Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Aanvalle op volksgenote  (Read 3931 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #20 op: November 11, 2010, 03:56:08 PM »
'Jy wou mos, wit hond'




Mnr. Hennie Benade sy sy vrou, Ann, gister in hul huis waar hulle aangerand is. Foto: Craig Nieuwenhuizen

2010-11-11 11:19

Hilda Fourie

’N Pretorianer wat saam met sy vrou en huiswerker ses uur lank deur aanvallers aangehou is, is so hard en aanhoudend met pikstele geslaan dat sy arm gebreek en sy kopvel oopgebars het.

Mnr. Hennie Benadé (48) se tuinwerker, ene Julius, het in die aanval op sy kleinhoewe in Honingnestkrans, in die noorde van Pretoria, sy eie vuurwapen in sy mond gedruk en gesê: “Jou wit hond. Jy wou my mos klap.”

Julius werk al byna twee jaar aan en af in hul tuin.

Benadé en sy vrou was eergister kort voor 13:00 op pad huis toe nadat hulle ’n vrag bakstene afgelewer het.

Hy het sy vrou by die buurvrou afgelaai om hul hond, Peanut, op te laai.

Toe Benadé by die huis kom, het hy met Julius gepraat oor take wat hy moes verrig. “Ek het in die huis ingegaan en net verby die kroeg geloop toe een agter die yskas met my nuwe piksteel uitspring.

“Nog een het om die hoek uitgespring. Hy het my ou piksteel in sy hand gehad,” het Benadé gesê.

“Hulle het my aanhoudend geslaan. Om die beurt. Ek het elke keer probeer op kom, maar dan slaan hulle my weer. In ’n stadium het hulle my regterarm gebreek en my linkerhand met ’n mes gesny.

“Hulle het geld gesoek en my by die trappe opgesleep na die hoofslaapkamer toe.”

In die hoofslaapkamer het die aanvallers hom gedwing om die kluis oop te maak waarna hulle sy vuurwapen gegryp en hom eenkant gegooi het. Hulle het gekla die geld is te min, hom weer met die pikstele geslaan en na ’n ander vertrek waar nog ’n kluis was, gesleep.

Hy het met ’n gesukkel die kluis oopgemaak waar daar weer nie genoeg geld na hul sin was nie.

Dis toe dat Julius die vertrek inkom en Benadé se vuurwapen in sy mond druk.

Benadé se vrou, Ann (54), en die huiswerker, ene Susan, het opgedaag en hulle is op die grond laat lê.

Die volgende sowat ses uur lank was Benadé, sy vrou en hul huiswerker vasgebind terwyl dié tuinwerker en sy twee makkers die huis geplunder het. Hulle het later geld in mev. Benadé se handsak gekry. “Toe kom een met ’n bottel brandewyn aan,” het Benadé gesê.

“Hy het ’n sluk gevat, die bottel in my mond gedruk en gesê: ‘Suip, boer, as ek jou skiet, moet jy bedwelm wees.’

“Ek het gedrink totdat ek nie meer kon nie. Toe druk hy die bottel in my vrou se mond. Ons het dit binne ’n paar minute leeggedrink.”

Teen 19:00 het die aanvallers in die egpaar se Datsun-bakkie geklim en met hul buit gevlug. Benadé het hom losgewikkel en sy vrou gehelp om los te kom. Hulle het by die bure gaan hulp soek.

Die wond waar Benadé se vel op die agterkop oopgebars het, is met sowat 100 steke geheg.

Kapt. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig ’n huisroof word ondersoek.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Jy-wou-mos-wit-hond-20101111
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #21 op: November 29, 2010, 09:45:04 AM »
18 November 2010
Pa 4 keer deur ruit geskiet


2010-11-29 08:14


Hilda Fourie


Johannesburg – ’n Tweejarige meisietjie het tussen haar ouers gelê en slaap toe aanvallers deur die slaapkamervenster op hulle begin losbrand.

Toe die eerste koeël Marco del Fabbro (35) tref, het hy Antonella (2) van die bed afgeruk en haar in die gang gesit.

Hy is terug om sy vrou, Monya (37), te gaan help. Terwyl hy haar van die bed afgetrek het, is sy in die voet geskiet.

Del Fabbro is in die tussentyd nog drie keer raak geskiet.

Agt koeëldoppies is later op die toneel gevind.

Del Fabbro, wat Vrydag uit die hospitaal ontslaan is, het eergister vertel van dié nagmerrie wat voorverlede Donderdag in sy huis op ’n hoewe in Mooiplaats, in die ooste van Pretoria, afgespeel het.

Dié voorval is een van ’n vlaag soortgelyke voorvalle die afgelope tyd in die Boschkop-polisiewyk.

“Ons het net aan die slaap geraak toe ons albei wakker word van ’n snaakse geluid by die venster,” het Del Fabbro gesê.

“Dit is toe dat ek ’n skoot hoor. Een van hulle het die venster gebreek en die ander een het geskiet. Sommer so, van buite af.

“Om wakker geskiet te word, is belaglik.

“Toe ek besef daar word op ons geskiet, het ek die kleintjie gegryp en haar in die gang gaan sit.

“Ek het toe my vrou gegryp en haar ook in die gang ingedruk. Dit is toe dat hulle my vrou in die voet en my in die rug skiet.
“Hulle het my toe al reeds in albei lieste en in die heup geskiet.”

Del Fabbro het Antonella gegryp en na hul oudste dogter, Anya (12), se kamer gegaan. Anya het van die skote wakker geword.

Intussen het vier rowers deur die slaapkamervenster geklim.

Een het na Del Fabbro, wat terug in die kamer was, geloop en ’n vuurwapen in sy gesig gedruk. Hy het gesê Del Fabbro moet opstaan en op die bed gaan lê, want hy moet vasgemaak word.

Del Fabbro het gesê hy kan nie loop nie, want albei sy bene is raak geskiet.

’n Ander aanvaller het na Anya se kamer gegaan en ten aanskoue van die twee meisies ’n vuurwapen op hul ma gerig. Hy het Del Fabbro na die hoofslaapkamer geneem terwyl Anya by die huilende Antonella gebly het.

Die aanvallers het heeltyd vuurwapens op die egpaar gerig terwyl hulle die hoofslaapkamer geplunder het.

Hulle het binne minute met hul buit gevlug.

“Toe die skote klap en ek getref is, het ek net geweet ons word aangeval.

“Ek sal my ergste vyand nie so iets toewens nie,” het Del Fabbro gesê.



http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Pa-4-keer-deur-ruit-geskiet-20101129
« Laaste verandering : November 29, 2010, 09:53:30 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #22 op: November 29, 2010, 09:46:35 AM »
26 -27 November 2010
Boer erg geslaan; sukkel om te praat ná aanval


2010-11-29 00:15

Amanda Roestoff

’n Boer van die Kromdraai-omgewing, buite Krugersdorp, is die naweek vermoedelik met ’n byl en ’n knopkierie op sy plaas aangerand.

Mnr. Jurie Louw (38) van die plaas Rietfontein is vroeg eergisteroggend deur ’n buurman ontdek nadat hy Louw se Toyota Corolla met oop deure en ’n pap wiel in die teerpad naby die plaas aangetref het.

Louw het erge gesig-, been- en rugbeserings opgedoen en is per ambulans na die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal in Krugersdorp geneem.

Volgens ao. Dennis Jones, polisiewoordvoerder, het die aanval óf laat Vrydagaand óf in die vroeë oggendure eergister plaasgevind en het ’n onbekende aantal mans toegang tot
Louw se plaashuis verkry. Die plaas is naby die Brookwood-forelplaas en die Kloofzicht Lodge geleë.

Louw is vermoedelik met ’n byl en knopkierie aangerand.

“Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het en hoe die mans toegang tot die plaashuis gekry het nie.

“Ons weet ook nog nie presies of enigiets uit die huis vermis word nie,” het Jones gesê.

Die polisie kon vingerafdrukke van die voertuig lig en hoop dit kan hulle help om Louw se aanvallers te identifiseer en vas te trek.

“Die polisie het die slagoffer eergister in die hospitaal besoek. Daar bestaan ’n moontlikheid dat hy na ’n ander staatshospitaal oorgeplaas kan word.

“Ons kon nog nie ’n verklaring van hom bekom nie oor die erge beserings in sy gesig. Dit is tans vir hom moeilik om met die polisie te kommunikeer.”

’n Saak van gewapende huisroof word ondersoek. Die aanvallers is nog op vrye voete. 




Amanda Roestoff

’n Boer van die Kromdraai-omgewing, buite Krugersdorp, is die naweek vermoedelik met ’n byl en ’n knopkierie op sy plaas aangerand.

Mnr. Jurie Louw (38) van die plaas Rietfontein is vroeg eergisteroggend deur ’n buurman ontdek nadat hy Louw se Toyota Corolla met oop deure en ’n pap wiel in die teerpad naby die plaas aangetref het.

Louw het erge gesig-, been- en rugbeserings opgedoen en is per ambulans na die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal in Krugersdorp geneem.

Volgens ao. Dennis Jones, polisiewoordvoerder, het die aanval óf laat Vrydagaand óf in die vroeë oggendure eergister plaasgevind en het ’n onbekende aantal mans toegang tot
Louw se plaashuis verkry. Die plaas is naby die Brookwood-forelplaas en die Kloofzicht Lodge geleë.

Louw is vermoedelik met ’n byl en knopkierie aangerand.

“Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het en hoe die mans toegang tot die plaashuis gekry het nie.

“Ons weet ook nog nie presies of enigiets uit die huis vermis word nie,” het Jones gesê.

Die polisie kon vingerafdrukke van die voertuig lig en hoop dit kan hulle help om Louw se aanvallers te identifiseer en vas te trek.

“Die polisie het die slagoffer eergister in die hospitaal besoek. Daar bestaan ’n moontlikheid dat hy na ’n ander staatshospitaal oorgeplaas kan word.

“Ons kon nog nie ’n verklaring van hom bekom nie oor die erge beserings in sy gesig. Dit is tans vir hom moeilik om met die polisie te kommunikeer.”

’n Saak van gewapende huisroof word ondersoek. Die aanvallers is nog op vrye voete. 
« Laaste verandering : November 29, 2010, 09:48:13 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #23 op: November 29, 2010, 09:50:02 AM »
27 November 2010
‘Bid maar, julle gaan nie môre sien nie’

2010-11-29 00:15

Hilda Fourie

’n Sesjarige seuntjie het in sy pa se Land Rover weggekruip nadat aanvallers sy gewonde pa uit dié voertuig geruk en by hul huis in Donkerhoek, oos van Pretoria, ingeboender het.


Nadat die aanvallers sy pa, mnr. George Visser, en dié se lewensmaat, me. Zelda Keulder, met vuurwapens aangerand het, het hulle hom in die voertuig gaan haal.

Klein Zane Visser (6) het binne die huis reguit na Keulder toe gehardloop en toegekyk hoe die aanvallers hul huis plunder en op hulle skree.

Daar is deurgaans drie vuurwapens op hulle gerig.

“Ek het hardop begin bid,” het Keulder (36) gister buite die Pretoriase hospitaal, waar Visser opereer is, gesê.

“Die een het reguit vir my gesê ek kan maar harder bid, want ons gaan nie môre sien nie.”

Dié voorval is die vierde aanval in die Boschkop-polisiewyk, oos van Pretoria, in minder as ’n maand.

’n Tweejarige dogtertjie, Antonella del Fabbro, het onlangs op ’n kleinhoewe in Mooiplaats tussen haar ouers gelê en slaap toe aanvallers deur hul slaapkamervenster op hulle
begin losbrand het (berig op bl.4).

Visser (47) is eergisteraand deur sy voertuig se windskerm in die nek geskiet net toe hy voor sy huis gestop het.

Hy het vir Zane by ’n verjaardagpartytjie gaan haal.

Toe Visser getref is, het hy vir Zane gegryp en agter in die voertuig gegooi waar hy weggekruip het.

Keulder was omstreeks 21:00 besig om te werk toe sy vyf skote hoor afgaan.

Sy het na die voordeur gegaan om te gaan kyk, maar daar was reeds ’n man met ’n vuurwapen by die deur.

Die man het Keulder na die slaapkamer geneem en op die grond gegooi. Nóg twee aanvallers het Visser kort daarna in die kamer ingebring.

Visser en Keulder is elkeen drie keer met vuurwapens oor die kop geslaan. Die aanvallers het juwele en geld gesoek.

“Hulle het vir ons gesê ons gaan dit nie maak nie,” het Keulder gesê.

“Ek het begin hardop bid en vir Liewe Jesus gevra om hulle te help en te vergewe vir dit wat hulle aan ons gaan doen.”

Die aanvallers het die paartjie na die sitkamer geneem waar hulle gevra het: “Waar is die kind?”

Zane is toe uit die Land Rover gaan haal.

Terwyl die aanvallers die huis geplunder het, het ’n voertuig se lig hulle afgeskrik.

Dit was Visser se ma, Leona, wat ’n pynpil by hulle kom haal het. Sy bly net ’n paar kilometer daarvandaan.

Die aanvallers het met onder meer ’n skootrekenaar en selfone gevlug.

Buiten dat Visser gistermiddag geopereer is, moes Zane trauma-berading kry.

“Ek wens iets kan regtig hieraan (misdaad) gedoen word,” het Keulder gesê.

“Ons leef in ’n wêreld waar almal oorsee wil gaan. As ons net vir almal kan werk gee.”


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bid-maar-julle-gaan-nie-more-sien-nie-20101128
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #24 op: December 07, 2010, 11:20:49 AM »
Dit blyk dat die res van die media die aanval verswyg het??

2 Desember 2010
Bakkies Böhmer

Drie plaasaanvalle het in ‘n kwessie van twee dae in die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes plaasgevind.

Mnr. Werner Weber, die leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga, sê mnr. Bakkies Böhmer, ‘n boer van Piet Retief, is Donderdagaand (2 Desember) deur vier mans aangeval en geskiet.

“Ons vermoed die aanvallers het gedink Böhmer is alleen op die plaas, aangesien sy vrou in Johannesburg was. ‘n Aangenome kind het egter by hulle gekuier,” sê Weber.

Hy sê die aanvallers het Böhmer buite sy plaashuis in sy die boud en in die maag geskiet, waarna hulle hom glo beveel het om sy kluis oop te sluit.

Haelgeweer
Die dogter het glo egter gehoor toe hulle Böhmer skiet, en het na die kamer waar die kluis met wapens was gevlug. Soos wat die aanvallers die kamer binnegekom het, het sy glo ‘n skoot met ‘n haelgeweer afgevuur. Een van die verdagtes is gewond, en die groep het op die vlug geslaan.

Böhmer word tans in ‘n plaaslike hospitaal behandel. Weber sê dit is nog nie seker of iemand aangekeer is nie, maar daar is glo ‘n bende aanvallers wat in die omgewing beweeg. Hy sê in ‘n omgewing van vyf vierkante kilometer is slegs twee wonings wat nog nie in die afgelope maande beroof is nie.


http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/drie-plaasaanvalle-twee-dae
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #25 op: December 08, 2010, 09:22:15 AM »
7 Desember 2010
Steven van Zyl (28) en sy vrou, Teresa (26)

2010-12-07 23:09

Buks Viljoen

’n Hoog swanger vrou van Sundra in Mpumalanga en haar man lê in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle gisteroggend wreed in hul bed met hamers aangeval is.

Mnr. Steven van Zyl (28) en sy vrou, Teresa (26), is omstreeks 01:00 in hul slaap in hul woonstel in Dennelaan, Sundra, aangeval terwyl hul 14 maande oue babaseun, Edwin-James, in sy bedjie langs hul bed geslaap het.

Mev. Van Zyl is agt maande swanger.

“Dit lyk soos ’n bloedbad! Die hele bed, kamermuur en verskeie plekke in die woonstel is met bloed besmeer,” het mev. Van Zyl se pa, mnr. Joe Preto­rius, gistermiddag gesê.

Dit is nog nie heeltemal duidelik presies wat tydens die gru-aanval gebeur het nie omdat nie een van die twee slagoffers nog in staat was te praat nie.

Daar word vermoed dat die aanvallers by ’n piepklein badkamervenstertjie ingebreek het.

Hulle het die egpaar in die bed oorval en verskeie kere met die hamers in hul gesigte en op die koppe geslaan.

’n Deel van mnr. Van Zyl se skedel is vergruis en sy kakebeen is afgeslaan. Mnr. Van Zyl werk vir Midas op Springs.

’n Bebloede hamer het ná die aanval op die bed gelê.

Twee ander hamerkoppe wat waarskynlik in die aanval gebruik is, is in die huis opgetel.

“Behalwe vir ’n bloedspatsel op sy kop het hy gelukkig nie seergekry nie,” het Pretorius oor Edwin-James gesê. Hy en sy vrou sorg nou vir die baba.

Die aanvallers het glo die voordeur afgebreek om uit die huis te kom en toe gevlug.

Die erg beseerde mev. Van Zyl het ná die aanval daarin geslaag om hulp by haar swaer, mnr. JJ Pretorius, te gaan soek. Hy bly sowat 40 m van die Van Zyls af.

Die Van Zyls is aanvanklik in die provinsiale hospitaal in Delmas opgeneem, maar gister na die Johannesburgse algemene hospitaal oorgeplaas.

Daar is aanvanklik gevrees dat mev. Van Zyl haar ongebore baba kan verloor, maar volgens Pretorius lyk dit of ma en kind nou buite gevaar is.

“My pragtige kind se gesig sal waarskynlik vir die res van haar lewe geskend wees,” het ’n hartseer Pretorius gesê.

“Wat my opgeval het, is die swaar reuk van bloed in die woonstel,” sê kapt. Salomé van der Westhuizen, stasiebevelvoerder van die polisie op Sundra.

Behalwe vir ’n rekenaarkas en DVD-speler, word niks uit die huis vermis nie.

Enigiemand met inligting kan Van der Westhuizen by 0 013 661 1225 bel.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boewe-val-paar-aan-met-hamers-20101207
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #26 op: December 09, 2010, 09:05:15 AM »
7 Desember 2010 - Johan Schoultz (32)



Mnr. Johan Schoultz met sy babaseun


Rower skiet boer met ’n jaggeweer


2010-12-08 23:36

Buks Viljoen

’n 32-jarige beesboer van Amersfoort lê in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal nadat hy eergisteraand deur rowers met ’n jaggeweer geskiet is.

Terwyl mnr. Johan Schoultz hulpeloos op die grond voor sy huis op die plaas Witbank gelê het, het ’n rower bo-oor hom gestaan en hom met ’n .303-geweer in die nek geskiet.

“Dit is ’n godswonder dat hy nie dood is nie. Geen Godgeskape wese doen dit aan iemand anders nie,” het Schoultz se pa, Johan, gister gesê.

Schoultz jr. is Dinsdagaand omstreeks 20:40 by sy huis uit nadat hy ’n lawaai buite gehoor het.

Hy was skaars 4 m van die voordeur af toe ’n skoot uit die donker geklap het.

Schoultz is in die regterskouer gewond. Die aanvallers het agter ’n tuinmuur geskuil en met ’n .308-geweer op hom losgebrand.
Hy het vir sy vrou, Estelle (30), geskree om met hul babaseun, Rowan (sewe maande), in die kamer te gaan skuil.

Intussen het die drie aanvallers nader gestorm en een het hom weer geskiet, dié keer met ’n .303-geweer.

Hulle wou blykbaar nog ’n skoot op hom skiet, maar die geweer het geweier.

Terwyl hulle aan die geweer se slot gekarring het, het die .303 se magasyn uitgeval.

Die rowers het toe op die vlug geslaan sonder om iets te steel.

Schoultz het na die voordeur geloop waar hy inmekaar gesak het.

Sy vrou het hom by die huis ingesleep en mnr. Schoultz sr., wat sowat 4 km daarvandaan woon, gebel om te kom help.

Tientalle boere van die omgewing was binne minute op die toneel en het na die aanvallers begin soek.

“’n Swaar bui reën het egter uitgesak en die soektog erg bemoeilik,” het Schoultz sr. vertel.

Die polisie het ’n .308-patroondoppie en die .303-magasyn met drie patrone daarin op die toneel opgetel.

Schoultz sr. het gistermiddag self die .303-koeël uit die grond gegrawe waar sy seun geskiet is.

Schoultz jr. is ná die skietery in ’n hospitaal op Ermelo opgeneem, maar later na ’n private hospitaal in Trichardt naby Secunda oorgeplaas.

Sy toestand was gister stabiel.

’n Verdagte man is gisteroggend op een van die naburige plase opgemerk, maar die poli­- sie was te laat om hom aan te keer.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rower-skiet-boer-met-n-jaggeweer-20101208
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #27 op: January 17, 2011, 11:51:24 AM »
15 Januarie 2011 - Alette de Beer (72)



MEV. ALETTE DE BEER (72). Foto: Emile Hendricks

Bejaarde waarsku ná mesaanval deur ‘skoolkind’

2011-01-17 02:10

Jana van der Merwe

Mev. Alette de Beer (72) van Waterbron, Bloemfontein, se waarskuwing aan mense is dat jy níémand van die straat af werk gee nie, nie eens ’n netjiese skoolkind nie.

De Beer word in die Bloemfontein-Medi-Clinic vir meswonde oor haar lyf heen behandel. Sy is Saterdagoggend in haar huis deur ’n jong seun met steakmesse uit haar kombuis – een in elkeen hand – aangeval.

Die vrou, wat steeds ’n haarkappersalon op haar hoewe bedryf, is sowat ses keer in onder meer haar kop, linkerkuit, regterarm en linkerskouer gesteek. Haar talle wonde moes onder narkose geheg word.

De Beer vertel die oopgesig-tienerseun, wat netjies in ’n grys langbroek, ligte langmouhemp en oortrektrui geklee was, het by haar hoewe aangekom op soek na ’n los werkie.

Sy het ingestem en na die motorhuis geloop om vir hom tuingereedskap te gaan haal.

“Hy moes intussen in die huis ingesluip het, want toe ek terugkom, was hy skoonveld. Die grawe wat ek reeds vir hom gegee het, het teen die muur gestaan. Ek het maar gedink die mannetjie het seker koue voete gekry.”

De Beer is hierna in haar huis in waar sy in die slaapkamer verder aan haar boek gaan lees het.

Toe sy weer sien, was hy in haar kamer met ’n mes in elke hand. Hy wou geld hê – R300.

De Beer vermoed die R300 wat langs haar bed op die kassie was, was toe reeds weg.

Sy het met alle mag terugbaklei terwyl hy haar aanhoudend met die messe probeer steek het.

’n Bebloede De Beer het dit eindelik reggekry om die paniekknoppie te druk.

“’n Mens kon sien dit was moontlik die eerste keer dat hy so iets doen. Met die geraas van die alarm het hy verbouereerd geraak en ek kon wegkom.”

De Beer het met haar eie motor tot by ’n buurman, mnr. Etienne van Vuuren, gery. Haar skoonseun, mnr. Johan van der Walt, het haar op pad hospitaal toe by Van Vuuren gekry en haar van daar hospitaal toe gebring.

Die ma van drie dogters en ouma van ses kleinkinders vertel dat in 38 jaar, waarvan sy 23 jaar alleen op die hoewe bly, het só iets haar nog nooit oorgekom nie.

“Mense moet weet jy kan niemand vertrou nie, nie eens iemand wat lyk soos ’n onskuldige skoolkind nie. Mense moet hul deure gesluit hou.”

    * Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog aangekeer nie. ’n Saak van huisroof en poging tot moord word deur die polisie se eenheid teen organiseerde misdaad ondersoek.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-waarsku-na-mesaanval-deur-skoolkind-20110117
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #28 op: January 21, 2011, 09:32:34 AM »
19 Januarie 2011 - Willie Van Der Walt (56)

Bekende Willie Van Der Walt Van De Kroon Gisteroggend Deur 5 Rowers Met Panga Aangeval

Donderdag 20 January 2011

Deur Cynthia Dreyer

‘n Verbete stryd deur mnr Willie van der Walt (56) was waarskynlik verantwoordelik vir die feit dat vyf booswigte nie kans gehad het om ook sy vrou Rina (54) op hulle plaas by De Kroon aan te val nie. Die voorval het gisteroggend omstreeks vyfuur gebeur toe Willie an der Walt en sy vrou
verdagte geluide buite hulle huis gehoor het. Mnr van der Walt het gaan ondersoek instel terwyl sy vrou in die slaapkamer gebly het. Toe hy weer die huis binne gaan, is hy skielik deur die vyf mans oorval. Hulle het hom met ‘n panga erg aangerand terwyl hy vir hulle geskreeu het om enigiets te vat wat hulle wil hê. Mevrou van der Walt wat die geraas gehoor het, het haar in die slaapkamer toegesluit en die paniek knoppie gedruk en die sekuriteits maatskappy gebel. Toe die sekuriteits reaksie personeel daar opdaag het die vyf rowers op hulle begin skiet. Gedurende die skermutseling het vier uit die vyf rowers dit reggekry om te ontsnap maar die vyfde man is deur die sekuriteitsdmaatskappy aangehou en polisiestasie toe geneem. Mnr van der Walt verkeer tans in ‘n ernstige maar stabilele toestand in ‘n Brits kliniek. Volgens ‘n woordvoerder van die hospitaal het hy gister ‘n operasie op sy gesig ondergaan. Mevrou van der Walt verkeer nog in die hospitaal waar sy vir skok behandel word, sê sy.

Volgens die sekuriteitsmaatskappy word daar op hierdie stadium slegs Willie van der Walt se horlosie en twee selfone van die perseel vermis. Dit is nie bekend of nog verdagtes in hegtenis geneem is nie.


http://www.madibengpulse.co.za/?Task=system&CategoryID=31676&HeadingText=CrimeAlert+200111+panga#TOP
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #29 op: January 31, 2011, 08:51:15 AM »
29 Januarie 2011
Barend Erasmus (79), Annatjie Erasmus (82)


Oud-TV-nuusleser se ouers aangeval


2011-01-31 08:11


Charné Kemp

Philipstown - Die pa van die bekende oud-TV-nuusleser en -aanbieder, Ellen Erasmus-Morton, en sy vrou is Saterdagaand hier in hul huis aangeval.

Barend Erasmus (79), ’n oudjoernalis en skrywer, en Annatjie Erasmus (82) het na die program U eie Keuse op die radio geluister toe hulle oorval is.

Volgens mev. Erasmus se seun, Pieter van der Merwe, het twee booswigte geld (sowat R800) en mnr. Erasmus se pistool gesteel.

“My ma is in haar arm gesteek, geskop en geslaan. Die twee booswigte wou haar ook seksueel aanrand. Hulle het die pistool op haar gerig. Oom Barend is bokant sy oog gesteek.” Mev. Erasmus is in die De Aar-hospitaal opgeneem, maar ná ’n dag ontslaan. Die twee sterk nou op Van der Merwe se plaas buite die dorp aan.

“Hulle is emosioneel en baie swak. My ma het baie bloed verloor. Dit is vir ons baie erg. Ellen sal seker Vrydag kom om haar pa en my ma te ondersteun.

“Ek is dankbaar dat die polisie so vinnig opgetree het. Die twee is skynbaar dieselfde twee wat twee weke gelede vleis uit hul kisvrieskas gesteel het,” sê Van der Merwe.

Erasmus het verskeie kortverhale geskryf en vertaalwerk gedoen. Hy het twee boeke Oppad en Nege kandelare vir Magriet geskryf.

Erasmus het op Phillipstown afgetree. Daar het hy mev. Erasmus ontmoet. Hulle is reeds 19 jaar getroud.

Ellen Erasmus-Morton wou nie kommentaar lewer nie.

Ao. Pieter Swartz van die De Aar-polisie het aan Volksblad bevestig dat twee mans Sondag in hegtenis geneem is.

’n Selfoon en pistool is in hul besit gevind.

Hulle sal Dinsdag verskyn op aanklagte van huisbraak, diefstal, aanranding met die opset om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede.

- Volksblad


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Oud-TV-nuusleser-se-ouers-aangeval-20110131
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #30 op: February 04, 2011, 09:40:21 AM »
2 Februarie 2011 - Kitty Vorster (92)


Bejaarde in loopraam op plaas aangeval



2011-02-04 07:07

Pieter Steyn

Hertzogville - Die gemeenskap hier is met afgryse vervul nadat ’n bejaarde wat met ’n loopraam loop, in haar huis op ’n plaas in die distrik deur jeugdiges aangeval is.

Kitty Vorster (92) het sowat twee uur gebid en gevra dat die Here haar moet beskerm nadat sy Woensdag omstreeks 20:00 by haar agterdeur deur ses jeugdiges oorval is.

Ná die aanval is Vorster, wat erg gekneus en geskok is, deur ’n plaaslike dokter behandel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Vorster bly alleen in haar huis op die plaas Ruspan, sowat 20 km buite die dorp. Dit is ’n hanetree van haar seun, Martiens, se huis op dieselfde plaas.

Vorster se skoondogter, Sandra, sê sy en haar man het die plaas omstreeks 18:00 verlaat om ’n kerkraadsvergadering op Christiana te gaan bywoon.

“My skoonma sê sy het oudergewoonte om 20:00 se kant die agterdeur vir haar worshondjie oopgemaak sodat hy kan inkom nadat hy gaan ****** het. Die hond het glo vreeslik geblaf en wou nie inkom nie.”

Vorster, wat met ’n loopraam loop, is toe deur een van die aanvallers omgestamp en aangesê om stil te bly.

Die aanvallers het die drade van die telefoon en burgerbandradio geknip.

“Hulle het my skoonma se hande en voete vasgebind en haar eers met ’n tafelnet probeer verwurg en daarna met ’n kussing probeer versmoor.”

Die aanvallers is daarna op ’n plundertog deur Vorster se huis.

“Alles, alles, alles, is uit die kaste en laaie gegooi. Die matrasse is omgedop.”

Vorster, wat intussen haar hande losgewoel het, het deurentyd gebid.

Sandra sê haar skoonma skat die aanvallers tussen 15 en 17 jaar oud.

“Hulle het kos vir hulself in die mikrogolfoond warm gemaak, halfpad opgeëet en dit op die vloer gegooi.”

Toe Vorster vir water vra, het hulle vir haar ’n glas water gebring maar die glas met ’n nat lap vasgehou, vermoedelik om nie vingerafdrukke te laat nie.

Ná sowat twee uur het Vorster aan die aanvallers gesê haar seun is op pad.

Hulle het toe laat spat.

Vorster se seun het onraad vermoed toe hy omstreeks 22:45 van Christiana af terugkeer en sien sy ma se huisligte brand.

Hy het haar in die huis gekry met haar voete vasgebind en dadelik alarm gemaak.

Hannes de Jager, koördineerder van Vrystaat- landelike beveiliging op Hertzogville, sê nadat hulle van die aanval gehoor het, is die veiligheidsplan onmiddellik in werking gestel.

Alle paaie in en om die dorp is afgesper.

Hy en die polisie se honde-eenheid het verskeie spore van die toneel gevolg, maar in die township, Malebogo, by die dorp die spoor verloor.

In dié stadium word twee selfone, ’n klawerbord en ’n weermagjas vermis.

Lede van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Bloemfontein was tot laatmiddag nog op die toneel. Hulle volg verskeie leidrade op.

Vorster sterk by haar seun-hulle se huis aan.

- Volksblad


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-op-plaas-aangeval-20110204
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #31 op: February 04, 2011, 10:46:21 AM »
Gesin oorleef plaasaanval-hel

(Hierdie berig blyk nie in oorspronklik elektroniese formaat beskikbaar te wees nie, met dank aan Adriana Stuijt vir die publisering van die weergawe)



Oorspronklike bron:

http://www.facebook.com/photo.php?fbid=1714753482015&set=a.1492603488404.61381.1633532465#!/photo.php?fbid=1714753482015&set=p.1714753482015
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #32 op: February 11, 2011, 09:07:18 AM »
9 Februarie 2011 - Heinz Brenner (71)


Die huis in Linden waar mnr. Heinz Brenner oorval en aangerand is. Foto: Lauren Mulligan


Aanval laat man se hart ingee

2011-02-11 01:07

Jody Nel

’n71-jarige man het ’n hartaanval gekry terwyl of nadat ’n rower hom oorval en aangerand het.

Mnr. Heinz Brenner is eergister ook deur sy huis in Linden, Johannesburg, gesleep.

Hy was gister nog in ’n bedenklike toestand in die Milpark-hospitaal in die stad.

“Hy is erg aangerand en het meestal kopbeserings opgedoen,” het kapt. Alex Vermaak van die Linden-polisiekantoor gesê.

“Die rower het Brenner deur sy hele huis gesleep voordat hy hom in die motorhuis gelos het.”

Dit is onseker wanneer Brenner die hartaanval gekry het.

Hy het ook bloeding op die brein opgedoen.

Sy vrou en dogter was by die winkels toe hy aangeval is.

Nadat hulle by die huis aangekom het, is hulle ook oorval.

“Hy het ’n vuurwapen op hulle gerig, maar geen skote is gevuur nie,” het Vermaak gesê.

Die rower het ma en dogter in ’n kas toegesluit en toe weggehardloop. Hulle kon self uit die kas kom.

Hulle het Brenner in die motorhuis gekry en ’n ambulans ontbied.

Die huis is besteel, maar die polisie is onseker wat alles weg is.

Gister was die gesin steeds te getraumatiseerd om ’n volledige verklaring aan die polisie te gee.

Volgens Vermaak sou Brenner gister ’n noodoperasie ondergaan om die bloeding op die brein te keer.

Die aanvaller is nog op vrye voete. Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof, huisroof en aanranding.

Brenner is aangeval net vyf dae nadat me. Georgie Jacklin (65), eienaar van die Sleepers-gastehuis, ook in Linden, oorval en vermoor is.

Die VF+ het die misdade in Linden ten sterkste veroordeel.

“Dit kan eenvoudig nie so voortgaan nie. Ons sal moet be­sin oor maniere waarop die veiligheid van inwoners in Linden verseker kan word,” het me.

Karen Roodt, VF+-wyksraadslid, in ’n verklaring gesê.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aanval-laat-man-se-hart-ingee-20110210
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #33 op: February 11, 2011, 11:12:37 AM »
Dit lyk nie of die Afrikaans media oor die aanval gaan berig nie, daarom die verwysing na die engelse berig:

Granny survives brutal attack


Keith Lewis Jnr furiously fought for his and his granny's lives


A battered Vivien Tillett (90) lies in the garden in her own blood, attended to by Dr Jorgenson


Attacking the family wasn't enough - the intruders went as far as beating a very old but friendly dog, leaving a big gash in her head

Two men entered a Mtubatuba home and went on a spree of wanton violence, attacking 90 year-old granny Vivien Tillett and grandson Keith Lewis.

Minutes after leaving his house in Mtubatuba on Thursday night, Keith Lewis’ family was brutally attacked. His 90 year-old mother, Vivien Tillett, and son Keith Jnr, were both severely beaten by unknown attackers. Just after 8:30pm, Lewis left his family locked inside the house when he went to a garage up the road. Two male intruders broke the locked gate, entered the house and attacked Keith with sticks. A shot was fired, which grazed his face and then the blows started to rain down on him while the young man was trying to defend himself. Knowing his fragile grandmother was in her room, Keith fought back with everything he had. One of the intruders hissed at Lewis that they were going to rape his grandmother and then kill her.
He tried to escape, hoping the two men would follow him and leave his grandmother alone. He ran outside up the dirt road towards town and waved down a police vehicle. Horror awaited father and son as they got home. Lewis Snr’s elderly mother had been dragged from her bed into the backyard. Beaten over the head, ribs broken and arm sprained, Tillett was lying helplessly in a puddle of blood in the dark, waiting for her family to return. The perpetrators were nowhere to be found. Doctor Jorgenson and helpful neighbours Peter and Alan Harrison spent the whole night with the family. No arrests have yet been made.


http://www.zululandobserver.co.za/Pages/m06story1.html
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #34 op: February 11, 2011, 01:44:33 PM »
Soos Buks op FB gesê het: kan 'n mens goed wat sulke dinge doen, mense noem?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #35 op: February 16, 2011, 12:18:55 PM »
12 Februarie 2011 - Chris de Jager (65) en sy vrou, Marie (57)


Aanvallers skiet man in arm, maag


2011-02-16 10:00

’N Man is in die maag geskiet toe hy gaan soek het na boewe wat oomblikke vantevore sy skoonouers aangeval het.

Terwyl die aanvallers mnr. Chris de Jager (65) en sy vrou, Marie (57), aangehou en aangerand het, het hul drie pleegkinders geslaap.

Hul skoonseun, mnr. Joggie Papenfus, het by sy huis sowat 500?m in die pad af saam met vriende gebraai.

Nadat die aanvallers gevlug het, het De Jager Papenfus gebel.

Hy het die aanvallers agternagesit en hulle in die grondpad buite die Wilde Sering Lodge buite Cullinan gekry.

Die aanvallers het op Papenfus geskiet en hom in die elmboog en die maag getref.

Die De Jager-egpaar het Saterdagaand ’n saal by dié lodge reggemaak vir ’n Valentynsete.

De Jager is kort ná 20:00 huis toe. Hy het skaars gelê toe sy hond begin blaf.

“Toe ek buite by die kleinhekkie kom, spring twee uit. Een van hulle het ’n koeëlvaste baadjie met ses vuurwapens gedra.

“Hulle het?’n pistool teen my kop gedruk, my by die huis ingebring, op die vloer neergegooi en met kabelbinders vasgebind.

“Hulle het gevra vir geld en die kluis se sleutel. Hulle het gesê hulle gaan my oor sny as ek nie die sleutel gee nie.

“Ek het gesê hy moet maar sny, want ek het nie die sleutel nie. Hulle het my ook met die kolwe van hul vuurwapens geslaan.”

In die tussentyd het mev. De Jager en mnr. Dirkie du Toit, wat haar in die saal gehelp het, 21:10 huis toe gery.

Hulle het onraad vermoed en Du Toit is in die huis in waar die aanvallers hom oorval het.

Net toe mev. De Jager uit die bakkie wou klim, het sy ’n onbekende man by haar gesien.

Sy het die bakkie se deure gesluit, maar die man het die venster stukkend geslaan.

“Hy het my uit die bakkie geruk, op die grond gegooi en my aan my voete na die klein hekkie gesleep. Ek is oor die muur gegooi waarna hy my aan my voete by die huis ingesleep het,” het sy gesê.

Binne die huis is mev. De Jager bebloed langs Du Toit en twee huiswerkers vasgebind wat ook aangerand is.

Nadat die aanvallers die huis geplunder en gevlug het, het Du Toit hom losgewikkel en almal losgemaak.

Hulle het Papenfus gebel. Papenfus en mnr. Victor Steyn, sy vriend, het die aanvallers ’n paar meter van die lodge gekry.

Die aanvallers het losgebrand, weggejaag, stilgehou, weer op hulle geskiet en Papenfus getref.

Papenfus is in die hoësorgeenheid van ’n Pretoriase hospitaal opgeneem. Sy toestand is stabiel.

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aanvallers-skiet-man-in-arm-maag-20110216
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #36 op: February 16, 2011, 12:21:05 PM »
13 Februarie 2011 - Annetjie Smith (62)


Weduwee vir dood agtergelaat

2011-02-15 05:59

Jana van der Merwe

ZASTRON. – Die “ongoddelike dors” waarmee sy langer as 25 uur bebloed in haar slaapkamer moes lê en wag, was vir ’n weduwee byna erger as die uiterste pyn wat sy moes verduur.

Mev. Annetjie Smith (62), ’n pensioentrekker, is Sondagoggend deur twee aanvallers in haar huis op die dorp oorval. Ná die wrede aanval is sy eers gister gevind en toe inderhaas per EMS-helikopter na die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gebring

Die onbekende aanvallers het haar met die vuiste toegetakel, rondgesleep, probeer versmoor en toe met toue en kettings vasgemaak en in haar huis vir dood agtergelaat.

Haar geskokte huishulp van die afgelope 20 jaar het gisteroggend op haar afgekom.

Die erg beseerde Smith het gister uit haar hospitaalbed vertel twee “netjiese en ordentelike” mans het Sondag omstreeks 08:00 aan haar deur geklop en werk gevra.

“Ek het vir hulle gesê ek sal hulle graag wou help, maar ek het nie geld om hulle te betaal nie.

“Ek is seker ’n verleentheid vir die ryk mense wat om my bly, só brandarm is ek.”

Smith het kort hierna uitgegaan om haar Rottweiler vas te maak.

Die twee mans het haar toe oorweldig en haar die huis ingesleep.

In haar huis het hulle haar “papgeslaan met hul vuiste”.

“Hulle het gesê as ek my mond oopmaak, sny hulle my keel af. Hulle gaan my met die besem platslaan.

“Ek het gesê: ‘Maar ek raas mos nie’.

In ’n stadium het sy vir hulle gesê: “Weet julle wat julle doen, is verkeerd?”. Hulle enigste antwoord daarop was dat hulle geld wou hê.

Smith is toe verder rondgesleep, geskop en die mans het probeer om haar met ’n kussing te versmoor. Hulle het haar met toue en kettings vasgemaak.

Albei haar hande, gewrigte en enkels was gister potblou. Ná ’n dag en ’n nag van ontbering, was die pyn gister steeds baie erg.

“Ek het gisteraand niks geslaap nie. Hoe kon ek? Die dors was ongoddelik. Ek kan dit nie verstaan nie. Ek was die oggend en vorige dag net besig met my naaldwerk. Ek het hulle niks gemaak nie.”

Einde verlede jaar is daar vier keer binne drie weke by haar huis ingebreek. Toe is alles wat waardevol was, reeds gesteel.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Weduwee-vir-dood-agtergelaat-20110215
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #37 op: February 16, 2011, 12:27:20 PM »
14 Februarie 2011 - Malcolm Armstrong (35)








Foto's: Betogers vermink koerier

2011-02-15 15:07

Charles Thompson

Kaapstad – ‘n 35-jarige man is Maandag met klippe, bottels en ysterpype deur stakers in Isando, Johannesburg, aangeval.

Malcolm Armstrong, wat ‘n afleweringsdiens bedryf, en ‘n assistent se vragmotor is Maandagmiddag naby Isando-treinstasie deur betogers bygedam.

Volgens Malcolm se pa, Wally, het die paar omstreeks 17:30 onder die voetgangerbrug buite die stasie deurgery toe ‘n groep hulle vragmotor met klippe bestook het.

Die voertuig het onder die klipreën tot stilstand gekom en terwyl die assistent kon wegkom, het die groep Malcolm in die hande gekry.

“Hulle het my seun uit die voertuig gesleep en hom verbrysel,” het Wally Dinsdag per telefoon aan Nuus24 gesê.

Volgens sy pa het Malcolm verskeie gesigbreuke opgedoen, en is beide sy wangbene sowel as sy neus gebreek.

Stukke glas, staal, roes en grond moes uit Malcolm se skedel verwyder word, het ‘n neurochirurg, wat tot 02:00 Dinsdagoggend op Armstrong moes opereer, aan Wally gesê.

“Hulle het hom dus met bottels, klippe en een of ander geroeste staalpyp geslaan.”

Malcolm is in ‘n kritieke toestand in die Arwyp-privaathospitaal, Kempton Park, waar hy waarskynlik plastiese chirurgie sal moet ondergaan.

Volgens Wally is dit nie duidelik waarom die groep besluit het om sy seun te teiken nie.

Slegs sy beursie is gesteel.

Volgens ‘n polisiebeampte op die toneel, wie se naam nie aan Wally bekend is nie, was die aanvallers lede van ‘n groep stakers wat die treine na Isando sedert vroeg Maandagoggend gebruik het.

Wally sou Dinsdagmiddag ‘n saak by die polisie aanhangig maak.

Die staking het Dinsdag ‘n tweede dag betree. Vragmotorbestuurders eis 'n salarisverhoging, behuisingstoelaag en 'n einde aan arbeidsmakelaars.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Trokstaking-Betogers-vermink-koerier-20110215
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #38 op: February 25, 2011, 11:20:17 AM »
21 Februarie 2011 - Meisie Niemann (62) en haar man, Faan (64)


Bloemspruit-egpaar spring aanval vry


2011-02-24 05:54

Jana van der Merwe

’n Bloemfonteinse man en sy vrou sou waarskynlik nog slagoffers in die misdaadgeteisterde Bloemspruit geword het as hy nie buite ’n ander paadjie as gewoonlik gevolg en sodoende ’n aanvaller gewapen met ’n panga gesystap het nie.

Die Bloemspruit-buurtwag het die egpaar onmiddellik te hulp gesnel, maar die Bloemspruit-polisie het eers meer as twee uur later opgedaag, sê die egpaar.

Mev. Meisie Niemann (62) vertel sy en haar man, Faan (64), het Maandagaand 7de Laan op televisie gekyk toe hul hond buite begin blaf.

Toe haar man by die huis uitstap, het ’n man met ’n panga in sy hand om die draai gekom.

“Voetspore het later gewys daar was nog ’n vermeende aanvaller op die toneel.

“As my man soos gewoonlik buite muurlangs gestap het, sou hy beslis gekap of gesteek gewees het. Hy het gelukkig weg van die muur gestap en toe die wagtende aanvaller om die draai gesien.

“My man het daarna agteruit gespring en probeer hardloop na die afdak om ’n plank te gryp. Toe hy weer sien, was die man weg.”

Mev. Niemann het intussen besef daar is fout en het haar buurman, ’n polisiebeampte en buurtwaglid, gebel. Hy het dadelik na hul huis gejaag en was al omstreeks 19:00 daar. Daarvandaan het hy Bloemspruit se polisiekantoor gebel. Die polisie het eers teen 21:30 opgedaag.

Ander buurtwaglede het dadelik gereageer en blitsig opgedaag.

Die buurtwag het eergister twee rye voetspore buite die huis gekry. Hulle patrolleer ook nou meer gereeld hier. Mev. Niemann sê geen verdagtes is nog deur die polisie in hegtenis geneem nie.

Sy vertel dis ironies dat sy kort voor die bejaarde mnr. Ben Steyn van Bloemspruit se moord einde verlede jaar, hom gewaarsku het om versigtig te wees. Sy vrou is enkele maande voor sy moord oorlede en hy het alleen gebly.

“My senuwees is nou klaar. Ek sit nou die deur met valkoë en dophou. Maar ek besef as jy moet doodgaan, sal jy doodgaan, of jy nou trek, of nie trek nie,” het mev. Niemann gesê.

Mnr. Frans Croucamp, wat in beheer van die Bloemspruit-buurtwag se patrollies is, sê die buurtwag het al vele suksesse behaal. Ook in dié geval kon hulle vinnig die egpaar te hulp snel. Hy sê vandat hulle in November met die buurtwag in Bloemspruit begin het, het hulle al verskeie mense se vee ook weer help terugkry.

Hul ledetal groei steeds. Croucamp sê nie net is ’n buurtwag vandag noodsaaklik nie, dit is ook belangrik vir buurtwagte om nou met die polisie saam te werk om sodoende misdaad te bekamp.

    * Volksblad het ook in Desember berig oor mnr. Hennie Viljoen (51) van Bloemspruit wat wreed met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgeslaan is.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bloemspruit-egpaar-spring-aanval-vry-20110224
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Aanvalle op volksgenote
« Antwoord #39 op: February 28, 2011, 11:07:06 AM »
1 Februarie 2011 - Johan Groenewald (38)


Pa vertel hoe aanvallers 17 keer op hom skiet

2011-02-27 21:48

Hilda Fourie

’n Pa was byna die helfte van sy twee maande oue babaseuntjie se lewe in die hospitaal nadat hy 17 keer deur aanvallers geskiet is.

Een van die vermeende aanvallers wat in verband daarmee gearresteer is, het vroeër uit die Bethanie-polisiekantoor in Noordwes ontsnap waar hy weens die moord op ’n polisieman aangehou is.

As mnr. Johan Groenewald (38) terugdink aan die mini-oorlog op die perseel van ’n drankverspreider in Silverton, Pretoria, kan hy onthou hoe hy omgedraai het en in die loop van ’n pistool vasgekyk het.

“Ek het my eie pistool gespan en toe breek alle hel los,” het Groenewald gesê.

“Ek onthou ek is geskiet en het gevoel hoe ek geskiet word. Ek onthou ek het teruggeskiet, maar daarna nie veel nie.”
Groenewald van Die Wilgers in die ooste van Pretoria is Vrydag, toe sy seun, Stehan, twee maande oud was, uit die hospitaal ontslaan.

Sy lyf is oortrek met merke waar die koeëls hom getref het. Sy dybeen is gebreek en die boonste lit van sy regter-ringvinger is geamputeer nadat dit deur ’n koeël getref is.

“Ek is van voor en agter geskiet. Hulle het my goed gepeper,” het Groenewald gesê.

“Dit is ’n wonderwerk dat ek leef. Ek het regtig nie gedink ek gaan dit maak nie.”

’n Vriend van Groenewald moes op 1 Februarie omstreeks 04:00 ’n kliënt van hom begelei ná ’n onthaal by die drankverspreider se perseel.

Dié vriend het nie opgedaag nie en Groenewald, eienaar van ’n veiligheidsmaatskappy, het uitgehelp.

Hy het gehoor hoe iemand oor die muur spring en ’n verdagte voertuig wat wegry. Groenewald het nader gestap na waar hy die geluide gehoor het.

Groenewald het omgedraai waar ’n aanvaller al met sy vuurwapen gerig op hom, gestaan het.

Die volgende oomblik het aanvallers, wat vermoedelik onder voertuie op die perseel weggekruip het, op Groenewald begin skiet.

Hy is in sy voete, arms, bene, bolyf en ingewande getref.

Groenewald het een aanvaller gewond.

Die gewonde aanvaller is op die perseel in hegtenis geneem, het konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, bevestig.

Volgens Groenewald het die polisie die man wat hy gewond het, gesoek nadat hy na bewering betrokke was by die moord op ’n polisieman in Noordwes.

Benewens dié man is nóg ’n man ná die voorval in hegtenis geneem.

Die twee mans is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die polisie was ook nog nie by Groenewald om sy verklaring te neem nie.

“Ek is nie kwaad dat ek geskiet is nie, maar dit maak my kwaad dat die twee op borgtog vrygelaat is.”

Kapt. Pinky Tsinyane, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die ondersoekbeampte was wel by Groenewald in die hospitaal, maar hy was nog bewusteloos.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Pa-vertel-hoe-aanvallers-17-keer-op-hom-skiet-20110227
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal