Regtelike Sake > Departement van Grondsake
Staat se nuwe planne met grond
André Strydom:
Die gewillige koper/verkoper-banadering om grond te koop, het die pas waarteen grondhervorming plaasgevind het geen guns bewys nie, het pres. Jacob Zuma Maandag by die ANC-kongres in Durban gesê.
"Die huidige benadering tot grondhervorming het nie teen die tempo waarop gehoop is beweeg nie."
'n Omvattende landelike ontwikkelingsprogram is in plek en 'n loodsprogram is in agt provinsies begin.
"Ons teiken is om 30% van landbougrond teen 2014 te herverdeel," het Zuma gesê.
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-planne-met-grondhervorming-20100920-2
Ben Geldenhuys:
Hoe gaan hulle weet wanneer het hulle die 30% teiken behaal, aangesien daar geen statistiek gehou word oor die grondroof program nie?
Sanderis:
Daar gaan 'n databasis van grondeienaarskap opgestel word , hoe effektief dit sal wees sal nugter alleen weet . As dit moet meet aan die toestand waarin stadsrade vandag regoor die land verkeer a.g.v. swak/wanbestuur , is daar nie veel hoop nie .
Hul kan dit wel tot hul voordeel aanwend om die statistieke te kook .
Sjarko:
--- Aanhaling ---"Die huidige benadering tot grondhervorming het nie teen die tempo waarop gehoop is beweeg nie."
--- End quote ---
Beteken dit die land gaan nie vinnig genoeg agteruit na die ANC se mening nie ?
Kleinbekkie:
Let op dat hulle sê 'landbougrond' en nie grondeienaars nie. Dit skep nogal 'n heel ander kwessie. In die Noordwes- Kaap wissel plaasgroottes van 3000 ha tot 30 000 ha, as gevolg van lewensvatbaarheid. Die regering sal nie na lewensvatbaarheid van grond kyk nie, maar juis oor die grootte en dis hier waar daar 'n nog groter probleem gaan kom as wat bloot 30% eienaars hul grond moet afgee. Of anders dink ek dalk net agterstevoor.....
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version