Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Staat se nuwe planne met grond  (Read 3321 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #20 op: June 08, 2011, 09:17:47 PM »
Grondeise kan dalk heropen word, sê minister
2011-06-07 22:46


Philda Essop

Kaapstad - Tensy grondhervorming en herverdeling met groter dringendheid aangepak word, kan ’n “ware moontlikheid” van grondvergrype ontstaan.

Mnr. Thulas Nxesi, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het dié waarskuwing gister in die begrotingsdebat van mnr. Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, uitgespreek.

Hy het ná die debat op ’n nuuskonferensie gesê grond is ’n baie sensitiewe kwessie. Grondeise neem soms langer as wat verwag word en die ingewikkeldheid daarvan frustreer mense.

“Jy vind die gemeenskap raak gefrustreer en dreig om grond te vat, maar ons het slegs ’n paar voorvalle gehad. Ons het met ’n paar gemeenskappe gepraat en aan hulle verduidelik dat dit nie regeringsbeleid is nie en dat hulle geduldig moet wees.”

Nkwinti het ook laat blyk dat sekere grondeise moontlik in die toekoms heropen kan word.

Hy het erken dat die navorsing en verifikasieproses van die departement in sommige gevalle swak was. Hy gaan binnekort ’n aanbeveling oor die pad vorentoe aan die kabinet doen.

Grondeisers het ná die Wet op Herstel van Grondregte in 1994 deurgevoer is tot 31 Desember 1998 gehad om hul eise in te dien. Dié eise was vir grond wat tussen 1913 en 1994 onteien is. Sedertdien is meer as 74000 uit amper 80000 eise afgehandel.

Hy het ’n voorbeeld van eisers in die Oos-Kaap genoem wat weggewys is. “Ons moet erken ons was verkeerd. Die gevolg hiervan was dat baie mense uitgelaat was.”

Die tyd was ook te kort. “Ons sit met gevalle waar sommige mense bure was, maar dan het die een ’n eis ingedien en die ander nie.”

Op ’n vraag oor sy aanbeveling aan die kabinet het Nkwinti geantwoord: “Ek sal sê daar is logika in dit wat die mense gesê het.”

- Die Burger

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #21 op: June 28, 2011, 09:08:56 PM »
Boere prys die nuwe grondplan
2011-06-28 00:00


Jan de Lange

Midrand - Dit is goeie nuus, het boere gister gesê oor die nuwe planne wat pres. Jacob Zuma gister aangekondig het om grondhervorming gladder te laat verloop.

Die planne wat Zuma op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee aangekondig het, behels:

    ’n Waardeerder-generaal gaan aangestel word om die herverspreiding van grond gladder te laat verloop;

    ’n Grondbestuurskommissie gaan geskep word wat grondtransaksies kan ondersoek en titelaktes kan hersien;

    Die nuwe huurpagwetsontwerp sal voorsiening maak vir die vestiging van agri-dorpies om volhoubare nedersettings vir plaasinwoners te skep;

    Die skepping van ’n grondregte-bestuursraad wat die agri-nedersettings sal reguleer, asook regs- en bemiddelingsteun aan plaaswerkers en –inwoners verskaf; en

    ’n Nuwe groenskrif oor grondhervorming sal drie vorms van herverspreiding daarstel. Eerstens sal staatsgrond verhuur word, tweedens sal daar vrypag wees met beperkings op hoeveel grond ’n mens of ’n maatskappy kan besit, en derdens sal ’n nuwe vorm van grondbesit vir buitelanders ontstaan.

“Dit beteken grondeienaarskap kan teruggaan na die staat toe indien hulle (buitelanders) nie aan sekere verpligtinge voldoen nie,” het Zuma gesê.

Hy het bygevoeg die regering het sedert 1994 op die mark staatgemaak om te bepaal watter grond hy aankoop vir herverspreiding en teen watter prys.

“Daarmee het ons die regering effektief tot ’n prysnemer gereduseer. Dit het die regering ook aan allerhande soorte gevare in die grondwaardeketting blootgestel, insluitend moontlike samespanning en bedrog,” het Zuma gesê.

Ná ’n ondersoek is drie amptenare en ’n vierde mens van bedrog en korrupsie aangekla.

“Grondhervorming is ’n dringende saak, maar dit vereis versigtigheid en raadpleging en dit moet binne die perke van die Grondwet gedoen word,” het Zuma gesê.

Mnr Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het ’n week gelede geëis dat die Grondwet gewysig word sodat grondonteiening sonder vergoeding deurgevoer kan word.

Mnr. Theo de Jager, vise-president van Agri SA belas met grondsake, het gesê die nuwe instellings kan slaag afhangende van hoe dit toegepas word.

“Die skepping van ’n waardeerder-generaal is ’n refleksie op die bestaande stelsel van grondwaardeerders. Die probleem daarmee is dat die regering nooit deursigtig wou wees in sy aankoop van grond vir herverspreiding nie. Dit sal die omvang van korrupsie dramaties verminder as almal weet hoeveel die staat bereid is om vir grond te betaal,” het De Jager gesê.

- Die Burger

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #22 op: June 30, 2011, 12:52:46 PM »
En hier is hoe die plan werk in praktyk!!!




Beset plaas: "Malema het gesê hulle moet"
2011-06-29 23:59
 Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel
 
Mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou het Maandagaand ’n plaas buite Qwaqwa beset. Hulle sê die grond behoort wettig aan hulle. Foto’s: Willem van der Berg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's
Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's
 

Willem van der Berg



QWAQWA. – ’n Man en vrou van Phuthaditjhaba het Maandagaand ’n plaas tussen dié dorp en Harrismith beset “omdat Malema gesê het hulle moet”.

’n Draadspanner op die plaas wat op hulle afgekom het waar hulle hul 25 beeste op die plaas ingejaag, ’n woonwa staangemaak en ’n sinkhuis opgeslaan het, sê die besetters was baie aggressief toe hy hulle vra wat hulle doen.

“Daar was so tien mense. Hulle was kwaad en het baie lelik gepraat. Die een man het met ’n graaf rondgehardloop en gesê hulle vat nou die grond van die boer, want Malema het gesê hulle moet die grond terugvat.”

Dit kom sowat ’n week ná mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCJL), se uitsprake dat kolonialiste grond in die land gesteel het en dat dit gevat moet word.

Intussen het dit egter aan die lig gekom die grond het 11 jaar gelede aan een van die besetters behoort, maar dit is ses jaar gelede op ’n Landbank-veiling verkoop omdat die Landbank-lening nie betaal is nie.

Mnr. Petrus Weyers van Harrismith, die eienaar van die plaas, en ’n polisiebeampte het eergister op mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete op die plaas afgekom waar hulle in hul blou woonwa en sinkhuis ingetrek het. Pakkamers op die plaas se slotte is ook oopgebreek.

Weyers sê hy het hulle gevra om die plaas te verlaat.

“Ek het hulle mooi gevra en gesê ek sal geen saak maak as hulle dadelik weer gaan nie. Sekonyela was egter baie agressief en het met ’n graaf in sy hand op my geskreeu en gesê ek moet padgee.”

Weyers sê hy het toe klagte van betreding en opsetlike saakbeskadiging by die polisie ingedien.

Sekonyela sê sy vrou is die wettige eienaar. Die plaas het aan haar vorige man behoort en ná sy dood is die grond aan haar oorgedra.

“Die grond behoort steeds aan ons. Ons het die papiere.”

Die transportakte wat Sekonyela het, waarvolgens die grond aan Khoete oorgedra is, is in 2000 opgestel. In 2005 het mnr. Anton Valks egter die plaas op ’n Landbank-veiling gekoop.

Valks sê: “Die grond is op die veiling verkoop omdat hulle (Sekonyela en Khoete) nie die lening wat aan Landbank verskuldig was, kon betaal nie.”

Sekonyela sê hy weet nie van die veiling nie en sê Valks het die grond gesteel.

Valks sê hy het in die tyd wat hy die grond besit het baie las van Sekonyela gehad.

“Ek het aanvanklik nie ’n probleem gehad dat hulle op die plaas aanbly nie. Hulle het egter vir my baie moeilikheid gemaak en ook nie die huur vir hul vee betaal nie. Ek moes later ’n hofbevel kry om hom van die plaas af te kry.”

Valks het dokumente wat van sy stryd getuig.

Toe Weyers in 2007 die plaas koop, was alles uitgeklaar. Die skielike besetting is vir hom ’n groot en onaangename verrassing.

Sekonyela sê egter dit is Weyers se eie skuld. “Hy het gesteelde grond gekoop en hy het dit geweet. Hy moet nou maar bietjie wag. Dié saak gaan hof toe.”

Weyers het gister gesê hy wag vir die polisie om op te tree.

Die polisie wou nie gister uitwei oor wat gedoen gaan word nie. Die enigste antwoord was dat die klagte ondersoek word.

Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, sê ANCJL- uitlatings verwar mense.

“Onverskillige uitsprake soos dat die beginsel van ’n gewillige koper en gewillige verkoper grondhervorming vertraag, maak mense deurmekaar. Dan gebeur sulke goed. As eiendomsreg nie verdedig word soos dit in die Grondwet geskryf staan nie, is dit te laat vir baie Suid-Afrikaners. Ons buitelandse beleggings neem af hieroor.”

Steytler het gesê VL sal hierdie geval op Qwaqwa fyn dophou.

1    
2   
 
1 - DIE blou woonwa en sinkhuis wat mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou op ’n plaas in die Qwaqwa-omgewing staangemaak het, omdat die grond “aan hulle behoort”.
2 - EEN van mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou se beeste wei op die plaas wat hulle in die Qwaqwa-omgewing beset het. In die agtergrond is die blou woonwa waarin hulle bly.





- Volksblad
« Laaste verandering : June 30, 2011, 07:33:04 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #23 op: June 30, 2011, 07:34:05 PM »
Net die fotos bygesit , dankie vannermerwe .

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #24 op: July 01, 2011, 08:14:56 PM »
Besetters van plaas boer lustig voort
2011-06-30 23:21


Willem van der Berg

QWAQWA. – ’n Man en vrou wat Maandagaand hier hul intrek op ’n plaas tussen Phuthaditjhaba en Harrismith geneem het “omdat Malema gesê het hulle moet die grond terugvat”, het gister steeds lustig met hul 25 beeste hier voortgeboer.

Terwyl die polisie betrek is en planne gemaak word om mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete met hul blou woonwa, sinkhut en 25 beeste van die plaas af te kry, het die paartjie gister steeds volgehou dit is hul grond.

Mnr. Steve Swart, ACDP-LP, het die besetting gister ten sterkste veroordeel.

“Hierdie mense en alle ander wat dit probeer nadoen, moet so gou moontlik verwyder word. Sulke besettings is onwettig.

“En wie is Julius Malema eintlik dat mense sommer so voor die voet na hom wil luister? Waar kom sy gesag vandaan? Sulke onwettige grondbesetting lei altyd tot anargie en wanorde.”

Mnr. Flip Geel, streekleier van Vrystaat Landbou (VL), het die eienaar van die plaas, mnr. Petrus Weyers, gister besoek om eerstehandse inligting oor die besetting te kry. Dié inligting is aan VL se provinsiale leiers en bestuur deurgegee. “VL maak erns van die saak.”

Die paartjie se plakkery op dié plaas het skerp reaksie van Suid-Afrikaners op Volksblad en Media24 se webwerwe ontlok.

Talle mense het gesê daar moet onmiddellik teen sulke besetters opgetree word om ’n Zimbabwe-situasie te verhoed.

“So, dit merk die begin van die einde. Zimbabwe is op ons vinniger as wat ons kon dink...Dankie Malema!!” het elona.burger op Volksblad se webwerf gesê.

Baie het skerp en drastiese stappe teen die besetters voorgestel.

Madingoman het gesê die besetters se woonwa moet aan die brand gesteek word.

Roman Moroni het polisie-optrede gevra. “As die polisie gaan voete sleep om die saak te ondersoek en nie die mense van die plaas afkry nie, gaan nog kanse vat en so-aan en so-aan en kort voor lank sal daar so baie wees dat dit nie beheer kan word nie en dan is dit game, set and match”.

- Volksblad

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #25 op: July 01, 2011, 08:16:28 PM »
Plaas beset ná Malema-uitsprake
 

’n Man en vrou het ’n plaas naby Harrismith beset en sê hulle doen dit, “want Julius Malema het gesê hulle moet die grond terugvat”.

Luidens ’n berig in Volksblad (30 Junie 2011) het mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete Woensdag die plaas beset en hul beeste op die plaas gejaag, ’n sinkhuis opgeslaan en ’n blou woonwa staangemaak.

’n Draadspanner wat op die plaas besig was, het op hulle afgekom. Toe hy hulle vra wat hulle doen, het hulle baie aggressief geraak.

“Daar was so tien mense. Hulle was kwaad en het baie lelik gepraat. Die een man het met ’n graaf rondgehardloop en gesê hulle vat nou die grond van die boer, want Malema het gesê hulle moet die grond terugvat.”

Vorige eienaars
Dié grond het egter wel sowat 11 jaar gelede aan Khoete behoort, maar omdat ’n lening nie aan die Land Bank terugbetaal kon word nie, is dit op ’n veiling verkoop. Die grond is aan Khoete oorgedra nadat haar man gesterf het.

Sekonyela sê hulle weet niks van ’n veiling nie, en dat die huidige eienaar hom vir ’n regsaak moet staal, want hy het “gesteelde grond gekoop”.

Mnr. Petrus Weyers, wat tans die grond besit, het Dinsdag (28 Junie) saam met ’n polisiebeampte op die paar afgekom. Hy sê hy het hulle “mooi gevra” om te loop, maar Sekonyela het met ’n graaf in die hand op hom geskree en gesê hy moet padgee.

Weyers het klagtes by die polisie ingedien, maar volgens die koerant het die polisie nog nie aangedui wat gedoen gaan word nie. Hulle sê bloot die saak word ondersoek.

* Dr. Pieter Mulder sê die landbougemeenskap sal beslis nie voorgestelde “grondgryp” wat Malema voorstaan, aanvaar nie.



30 Junie 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #26 op: July 01, 2011, 08:20:58 PM »
‘ANC moet klousule oor grond wysig’
2011-07-01 01:34


Die rede dat die DA ná die munisipale verkiesing feesvier, is omdat hy die grondonteieningsklousule in die Grondwet kan beskerm.

So het mnr. Cedric Gcina, president van die metaalwerkersvakbond Numsa gister op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee gesê.

Die DA het in die laaste paar verkiesings verseker dat die ANC nie ’n tweederde-meerderheid kry nie, het hy gesê. “Die ANC moet in die 2014-verkiesing ’n tweederde-meerderheid behaal sodat hy die Grondwet se
eiendomsklousule kan wysig.”

Die klousule (art.25 van die Grondwet) verwys na die regering se reg om grond met vergoeding te onteien om dit te herverdeel.

Die Grondwet kan net gewysig word as veranderings deur ’n tweederde-meerderheid goedgekeur word.

Gcina se uitlating volg op dié van mnr. Julius Malema, ANC-jeug­ligaleier, wat onlangs gesê het die staat behoort grond sonder vergoeding te onteien.

Gcina het gesê Cosatu het in sy ontleding van die verkiesingsuitslae dalk gedwaal oor die rede vir die DA se feesviering. “Die vraag is gevra hoekom die DA feesvier wanneer hy net 23% teenoor die ANC se 63% gekry het.”

Gcina meen die eintlike kwessie is eerder dat dit vir die DA ’n teken was dat hy die huidige eiendomsklousule kan beskerm.

Cosatu steun grondonteiening en wil hê die eiendomsklousule moet uit die Grondwet verwyder word.

– Gloria Edwards

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #27 op: July 01, 2011, 08:24:52 PM »
Plaasbesettings ’n saak van erns
 
Deur ALANI JANEKE

Plaasbesettings sal so gou moontlik met die SAPS bespreek word nadat ’n plaas glo die afgelope week naby Harrismith beset is.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê ’n ooreenkoms in dié verband is laat verlede jaar ook weer met die polisie bespreek.

“Ons komitee vir Wet en Orde sal dié saak so gou moontlik met die polisie bespreek. Daar is mos geen manier wat ons so iets kan toelaat nie,” aldus Möller. Hy sê hulle het ook al aan die polisie aangedui dat boere in dié verband ’n ondersteunende rol sal speel en nie die wet in eie hande sal neem nie.

’n Plaasbesetting
Luidens ’n berig in Volksblad (30 Junie 2011) is mnr. Petrus Weyers se plaas beset deur mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete wat beweer dat die plaas by hulle gesteel is.

Hulle voer aan dat die plaas aan Khoete behoort, want dit is glo ná haar man se dood aan haar oorgedra. Die plaas is glo egter op ’n Landbank-veiling verkoop omdat die lening nie terugbetaal kon word nie.

Verantwoordelike politici
Sekonyela het volgens die koerant aangevoer dat hulle die plaas beset het omdat mnr. Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, verlede week gesê het hulle moet dit doen. Volgens Möller is só ’n uitspraak ’n duidelike teken dat politici meer verantwoordelik moet optree.

“ ’n Mens kan dit mos verwag dat hierdie opruiende uitsprake op een of ander manier ’n invloed iewers gaan hê. Politieke partye moet verantwoordelik optree en wetsgehoorsaamheid met hul uitsprake bevorder,” aldus Möller.

Hy sê so ’n voorval het lanklaas voorgekom. “Ek weet van enkele gevalle wat in die noorde van KwaZulu-Natal voorgekom het, maar die SAPS het dit stopgesit.”

* Dr. Pieter Mulder sê die landbougemeenskap sal beslis nie voorgestelde “grondgryp” wat Malema voorstaan, aanvaar nie. Lees die storie hier.


30 Junie 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #28 op: July 05, 2011, 05:04:22 PM »
vannermerwe het jy nie dalk vars nuus van wat op die plaas gebeur nie ? Het die bestters nou al die grond verlaat ?

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #29 op: July 06, 2011, 11:24:14 AM »
Polisie sloer glo ná plaasbesetting
2011-07-05 23:01



Willem van der Berg

QWAQWA. – Meer as ’n week nadat die plaas van ’n boer van Harrismith in die Qwaqwa-omgewing beset is, wag hy steeds op ’n oplossing.

Mnr. Petrus Weyers het gister gesê die polisie het hom ’n tweede keer belowe om op te tree.

Dit kom nadat die polisie verlede week aan Weyers belowe het om mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete van sy grond af te verwyder, maar later teruggekrabbel en gesê het hulle is nie by magte om dit te doen nie.

Sekonyela en Khoete het verlede Maandag (27 Junie) met hul blou woonwa, sinkhut en 25 beeste hul intrek op Weyers se grond geneem en gesê: “Malema het gesê ons moet die grond terugvat.”

Weyers het gister gesê hy is magteloos.

“Wanneer kan ek teruggaan na my plaas toe? ’n Mens kan nie reg in eie hande neem nie, dit is nie eens ’n opsie nie, maar die polisie doen ook nie hul werk nie.”

Ná die besetting het Weyers binne 24uur ’n klag by die polisie ingedien en bewys gelewer hy is die wettige grondeienaar. Die polisie het nie opgetree nie.

Gister het hulle egter vir Weyers belowe om ’n lasbrief te kry om Sekonyela en Khoete in hegtenis te neem weens betreding en opsetlike saakbeskadiging en om moontlik die beeste te skut.

Mnr. Christo Engelbrecht, Weyers se prokureur, sê hy wag ook op die polisie voordat hy ’n bevel van die hooggeregshof aanvra om die besetters te laat verwyder. Volgens hom kan ’n dringende aansoek nie meer gerig word nie.

“Omdat die polisie nie aan die begin opgetree het soos hulle moes nie, het die saak te lank gedraai. Ons kan nie meer ’n dringende aansoek rig nie. Die aansoek gaan ook baie geld kos en daarom hoop ons dat die polisie sal optree en dit nie vir Petrus nodig sal wees om verdere stappe te doen nie. Ons hoop heel waarskynlik verniet.”

Weyers sê hy kry baie oproepe van boere wat met hom simpatiseer.

“Selfs ’n boer uit Australië het van die storie te hore gekom. Die boere in die omgewing is natuurlik baie ontevrede. Dit gebeur hier by hulle en hulle is bekommerd om te sien hoe die saak gehanteer word.”

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), het verlede week gesê hulle help Weyers waar hulle kan, maar hulle gaan nie tot die saak toetree nie omdat Weyers nie ’n lid van VL is nie.

Weyers is dankbaar vir VL se hulp tot dusver, maar dink sy si­tuasie raak VL-lede tog direk.

“Hierdie plaasbesetting kan ’n presedent skep en as VL dit nie saam help beveg nie, kan dit later sy eie lede begin raak. Ek is maar ’n beginnerboer en het nie kennis van al die strukture nie, daarom was ek nog nie lid van VL nie. Ek is maar net ’n outjie met ’n droom om ’n plaas te hê. Ek sukkel my dood om die droom aan die lewe te hou.”

- Volksblad

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #30 op: July 11, 2011, 07:50:24 PM »
Grond: Dís ANC se plan
2011-07-09 21:11


Jan-Jan Joubert

Beperk wit grondbesit en nasionaliseer grond eerder as om dit aan swart mense te herverdeel. Dít is wat die regering in sy langverwagte groenskrif oor grondhervorming gaan voorstel.

Voorts is die voorstel dat ’n staatskommissie genaamd die grondbestuurkommissie sal monitor wat boere op hul plase doen en dat grondbesit deur buitelanders streng ingeperk word.

Mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het die afgelope week buite Groblersdal gesê hy sou Donderdag die groenskrif afteken vir bespreking deur die kabinet, en dit sal in die komende week by die tersaaklike subkomitee ingedien word.

’n Groenskrif is nog nie vaste regeringsbeleid nie, maar beleidsvoorstelle wat vir openbare kommentaar versprei word sodat ’n witskrif saamgestel kan word wat as beleidsgrondslag dien.

Hoewel Nkwinti se woordvoerder, mnr. Mthobeli Mxotwa, nie gister deur Rapport bereik kon word nie, het die regering se planne duidelik geblyk uit gesprekke met ander rolspelers.

Mnr. Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge waarsku eiendomsreg in Suid-Afrika word deur die groenskrif bedreig: “Hoewel private eiendomsbesit voortbestaan, word dit beperk.”

Wat betref die beperking op die hoeveelheid grond wat kommersiële boere kan besit, sê hy dit kan die ekonomie van skaal waarop suksesvolle landbou in Suid-Afrika berus, verwoes. Landbou kan sy lewensvatbaarheid verloor.

Boonop, sê dr. Theo de Jager van Agri SA, het Nkwinti verlede week in samesprekings laat blyk die plan is dat die beperking slegs wit boere sal geld, nie alle kommersiële boere nie. Dit is volgens hom ongrondwetlik.

Me. Annette Steyn, DA-LP, sê dis nie die enigste ongrondwetlike voorstel in die groenskrif nie. Juis daarom, sê sy, moet boere nie oorhaastig op die groenskrif reageer nie. Dis die begin van ’n lang proses en die DA is slaggereed om ondeurdagte en ongrondwetlike besluite teen te staan.

Ook De Jager sê daar is nog volop geleentheid om dinge reg te stel – onder meer om die regering te laat verstaan die grootte van lewensvatbare boerdery-eenhede verskil van streek tot streek en binne distrikte.

Wat betref die staat se plan om grond wat vir herverdeling aangekoop word te behou, eerder as om eienaarskap aan swart boere oor te dra, het Steyn met Cronjé saamgestem dat dit neerkom op nasionalisering. Die staat hou trouens al sedert 2008 herverdelingsgrond terug, en sedert April verlede jaar is geen eienaarskap van grond meer aan swart boere oorgedra nie.

Volgens De Jager beduiwel dit swart boere se kans op finansiering, want hulle het nie eienaarskap as sekuriteit vir banklenings nie en die staat tree nie op as finansier nie.

Oor die inperking van eienaarskap deur buitelanders sê De Jager dit geld net sowat 1% van plase. Boonop belemmer dit potensiële buitelandse belegging in sekondêre landbou-nywerhede, soos versapping en vrugtedroging.

Volgens Cronjé is die voorgestelde grondbestuurkommissie bloot ’n manier waarop die staat voorskriftelik teenoor boere wil wees.

De Jager sê die belangrikste versoek op die grondberaad in 2005 was dat ’n oudit van grondbesit gedoen word.

“Dit word egter nie gedoen nie, want die departement is bang hulle vind presies wat Agri SA se navrae ter plaatse wys: dat wit kommersiële boere reeds minder as die helfte van die landbougrond besit.”

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #31 op: August 01, 2011, 09:50:15 PM »
AfriForum, DA vra oor jeugkorps
2011-07-30 20:16



Die bekendstelling van die nasionale landelike jeugontwikkelingskorps, vroeër vanjaar by Dysselsdorp, waar mnr. Jacob Zuma die groot groep rekrute toegespreek het. Foto: Landelike Ontwikkeling


Marlene Malan

Die burgerregtegroep AfriForum sal môre ’n hofaansoek indien en die DA sal parlementêre kanale gebruik om presies vas te stel wat die departement van verdediging se rol in die opleiding van landelike jeugwerkers is.

Sowat 1 000 lede van die landelike jeugdienskorps (Narysec) meld môre by die vlootbasis in Saldanha aan vir opleiding.

Nóg 1 000 val op 1 Oktober in.

Enkele lede van Narysec, wat vanjaar gestig is, is reeds by die weermagbasis De Brug naby Bloemfontein opgelei.
AfriForum gaan aansoek doen om ’n hofbevel om me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, te verplig om – kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting – oop kaarte oor die werwing en opleiding van derduisende landelike jeugdiges te speel.

Daarby gaan mnr. David Maynier, die DA se skaduminister van verdediging, die kwessie vandeesweek aan die gesamentlike staande komitee oor verdediging voorlê.

“Dié program is ’n reuse-risiko vir die weermag omdat dit te maklik as agterdeur vir militêre opleiding vir die ANC-jeugliga gebruik kan word,” sê Maynier.

“Die staande komitee is nog nooit hieroor ingelig nie.”

Maynier sê hy gaan mnr. Jerome Maake, voorsitter van die komitee, vra om ’n vergadering te belê oor die opleiding van rekrute van die departement landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Die weermag is nie verantwoordelik vir die werwing van dié rekrute nie. Hoe weet die weermag dus hulle kom nie inderdaad uit die geledere van die ANC-jeugliga nie?

“Suid-Afrika kan nie bekostig dat die onpartydigheid van die weermag in die gedrang kom nie.”

Mnr. Willie Spies, prokureur wat namens AfriForum optree, het gesê inligting word verlang oor:
* hoe lede gewerf is om aan die opleidingsprogramme deel te neem;
* of die individue wat opgelei word by enige politieke party of ’n spesifieke organisasie geaffilieer is;
* hoe Narysec saamgestel is en wat die doel van die liggaam is;
* wat die grondwetlike dokumente of bemagtigende wetgewing ten opsigte van dié organisasie is;
* wat die presiese programinhoud en leermateriaal is wat vir opleiding gebruik word;
* watter vakke by die opleiding ingesluit word.

Mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling, het in Junie aan die parlementêre portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling gesê Nary­sec help “groot getalle jongmense in landelike gebiede, diegene sonder hoop”, berig Suné Kitshoff.

“Wat moes ons doen, gegewe ons hoë werkloosheidsyfer? Wat maak jy met ’n jong army wat nog nooit gewerk het nie, wat werk nie ken nie? Watter morele gesag of posisie kan ons eis as hulle misdadigers word en ons het niks gedoen nie?” het hy gevra.

“Ons stuur hulle weermag toe vir twee maande om karakter te bou – als nie-militêr – en hulle word ons veranderingsagente. Dan het ons morele gesag.”

Mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder vir die departement van landelike ontwikkeling, het by navraag gesê elke rekruut ontvang ’n salaris van R1 320 per maand, asook vervoer, verblyf en kos.

Hy het gesê elke groep, tussen 18 en 35 jaar oud, bly sowat twee maande by ’n weermagbasis.

Luidens die staat se landelikeontwikkelingsprogram sal die jeugdiges opgelei word in grond- en landbouhervorming, landelike ontwikkeling, asook karakterontwikkeling, bestuurs- en tegniese vaardighede.

Sowat 8 000 jeugdiges is reeds geïdentifiseer.

Hulle moet minstens gr.10 hê en ontvang twee jaar lank opleiding.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het nie gister sy selfoon beantwoord nie.

Sy stemposfasiliteit was vol.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #32 op: August 01, 2011, 09:54:51 PM »
Dus gaan die weermag as politieke gereedskapstuk misbruik word om kommunisme te implementeer .

Miskien is ek bietjie traag om in te sien dat hoe 'n soldaat opleiding as landelike ontwikkelingsbeamptes kan ontvang ; wat presies word as landelike ontwikkeling gesien .

O ja ek het vergeet a-la-Zim styl , Malema was hoeka so jaar terug by oom Bob om te leer hoe grondhervorming nou eintlik in die praktyk werk .

Hier kom beslis intresante tye .

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #33 op: August 03, 2011, 10:30:38 PM »
Gun my die kans om die vraag te herstruktueer : hoekom moet 'n "landelike ontwikkelings"-beampte opleiding ontvang as 'n soldaat ?
En wat presies behels die pligte van die "landelike ontwikkelings" beamptes ?

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #34 op: August 03, 2011, 10:36:06 PM »
Malema: Grondhervorming bring eenheid
 

Mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sê grondhervorming sal eenheid in Suid-Afrika bring.

Malema het dié kommerwekkende uitspraak in ’n onderhoud op Talk Radio 702 gemaak. Hy meen ook dat “koloniseerders en setlaars” grond by oorspronklike eienaars gesteel het.

“Om te wil voorstel dat dit nie op ’n geweldadige manier gebeur het nie, is onwaar. Daar is slawe van grondeienaars gemaak. En die mense wat die grond afgeneem het, vind steeds baat daarby,” sê Malema.

Hy het ook gesê dat eenheid een van die sleutelbeginsels van die ANC is, maar dat daar nie tans eenheid onder Suid-Afrikaners is nie. Derhalwe meen hy dat grondhervorming dié probleem sal regstel.

Oplossing vir verdeeldheid
“Ons is op ekonomiese vlak ernstig verdeeld. Jy het dié wat het en dié wat nie het nie. Hierdie ekonomiese ongelykhede is wat ons verdeel.”

‘‘Ons móét grond afneem ter wille van ons mense. Jy neem nie net ’n Afrikaner se plaas so af en laat dit vergaan nie. Wanneer jy grond het en daar moet huise gebou word en daardie grond word besit deur iemand wat weier om dit te verkoop, dan moet die Regering die grond kan terugneem sonder vergoeding.’’

Landbou.com het onlangs berig dat mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete ’n plaas naby Harrismith beset het en gesê het hulle doen dit, “want Julius Malema het gesê hulle moet die grond terugvat”.

Dit het gevolg nadat Malema tydens die ANC-jeugliga se kongres in Midrand beloof het om “grond sonder betaling” te vat.



2 Augustus 2011

http://www.landbou.com/node/56770

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #35 op: August 03, 2011, 10:38:49 PM »
“Ons is op ekonomiese vlak ernstig verdeeld. Jy het dié wat het en dié wat nie het nie. Hierdie ekonomiese ongelykhede is wat ons verdeel.”


Kyk net wie praat met sy miljoene !!! Haal die balk uit jou eie oog voor jy die splinter in ander s'n wil uitwys !

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #36 op: August 04, 2011, 03:39:17 AM »
Mmmm....... n Pragmatiese anargis?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #37 op: August 06, 2011, 10:47:05 PM »
Ek kry die idee hy word "gevoer" (deur die geldmag ?) wat hy kwytraak .

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #38 op: August 19, 2011, 01:49:43 PM »
DA vra moratorium op grondhervorming
 
Deur CORLI VAN DER MERWE

Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan ’n beroep doen op die Regering om ’n moratorium op grondhervorming te plaas, sê die party in ’n verklaring.

Me. Annette Steyn, die Demokratiese Alliansie se skaduminister vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê die DA gaan ’n beroep doen op mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, om ’n moratorium op grondhervorming en spesifiek die strategie vir die verkryging van grond (PLAS) te plaas, totdat ’n voldoende grondoudit deur die Ouditeur-Generaal afgehandel is.

Dié beroep deur die DA volg op onreëlmatighede in die bestuur van staatsgrond in die Vrystaat en Mpumalanga wat onlangs bekend geword het.

Onbenut of onwettig beset
Steyn sê sy gaan ook in die Parlement vrae aan Nkwinti stel oor hoeveel staatsgrond onbenut is of onwettig beset word en wat die staat beoog om aan die saak te doen.

“Die departement kan nie aanhou om belastingbetalers se geld te bestee aan grond as hy nie weet hoeveel grond hy reeds besit nie en hy tans nie die vermoë het om bestaande staatsgrond te bestuur nie,” sê Steyn.

Volgens die verklaring het dit in die afgelope twee jaar sedert die grondoudit afgekondig is, duidelik geword dat die bestuur van staatsgrond in ’n chaos gedompel is.

Die DA se standpunt bly dat die staat nie kan voortgaan om grond te koop as hy nie weet wat die huidige stand van sake is nie. As ’n grondoudit voltooi word, kan die departement grond identifiseer wat vir grondhervorming gebruik kan word en sodoende armoede en hongersnood in Suid-Afrika bekamp.

17 Augustus 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #39 op: August 27, 2011, 07:08:53 PM »
Grond: Groenskrif bevat viervlak-stelsel
 
Deur JOYLENE VAN WYK

‘n Viervlak-stelsel van grondbesit is in die Groenskrif oor Grondhervorming opgeteken, wat pas die Kabinet se goedkeuring gekry het.

Die Regering wil ‘n viervlakstelsel van grondbesit instel, gegrond op die volgende elemente:

Staatsgrond moet slegs in huurbesit wees.
’n Beperking op die besit van private grond.
Buitelandse eienaarskap van grond moet verbind wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
Kommunale grondbesit moet met sekere institusionele gebruiksregte gepaard gaan.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het in die Nasionale Vergadering in die Parlement gesê die Kabinet het die dokument goedgekeur. Hy het geantwoord op ‘n vraag van me. Annette Steyn, DA-LP, oor wanneer die dokument bekendgemaak sal word.

Nkwinti het aan Landbou.com uitgewys dat een van die veranderinge is dat die stelsel nou ‘n viervlak- en nie ‘n drievlakstelsel van grondbesit is nie.

‘n Kopie van die dokument het verlede jaar uitgelek wat die Regering se planne oor grondbesit uitgespel het. Verskeie belanghebbendes het toe ‘n ad hoc-groep gestig om solank koppe bymekaar te sit om beter werkbare planne vir die Regering se voorgenome grondbesitstelsel te ontwikkel.

Die groenskrif sal waarskynlik teen volgende week in die Staatskoerant gepubliseer wees.

24 Augustus 2011


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal