Skrywer Onderwerp: Databasis oor grondeienaarskap  (Read 631 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Databasis oor grondeienaarskap
« op: September 07, 2010, 08:58:15 PM »
DATABASIS OOR GROND BEPROEF

  Deur JOYLENE VAN WYK
Geen databasis bestaan in Suid-Afrika oor die besonderhede van plaaseienaarskap en hoeveel landbou-eenhede deur die verskillende rassegroepe besit word nie.

Met die voortdurende onsekerheid oor
 wie grond in die land besit
 , het dit nou vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye 
noodsaaklik geword om met ’n program te begin om inligting daaroor te verkry.

Me. Tina Joemat-Pettersson, minister, het in ’n parlementêre antwoord gesê dat daar nie “ ’n enkele databasis is wat die plaasnaam of -nommer, 
eienaar, sy/haar ras, geslag of waarmee hy/sy boer, bevat nie.”

Voortdurende veranderinge
Weens die dinamika van die bedryf is daar voortdurend veranderinge ten opsigte van eienaarskap en die vlak van landboubedrywighede wat dit moeilik maak om rekord te hou.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het die getal kommersiële plaaseenhede sedert 1993 met ’n vyfde verminder. Toe was daar 57 980 kommersiële 
plaaseenhede wat in 1996 tot 60 938 vermeerder het, maar in 2002 tot 45 818 verminder het. Teen 2007 was daar net 39 982 plaaseenhede.

Na raming is daar sowat 200 000 kleinboere in die land. ’n 
Arbeidsmagsopname in 2007 het aangedui dat 2,5 miljoen huishoudings (altesame 
vier miljoen mense) bykomende kos vir huishoudelike gebruik produseer.

Joemat-Pettersson sê ’n studie wat ras en geslag sal insluit, word onderneem om grondeienaarskap vas te stel. Daar sal eers net op vier gebiede gefokus word sodat die beste metodologie bepaal kan word om die soort 
inligting in te win en te behou.

7 September 2010

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Databasis oor grondeienaarskap
« Antwoord #1 op: September 08, 2010, 06:16:44 AM »
Wat het van Kaart en Transport, en akteregistrasies geword? Of wil die minister he dat daardie dinge ook van die tafel gevee moet word?

Soos die gemenereg, privaatreg en eiendomsreg wat oor duisende jare in die mees beskaafde lande ontwikkel is, blykbaar nou vervang word deur revolusionere menseregte? Die goed staan mos in die pad van hulle "Freedom".

Dit kom direk uit die revolusionere handboek - skep eers chaos en wanorde, dan kan jy dinge makliker verander.

So word n hele finansiele sisteem op risiko geplaas ter wille van n ideologie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Databasis oor grondeienaarskap
« Antwoord #2 op: September 08, 2010, 11:52:55 AM »
Wat het van Kaart en Transport, en akteregistrasies geword? Of wil die minister he dat daardie dinge ook van die tafel gevee moet word?

Soos die gemenereg, privaatreg en eiendomsreg wat oor duisende jare in die mees beskaafde lande ontwikkel is, blykbaar nou vervang word deur revolusionere menseregte? Die goed staan mos in die pad van hulle "Freedom".

Dit kom direk uit die revolusionere handboek - skep eers chaos en wanorde, dan kan jy dinge makliker verander.

So word n hele finansiele sisteem op risiko geplaas ter wille van n ideologie.

Meerkat dit is net soos jy sê! "Dit kom direk uit die revolusionere handboek - skep eers chaos en wanorde, dan kan jy dinge makliker verander".

Sy wil nou die persepsie begin skep dat daar chaos is en dat daar sogenaamd geen databasis bestaan nie. Meeste finansiële instellings beskik oor die vermoë om elektroniese soeke te doen in bestaande databasisse na onder andere titelaktes. Titelaktes mag moontlik tans nie geïntegreerd elke dataveld bevat soos byvoorbeeld die plaasnaam of -nommer, eienaar, sy/haar ras, geslag of waarmee hy/sy boer, nie.” Dit was nog nooit 'n behoefte nie!

Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal