rehabilitasie is.

Adv. Enrico Guaneri, vir Mthonti en Gumede, het gevra dat Gumede nie lewenslange tronkstraf kry nie omdat hy ’n mate van berou getoon het deur te erken dat hy die vuurwapen gehad het. Ook Mothonti moet weens sy oortreding ligter gestraf word as die gebruiklike drie tot vyf jaar tronkstraf omdat hy deur sy bekentenis ook berou getoon het.

Die mans word na verwagting môre gevonnis.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Een-skuldig-aan-moord-op-berader-20101206
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #5 op: March 16, 2011, 02:07:35 PM »
Werker wat 3 in huis uit wraak doodsteek, gevonnis

2011-03-15 22:08

Janice Keogh

’n Voormalige werknemer wat glo uit wraak ’n hele gesin “verwoes” het, is gister in die hooggeregshof in Johannesburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Stephanus Modise (35) is vroeër skuldig bevind aan die moord op mnr. Douwe Gezinus Bijkersma (57), sy vrou, Hendrika Johanna (57), en haar oppasser, me. Gelske Afke Wouda (40). Hulle is op 1 Mei 2008 in die Bijkersmas se huis in Florida, Roodepoort, vermoor.

Mev. Bijkersma het weens artritis en kanker die gebruik van haar bene verloor en was in ’n rolstoel.

Die oorledenes sowel as mev. Bijkersma se ma, me. Johanna Barendina Durieux (87), is met ’n mes aangeval. Mnr. Bijkersma is 28 keer gesteek, sy vrou vyf keer, Wouda nege keer en Durieux drie keer.

Durieux, wat in ’n tehuis vir bejaardes in die omgewing woon, het die vakansiedag by die Bijkersmas deurgebring.
Twee van die Bijkersma-egpaar se kinders het op die gru-toneel afgekom.

Durieux het die aanval oorleef, maar was volgens haar kleinseun, die operasanger Douwe Bijkersma jr., erg getraumatiseer deur die voorval. Sy het

erge pyn verduur en dikwels in die middel van die nag geskree en na haar vermoorde dogter gevra. Sy is drie maande ná die voorval oorlede.

Bijkersma jr. het ter strafverswaring getuig die voorval het hom so geraak dat hy ontsteld word elke keer wanneer hy optree en iemand in ’n rolstoel die teater binnekom.

Modise, wat gister geen emosie in die hof getoon het nie, was twee jaar lank ’n werknemer van die Bijkersmas. Hy het op hul erf gewoon en elke dag kos by die gesin gekry. Mev. Bij­kersma het dikwels vir hom gebid en reëlings begin tref dat hy verder kon studeer.

Me. Anneke Bijkersma, die egpaar se oudste dogter, het getuig Modise en haar ouers het aanvanklik ’n goeie verhouding gehad en haar ma het hom vertrou.

Die verhouding is versuur toe Modise op ’n groter salaris aangedring het wat die Bijkersmas nie kon bekostig nie. Dit het Modise glo aggressief gemaak. Hy het ses maande kennis gekry om ander werk te vind.

Ná sy afdanking in Januarie 2007 is hy na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), waar hy die saak verloor het.

Die KVBA het beslis die gesin moet Modise R4 000 betaal, ’n bedrag waarmee hy glo nie tevrede was nie. Die staat beweer dít was die motief vir sy optrede.

“Moet almal wat nie met die howe se beslissings tevrede is nie nou uitgaan en mense doodmaak?” het adv. Evidence Riba, aanklaer, gister aan regter Jeffrey Mathabata gevra.

Die oorledenes se kinders, familie en vriende het in twee lang rye in die hofgalery gesit en mekaar betraand ná die vonnisoplegging omhels.

“Ek is net bly dit is nou uiteindelik verby,” het mev. Minx Millar, mnr. Bijkersma se suster, buite die hof gesê.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Werker-wat-3-in-huis-uit-wraak-doodsteek-gevonnis-20110315
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #6 op: March 29, 2011, 09:03:41 AM »
Nic van Zyl Meyer (52) - 6 Desember 2005



Die vermoorde mnr. Nic van Zyl Meyer.



Die gesin van die vermoorde mnr. Nic van Zyl Meyer stap gister uit die hooggeregshof in Pretoria waar Meyer se aanvallers gevonnis is. Van links is mev. Anél du Plessis (sy dogter); Ockert en Van Zyl Meyer (sy seuns); en sy vrou, mev. Riana Meyer. Almal is van Pretoria.
Foto: Nelius Rademan


Lyk in die veld: Twee kry 22 j.

2011-03-28 23:16


Jeanne-Marié Versluis

‘Dit maak nie saak watter vonnis hulle gekry het nie. Dit sal my man nooit terugbring nie.”

So het ’n betraande mev. Riana Meyer van Pretoria gister gesê nadat haar man, mnr. Nic van Zyl Meyer, se twee moordenaars elk effektief vir 22 jaar tronk toe gestuur is.

Mnr. Meyer (52), ’n elektrisiteitskontrakteur van Bon Accord, Pretoria, is die aand van 6 Desember 2005 vasgebind, beroof, verwurg en halfkaal in die veld in Sinoville gelos.

Sy oudste seun, Ockert (35), het gesê: “Vandag voel nie lekker nie. Ses jaar (ná die moord) is ’n lang tydperk. ’n Ou sukkel om daaroor te kom.”

Mev. Meyer het gesê gister het gevoel soos die dag van haar man se begrafnis.

Dumisane Shabangu (37), wat in die hof gesê het sy van is Mabusa, en Thulani Ndlovu (33) is gister gevonnis.

Dit was die staat se saak dat me. Dikeledi Vinia Sekhale, ’n prostituut, Meyer dié aand as kliënt na haar kamer in ’n gebou in Koos de la Rey­straat, Pretoria-Noord, gebring het.

Die beskuldigdes het die kamerdeur oopgeskop, Meyer en Sekhale oorrompel en Meyer vermoor.

Meyer se lyk is in sy Hilux-bakkie gelaai en in die veld gaan los. Sy bakkie word steeds vermis.

Meyer jr. het vroeër gesê die familie glo nie dat Meyer by ’n prostituut betrokke was nie.

“Ons vermoed hy is êrens gekaap en soontoe (na die kamer) gevat en verwurg.”

Regter Vivian Tlhapi het gister gesê Meyer was volgens getuienis ’n gerespekteerde sakeman. Winkels is gesluit en ’n erewag is op die dag van sy begrafnis gevorm.

Hy het ’n spesiale verhouding met sy werknemers gehad. Hy was ’n liefdevolle eggenoot en het na sy gesin omgesien.

Ná sy dood moes sy onderneming verkoop word.

Tlhapi het gesê sy stem nie saam met ’n verdedigingsadvokaat se stelling dat Meyer hom “roekeloos blootgestel” het toe hy saam met Sekhale was nie.

Ongeag wat mense in hul private lewe doen en wie en wat hulle is, moet daar respek vir lewe wees. “Dit is ’n misdaad om te moor.”

“Ons is nie hier om die oorledene te kritiseer nie. Hoeveel mans en vroue lei immorele lewens? Hoeveel mans en vroue is egbrekers?

“Omdat jy jou op ’n sekere manier gedra het, beteken dit nie jy kan beroof en vermoor word nie,” het sy gesê.

Die beskuldigdes het nie openlik aan die Meyer-familie gesê hulle is jammer nie, het sy gesê.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lyk-in-die-veld-Twee-kry-22-j-20110328
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #7 op: May 12, 2011, 12:08:29 PM »
Vordering in moordsaak???

13 Maart 2008 - Hein de Jager (28)

"Enoch Masipa, Bonginkosi Modawe, Johannes Sebyeng, Lolo Langa en Godfrey Mogashoa het skuld ontken op verskeie aanklagte."

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Hof-hoor-hoe-rower-jong-pa-doodskiet-20110512
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #8 op: May 12, 2011, 11:42:16 PM »
Vordering in moordsaak???

Ja dit lyk eerder soos agteruitgang as vordering .

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #9 op: May 21, 2011, 01:25:03 PM »
Verkragter van oue kry lewenslank

2011-05-13 22:49

Jeanne-Marié Versluis

’n Man wat ’n 83-jarige weduwee van Lyttelton in Centurion verkrag en onherkenbaar vermink het sodat sy twee maande lank in ’n koma was voor haar dood, is gister tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Regter Vivian Tlhapi het Collin Selby Monareng (37) in die hooggeregshof in Pretoria ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.

Hy het die lewenslange tronkstraf gekry weens onderskeidelik verkragting en moord.

Me. Ines Christina Maree is twee maande ná die aanval, wat op 4 November 2007 gebeur het, in die Unitas-hospitaal in Centurion dood.

Die staat het DNS-getuienis ingedien om Monareng se betrokkenheid te bewys.

Tlhapi het Monareng, van Tembisa, gevra waarom hy na Maree se huis is.

Hy het geantwoord: “Ek het geweet sy bly alleen.”

Monareng het gesê hy het sowat twee jaar lank by ’n verkeerskruising gestaan om los werkies te soek. Hy het stukwerk as tuinier gedoen.

Maree het in ’n huis by die kruising gewoon.

“Sy was die een wat ons (die werksoekers) gegroet het. Sy was ’n gawe persoon. Sy het ander gehelp as hulle kos gevra het.

“Ek het gemeen ek sal haar waarskynlik alleen vind.”

Monareng het by Maree se huis ingebreek, haar eers geslaan en geskop en toe verkrag.

Tlhapi het gesê sy het veelvuldige breinbeserings, ernstige ginekologiese beserings en gesigfrakture opgedoen.

Die regter het Monareng gevra waarom hy dit gedoen het. Dié het gesê: “Ek het nie ’n antwoord nie.”

Hy het ’n bottel vonkelwyn, ketel en strykyster by Maree geroof.

Volgens die regter was Monareng ’n sterk, jong, seksueel aktiewe man wat ’n bejaarde vrou aangerand het.

’n Bejaarde vrou is soos ’n “klein kindjie”. Maree was totaal weerloos. Sy kon nie behoorlik sien en hoor nie.

Tlhapi het bevind daar is geen wesenlike en dwingende omstandighede waarom Monareng ’n ligter vonnis as lewenslange tronkstraf moet kry nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Verkragter-van-oue-kry-lewenslank-20110513
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Vordering in moordsake
« Antwoord #10 op: May 26, 2011, 08:08:32 PM »

Mnre. Thabo Matlhoko, Diphapang Paul Kwa-Kwa en Shadrack Thapelo Smith, die vermeende moordenaars van mnr. Andre van der Merwe, in die beskuldigdebank. Foto: Nicolize van der Walt

Boer gesleep: 'Lekker tyd' beplan
2011-05-25 11:28

Nicolize van der Walt

Ottosdal. – Nadat drie mans glo ’n boer van die distrik geskiet en agter sy splinternuwe bakkie aangesleep het, het een van hulle gesê hy “wil ’n lekker tyd hê”.

Op pad na Delareyville het dié man, mnr. Thabo Matlhoko (24) glo die bakkie van die oorledene, mnr. André (Brood) van der Merwe (49) laat omslaan en sy bewussyn verloor, het ao. Pacton Ntlhaile, ondersoekbeampte, gister in die plaaslike landdroshof in die drie vermeende moordenaars se borgtogaansoek getuig.

Matlhoko en mnre. Diphapang Paul Kwa-Kwa (29) en Shadrack Thapelo Smith (31) van die Le­tsopa-township by Ottosdal, staan tereg op aanklagte van moord, huisroof, motordiefstal, die diefstal van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Van der Merwe, ’n boer en afslaer van die plaas Gestoptefontein, is op 30 April vermoor.

Luidens die beskuldigdes se beëdigde verklarings wat in die hof voorgelees is, gaan hulle skuld ontken.

Mense in die hof het trane afgevee toe Ntlhaile getuig het oor sekere bekentenisse wat Matlhoko gedoen het.

“Hulle het teen sonsondergang na sy huis gegaan. Die beskuldigdes vermoed Van der Merwe het gehoor hoe iemand met sy agterdeur peuter en het na buite ge­stap. Toe Smith glo sien die oorledene het ’n geweer by hom, het hy hom twee keer agter in sy nek geskiet. Matlhoko het die geweer by hom gevat en ook ’n skoot gevuur.’’

Die lykskouingsverslag lui glo egter dat Van der Merwe vier keer geskiet – twee keer in die rug, agter die linkeroor en in die wang.

Die drie het Van der Merwe glo sowat 1,5?km ver agter sy bakkie aangesleep, sy voete met draad vasgebind en die lyk daar gelos.

Daarna het hulle glo kos, sel­fone, drank, klere, skoene en geld uit die plaashuis gesteel.

“Matlhoko het aan my gesê hy het die ander twee daarna gaan aflaai en gesê hy wil ’n lekker tyd in Delareyville gaan hê,” het Ntlhaile getuig.

“Hy het op pad soontoe die oorledene se bakkie laat rol. Hy was bewusteloos en is op die toneel in hegtenis geneem.

“Die .38-rewolwer wat glo in die moord gebruik is, is ook op die ongelukstoneel gekry. Hy het ons die Sondagnag so by 03:00 na die ander twee beskuldigdes gelei.”

Op die vraag van mnr. Stephan Fritz, staatsaanklaer, of Van der Merwe nog geleef het toe hy gesleep is, het die polisieman geantwoord hy weet nie.

Mnr. Theo Venter, vir die verdediging, het aangevoer Matlhoko was moontlik nie ná die ongeluk by sy volle bewussyn nie.
Hy het gesê daar is nie ’n verklaring in die dossier van die polisielid wat Matlhoko se regte aan hom moes verduidelik nie en die ondersoekbeampte het nie ’n aansoek ingedien om beweerde dreigoproepe na staatsgetuies te spoor nie.

Landdros Chadrack Mokobane sal Dinsdag uitspraak lewer.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal