Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Omstrede ryke ‘koop plase vir die staat op’  (Read 973 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Omstrede ryke ‘koop plase vir die staat op’
« op: September 25, 2010, 07:39:37 AM »

Mnr. Roux Shabangu tydens ’n onderhoud in sy spogkantoor in Centurion oor die “mandaat” vir die
opkoop van plase vir grondrestitusie wat hy beweer sy maatskappy van die regering gekry het.

Die skatryk sakeman midde-in ’n storm oor die omstrede huurooreenkomste vir ’n nuwe polisiehoofkwartier is ’n kernfiguur in ’n plan om plaasgrond van miljarde rande oor Suid-Afrika heen te koop.

Mnr. Roux Shabangu gee voor hy het ’n “mandaat” van die regering gehad om enorme stukke plaasgrond vir grondrestitusie van Limpopo en Noordwes tot in die Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap op te koop.

Mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê geen mandaat is ooit aan Roux Property Development Africa gegee nie en geen maatskappy is aangestel om grond te koop nie.

“Die departement ... kan maatskappye of individue nie aansê om grond te koop nie.”

Die spesiale ondersoekeenheid ondersoek tans die omstrede huurkontrakte van sowat R1 miljard vir twee geboue van Shabangu in Durban en Pretoria vir gebruik deur die polisie.

Lt.genl. Hamilton Hlela, voormalige hoof van polisie-aankope, het vroeër vandeesmaand aan die Sunday Times gesê genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het hom direk beveel om dié geboue te huur sonder dat tenders gevra is.

Beeld het vasgestel Shabangu het in 2007 en 2008 agente in die hoofkantoor van sy maatskappy Roux Property Development Africa en die filiale African Dune Investments en Sapphire Cove Investments 14 aangestel om eiendomsagente en boere te nader met die boodskap dat hulle miljarde rande het om aan plase te bestee.

Luidens kopieë van ’n standaardbrief wat aan eiendomsagente gestuur is, het die maatskappy gesê:

“Weens ons sakebelange werk ons baie nou saam met verskeie staatsdepartemente en ons filiaal African Dune Investments het onlangs ’n mandaat gekry as een van min maatskappye wat die regering help om grond te verkry om grondhervorming te takel.

“Dit is met die Suid-Afrikaanse regering se mandaat dat ons u hulp vra om vir ons plase te soek.”

Die brief stel ’n aantal riglyne vir kwalifiserende plase, soos dat hulle kommersiële of wildplase moet wees of weiding moet hê.

“Hoe groter, hoe beter (minstens 100 ha, 1 000 ha plus beter).”

Talle boere en eiendomsagente het gesê ondanks ondertekende koopaanbiedings het die transaksies deur die mat geval.

’n Eiendomsagent beweer dit het maande geduur om 32 plase te bekom en hy het potensiële kommissie van meer as R143 miljoen verloor toe die ooreenkomste deur die mat geval het.

Herhaalde versoeke om Shabangu se “mandaat” te sien, is geïgnoreer.

Shabangu het vandeesweek in ’n onderhoud gesê hy het die mandaat “swart op wit”, maar sal dit in sy maatskappy se argief moet opspoor.

Die regering het hom wel beveel “om hulle te help om plase te bekom, maar ons het nie een vierkante meter grond aan die regering verkoop nie”.

“Ons het baie geld verloor. Ons het oor plase landwyd onderhandel en ons het soontoe gereis en regeringsamptenare saamgevat.

“Ons sou ’n gewone kommissie gekry het.”

Shabangu beweer die projekbestuurseenheid van die departement van grondsake het sy maatskappy betrek omdat boere geneig is om die pryse vir hul plase te verhoog as hulle hoor die regering wil die grond koop.
 
“Die regering wou dit vermy deur ’n private maatskappy oor plase te laat onderhandel.”

Volgens Shabangu het die regering die transaksie ná die ANC se Polokwane-konferensie en voor die laaste verkiesing op die lange baan geskuif.

“Ons het baie geld daar verloor.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Omstrede-ryke-koop-plase-vir-die-staat-op-20100924
Ons Sal!!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Omstrede ryke ‘koop plase vir die staat op’
« Antwoord #1 op: September 25, 2010, 12:49:02 PM »
Met sekere ouens doen mens liewer nie besigheid nie - 'n Jood het eenkeer vertel dat hy eerder sy voorraad op die rakke hou as om dit sonder betaling aan volksvreemdes te verkwansel......
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal