Skrywer Onderwerp: Staat ‘moet grond vat, koopprys bepaal’  (Read 485 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Staat ‘moet grond vat, koopprys bepaal’
« op: September 10, 2010, 08:34:07 AM »
Johannesburg - Die ANC is nou in beheer, die onderhandelde skikking is verby en daarom moet die ANC die Grondwet verander en die stelsel van gewillige koper, gewillige verkoper skrap.

Só het mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, Donderdag gesê. “Waar­om moet ons aanhou maak asof ons steeds in ’n eenheidsregering is?”

Volgens Malema moet die staat enige grond, hetsy landelik of in stads- of dorpsgebiede, kan ont­eien en net die regering moet kan besluit wat die bedrag is wat die eienaar daarvoor moet kry.

“Ons verstaan toegewings is gemaak voor die demokratiese deurslag in 1994 bereik is. Deur ’n onderhandelde skikking het ons gesê: ‘Oukei, reg, ons gee jou die (eiendomsreg) en dan kry ons (demokrasie).’ En die Boere het daartoe ingestem.”

Hy glo die ANC moet die toegewing soos eiendomsreg hersien en terugkeer na sy oorspronklike beleid wat in die 1950’s se ­Kliptown-vryheidsmanifes vervat is.

“Ons wil nie meer townships hê nie. Almal moet gelyk wees... As daar grond is langs die strandfront in Kaapstad, moet ons dit gebruik vir die beswil van ons mense en nie aan buitelanders verkoop nie,” het hy gesê.

Malema is krities oor buitelanders wat grond in Suid-Afrika besit.

“Die koloniste tree anders op vandag. Hulle besef ons het hulle polities uitoorlê, maar ekonomies is hulle steeds in beheer,” het hy gesê.

Malema glo die prys van grond word doelbewus hoog gehou sodat die regering dit nie kan bekostig nie.

Hy het dié voorbeeld genoem: As ’n boer ’n 17000ha plaas besit, moet die regering in die vervolg die grond van hom onteien en vir “ons mense gee”.

Die boer sal dan R500000 kry, of dit wat die regering kan en wil betaal.

”Die sunset clauses moet plek maak vir sunrise clauses,” het Malema gesê. “Waar daar grond is om te onteien, kom ons onteien dit vir ons mense. Waar kommersiële grond is, kom ons kry dit vir ons mense.”

Volgens Malema sal die ANC-jeugliga volstoom werk om te verseker dié siening word die ANC en die regering se beleid ná die ANC se nasionale kongres in 2012.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Staat-moet-grond-vat-koopprys-bepaal-20100910
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal