Presidensiële Kantore > Kantoor van die Adjunk Staatspresident
Het Bravoland sy doelwit bereik?
Karina Marais:
Ek weet talle mense is bekommerd omdat Bravoland so stil is en dat dit lyk asof die mense belangstelling verloor het. Dit mag dalk lyk of Bravoland in sy doodsnikke is, maar moet ons Bravoland se suksesse aan vándág meet?
Daar was ‘n tyd wat Bravoland floreer het, ek dink nou spesifiek aan 2007 en 2008. As ‘n mens in ag neem dat Bravoland nie ‘n “fisiese organisasie” is vir wie dit moontlik is om maandeliks of kwartaalliks te vergader nie, dink ek ons het goed gedoen. Ons moet dalk nie altyd kyk wat Bravoland as sulks vermag het nie, maar wat Bravolanders gedoen het.
Die kultuurdae wat elke jaar by Paardekraal plaasvind, dit is ‘n idee wat in Bravoland ontstaan het, selfs al is die oorspronklike aanvoerders nie eens meer by die reëlings betrokke nie, gaan daardie dae voort. Met Radio Pretoria se Vasbyt-program is Bravolanders dikwels voor in die koor wat inbel betref. Meer mense gaan elke jaar Majuba toe wat voorheen nie eens geweet het presies waar die berg sit nie. ‘n Bravolander wat ‘n pluimpie moet kry is Jan Bank (Beyers), met baie moeite en harde werk het ons vandag ons eie volkseie bank. Skrywers wat altyd hul stem in Die Bravolander moes laat hoor het, skryf vandag vir Die Afrikaner wat duisende huise regoor die land bereik. En dan tel ek ses volkshulpaksies wat deur Bravoland gereël is, daar is twee keer hulp verleen aan Wolmer, twee keer aan die Deurgangshuis in Vanderbijlpark, een keer in Parys en een keer in Krugersdorp.
Ek wil nie hierdie pluimpies in Bravoland se hoed druk nie, maar eerder die dankbaarheid uitspreek teenoor ons Hemelse Vader en al die individue wat elke keer betrokke was.
Ek sal sê, sonder dat ons dit eens besef het, was Bravoland se hoofdoelwit om kommunikasie te bewerkstellig, en ek dink ons het met lof geslaag!
Dr. DF Malan het gesê: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.” En dit is wat Bravoland gedoen het. Mense wat in die kuberruim ontmoet het, het op grondvlak hande begin vat en saam die stryd om vryheid begin veg.
Dít is die rede hoekom ek nie bekommerd is wanneer Bravoland se lede minder aktief raak op die forum nie, want ek weet hulle is besig met die fisiese stryd. Die fisiese stryd het al in 2009 baie begin toeneem, dus het Bravoland se aktiewiteit toe al begin afneem.
Dit maak nie vir my saak hoe Bravoland se toekomspad vorentoe lyk nie, ek vermoed wel ons gaan nooit weer die betrokkenheid hê wat ons twee jaar gelede gehad het nie. Maar dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie.
Wat ook al in die toekoms gebeur, ons sal altyd Bravolanders in ons harte wees! As jy weet waar jy vandaan kom, is dit ook makliker om te besluit waarheen jy oppad is.
Karina Marais:
Wat dink julle? Of tas ek heeltemal mis?
Sanderis:
Kolskoot Karina ! Ek dink net dit is nie noodwendig 'n gegewe dat daar nie weer betrokkenheid sal wees soos met ons hoogtepunt tydperk nie . Dit kan weer so wees en selfs beter .
Selfs al is dit nie , is ek net soos jy nie veel daaroor bekommerd nie want ek weet wat Bravoland se potensiaal is .
Om terug te kom na die vraag , het Bravoland in sy doel geslaag ? Absoluut maar dit is lank nog nie uitgedien nie en moet voortgaan om die doel te vervul .
Ek erken daar is paar klein probleempies wat aangespreek sal moet word maar dit is moontlik en binne ons vermoë om dit uit die weg te ruim .
André Strydom:
--- Aanhaling van: Karina Marais op October 20, 2010, 08:19:59 AM ---Dr. DF Malan het gesê: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.” En dit is wat Bravoland gedoen het.
Dít is die rede hoekom ek nie bekommerd is wanneer Bravoland se lede minder aktief raak op die forum nie, want ek weet hulle is besig met die fisiese stryd.
--- End quote ---
ASP Karina, jy slaan die spyker op sy kop!
Bravoland as kuber-volkstaat maak dit anders as 'n gewone forum. Daarom dat Bravolanders mekaar se hande kon vat in die fisiese stryd. Die forum gedeelte is maar een van die kommunikasie mediums. Bravoland het steeds 'n belangrike rol om te vervul al het die getalle minder geword. Daar lê baie interessante tye voor, spesifiek op die gebied van die volksekonomie waar Bravolanders beslis 'n groot rol gaan speel!
Karina Marais:
'n Groot voordeel wat Bravoland gehad het, was dat baie organisasies nie vyandig teenoor ons was nie, en dit het dit grootliks vir ons moontlik gemaak om hande te vat! As ek 'n paar kan uitsonder is dit die Verkenners, Radio Pretoria, die AP Kerk, HNP en talle ander.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version