Skrywer Onderwerp: Nuwe plan kom vir plaasveiligheid  (Read 526 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Nuwe plan kom vir plaasveiligheid
« op: September 10, 2010, 09:29:47 AM »
Kaapstad - Daar sal teen Maart volgende jaar landwyd polisie-eenhede wees om misdaad op plase en in landelike gebiede te bestry.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Donderdag in Pretoria met die bekendmaking van die jongste misdaadsyfers gesê die polisie is besig om dié eenhede “terug te bring”.

Landelike inwoners is meer kwesbaar sedert die kommandostelsel afgeskaf is.

Volgens Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, moet die nuwe landelike polisie-eenhede dié leemte vul en sal hulle met die nodige voertuie en toerusting toegerus word.

“Die landelike gebiede is groot, dikwels moeilik bereikbaar en daar is op plekke geen selfoonopvangs nie.

“Die beamptes moet opgelei wees om binne dié raamwerk te funksioneer en hulle moet by die gemeenskap inskakel,” het Mnisi gesê. Hy wou hom nie tot ’n spesifieke datum vir die inwerkingstelling van die eenhede verbind nie.

Mnisi het egter bevestig dat die eenhede wel voor die einde van die huidige boekjaar sal terugkeer.

Van die toerusting wat vir die beveiliging van die Wêreldbeker-sokkertoernooi vroeër vanjaar aangekoop is, sal daarvoor aangewend word.

Die nuwe landelike veiligheidsplan volg op verskeie vergaderings wat vroeër vanjaar tussen Mthethwa, georganiseerde landbou en vakbonde vir plaaswerkers plaasgevind het.

André Botha, voorsitter van AgriSA se komitee oor landelike veiligheid, het gister gesê Mthethwa en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, “toon die politieke wil en leierskap” om die plan te laat werk.

Die samewerking tussen die polisie en georganiseerde landbou het reeds verbeter. “Die gesindhede het verander en die reaksietyd (nadat ’n misdaad aangemeld is) het ook verskerp.”

Daar is in sommige gebiede reeds polisiebeamptes wat op landelike veiligheid fokus en deur reserviste – onder hulle is mense wat voorheen in kommando’s gedien het – bygestaan word. Dié beleid word nou landwyd ingestel, het Botha gesê.

Volgens hom wag AgriSA vir die polisie se regsafdeling om ’n regsmening uit te spreek oor of polisiewapens aan reserviste uitgereik kan word en hulle dit mag huis toe neem.

Reserviste gebruik reeds hul eie voertuie om plase te patrolleer. Die regsdienste moet ook besluit of die polisie aanspreeklikheid sal aanvaar vir die skade aan die private voertuie wanneer reserviste aan diens is.

Die moontlikheid word ook ondersoek of blou ligte en magneetbande om private voertuie tydelik as polisievoertuie te merk, aan reserviste uitgereik kan word.

Botha het gesê plaaswerkers word ook betrek.

“Ons beleid is een boer, een plaaswerker.”


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-plan-kom-vir-landelike-beveiliging-20100910
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Nuwe plan kom vir plaasveiligheid
« Antwoord #1 op: September 10, 2010, 09:34:39 AM »
Volgens Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, moet die nuwe landelike polisie-eenhede dié leemte vul en sal hulle met die nodige voertuie en toerusting toegerus word.
[url]http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-plan-kom-vir-landelike-beveiliging-20100910[/url]

Sal maar moet sien voor ek dit glo...

Sal my ook nie verbaas as die ANCYL en YCL jeugdiges (wat tans militêre opleiding kry) in hierdie eenhede ontplooi word nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal