Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: AVKB Westfalia kamp 2010  (Read 875 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
AVKB Westfalia kamp 2010
« op: October 14, 2010, 01:16:47 PM »
Beste Vriend,

Ons kamp vanjaar weer vanaf 4 tot 11 Desember 2010 op Westfalia tussen Tzaneen en Duiwelskloof. Hierdie is ‘n kamp waar die hele gesin saam kan kom kamp. Almal kan weer kom saam werk en speel tussen mede Boere-Afrikaners.

Die AVKB is ‘n beweging vir die vrye jeug van die Afrikanervolk, begrond en gerig deur ‘n Bybels-Christelike lewens en wêreldbeskouing.

Alle jongmense met durf en wat nog murg in hulle pype het, is welkom. Die beweging is ook vir die gesin rondom die jongmens, ouers is dus ook welkom om te kom kamp. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 22 November 2010.

Die inslag van die kamp is beveiliging van ons geloof, volk, kultuur, ons lewens en goedere.

Ons gaan skerts, lag, sing, avontuur hê, ernstig wees
en baie beleef en ervaar!

Moet nie na die tyd spyt wees nie, wees op die voorpunt, wees gereed vir enigiets wat op jou wag, wees getrou aan jou Christelike beginsels en kom geniet ‘n onvergeetlike ervaring!


Groete

Ds. Sarel Roets (jr)


Aangeheg is die inskrywingsvorm vir die kamp. Alle nodige inligting is daarin saamgevat
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal