Volksekonomie > Departement van Gesondheid

Het jy 'n vraag?

(1/4) > >>

Elmien Drent:
Goeiedag Bravolanders!

Het jy 'n vraag oor 'n siekte, geneesmiddel, alternatiewe geneesmiddel of enigiets anders waarmee ek as apteker kan help, laat weet asb!  Ek sal na die beste van my vermoë jou vrae beantwoord en gaan navors as dit bo my vuurmaakplek is.

Moenie skaam wees nie!  Die Chinese sê mos:  Daar is nie so iets soos 'n dom vraag nie.  Die persoon wat nie vra nie bly dom!

Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri

Karina Marais:

--- Aanhaling van: Elmien Drent op October 16, 2010, 08:57:40 AM ---
Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri

--- End quote ---

Dankie vir die "kollejties" Oom!  ;)

Elmien, ek sien die mense is te skaam om te vra, ek het twee vrae:

1) Is die kortisoonsalf Procutan net op voorskrif beskikbaar? Indien dit net met 'n voorskrif verkry kan word, is daar 'n alternatief wat nie 'n voorskrif nodig het nie? Ek weet sommige aptekers meng hulle eie kortisoonsalf, maar dit reuk gewoonlik soos skaapdip of iets dergeliks. Ek soek iets soos 'n Pfizer-produk of van 'n ander pharmaseutiese (spelling??) maatskappy.

2) Strikvraag! Is daar 'n mediese fonds wat jy kan aanbeveel, ek het pas na 'n nuwe fonds geskuif en ek is sommer met die intrapslag ongelukkig. Is daar 'n fonds met wie julle "minder" probleme het as met ander fondse? Dit voel vir my die fondse sit en maak net geld uit ons onnosele mense. Help asb.!! :)

Sanderis:
Dankie vir die geleentheid wat jy ons bied Elmien , ek sal dit beslis benut as ek iets op die hart het .
Bietjie van die punt af , sal jy dalk belangstel om as 'n Departementshoof van Gesondheid te dien in Bravoland ? Ek meng nou eintlik in Johan se sake in maar hy is besig met eksamen so nou maak ek maar van die geleentheid gebruik om u daaroor te nader .

Elmien Drent:

--- Aanhaling van: Karina Marais op October 18, 2010, 08:15:33 PM ---
--- Aanhaling van: Elmien Drent op October 16, 2010, 08:57:40 AM ---
Ek het net kollejties en kappies opgesit. Adri

--- End quote ---

Dankie vir die "kollejties" Oom!  ;)

Elmien, ek sien die mense is te skaam om te vra, ek het twee vrae:

1) Is die kortisoonsalf Procutan net op voorskrif beskikbaar? Indien dit net met 'n voorskrif verkry kan word, is daar 'n alternatief wat nie 'n voorskrif nodig het nie? Ek weet sommige aptekers meng hulle eie kortisoonsalf, maar dit reuk gewoonlik soos skaapdip of iets dergeliks. Ek soek iets soos 'n Pfizer-produk of van 'n ander pharmaseutiese (spelling??) maatskappy.

2) Strikvraag! Is daar 'n mediese fonds wat jy kan aanbeveel, ek het pas na 'n nuwe fonds geskuif en ek is sommer met die intrapslag ongelukkig. Is daar 'n fonds met wie julle "minder" probleme het as met ander fondse? Dit voel vir my die fondse sit en maak net geld uit ons onnosele mense. Help asb.!! :)

--- End quote ---

Hi Karina,

Hier is vir jou 'n antwoord of twee:
1.  Procutan se aktiewe bestandeel is Hidrokortisoon en al die rome met die bestandeel is skedule 2.  Dit beteken dat jy dit by enige apteek oor die toonbank kan aanskaf.  Die kortisoonroom wat nie oor die toonbank verkrygbaar is nie, is betametasoon.  Dit is skedule 4 en is 'n baie sterker verbinding, maar het dus ook meer newe-effekte. 
Procutan word vervaardig deur Schering-Plough.  Aspen maak Mylocort en Adcock Ingram maak Stopitch, almal dieselfde en maklik beskikbaar.

2.  Mediese fondse is deesdae 'n probleem.  Die regering is hard besig om te probeer om hulle dood te druk (en privaat apteke ook) vir hulle veelbesproke NHI.  My persoonlike opinie is dat mens liewer terwyl mens nog jonk en sonder te veel skete is net 'n hospitaalplan by 'n duur mediese fonds aan te skaf en dan liewer jou doktersbesoeke en medisyne kontant te betaal.  Op die ou einde spaar jy geld, want die medies betaal nooit 'n voorskrif se hele bedrag uit nie, jy het altyd nog 'n bybetaling ook.  Julle kan liewer die geld wat julle aan 'n volle mediese plan sou spandeer in 'n spaarrekenig bank by Oranjekas en dit dan gebruik vir jul mediese onkoste.  Dan betaal jy nie honderde ongekwalifiseerde en ongeinteresseerde telefoonwerkers se salarisse nie!!

Om 'n regssaak te vermy sal ek jou 'n persoonlike boodskap stuur met name van oulike mediese fondse.

Ek hoop dit plaas genoeg lig op 'n donker onderwerp!!

Elmien Drent:

--- Aanhaling van: Sanderis op October 19, 2010, 05:06:41 PM ---Dankie vir die geleentheid wat jy ons bied Elmien , ek sal dit beslis benut as ek iets op die hart het .
Bietjie van die punt af , sal jy dalk belangstel om as 'n Departementshoof van Gesondheid te dien in Bravoland ? Ek meng nou eintlik in Johan se sake in maar hy is besig met eksamen so nou maak ek maar van die geleentheid gebruik om u daaroor te nader .

--- End quote ---

Dankie Sanderis.

Ek is met Johan in verbinding en hy het my toestemming gegee om op hierdie staduim op 'n informele manier onderwerpe te plaas en te bespreek.  As daar nood is vir iets meer formeel laat weet maar...

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version