Algemene Sake > Volksmoord

Aanvalle op volksgenote

(1/11) > >>

Werner Smook:
Man speel dood, maar word deur rower geskiet
2010-09-29 07:41

Alta Snyman

Koster. – Die pa van twee dogtertjies is Maandag in die vroeë oggendure vier keer deur drie gewapende rowers geskiet.

Coenie Pitout (35), ’n verteenwoordiger by ’n kunsmisfabriek, is in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal.

Pitout het volgens Justus Jones, sy swaer, gaan ondersoek instel nadat sy vrou, Tania (33), omstreeks 02:30 wakker geword het van ’n geluid in die huis.

Die Pitouts het sowat ses weke gelede in die huis ingetrek.

Volgens hom het die gesin Sondagaand TV gekyk en die meisies, Imké (4) en Antoné (6), het in die TV-kamer aan die slaap geraak.

“Tania het van iets wakker geword en wou gaan kyk. Net voor die kombuisdeur het sy onrustig gevoel en omgedraai om Coenie te gaan wakker maak.

“Hy het gedink dis een van die kinders en het nie eens sy vuurwapen gevat nie.”

Toe Pitout by die kombuis se gangdeur kom, is hy deur een van die rowers raak geskiet.

Die skoot is skrams oor sy linkerwang, het sy oor half losgeruk en is agter uit. Die skoot is so naby afgevuur dat sy gesig swart van die kruit was.

“Coenie het die man geduik en met hom gestoei. Die wapen het geval en een van die ander rowers het dit opgetel terwyl die derde een hom met ’n mes in die regtersy gesteek het. Hy is ’n tweede keer, in die linkersy, geskiet.”

Die kinders het van die lawaai wakker geword en Antoné het tot by haar ma in die gang gehardloop. Een aanvaller het Imké gegryp.

“Coenie het haar losgeruk en in die gang af gestamp. Tania het die kamerdeur gesluit, maar kon nie die kluis oopkry om die geweer uit te kry nie. Sy het die kamervenster met ’n haarsproeibottel gebreek en met die kinders gevlug.”

Sy het by die bure gaan hulp soek. Intussen het dit vir Pitout gelyk asof twee van die aanvallers deur die eetkamervenster (waar hulle die diefwering oopgebuig het om in die huis te kom) wou wegkom. Hy het kamer toe gehardloop, maar die deur was gesluit.

“Coenie het omgedraai en gesien die derde aanvaller is met die wapen agter hom. Dié het hom in die linkerskouer geskiet en hy het op sy rug geval. Hy het gemaak of hy dood is sodat dit net kan end kry. Hy het gelê en bid en toe loop die man nader, trap op sy gesig en skiet hom in die bors.”

Die skoot het een van sy ribbes gebreek en dít, sowel as die borsskoot se koeël, moet nog verwyder word.

“Coenie het verskriklik baie bloed verloor. Die dokter sal opereer sodra dit beter gaan met hom.”

Jones het gesê hulle krap kop oor waarom die mans sy swaer aanhou aanval het terwyl hulle nie vasgekeer was nie en kon vlug.

Die aanvallers het ook nooit met sy swaer gepraat en geld of motorsleutels geëis nie.

Sowat ’n maand gelede is ook by die gesin se vorige huis ingebreek.

“Die motorsleutels was langs Tania se handsak, wat al is wat geroof is.”

Al drie aanvallers is groot gebou.

Lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het die aanval bevestig.

- Beeld


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-maak-of-hy-dood-is-maar-rower-skiet-hom-in-bors-20100928-2

André Strydom:
Boervrou skiet inbreker in nek
Wesselsbron. – ’n Gewapende inbreker is vermoedelik verlam gelaat nadat ’n boervrou hom in die nek geskiet het.

Mev. Cecelia Steynberg (51) van die plaas Stormpan het gister omstreeks 03:00 van die geblaf van hul twee klein honde wakker geword.

Sy het opgestaan, haar kamerjas aangetrek, haar vuurwapen uit die kluis gehaal en in die bed teruggeklim.

Haar man, Callie, het gesê weens die aard van hul boerdery is hy meestal in die week in Kroonstad en sy vrou is alleen tuis.

Mev. Steynberg het gehoor hoe die veiligheidsdeur wat na haar kamer lei in die gang oopgebreek word. Sy kon nie die plaasbestuurder op die tweerigtingradio in die hande kry nie omdat hy by die hoenderhokke besig was. Die volgende oomblik was die inbreker by haar in die kamer.

Sy het ’n skoot afgevuur, maar hom gemis. Hy het haar bestorm en sy het hom in die nek geskiet terwyl hy skaars ’n meter van haar was.

Die inbreker se eie vuurwapen het blykbaar geweier.

Mev. Steynberg is daarna na buite waar sy nog ’n skoot geskiet het om die plaaswerkers se aandag te trek.

Sers. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, het gesê die gewonde man het aan die polisie gesê drie ander was saam met hom. Hulle het by die huis ingekom deur die diefwering by die TV-kamer se venster oop te knip.

’n Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, mev. Steynberg se voertuigsleutels en ’n rybewys wat aan iemand anders behoort, is by die gewonde man gekry.

Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal in Odendaalsrus opgeneem waarna hy na die Bongani-hospitaal in Welkom oorgeplaas is.

Die polisie, spoorsnyers, boere en mnr. Hennie Gerber, intelligensiehoof van Vrystaat Landbou en sy span, het gisteroggend met ’n grootskaalse soektog na die ander drie inbrekers begin.

’n Tweede verdagte is later die oggend in hegtenis geneem en het sekere uitwysings aan die polisie gedoen.

Die ander twee het die soekspan naby Odendaalsrus ontglip.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boervrou-skiet-inbreker-in-nek-20100929

Sanderis:
Iets wat ek opgemerk het ; in meeste aanvalle kom die aanvallers in drieë .

Ben Geldenhuys:
Bygelowiges vertel mos slegte goed kom in driee......nou weet ons hoekom hulle so vertel.

Sanderis:
Ek wonder of opleiding nie 'n rol daarin speel nie of ten minste dat hul voorgeskryf is deur 'n hoër invloed om so te doen nie . Dit kom net vir my baie verdag voor .

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version