Skrywer Onderwerp: Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake  (Read 553 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake
« op: September 06, 2010, 05:00:19 PM »
Ernstige krake in die damwal van polisie-integriteit oor vuurwapenbeheer wat deur die optrede van polisieminister Nathi Mthethwa en kommissaris Bheki Cele veroorsaak is, dreig om die wal in stukke te laat spat en ‘n vloed te veroorsaak wat integriteit die see in sal spoel.

Pot-Shot-lesers het reeds opgemerk dat Mthethwa se verklarings dat slegs wetstoepassers wapens behoort te dra, ‘n erkenning is dat die regering burgerlikes wil ontwapen.

Mthethwa het onlangs gesê dat sedert 2005 is bykans ‘n miljoen vuurwapens uit sirkulasie geneem. Maar in antwoord op ‘n Parlementêre vraag het hy verlede jaar gesê dat tussen 1 Julie 2004 (toe die nuwe wet in werking getree het) en 31 Desember 2008 is 125 716 vuurwapens aan die polisie oorhandig.

In dieselfde antwoord het hy gesê dat van 1 Julie 2004 tot Junie 2009 is 104 880 onwettige vuurwapens deur die polisie in besit geneem. Dit bring mee dat sowat 800 000 vuurwapens sedert Junie laasjaar uit sirkulasie verwyder moes word, wat feitlik onmoontlik is.

"Die minister mislei die publiek oor vuurwapens," het Groenewald opgemerk en kommissaris Cele ook daarvan beskuldig dat hy die publiek mislei.

Mthethwa het in antwoord op ‘n ander parlementêre vraag erken dat hy nie kon sê hoeveel misdade deur eienaars van wettige vuurwapens of deur mense met gesteelde of onwettige vuurwapens gepleeg is nie.

"Burgerlikes het vuurwapens nodig om hulself weens die hoë misdaadtempo in Suid-Afrika teen misdadigers te verdedig.” het Groenewald afgesluit.

* Die DA se Dianne Kohler-Barnard het Cele daarvan beskuldig dat hy vir die Parlement gelieg het oor sy rol in die huur van twee geboue vir top polisie-amptenare teen buitensporige pryse. "As daar in die ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SIU) bevind word dat Cele die polisie-portefeuljekomitee Vrydag mislei het , sal die Demokratiese Alliansie geen ander keuse hê as om ‘n oproep vir sy bedanking te doen nie," het sy gesê. Sy het verwys na ‘n berig in die Sunday Times waarin beweer is dat Cele vir die portefeuljekomitee gelieg het oor die twee polisiehuurooreenkomste vir geboue in Pretoria en Durban wat op R700 miljoen neerkom.

* Voeg dit by die tronkstraf wat hang oor die kop van gewese polisiekommissaris Jackie Selebi oor sy betrokkenheid by bekende misdadigers en dit skilder ‘n makabere prentjie van polisie-integriteit.
 
http://www.pacificbreeze353.com/newsletters/index.cfm?y=article&company=17&article=2039&nl=358&click=web&subsection=51&langu=2
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake
« Antwoord #1 op: September 06, 2010, 05:46:37 PM »
As hulle kom om jou wapens af te neem, maak seker jy gee die rondtes eerste.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake
« Antwoord #2 op: September 06, 2010, 06:10:49 PM »
As hulle kom om jou wapens af te neem, maak seker jy gee die rondtes eerste.

Oorhandig dit deur die vuurwapen se loop met die skerp punte na die ontvanger se kant toe want jy wil mos nie self seerkry nie! :P
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake
« Antwoord #3 op: September 07, 2010, 06:01:10 PM »
Jammer vir die "ingils"!

Police Commissioner General Bheki Cele has sought to refute reports in some media that suggested he had lied in Parliament about the resignation of three generals and his involvement in the rental of two buildings.

Reports in some media over the weekend suggested Cele lied to Parliament about two rental deals to move police to new offices in Pretoria and Durban, the state BuaNews agency reports. They further suggested that he lied about the resignation of generals Hamilton Hlela, Matthews Sivundla and Stefanus Terblanche, who were involved in the SAPS supply chain management (SCM).

“It was reported that on Friday General Cele told Parliament that the generals resigned after he had asked the Special Investigating Unit (SIU) to investigate tender deals approved by the supply chain management since 2006,” BuaNews said. However, the generals disputed this, claiming they had received a “golden handshake” to leave.

A statement issued overnight by Cele's office, however, says the retired generals left the police's supply chain management division in total chaos, had misled Parliament for years and were not given golden handshakes. “It would be best to exercise caution with respect to giving too much reliance to comments of people whose previous working environments are currently subject to serious investigation,” Cele said in the statement.

He added that the “point has to be made that only Parliament can make a finding that it has been misled or not. The generals who are ostensibly the sources behind this allegation are free to assist Parliament in this regard”.

Cele says the now-retired generals in May failed to provide responses to Parliament on gross violations, inefficiency and mismanagement in building services, property management and other SCM functions, the statement said. Their “sudden exit” from the SAPS came soon after the SIU probe was announced and just days before they were scheduled to appear before Parliament’s portfolio committee.

The SCM section that came under the spotlight in Parliament was previously under the command of Terblanche, Cele added. Terblanche was accountable to Siwundla and Hlela was in overall command. “For years they managed inefficiently. They were released or discharged according to section 35 (b) of the South African Police Act for reasons which will promote efficiency or economy in the Service or will otherwise will be in the interest of the service,” Cele added.

Regarding the building rental deal, General Cele said his only role was to sign and approve the needs assessment for additional premises to accommodate the SAPS, Hlela and Terblanche claimed his involvement went further. The suggestions that he had lied were malicious, he said.
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Vrae Hang oor Polisie-integriteit oor Vuurwapens en ander sake
« Antwoord #4 op: September 08, 2010, 03:04:15 AM »
Twee voormalige polisiegeneraals oorweeg regstappe weens genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, se “inkriminerende uitlatings” verlede week in die parlement.

Lt.genl. Hamilton Hlela, voormalige hoof van voorsieningsbestuur, het gister gesê hy het reeds met sy prokureur gepraat.

Ook genl.maj. Stephanus Terblanche, ’n voormalige bestuurder in dieselfde afdeling, het bevestig hy gaan stappe doen sodra die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die polisie se verkrygingsprosedures afgehandel is.

Albei was Vrydag in die spervuur toe Cele en sy topbestuur voor die portefeuljekomitee oor polisie verskyn het.

’n Slangput van verdagte huurkontrakte, bouprojekte en tenders vir goedere en dienste het ter sprake gekom.

Hlela en Terblanche, wat die polisiediens in Augustus verlaat het, is in hul afwesigheid as die sondebokke uitgesonder vir beweerde wanpraktyke wat onder hul toesig plaasgevind het.

“Ons is vir ’n spul misdadigers uitgemaak, maar ek sal enige tyd parlement toe gaan. Ons kan rekenskap gee van elke sent wat bestee is,” het Terblanche gister gesê.

Volgens Terblanche het Cele op 14 Julie besluit hy word herontplooi en dat hy sy pos “onmiddellik” moet verlaat.

“Cele het (strydig met polisievoorskrifte) geen redes gegee nie. Ek het geweier.”

Terblanche is ontslaan en het ’n goue handdruk van twee jaar se salaris ontvang.

Dit is vir hom vreemd dat die polisie hom nie eerder geskors of aangekla het weens die beweerde wanpraktyke wat in die parlement geopper is nie.

“Ek is ná 40 jaar weg met ’n skoon gedragstaat wat deesdae seldsaam in die polisie is. Ek is nog altyd as ’n toppresteerder gereken.”

Hy meen die SOE se ondersoek sal lig werp op die omstrede peperduur huurkontrakte vir die polisie se hoofkantore in Pretoria en Durban wat onlangs in opdrag van die minister van openbare werke beëindig is.

Terblanche was veronderstel om dokumente vir die behoeftebepaling en koste verbonde aan die nuwe geboue af te teken omdat dit betrekking het op ’n begroting wat onder sy toesig was.

“Maar ek het geweier.”

Ook Hlela het gister die aantygings teen hom ontken.

“Ek is uiteraard ontsteld. Ek het nie bedank nie, maar vroeg afgetree omdat ek gevoel het ek móét gaan.”

Hy wou nie antwoord op die vraag of hy uit sy pos gedwing is nie.

Volgens Hlela het die departement van openbare werke die kontrak om die polisie se hoofkantoor in Wacht-huis in Pretoria te huisves met tien jaar verleng.

“Dit was nie ek nie.”

Voorts is die bestelling vir nege waterkanonne van R47 miljoen “nooit goedgekeur nie” en hy “weet niks” van ’n kontrak van R12 miljoen om Cele en mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantore in Wachthuis op te knap nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Generaals-vat-strydbyl-20100907
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal