Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Staat se nuwe planne met grond  (Read 3321 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Staat se nuwe planne met grond
« op: September 20, 2010, 12:32:31 PM »
Die gewillige koper/verkoper-banadering om grond te koop, het die pas waarteen grondhervorming plaasgevind het geen guns bewys nie, het pres. Jacob Zuma Maandag by die ANC-kongres in Durban gesê.

"Die huidige benadering tot grondhervorming het nie teen die tempo waarop gehoop is beweeg nie."

'n Omvattende landelike ontwikkelingsprogram is in plek en 'n loodsprogram is in agt provinsies begin.

"Ons teiken is om 30% van landbougrond teen 2014 te herverdeel," het Zuma gesê.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-planne-met-grondhervorming-20100920-2
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #1 op: September 20, 2010, 01:50:53 PM »
Hoe gaan hulle weet wanneer het hulle die 30% teiken behaal, aangesien daar geen statistiek gehou word oor die grondroof program nie?

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #2 op: September 20, 2010, 06:45:16 PM »
Daar gaan 'n databasis van grondeienaarskap opgestel word , hoe effektief dit sal wees sal nugter alleen weet . As dit moet meet aan die toestand waarin stadsrade vandag regoor die land verkeer a.g.v. swak/wanbestuur , is daar nie veel hoop nie .
Hul kan dit wel tot hul voordeel aanwend om die statistieke te kook .

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #3 op: September 20, 2010, 07:00:28 PM »
Aanhaling
"Die huidige benadering tot grondhervorming het nie teen die tempo waarop gehoop is beweeg nie."

Beteken dit die land gaan nie vinnig genoeg agteruit na die ANC se mening nie ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #4 op: September 21, 2010, 08:14:54 AM »
Let op dat hulle sê 'landbougrond'  en nie grondeienaars nie. Dit skep nogal 'n heel ander kwessie. In die Noordwes- Kaap wissel plaasgroottes van 3000 ha tot 30 000 ha, as gevolg van lewensvatbaarheid. Die regering sal nie na lewensvatbaarheid van grond kyk nie, maar juis oor die grootte en dis hier waar daar 'n nog groter probleem gaan kom as wat bloot 30% eienaars hul grond moet afgee. Of anders dink ek dalk net agterstevoor.....
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #5 op: October 19, 2010, 04:57:15 PM »
HERVORMING OP DIE AFDRAANDE PAD

  Deur ALANI JANEKE
Die Grondeisekommissie is in ‘n gat en sak al hoe dieper weg terwyl hy
 in die herstel van grondregte misluk
 , sê mnr. Sibusiso Gamede waarnemende hoofgrondeisekommissaris.

Luidens ‘n berig in
 Die Burger (15 Oktober) het die kommissie verlede week sy verslag vir die 2009/’10 
geldjaar aan die parlementêre portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling 
en grondhervorming voorgelê.

“Ons is in ’n gat waarin ons al dieper wegsink. Ons het ’n 
omkeerstrategie wat die vernaamste uitdagings identifiseer en planne beraam 
om dit te takel. Maar ’n gebrek aan geld en ’n toename in hofsake waarin die kommissie hom moet verdedig, bemoeilik sake,” het hy tydens die sessie.

Die kommissie en Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming
 het die komitee warm onder die kraag gehad oor die
 stadige vordering met grondhervorming
 en die onsekerheid oor statistiek en syfers.

Die omkeerstrategie
Mnr. Stone Sizane, voorsitter van die portefeuljekomitee het by herhaling 
gesê dit is onaanvaarbaar dat grondeise so lank neem om af te handel, en hy het daarop aangedring dat die kommissie en departement voor die einde van die 
jaar hul omkeerstrategie aan lede van die departement voorlê.

Intussen sê Mineworkers Investment Company (MIC) die Regering moet versigtig wees daarvoor om swart boere na ondergang te lei deur net grond aan hulle te verskaf, en nie die nodige ondersteuning na oorhandiging te verskaf nie.   
Luidens ‘n berig op Fin24.com  sê mnr. Paul Nkuna, uitvoerende hoof van MIC: “Dit help nie om net mense op die grond te sit sonder enige 
hulp nie.”

Hulp van privaatsektor
Volgens Nkuna moet die Regering ooreenkomste met die privaatsektor aangaan om
begunstigde boere by te staan
 rondom hulpbronne en opleiding, en hulle produktief te maak.

Hy het verwys na ‘n gemeenskapsprojek op 49 ha in Kokstad in KwaZulu-Natal, 
waarby Pick ‘n Pay betrokke is deur al die produkte van die grond af, aan te koop.  Volgens Nkuna kan swart boere ‘n groot rol rakende voedselsekerheid speel.

19 Oktober 2010

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #6 op: October 20, 2010, 03:47:25 AM »
Vir honderde jare kon niemand daarin slaag om hierdie mense suksesvolle landbouers te maak nie, en hoe hierdie regering dit gedoen gaan kry weet niemand nie.

Net soos wat jy die Boere-Afrikaner nooit kan oortuig om toordery te aanvaar nie, net so min kan die grond-gryp beleid tot sukses lei in die voorsiening van voedselvoorsiening en landbou in die algemeen.
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #7 op: October 20, 2010, 11:09:52 AM »
Grondgrypkommissie oppad:


’n Groenskrif is in die nasionale kabinet ter tafel gelê waarin o.m. vervat is dat onteiening as vernaamste grondherstelinstrument  geld ‘n onderskeid getref word tussen private en grondhervormingstransaksies en wydlopende magte toegeken word aan ’n nuwe grondbestuurskommissie om o.a. eiendomsregte ongeldig te verklaar.  Die groenskrif bevat besonderhede oor hoe grondpryse bepaal gaan word en wat die magte van die grondbestuurskommissie (LMC), ’n nuwe statutêre liggaam, moet wees.  Die regering stel voor dat grondbestuur op drie bene rus:  Staatsgrond wat uitverhuur word, private grondbesit met beperkte omvang en beperkte buitelandse besitreg.  Die LMC “moet die regulatoriese owerheid vir alle staats-, openbare en private grond in Suid-Afrika wees” en die optimale gebruik van alle grond in die land verseker.  Die kommissie sal enigiemand om getuienis kan dagvaar én “die mag hê om individuele of korporatiewe eiendomsregte te verifieer en geldig of ongeldig te verklaar”.  Dit is duidelik dat die LMC geoormerk word om die outokratiese grondgrypinstrument van die staat te word.

Bron :DitsemBlits

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #8 op: October 21, 2010, 05:33:46 AM »
Daar is 3 soorte mense.

1. Diegene wat kommunisme voorstaan.
2. Diegene wat kommunisme verstaan.
3. Diegene wat lekker slaap.

Hierdie groenskrif moet mos nou sekerlik alle twyfel uit die weg ruim oor waar die beleid vandaan kom?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #9 op: November 16, 2010, 01:04:22 PM »
Grondwaarde generaal vir SA ?
  Deur ALANI JANEKE
‘n Grondwaarde-generaal is een van die voorstelle van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, om probleme oor grondpryse aan te spreek.

Die Minister het tydens ‘n vraesessie in die Parlement gesê hy wil só ‘n generaal aanstel om seker te maak norme en standaarde rakende grondpryse word neergepen.

Nkwinti het in ‘n antwoord op ‘n vraag van me. Annette Steyn van die Demokratiese Alliansie gesê dié voorstel sal binnekort voorgelê word. Sy 
het aan hom gevra watter metodes gebruik is om vas te stel dat die gewillige 
koper/verkoper beginsel nie werk nie.

“Dit is hoekom ons ‘n situasie in die land het waar die grootste 
meerderheid van ons mense nie hulle eie grond besit nie. Hul Regering kan nie toegang tot grond kry nie weens pryse wat deur waardeerders aangepas word, waaroor geen beheer bestaan nie.” Dit is hoe Nkwinti ‘n redelike vurige 
antwoord aan Steyn afgesluit het.

Sal dit werk?

Steyn meen geen stappe gaan werk om die grondhervormingsproses te bespoedig as ‘n volledige grondoudit nie gedoen is nie. “Ons grootste krisis nou is om eers ‘n grondoudit te kry. Myns insiens is enige iets 
anders eers onnodig. Sonder ‘n grondoudit kan niks van die ander probleme rakende grondhevorming behoorlik aangespreek word nie,” vertel Steyn.

Die Minister het opgemerk dat taakspanne in elke provinsie tans werk aan ‘n opname om bv. vas te stel hoeveel grond reeds oorgedra is. Dié resultate sal volgens Nkwinti na verwagting binne die volgende twee maande beskikbaar te 
wees.

Verskeie vrae rondom grondhervorming, en hoekom die departement nie weet 
presies hoeveel grond al oorgedra is nie, is ook aan Nkwinti gevra. Kliek hier en lees die vraag- en antwoord dokument uit die Parlement.

15 November 2010

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #10 op: January 22, 2011, 01:33:16 PM »
Waarskuwings oor grondplanne van regering

“Die regering se voorneme om grond namens plaaswerkers te bekom deur gebruik te maak van ingrypende onteieningsmagte is ‘n gevaarlike en onverantwoordelike voorneme,” sê die Vryheidsfront Plus op die voorgestelde konsepwysigingswet op Verblyfsekerheid wat op 24 Desember 2010 in die Staatskoerant gepubliseer is. Die party verklaar: “Hierdie voorgestelde konsepwysigingswet hou beduidende en verreikende gevolge in vir tradisionele eiendomsregbeginsels. Dit haal die hoeksteen van ekonomiese stabiliteit uit en sal nie net tot plaasbewoners en landbougrond beperk kan word nie. Die ANC-regering blyk daartoe verbind te wees om eiendomsreg in Suid-Afrika te verander weens politieke oorwegings, maar besef nie wat die ge volge kan wees nie.” Inmiddels sê TLU SA in ’n mediaverklaring: “Dit wil nou voorkom of van die knypendste bepalings wat in die uitgelekte Groenskrif op Grondhervorming bespreek is, in ander wetgewing ingeskryf word. Die feitlik terselfdertyd gepubliseerde wetgewing oor verblyfsekerheid, hang nou saam met die arbeidswetgewing en is ’n aantasting van die boer se eiendomsreg. Die Verblyfreg konsep bied die potensiaal dat boere nie meer doeltreffend op hul plase sal kan boer nie. Bowendien is daardie konsep besig om baie verantwoordelikhede van plaaslike owerhede na boere te verplaas.”

Bron : DitsemBlits

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #11 op: February 17, 2011, 08:50:24 PM »
“Grondsteelwet”

Albei die toonaangewende organisasies vir kommersiële boere in die land, Agri SA en TLU SA, het hul hewiglik gekant verklaar teen die konsepwetgewing wat die regering voorgelê het oor sg. verblyfsekerheid vir plaaswerkers en plaasbewoners.  Ingevolge die voorstelle sal plaaswerkers kommersieël op die grond van ’n plaaseienaar mag boer en mag hy ook beeste aanhou sonder die toestemming van die eienaar.  Boere sal ook verplig wees om bv. elektrisiteit vir plaaswerkers te voorsien, selfs al is daar nie Eskom-krag op die plaas nie.  Die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, mnr. Henk Vermeulen, sê die voorgestelde wysigings is niks anders as ’n stelsel van die regering om grondbesetting te wettig nie.  Die voorstelle gee soveel regte aan plaaswerkers, -bewoners en hul f amilie dat boere later geen seggenskap oor hul eie plase sal hê nie.  Uit ’n regsoogpunt word gesê dat die voorstelle ongrondwetlik is en ’n klug maak van die geykte beginsel van vaste eiendomsbesit.  Andersins word oor die algemeen reguit die mening uitgespreek dat die voorstelle ’n set is van die regering om boere van hul plase te dwing ten gunste van swart besetters – ’n herhaling van die Zimbabwe-situasie, net ’n tikkie meer gesofistikeerd.  As sulks is die voorgestelde wetgewing eintlik ’n “grondsteelwet”.

Bron : DitsemBlits

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #12 op: March 01, 2011, 11:32:08 PM »
SAIRR on the Draft Land Tenure Bill of 2010       
Written by Dr Anthea Jeffery     
Tuesday, 01 March 2011 

Here follows the executive summary of the South African Institute of Race Relations' Submission to the Department of Rural Development and Land Reform, Regarding The Draft Land Tenure Security Bill of 2010

Executive Summary

The agricultural sector is vital to food security and is also a key source of jobs for unskilled workers. Yet the number of commercial farms has decreased by 31% since 1994, while the number of farm jobs has dropped by 50% in the same period.

At a time when an important green paper on land policy remains under discussion, the Draft Land Tenure Security Bill of 2010 (the bill) cuts across this negotiating process and could undermine the viability of commercial farmers by giving residents on their farms a raft of new and unrealistic rights.

The bill gives farm residents (other than farm workers) so many extraordinarily wide-ranging rights – including the right to ‘do commercial farming’– that it will give farmers yet more reason to mechanise, shed labour, or go and farm elsewhere.

The resulting damage to property rights and the likely loss of farm jobs will add to rural destitution, rather than aiding rural development.

The bill is also unrealistic in advocating the establishment of agri-villages and giving farmers incentives to move their farm residents (with state consent) into these new settlements.

The bill seems to aspire to the resettlement in agri-villages of many of the 2.8m people currently living on commercial farms. Yet farm residents resettled in agri-villages are likely to be worse off than they are today.

Despite the bill’s misleading title, residents of agri-villages will not in fact have any greater security of tenure than they currently enjoy as residents on farms. On the contrary, those living in agri-villages will generally have mere temporary permits to live and farm in these settlements. They may lose those permits if they do not farm well enough to satisfy state officials who, in withdrawing permits, may not always act in good faith or on the basis of comprehensive and objective evidence.

Residents who lose their temporary permits will seemingly have to make way for others and will thus have little protection from eviction from agri-villages. Their security of tenure will be less than what they have on commercial farms, where they enjoy extensive protection against eviction under the Land Reform (Labour Tenants) Act of 1996 and the Extension of Security of Tenure Act of 1997, both of which are now to be repealed.

Though few South Africans (9% at most, it seems) have an interest in farming (most preferring to find jobs in urban areas), residents of agri-villages will come under pressure to succeed at small-scale farming. However, this is seldom profitable even in optimal circumstances. It also requires a high level of entrepreneurial drive, coupled with a complex range of skills in spheres ranging from husbandry to marketing and financial management.

In addition, since no individual will own the land in agri-villages, no one will be able to use it as collateral for loans and no one will have incentives to look after it. Agri-villages thus risk turning into overcrowded shack settlements in which attempts at small-scale farming without adequate loan capital or other support will result in over-grazing, soil erosion, and the trespassing of livestock on to adjacent farms.

Residents of agri-villages who are also farm workers will face particular pressures, for they will have to commute long distances to and from work at significant expense and will carry a double burden. Since their temporary permits to reside in agri-villages will depend on success in growing crops and grazing livestock there, they will have to be farm labourers by day and peasant farmers by night.

Agri-villages will also be costly to establish. In many instances, they will require the duplication of the housing which farm residents already have on farms, along with a duplication of the roads, sanitation, electricity networks, schools, and clinics which have already been provided in many small towns in rural areas. This will give rise to a wastage of scarce resources, while increasing the pressures for delivery on a state already battling to overcome housing and other backlogs.

Residents of agri-villages will also live under extensive state control. Whereas they currently live in often well-settled communities and with a significant degree of self-reliance, once they have been resettled in agri-villages they will live on state-owned land, under the control of a new state land board, and on the basis of limited permits to live and farm which will be granted by the State and can be withdrawn by it again.

Ironically, black farmers living in agri-villages will have a form of title similar to that of black retailers in urban townships under the apartheid system. They too were not able to own the land on which their shops were situated and they too had to satisfy local officials or forfeit their licences.

The bill will leave everyone worse off. It will prejudice resettled farm residents, while eroding property rights. It will also undermine commercial farming and food security, to the detriment of all South Africans.

The bill is potentially so damaging that the only solution is to withdraw it altogether.
Ons Sal!!!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #13 op: March 02, 2011, 12:17:48 PM »
My vraag is of gaan hulle net by 30% bly?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #14 op: March 03, 2011, 12:04:55 PM »
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #15 op: March 03, 2011, 04:06:45 PM »
Ek sien die Freedom Charter is aanvaar in 1955, en bevat die woorde "All Apartheid laws and practices shall be set aside".

Ek dog Hendrik Verwoerd word deur die swartes as die argitek van Apartheid geblameer, maar het HF nie eers in 1961 Eerste Minister van die nuutgevonde RSA geword nie?

Jammer as my geskiedenis nou lol, maar iets maak nie sin nie.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #16 op: March 04, 2011, 06:54:23 PM »
Die besigheidsmanne in die buiteland gaan baie lank voor die politici sien wat in SA aangaan...

London - South Africa is flawed and set to "blow up" within the next 15 years with more serious consequences than Libya, says Toscafund, one of the UK's most high-profile hedge funds.

It tips commodity-rich Russia and Australia to benefit.

Chief economist and partner Savvas Savouri, who has been researching South Africa's economy, cites emigration of professional workers and what he sees as a "lack of centralised leadership" when it comes to dealing with problems such as the Aids epidemic.

"It's socially, politically and demographically flawed. It will malfunction within 15 years. It will go the way of MENA (the Middle East and North Africa) but the blow-up will be much more serious," Savouri told Reuters in an interview this week.

"Professional whites and blacks are leaving in hordes - the human capital is decaying," he said.

Savouri's comments come as Libyan ruler Muammar Gaddafi struggles to contain a two-week-old popular uprising in the world's 12th-largest oil exporter, which has helped push brent crude above $115 a barrel.

The unrest across North Africa and the Middle East has also seen the ousting of Egyptian leader Hosni Mubarak and Tunisian leader Zine al-Abidine Ben Ali, as well as protests in Bahrain and Saudi Arabia.

Savouri said a "malfunction" in South Africa, which is the world's biggest producer of platinum and a major producer of palladium alongside Russia, would push commodity prices higher, benefiting rival commodity-rich countries.

"Clearly Russia and Australia will win out. The surge in commodity prices will benefit them," he said.
Savouri, who is known for being outspoken in his predictions, said in January that the financial services industry was practically "lawless".

http://www.fin24.com/Economy/Hedge-fund-warns-of-SA-blow-up-20110304

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #17 op: March 14, 2011, 10:50:11 AM »
Werner

Jy's reg.  Iets maak nie sin nie.  Die ANCKP se propaganda maak nie sin nie.  Ons moet onthou dat die NP onder DF Malan al in 1948 op die beleid van Apartheid die Vollksraad verkiesing gewen het.  Wat die "Freedom Charter" en vandag se propagande nie in ag neem nie is die historiese aanloop daartoe.  Die probleem is dat Malan 'n Unie geerf het wat deur die Britte op alle volke suid van die Limpopo en Molopo, Swaziland en Lesoto uitgesluit, afgedwing het deur die anneksasie van volkseie koninkryke en die Boererepublieke en dit saam te voeg met die Kaapkolonie, een staat te maak.  In plaas daarvan dat die swart volke hulle eie grondgebied en koninkryke wou terughê het hulle in die myne kom werk en het gretigheid ook hulle beetgepak, soos die Britte vyftig jaar tevore.  Hulle wou toe nie onafhanklikheid in hulle eie koninkryke terug hê nie, maar die rykdom van die hele land hulleself toeeien.  Dis waaroor die revolusie gaan, nie menseregte, demokrasie of watter ander foefie hulle ookal uitdink nie.  Ware demokarasie sou juis beteken dat hulle nie sou besluit om alles vir hullleself in te palm soos die "Freedom Charter" dit stel nie maar dat elke volk homself sou regeer in sy eie grondgebied.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #18 op: May 11, 2011, 09:24:37 PM »

Mnr. Gugile Nkwinti

Staat wil grondeise heropen
2011-05-11 00:56

Pieter du Toit

Kaapstad. – Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming gaan by die kabinet aanbeveel dat die grondeisproses heropen word.

Volgens dié voorstel moet die afsnydatum van 1913 – die jaar waarin die Wet op Naturellegrond gepromulgeer is – teruggeskuif word en moet die tydperk waarin grondeise ingestel kan word langer as die drie jaar van die aanvanklike proses wees.

Dié voorstelle is die naweek gedoen op ’n werksessie oor grondrestitusie wat mnr. Gugile Nkwinti, die minister, se departement in ’n Johannesburgse hotel aangebied het.

Volgens mnr. Mtobeli Mxotwa, sy woordvoerder, is dieselfde voorstelle gister tydens die minister se besoek aan Kenton on Sea in die Oos-Kaap gedoen.

“Mense doen nou al lank ’n beroep op die minister om die proses van voor af te begin. Die geraas het nou ’n crescendo bereik, ons kan dit nie langer ignoreer nie,” het hy gister gesê.

Dit volg op mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, se herhaalde beroepe dat grond sonder vergoeding by wit boere afgeneem moet word en sy uitlatings die naweek dat alle wit mense misdadigers is omdat hulle grond gesteel het.

Volgens Mxotwa is die ontheemdes se hoofklagte dat hulle in die vorige eisproses, tussen 1995 en 1998, nie daarvan geweet het nie of hul eis te laat ingedien het. “Die minister het saamgestem en onderneem om die voorstel na die kabinet te neem. As dit daar goedgekeur word, sal dit na die parlement gaan vir oorweging.”

Grondeisers het ná die deurvoer van die Wet op Grondrestitusie in 1994 tot 31 Desember 1998 tyd gehad om hul eise in te dien. Dié eise was vir grond wat tussen 1913 en 1994 afgeneem is. Sedertdien is meer as 74 000 van byna 80 000 eise afgehandel.

Mnr. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het in sy reaksie gesê hy is besonder verbaas oor die verwikkelinge. Sy organisasie, die grootste in sy soort in die land, is nie na die werksessie genooi nie.

“Die eerste woord wat ons daarvan gehoor het, was gister (eergister). Dit is die goedkoopste verkiesingsfoefie met die duurste gevolge. Mense hardloop reeds weg van landbou af en dít (die voorstel) gaan net bydra tot die onstabiliteit in die bedryf.”

De Jager het gesê die minister se planne is vir hom vreemd, veral aangesien die regering sedert 2005 by minstens vyf geleenthede gesê het daar is geen planne om die proses te heropen nie.

Ook dr. Ruth Hall, senior navorser in grondregte en landelike hervorming aan die Universiteit van Wes-Kaapland, is verbaas oor Nkwinti se planne.

“Die regering van oudpres. Thabo Mbeki het vasgeskop teen sulke voorstelle. Die besluite oor grondrestitusie was ook een van die hoekstene wat die onderhandelingsproses laat slaag en tot die wetsaanvaarding in 1994 gelei het.

“Boonop het die parlement in 2007 openbare verhore oor presies dié kwessie gehou en besluit dit is nie wys om die proses te heropen nie.”

Me. Annette Steyn, DA-woordvoerder oor grondsake, het gesê om die afsnydatum verder as 1913 te vat, is problematies. “Daar word reeds gesukkel om eise ná dié jaar te bewys. Vóór 1913 gaan amper onmoontlik wees.”

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #19 op: May 25, 2011, 09:00:45 PM »
Grondeise-praatjies ’net politieke vertoon’
 
Deur NICO VAN BURICK

Die praatjies dat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, by die Kabinet wil aanbeveel dat die grondeiseproses heropen moet word, is sinnelose politieke vertoon, sê prof. Lawrence Schlemmer, een van die land se voorste marknavorsers en ’n onafhanklike politieke ontleder.

Skerp reaksie
Mediaberigte oor die moontlike toelating van nuwe eise het skerp reaksie ontlok. Schlemmer sê hy beskou dit as ’n verkiesingsfoefie met die oog op politieke gewin en dat dit nie eers die moeite werd is om die verdienste daarvan te debatteer nie. Hy sê dit is tragies dat ’n Regering met só ’n magsoormag nie kan bly by die uitvoering van sy eie ernstige beleid nie.

“Die minste wat mense van ’n verantwoordelike regering verwag, is om standhoudend, betroubaar en voorspelbaar te wees. In die verlede is daar ernstige versekerings oor die proses van restitusie gegee en Suid-Afrikaners het dit só aanvaar. Losse uitsprake, soos dié, ondergrawe vertroue − selfs by diegene vir wie die politici juis probeer beindruk.”

’n Byenes is onlangs oopgesteek toe Nkwinti klaarblyklik aangedui het dat ’n resolusie oor hierdie omstrede kwessie – soos dit op ’n werksessie oor restitusie geformuleer is − aan die Kabinet voorgelê gaan word. In die resolusie word gevra dat die proses om grondeise in te stel, weer oopgestel moet word en dat die afsnydatum van 1913 teruggeskuif moet word.

Situasie wek kommer
Agri SA het sy ernstige kommer oor die moontlikheid uitgespreek. Daar was dikwels in die verlede sulke versoeke, maar die Regering het telkens daarteen besluit omdat dit onbekostigbaar en onbestuurbaar sal wees, sê Agri SA.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter, sê die berigte daaroor skep opnuut onsekerhede in die landbou. Hy sê sedert 1999 kon die kapasiteit nog nie ontwikkel word om die grondeiseproses sinvol te administreer nie.

Laat veld wyd oop vir eise
De Jager sê voor 1913 was daar ook nie diskriminerende wetgewing oor grondbesit nie en heelwat grond het in swart-teen-swartkonflik van hande verwissel. Tradisionele stamme sou dus teen mekaar eise kon instel en die Koi-San sou die hele land kon eis.

Genl.-maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van die TLU SA, sê die ANC moet maar die proses tot by 1652 terugvat sodat net die Koi-San enige aansprake kan hê. Hy meen al die uitsprake was bloot daarop gemik om emosies voor die verkiesing op te jaag.

23 Mei 2011


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal