Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: oorwinning in die moderne idioom  (Read 1461 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Boerkind

  • Gas
oorwinning in die moderne idioom
« op: June 12, 2007, 02:28:03 PM »
Dertien, of is dit nou amper 14 jaar gelede het Radio Pretoria sy eerste uitsending gedoen, die lisensie was toegestaan vir twee dae se uitsendings. Nou byna 14 jaar later het die grootste hofstryd in die uitsaaiwese van Suid-Afrika tot n einde gekom toe hierdie klein Radiostasie, wat oorspronklik gelisensieer is om die Boere-Afrikaner te bedien, die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA (OKOSA) en in Engels ICASA genoem, n deeglike loesing gegee het in die appelhof te Bloemfontein.
Vyf regters het eenparig besluit dat:
- Die redes wat OKOSA aangevoer het waarom die lisensie nie toegestaan kan word nie, ongeldige redes is, en word derhalwe verwerp
-  Die aansoek om lisensie word deur die hof terug verwys vir heroorweging
-  Die hof het ook 'n kostebevel gelas teen die OKOSA

By implikasie beteken dit dat Radio Pretoria, wat nou reeds agt jaar lank van hofsaal na hofsaal beweeg in sy stryd om n vierjaar lisensie te kry, uiteindelik by die punt gekom het waar Radio Pretoria nie meer stil gemaak kan word nie.

In die komende maande sal die Radio sekere werk moet doen om sy amptelike lisensie te ontvang - en daarna kan n nuwe stryd aangepak word .... maar hieroor later!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: oorwinning in die moderne idioom
« Antwoord #1 op: June 12, 2007, 02:57:21 PM »
Boerkind,

Ek is verheug oor die oorwinning van Radio Pretoria. Dit gee ons weer nuwe moed vir die stryd wat ons almal saam stry!

Baie sterkte aan Radio Pretoria!

Groete,

Ben

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: oorwinning in die moderne idioom
« Antwoord #2 op: June 12, 2007, 03:28:09 PM »
Sowaar al 'n groot oorwinning wat 'n mens hoop gee.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal