Skrywer Onderwerp: Gevolge van die onderwysstaking  (Read 1085 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Gevolge van die onderwysstaking
« op: September 10, 2010, 08:48:04 AM »


Skort alles buitemuurs by skole vanjaar op, vra minister


9/9/2010 10:37:14 PM

Me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ’n beroep op provinsiale LUR’e gedoen om weens die chaos wat die staatsdiensstaking teweeggebring het alle buitemuurse aktiwiteite by skole tot die einde van die jaar op te skort.

Die jaarlikse nasionale assessering van gr. 3-, gr. 6- en gr. 9-leerlinge wat in November sou plaasvind, word tot Februarie volgende jaar uitgestel, het sy in ’n verklaring gesê.

Dié besluit is volgens Motshekga geneem omdat die staking die onderwysstelsel onder enorme druk geplaas het.

“Ek is oortuig daarvan dat dit die stelsel tyd sal gee om alle leerlinge vir die toetse voor te berei.”

Haar departement sal voorbeelde van geletterdheids- en gesyferdheidstoetse versprei om die klem op die belangrikheid daarvan te plaas.

Sy het dringend versoek dat alle skole geletterdheid en gesyferdheid hul hooffokus maak en bykomende programme daarin aanbied.

Die Raad van Onderwysministers (ROM), wat uit die minister en die LUR’e bestaan, het verskeie opsies oorweeg om te vergoed vir die tyd wat weens die staking verlore gegaan het.

Dit sluit in die verlenging van die skooldag, klasse in naweke en die gebruik van die September-vakansie.

“Al die opsies sal versigtig oorweeg word en die departement sal binnekort ’n aankondiging daaroor doen.”

Wat vanjaar se matrikulante betref, het sy gesê hul selfvertroue moet opgebou en hul hoop herstel word.

“Ek vra alle Suid-Afrikaners om betrokke te raak soos wat hulle Bafana Bafana tydens WB 2010 ondersteun het.”

Provinsies sal met hul spesiale programme voortgaan om gr. 12’s te help, terwyl vennootskappe met die SAUK sal voortgaan, het die minister gesê.

Sy het ook ’n beroep op matrikulante gedoen om elke geleentheid te gebruik om hul volle potensiaal te verwesenlik.

Haar departement sal regstreeks bystand lewer in skole waar daar deurlopend onderprestasie is.

“Dit sal gepaardgaan met goeie leermateriaal en leerlinge sal leiding van kundiges kry.”

Motshekga het gesê daar is 45 dae oor voordat die eindeksamen begin en leerlinge moet ook self verantwoordelikheid vir hersiening aanvaar.

“Die nasionale staking deur onderwysers was ’n groot slag vir openbare onderwys en het veral ’n vernietigende uitwerking op die onderrig van arm, landelike en swart leerlinge gehad.”

Sanderis

  • Gas
Re: Gevolge van die onderwysstaking
« Antwoord #1 op: September 10, 2010, 08:52:33 AM »
Ek wonder of die staking nou al paar blankes se oë oopgemaak het m.b.t. alternatiewe onderwys .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Gevolge van die onderwysstaking
« Antwoord #2 op: September 10, 2010, 08:59:51 AM »
Dit het nogal so geklink by ons sinode. BCVO is as vanselfsprekende alternatief aanvaar.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Gevolge van die onderwysstaking
« Antwoord #3 op: September 10, 2010, 09:12:41 AM »
Ek is bly oom Adri dat daar darem positiewe gevolge (vir ons) daaruit gekom het .

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Gevolge van die onderwysstaking
« Antwoord #4 op: November 12, 2010, 10:46:07 AM »
Die Ouderlinge en Predikante by die sinode sien die probleme, maar die ouers in die gemeente word nog deur die gemeenskap vertel: Hier by ons gaan dit nie so erg nie, Ons is nog 'n christelike skool, ons open nog elke maandag met skriflesing en gebed.  En ons lidmate word kwaad vir die predikante en ouderlinge wat in predikeing en met huisbesoek die ware toedrag van sake openbaarmaak, want dit raak hulle sakke, status in die gemeenskap en nou-nou gaan hulle kinders nie sport doen nie.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Gevolge van die onderwysstaking
« Antwoord #5 op: November 13, 2010, 08:34:06 AM »
Martin, ek ervaar dit ook so, maar nou moet ek vra, versaak die kerk nie sy plig, as hy nie die ouers waarsku dat hulle, hulle doop beloftes moet na kom nie?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal