Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Het jy 'n vraag?  (Read 1731 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Het jy 'n vraag?
« op: October 16, 2010, 08:57:40 AM »
Goeiedag Bravolanders!

Het jy 'n vraag oor 'n siekte, geneesmiddel, alternatiewe geneesmiddel of enigiets anders waarmee ek as apteker kan help, laat weet asb!  Ek sal na die beste van my vermoë jou vrae beantwoord en gaan navors as dit bo my vuurmaakplek is.

Moenie skaam wees nie!  Die Chinese sê mos:  Daar is nie so iets soos 'n dom vraag nie.  Die persoon wat nie vra nie bly dom!

Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri
« Laaste verandering : October 18, 2010, 07:49:39 AM deur Adri van Staden »
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #1 op: October 18, 2010, 08:15:33 PM »

Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri

Dankie vir die "kollejties" Oom!  ;)

Elmien, ek sien die mense is te skaam om te vra, ek het twee vrae:

1) Is die kortisoonsalf Procutan net op voorskrif beskikbaar? Indien dit net met 'n voorskrif verkry kan word, is daar 'n alternatief wat nie 'n voorskrif nodig het nie? Ek weet sommige aptekers meng hulle eie kortisoonsalf, maar dit reuk gewoonlik soos skaapdip of iets dergeliks. Ek soek iets soos 'n Pfizer-produk of van 'n ander pharmaseutiese (spelling??) maatskappy.

2) Strikvraag! Is daar 'n mediese fonds wat jy kan aanbeveel, ek het pas na 'n nuwe fonds geskuif en ek is sommer met die intrapslag ongelukkig. Is daar 'n fonds met wie julle "minder" probleme het as met ander fondse? Dit voel vir my die fondse sit en maak net geld uit ons onnosele mense. Help asb.!! :)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #2 op: October 19, 2010, 05:06:41 PM »
Dankie vir die geleentheid wat jy ons bied Elmien , ek sal dit beslis benut as ek iets op die hart het .
Bietjie van die punt af , sal jy dalk belangstel om as 'n Departementshoof van Gesondheid te dien in Bravoland ? Ek meng nou eintlik in Johan se sake in maar hy is besig met eksamen so nou maak ek maar van die geleentheid gebruik om u daaroor te nader .

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #3 op: October 20, 2010, 09:32:50 AM »

Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri

Dankie vir die "kollejties" Oom!  ;)

Elmien, ek sien die mense is te skaam om te vra, ek het twee vrae:

1) Is die kortisoonsalf Procutan net op voorskrif beskikbaar? Indien dit net met 'n voorskrif verkry kan word, is daar 'n alternatief wat nie 'n voorskrif nodig het nie? Ek weet sommige aptekers meng hulle eie kortisoonsalf, maar dit reuk gewoonlik soos skaapdip of iets dergeliks. Ek soek iets soos 'n Pfizer-produk of van 'n ander pharmaseutiese (spelling??) maatskappy.

2) Strikvraag! Is daar 'n mediese fonds wat jy kan aanbeveel, ek het pas na 'n nuwe fonds geskuif en ek is sommer met die intrapslag ongelukkig. Is daar 'n fonds met wie julle "minder" probleme het as met ander fondse? Dit voel vir my die fondse sit en maak net geld uit ons onnosele mense. Help asb.!! :)

Hi Karina,

Hier is vir jou 'n antwoord of twee:
1.  Procutan se aktiewe bestandeel is Hidrokortisoon en al die rome met die bestandeel is skedule 2.  Dit beteken dat jy dit by enige apteek oor die toonbank kan aanskaf.  Die kortisoonroom wat nie oor die toonbank verkrygbaar is nie, is betametasoon.  Dit is skedule 4 en is 'n baie sterker verbinding, maar het dus ook meer newe-effekte. 
Procutan word vervaardig deur Schering-Plough.  Aspen maak Mylocort en Adcock Ingram maak Stopitch, almal dieselfde en maklik beskikbaar.

2.  Mediese fondse is deesdae 'n probleem.  Die regering is hard besig om te probeer om hulle dood te druk (en privaat apteke ook) vir hulle veelbesproke NHI.  My persoonlike opinie is dat mens liewer terwyl mens nog jonk en sonder te veel skete is net 'n hospitaalplan by 'n duur mediese fonds aan te skaf en dan liewer jou doktersbesoeke en medisyne kontant te betaal.  Op die ou einde spaar jy geld, want die medies betaal nooit 'n voorskrif se hele bedrag uit nie, jy het altyd nog 'n bybetaling ook.  Julle kan liewer die geld wat julle aan 'n volle mediese plan sou spandeer in 'n spaarrekenig bank by Oranjekas en dit dan gebruik vir jul mediese onkoste.  Dan betaal jy nie honderde ongekwalifiseerde en ongeinteresseerde telefoonwerkers se salarisse nie!!

Om 'n regssaak te vermy sal ek jou 'n persoonlike boodskap stuur met name van oulike mediese fondse.

Ek hoop dit plaas genoeg lig op 'n donker onderwerp!!
« Laaste verandering : October 20, 2010, 10:04:15 AM deur Elmien Drent »
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #4 op: October 20, 2010, 09:34:36 AM »
Dankie vir die geleentheid wat jy ons bied Elmien , ek sal dit beslis benut as ek iets op die hart het .
Bietjie van die punt af , sal jy dalk belangstel om as 'n Departementshoof van Gesondheid te dien in Bravoland ? Ek meng nou eintlik in Johan se sake in maar hy is besig met eksamen so nou maak ek maar van die geleentheid gebruik om u daaroor te nader .

Dankie Sanderis.

Ek is met Johan in verbinding en hy het my toestemming gegee om op hierdie staduim op 'n informele manier onderwerpe te plaas en te bespreek.  As daar nood is vir iets meer formeel laat weet maar...
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #5 op: October 20, 2010, 09:41:20 AM »
Baie dankie Elmien, ek wil net vir die aap gaan sê wat vir my gesê het Procutan is voorskrifmedisyne moet weer bietjie deur sy boeke blaai.  :)

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #6 op: October 20, 2010, 10:05:18 AM »
Baie dankie Elmien, ek wil net vir die aap gaan sê wat vir my gesê het Procutan is voorskrifmedisyne moet weer bietjie deur sy boeke blaai.  :)

Ek gebruik Procutan al jare lank en dit is skedule 2.
Ons Sal!!!

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #7 op: October 20, 2010, 11:22:20 AM »
  My persoonlike opinie is dat mens liewer terwyl mens nog jonk en sonder te veel skete is net 'n hospitaalplan by 'n duur mediese fonds aan te skaf en dan liewer jou doktersbesoeke en medisyne kontant te betaal.

Ek wil net byse, ek dink wel dat 'n hospitaalplan lewensnoodsaaklik is vir daardie onvoorsiene omstandighede soos 'n motorongeluk of ernstige siekte.  Maak net altyd seker dat jou mediesefonds se hospitaalplan jou toelaat om in ENIGE PRIVAAT instansie opgeneem te word en nie net staatshospitale nie!!!
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #8 op: October 21, 2010, 01:13:52 PM »
Geagte Apteker,

Liberalisme is 'n siekte. Linksheid is 'n vorm van geestelike ongesteldheid. Wat sou u aanbeveel vir hierdie pandemie?

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #9 op: October 21, 2010, 01:57:56 PM »
Geagte Apteker,

Liberalisme is 'n siekte. Linksheid is 'n vorm van geestelike ongesteldheid. Wat sou u aanbeveel vir hierdie pandemie?

Dis glo 'n tekort aan lood; daar is blykbaar pille beskikbaar wat hierdie loodtekort kan aanvul, maar dit moet self deur die ongestelde geneem word. Dis 'n mysdryf as dit deur 'n ander toegedien word...

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #10 op: October 21, 2010, 01:59:38 PM »
Nie in die NSA nie!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #11 op: October 21, 2010, 02:44:17 PM »
Geagte Apteker,

Liberalisme is 'n siekte. Linksheid is 'n vorm van geestelike ongesteldheid. Wat sou u aanbeveel vir hierdie pandemie?

Liewe Ben,

Per definisie is 'n pandemie 'n siekte wat reeds buite menslike beheer is.  Ek stel voor ons almal neem vir voorkoming 'n stywe skoot GEBED, bekers en bekers vol GELOOF en 'n armvol LIEFDE vir ons naaste.

Hierdie pandemie kan net deur ons Almagtige Vader genees word.

(Ek is wel ten gunste van loodbehandeling, ek kan net nie die newe-effekte met my beroepsetiek versoen nie!)
« Laaste verandering : October 21, 2010, 02:48:10 PM deur Elmien Drent »
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #12 op: October 22, 2010, 08:09:32 AM »
Die pandemie van liberalisme het eendag lank, lank gelede in 'n baie mooi tuin uitgebreek. Dit was toe die mens besluit het om hom nie langer te hou by die neergelegde reëls van wat hy mag eet nie wat nie. Sedertdien woed dit oor die hele wêreld en in alle mense. Wees dankbaar as jy daarvan genees is: dit is net genade!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #13 op: October 27, 2010, 08:30:08 PM »
Verskoon my, maar ek het weer 'n vraag. Slaap is besig om my tyd te mors. Is daar 'n middel wat hierdie ongevraagde tydverdryf tot 'n einde kan bring?

Terloops,ek praat nie hier van die kroniese kondisie van liberaliste wat aan die slaap is selfs as hulle regop is nie, ek praat van die gewoonte tussen 23h00 en 06h00.

Sanderis

  • Gas
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #14 op: October 27, 2010, 10:03:13 PM »
Jammer om in te chip , net wat ek gehoor het , Elmien kan bevestig of dit moontlik is .
Die menslike liggaan kan langer sonder kos gaan as slaap , ek reken hier by 7 dae begin dit gevaarlik raak sonder slaap .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #15 op: October 28, 2010, 07:01:25 AM »
Ben, as jy nie gedoen kry wat jy wil/moet tussen 06:00 en 23:00 nie, het jy teveel hooi op jou vurk! Jy gaan jouself uitbrand!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Het jy 'n vraag?
« Antwoord #16 op: October 28, 2010, 02:46:08 PM »
Ja nee, Ben, dis die moeilikheid met mense wat so min slaap soos jy:  Julle vrae word net al hoe moeiliker!  Julle het te veel tyd om te dink!

Sanderis is reg.  Die menslike liggaam kan ongelukkig nie baie lank reg funksioneer sonder voldoende rus nie.  Ek stel voor jy beskou die tyd wat jou liggaam nodig het om te herlaai as onmisbaar belangrik vir ons stryd.  Daarsonder kan jy nie jou keuses en besluitneming as wys en regverdig beskou nie.

Net so terloops:  Mens se vitamienvoorraad word baie vinnig en maklik uitgeput as jy te min slaap kry en dan is die liggaam se weerstand teen siektes en ander ongesteldhede baie laag!

Ten slotte:  Slaap is dus (in jou geval) 'n onmisbare ergernis!
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal