Skrywer Onderwerp: Griefskrif teen Tshwane Metro Polisie ter ondersteuning van Bees Roux  (Read 591 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Bravolanders , uit 'n vorige gesprek het dit duidelik geword dat daar ongelukkigheid is oor gebeure rondom die Bees Roux saak .
Ek glo die ongelukkigheid moet in die vorm van verset gekanaliseer word om ons misnoë te kenne te gee . Die idee is om 'n griefskrif saam te stel van Bravolanders se kommentaar wat dan as 'n samevattende elektroniese griefskrif na relevante regeringsamptenare gestuur toe sal word asook sekere ander aanlyn plekke .
Hieronder is 'n voorbeeld van wat die politikuste te sê gehad het , bou gerus daarop voor of breek dit af en formuleer jul eie kommentaar .

Aanhaling
Partye vaar uit ná Bees-uitlatings
2010-09-03 23:22


PRETORIA. – Opposisiepartye het gister uitgevaar teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van pro-aktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, oor sy tirade op sers. Ntshimane Johannes Mogale se roudiens in Pretoria.

Jaca het eergister in ’n uitbars-ting gesê die Tshwane-metropolisie gaan die Blou Bul-stut Bees Roux teister totdat hy die waarheid vertel.

Roux is verlede week op aanklag van moord op Mogale in hegtenis geneem.

Jaca het ’n direkte waarskuwing aan Roux gerig: “Ons gaan padversperrings beman en seker maak dat Bees nie rus nie. Ons gaan ons voorvaders kry om Bees te teister totdat hy die waarheid vertel.”

Me. Karen Meyer, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, het gesê Jaca se uitlatings is onverantwoordelik en ongrondwetlik.

“Dit blyk Jaca het homself as ’n metropolisieman, regter en laksman aangestel.

“Hy is ’n amptenaar wat veronderstel is om ’n diens aan alle inwoners in Tshwane te lewer en te verseker, maar sy uitsprake is teenstrydig hiermee.”

Volgens Meyer is Jaca se uitsprake heeltemal onvanpas, buite sy mandaat en nie in die gees van ’n onafhanklike regsproses nie.

Dr. Rentia Landman, VF+-leier in Tshwane, meen Jaca se uitlatings is skokkend.

“Ek het eintlik nie woorde nie. Dit is iemand wat wet en orde moet handhaaf wat sulke uitlatings maak. Dit bring ernstige bedenkinge oor sy geskiktheid vir dié pos.”

Me. Dikeledi Lehobye, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê sy is jammer oor die taal wat Jaca by die roudiens gebruik het, maar het ook vir hom in die bres getree.

“Mense moet besef daar is baie seerkry in die departement oor die wyse waarop sers. Mogale vermoor is.”

Enigiemand wat ontstel is deur Jaca se uitlatings, moet hulself in die skoene plaas van dié wat saam met Mogale gewerk het en moet hul pyn in ag neem, het Lehobye gesê.

“Dit is kommerwekkend dat ons geen ondersteuning gekry het van diegene wat ons nou kritiseer nie.”

Mnr. Terrance Mashego, ANC-hoofsweep in die Tshwane-raad, het gister gesê hy was uitstedig en dra nie kennis van Jaca se uitlatings nie.

“Ek sal eers wil uitvind presies wat gesê is voordat ek my daaroor kan uitlaat.”

- Volksblad


Inskrywings sluit Vrydagmiddag om 13h00 waarna dit gefinaliseer en versend sal word .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Griefskrif teen Tshwane Metro Polisie ter ondersteuning van Bees Roux
« Antwoord #1 op: September 08, 2010, 09:32:14 AM »
Aangesien daar nog so baie onduidelikhede, vaaghede en teenstrydighede bestaan oor wat presies gebeur het, is enige aanvalle op en veroordelings van Bees Roux voortydig en ongevraag. Die Metro Polisie het nie 'n baie goeie reputasie nie en is die laaste party wat kan beskuldigings rondslinger. Ek vind die optrede van Jaca verwerplik en rassisties. Hy behoort minstens gerepudieer te word, maar eerder vervang deur 'n verantwoordelike en gebalanseerde persoon.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Griefskrif teen Tshwane Metro Polisie ter ondersteuning van Bees Roux
« Antwoord #2 op: September 10, 2010, 09:47:07 AM »
Ek teken ten sterkste beswaar aan teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van pro-aktiewe polisiëring, se uitbarstings aangaande die Bees Roux insident.

Die redes hiervoor is as volg:
1) Jaca is hoof van pro-aktiewe polisiëring terwyl sy uitlatings meer spreek van polarisasie en aanhitsing as enigiets anders - sy uitlatings is dan ook direk teenstrydig met sy posisie en titel. Hy is dus net nog 'n onbevoegde polisieman.
2) Weereens sien ons hoe die polisie die media misbruik om 'n politieke spel te speel in aangeleenthede wat sub judice is. Dit herinner sterk aan die liegstories wat kwaadwillig deur die polisie na die afloop van die moord op Eugene Terre'Blanche versprei is.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal