Volksekonomie > Departement van Mineraal en Energiesake

Motiewe van dié wat wil nasionaliseer, lyk verdag

(1/1)

André Strydom:
Johannesburg. - Die motiewe van die groepe wat nasionalisering propageer moet bevraagteken word, sê die Kamer van Mynwese – en in die proses het die organisasie ’n bedekte steek ingekry na bemagtigingsgroepe wat die proses steun.

Die kamer het gister in reaksie op die nuus dat die ANC ’n indringende ondersoek gaan doen na die wenslikheid van groter staatsbetrokkenheid by die mynbedryf, gesê die ondersoek moet spesifiek kyk na gevalle waar pogings aangewend word om staatshulp te kry om mislukte ondernemings uit die moeilikheid te help.

“Die kamer en sy lede is ten volle verbind tot die transformasie van die bedryf, maar dit is belangrik dat die bevoordeeldes van transformasie besef dat hulle saketransaksies aangaan waarin hulle nie net die winste kan deel nie maar ook die risiko’s.

“Dit is onaanvaarbaar om die winste uit ’n bemagtigingstransaksie te aanvaar, en dan jou verpligtinge na die belastingbetaler oor te dra.”

Mnr. Jeremy Cronin, adjunkminister van vervoer en adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, het onlangs ’n yslike opskudding veroorsaak toe hy gesê het die idee van nasionalisering word net op die voorgrond gehou om bemagtigingsondernemings wat nie hul verpligtinge kan nakom nie uit die moeilikheid te red.

Hy is ten sterkste gekant teen die nasionalisering van die myne.

Die kamer het dit nie so sterk gestel nie, maar die onderliggende boodskap is dieselfde.

Die kamer bevraagteken ook die motiewe van die South African Mining Development Association (Samda) wat pas die resultate bekend gemaak het van ’n ondersoek wat hy geborg het.

In hierdie ondersoek is onder meer bevind dat nasionalisering van die myne in die ­lande waarin dit toegepas is, ’n groot sukses was.

Die navorsing is deur die navorsingsgroep KIO Advisory Services gedoen.

Die verslag noem lande soos Chili, Noorweë, Venezuela, Nigerië, Zambië, Finland en Botswana as voorbeelde waar nasionalisering tot groter ekonomiese groei bygedra het.

Die kamer sê Zambië is juis ’n voorbeeld van ’n land waar nasionalisering jammerlik misluk het.

“Nadat die land se kopermyne in 1972 ­genasionaliseer is, het koperproduksie onder staatsbeheer met meer as die helfte gedaal.

“Die Zambiese regering moes onlangs weer die private sektor betrek om dié bedryf reg te ruk.

“Sulke onlogiese redenasies maak ’n mens agterdogtig oor die motiewe van die opstellers van die verslag en die mense wat daarvoor betaal.”

Die verslag is vol belaglikhede.

Die opstellers gee toe dat die staatskuld van die huidige 33% van die bruto binnelandse produk tot 70% kan styg, en dat die waarde van die rand van R7,00 vir ’n dollar tot R14 kan verswak, maar sê dit is ’n goeie idee.

“Dit sal die waarde van die myne verdubbel.

“Die staat kan die helfte van sy mynbates verkoop, sy skuld betaal en nog genoeg geld oorhê om aan infrastruktuur te bestee.”


http://www.sake24.com/Algemene_Sakenuus/Motiewe-van-die-wat-wil-nasionaliseer-lyk-verdag-20100925

André Strydom:
Jammer vir die ingils! Die jeugliga wil myne nasionaliseer en dan weet hulle kamtig nie wie "Exxaro" is nie! Hoe onnosel dink hulle is ons?

Die volgende redenasie uit die oorspronklike pos hieronder, vat egter die koek:

Die opstellers gee toe dat die staatskuld van die huidige 33% van die bruto binnelandse produk tot 70% kan styg, en dat die waarde van die rand van R7,00 vir ’n dollar tot R14 kan verswak, maar sê dit is ’n goeie idee.
“Dit sal die waarde van die myne verdubbel."
“Die staat kan die helfte van sy mynbates verkoop, sy skuld betaal en nog genoeg geld oorhê om aan infrastruktuur te bestee.”

Laat my dink aan een van die staatsdepartemente wat tydens 'n eksterne oudit, die ouditeure versoek het om hulle te adviseer oor hoe en waar hulle die betrokke departement se begroting kan belê om sodoende rente te verdien terwyl die begroting nog nie gebruik is nie!

Malema flies in mining giant’s chopper
Johannesburg - On the eve of the ANC’s national general council (NGC), two of the most ardent proponents of nationalisation were being flown across the country in a helicopter owned by mining ­giant Exxaro.

ANC Youth League (ANCYL) president Julius Malema and Deputy Police Minister Fikile Mbalula on Friday, September 17, flew to King Goodwill Zwelithini’s ­Linduzulu Palace in Exxaro’s chopper, registration ZS – RAY.

Malema had been summoned by the monarch to explain his “one man, one wife” comment, which had been seen as a slight against President Jacob Zuma and Zulu culture.

The same chopper was earlier used by the two to fly to Heilbron in the Free State.

Critics say the nationalisation campaign could be used as a way for ­government to bail out mining houses.

Private charter

Exxaro spokesperson Hilton Atkinson said the company’s helicopter was managed by a private air charter company and could be “leased out to third parties on request”.

He confirmed that it had been used by the ANCYL on September 12 and September 17 “as part of a normal lease transaction, with the services being ­invoiced by the air charter firm”.

Atkinson said Exxaro leased the ­helicopter out to “increase our return on investment”.

“The use of the helicopter by any third party does not necessarily imply Exxaro’s association or support for such a party.”

He said Exxaro had no relationship with Malema or Mbalula, and did not contribute to the ANC or the league’s coffers.

ANCYL spokesperson Floyd Shivambu said the chopper had been chartered from aviation company Alpine Aviation and was paid for by the ANCYL.

“We can show you the invoice. We don’t even know who Exxaro is,” Shivambu said.


Johan Joubert:
As die myne genasionaliseer word, het julle al gedink watter chaos dit gaan wees as daar 'n staking op die myn plaasvind en die myn staan vir so 3 weke?

Sanderis:
'Nasionalisering nie ‘n opsie' – Manuel
2012-02-06 21:58


Kaapstad – Nasionalisering is nie ‘n opsie vir die mynsektor nie, het Trevor Manuel, minister in die presidensie, Maandag gesê.

“Die minister [Susan Shabangu] was redelik reguit toe sy gesê het daar sal oor haar dooie liggaam nasionalisering wees. Nou, jy kan nie vir ‘n duideliker stelling as dít vra nie,” het hy aan die Mynindaba in Kaapstad gesê.

“Die mynsektor is so fundamenteel belangrik as ‘n platform om die [opheffing] oorgang te bewerkstellig dat ons nie hierdie idee van nasionalisering vorentoe kan neem nie.”

Hy het gesê die bedryf verdien duidelikheid oor beleid.

“As ‘n doemprofeet kom en nog ‘n leuen [oor nasionalisering] vertel, moet hulle nie glo nie.”

Die regering sal eerder vennootskappe met die privaatsektor wil bou om die sektor op te bou deur opvoeding, verbeterde werksomstandighede en meer regte, het hy gesê.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version